Wêreld Speldag is vanjaar op die 3de Maart. Ons kleiner outjies kan nog nie spel nie, maar ons kan die klanke hersien of ‘n Woordboudag hou. Bou woorde met kleiwurmpies of skryf die woorde in plat klei. Gebruik letterstempels, -magnete of iets soos droë alfabetpasta. Fokus op woordfamilies (bv. -as woorde, -op woorde, ens.) en rymwoorde of speel speletjies soos Scrabble/Krabbel. Doen woordbou oefeninge as deel van die dag se werk en bou sinne om te illustreer.

Loer gerus na hierdie spellyste en kyk of jy weet wat die onderskeie woorde beteken. Kan julle dit in ‘n woordeboek vind en dalk by jul persoonlike woordeboekies voeg om later te gebruik? Bou woorde dwars en af (in ‘n blokkiesraaiselformaat) op ‘n A4- of A3-vel sodat elkeen ‘n unieke muurprent kan maak.

Waarmee sal ‘n mens begin? ‘n Naam, ‘n woord uit ‘n storieboek of ‘n woord uit die tema?

Letterkaartjies om te druk.