Dit is weer Boomplantweek en indien jy daarvan vergeet het, is ek seker dat jy heelwat kwekerye vandag sal oop vang! Die Boom van die Jaar is die Pappea Capensis (doppruim) – wat rooi kersie-agtige vrugte dra. As ek reg lees behoort dit heelwat voëls te lok en sal dit ook skadu bied.
As jy nie van die doppruim hou nie, kan jy ook ‘n ander boom koop. Wat van bome wat iets tot die gemeenskap kan bydra? ‘n Suurlemoenboom vir die kostafels, ‘n moerbeibos vir die sywurmseisoen, roosmarynbosse vir kleur en geur…Kruiebosse lyk nie net mooi nie – dit ruik heerlik en verg dikwels min sorg. Dink aan ‘n kolletjie in die skooltuin of op die rand van die skoolheining waar julle so iets kan plant. Lekker spit!
Laat 'n boodskap