- Probeer dik, donker of enige sonblok gordyne.
- Maak al die vensters vroeg oop en draai die waaiers daarheen, sodat die benoude lug uitblaas.
- Trek die gordyne toe en indien daar lugversorging is, maak die vensters en gordyne toe.
- Vries blokke ys in 2l of 5l-roomysbakke en pak dit voor die waaiers. Laat die outjies waterbottels bring en hou dit bo-op die roomysbakke koel.
- Maak katoenlapserpe (sny lap in lang stroke), sit elkeen in ‘n sakkie en bêre oornag in die vrieskas. As die dag baie warm raak, hang die serpe om die nekke.
- Maak sponsies nat, bêre in ‘n seëlbare sakkie en vries. Trek die skoene onder die lessenaar uit en rus op die sakkie of plaas die sponse agter die nek (in die kraag). Dit werk ook sommer as ‘n goedkoop noodhulpyssakkie.
- Maak ou lakens nat, droog uit, vou op en bêre op ‘n skinkbord in die vrieskas. Hang voor die vensters gedurende die warmste tyd van die dag.
- Maak ysstokkies of klein yssakkies. Koop (of vra donasies) die vormpies of ysblokkiesakkies en deel ‘n ysie uit ná pouse of ‘n LO-klas.
- Gebruik oulike, klein vormpies om ‘n klein ysblokkie in die kies te gooi. Skud die blokkies in ‘n bak en deel die los blokkies uit.
- Koop water “coolers” by tweedehandse winkels.
- Probeer hierdie doen-dit-self lugversorger met ‘n toeklap krat of ‘n plastiese houer met ‘n deksel.
- Nommer of merk glasies en hou dit in ‘n mandjie of krat. Sodoende kan ‘n mens die mandjie vinnig na verskillende groepe aangee of uitdeel. Gee vir elke groep ‘n groot houer water (dié met ‘n kraantjie werk goed). Laat ‘n leiertjie water skink en aangee by die tafel. ‘n Vinnig glasie water voor of na pouse
- Moedig die klas aan om persoonlike, gemerkte waterbottels saam te bring. Hou die bottels op ‘n spesifieke plek in die klas en gee streng reëls (neem ‘n slukkie ver van papier en boeke. As jou bottel nie in die krat is nie, gaan dit terug tas toe….) om ongelukke te vermy.
Bly koel
Januarie 5, 2016
afrikaans afkoel, goedkoop, koel klas, oorleef die hitte, vinnig 4 Kommentaar
Jan 05, 2016 @ 19:41:18
Dis lekker slim! Kan nie dink dit was ooit so warm nie! My kla moes na pouse skoene uittrek en langs die sproeiers in ‘n ry stap Die een wat gil of hardloop moes uitval en kyk hoe die ander dit geniet. Niemand het ooit uitgesit nie.
LikeLike
Jan 05, 2016 @ 23:23:57
😆 Dít klink lekker! Die kwik bly plek-plek diep in die 40’s en ‘n swembad sou verseker ook welkom kon wees. 😉
LikeLiked by 1 person
Feb 11, 2016 @ 21:53:04
Good day Juffer, the previous year I downloaded some wall posters, but just to the letter m and I need the rest but suffer to get it. It starts with the letter a then a picture and underneath Flat Hat, letter b a picture underneath Baseball Bat ext. Can you please help me getting the rest. I will really appreciate any kind of assistance.
Kind regards
Suzette Prinsloo
LikeLike
Feb 11, 2016 @ 23:32:45
Hi, Suzette 😉
It doesn’t sound familiar. This is what mine look like. Could you send me a picture of the sheets and I might be able to recognise it? remediering@hotmail.com
Could it be connected to FunFonix or this page?
LikeLike