Dit is vakansie! Indien jy graag meer oor die kodes op die rapport wil weet, tik “CAPS” by die soekblokkie aan die regterkant in. Loer gerus ook na “Paasfees” en skooldinge soos “potloodgreep, skrif, skryf, klanke, hersien, halveer, voor en na, meer en minder, vermenigvuldig, Graad R, Graad 1, middellynkruising, visuele persepsie, handspier, fynspier, links en regs…herfs, somer, lente, plaasdier, karnivore, wilde diere, sokker, rugby, olimpiese spele, krieket, beroepe…“.
Lekker rus!
Apr 05, 2013 @ 08:04:44
Goeie dag
Kan jy asb vir my se wat is die korrekte ouderdomme vir kinders om Graad 00 en Graad R toe te gaan?
Dankie
Adele
LikeLike
Apr 05, 2013 @ 08:11:05
Môre, Adele 😉 Graad R = die jaar waarin die kind 6 word, sodat hy/sy skoolpligtig die jaar waarin hy/sy 7 jaar oud word 😉
Graad OO is nie ‘n departementele graadjaar nie en vorm dus deel van dagsorg/voorskool/educare. Sommige skole betrek egter dié jaar as die jaar waarin kinders 5 jaar oud word. Graad R is deel van die Grondslagfase en het dus ‘n departementele kurrikulum 😉
LikeLike