28 Mei is Wêreld Speeldag. Ander mense noem dit wêreld speelgoeddag. Wat jy ookal verkies, maak seker dat jy ‘n bietjie pret vir die dag beplan…
- Pak die speelgoed- of apparaatstoor uit en stel verskeie stasies op waar kinders verskillende aktiwiteite kan probeer. (Balgooi, dribbel, balanseer, kruip, klim, hang, “monkey bars”…)
- Bou ‘n hindernisbaan.
- Bou ‘n skattejag (bou ‘n bietjie leeswerk in).
- Verskaf stasies vir “houtwerk”, waterspel, fantasiespel…’n tipiese Graad R buitespelles.
- Grawe in die argiewe vir oulike opvoedkundige speletjies. Skuif die tafels in rye sodat elke speletjie apart gespeel kan word. (‘n Goeie verskoning vir legkaart-bou is om seker te maak dat al die stukke daar is.)
- Vra die kinders om self bordspeletjies te beplan vir klanke of wiskunde.
- Klop aan by ‘n oulike kleuterskool en ruil speletjies met hulle uit.
- Hou ‘n speletjiesmiddag.
- Verleng die pouse…
- Besoek ‘n speelgoedbiblioteek.
- Begin ‘n speelgoedbiblioteek.
- Skenk aan ‘n speelgoedbiblioteek.
- Reël ‘n spreker (soos ‘n arbeidsterapeut) om die ouers in te lig oor oulike opvoedkundige speletjies en speelgoed.
- Reël ‘n ouma of oupa om oor speelgoed uit hul jeug te praat.
Laat 'n boodskap