6 Maart is Wêreld Boekedag en vanjaar is daar vele ekstra idees om in die klas te probeer.
- Verdeel die klanke wat reeds aangespreek is (hetsy enkel-, dubbel-, twee- of drieklanke) en laat die kinders volgens die klanke aan trek – bv. a vir appel, akkers, anker, aartappel, b vir bal, bok, ballonne. Sien alfabet rympies vir inspirasie.
- Kies ‘n boek per klas. Elke klas trek dan volgens die boekkarakters aan en versier die klasdeure. Neem foto’s en versier die gangmure, biblioteek of kennisgewingborde om die boeke aan ander bekend te stel. Onthou om die titel by te voeg.
- Druk of maak boekmerkies om uit te deel.
Feb 24, 2014 @ 22:02:23
hi daar, ek is n vars gr1 juf, eng meduim, het j dalk rympies of oulike ideea hoe ek di kids lettervorming kan leer bv.. n a is eerste di appel dan di stronk, maar vir engels,
LikeLike
Feb 27, 2014 @ 19:10:15
Middag, Corne 😉 Letterland se gidse het oulike beskrywings. Kyk ook na ABC, ABC2 en K-3.
LikeLike