Tuis

Omgee


omgee

Ek gaan mettertyd omgee aksies hier plaas.  Sien die skakels onder die prente.  As jy van ‘n omgee aksie of behoefte weet, kan jy dit in die kommentare plaas.

  1. Wat maak ‘n mens met al die bederfkoeverte (samples/monsters) wat jy in tydskrifte kry?  Verpak dít, natlappies (wet wipes), tandepasta, kougom, ‘n kam…in ‘n sakkie en neem dit na instansies waar mense ‘n noodpakkie sal benodig.
  2. Skenk aan diere
  3. Borg ‘n gidshond.  SMS “SEE” na 38051 om ‘n R10-donasie te maak.
  4. Johnny Clegg Adopt a future
  5. Story Scarves is ‘n vriendskapsorganisasie waar meisies (kinders) serpies met die hand maak en versier en uitruil met ander kinders van die wêreld.  ‘n Oulike handwerk idee vir ledige oomblikke en ‘n oulike geskenk-idee vir Wêreldbekergaste… Stuur stukkies lap en gare as jou kaste uit hul nate bars.
  6. Greenpop:  Word deel van ‘n boomrevolusie.  Skenk ‘n boom, plant bome, stel plekke of skole voor waar bome geplant kan word of versoek dat bome by jou skool geplant moet word.
  7. Reach for a dream
  8. Brei ‘n Blokkie en word deel van ‘n internasionale kombers
  9. Maak ‘n skoendoos-verrassing op…
  10. Back a Buddy
  11. Broodsakkiekaartjies vir rolstoele
  12. Doppies vir glimlagte
  13. Active Education Foundation – roer die litte
  14. Shine Centre – help om skitterende lesers te skep
  15. Die HALLI TRUST is ‘n organisasie van die Strand, Wes-Kaap.  As jy sagte speelgoed, droë rantsoene of klere kan verskaf, sal hulle dit aan die mees geskikte kandidate gee.
  16. Hulp in Herfs – verskaf noodsaaklike kospakkies aan seniors.
  17. Die Sonneblomfonds hou jaarliks Bandanadag op 12 Oktober, maar jy kan hulle reg deur die jaar ook nader.
  18. Kidney Beanz help kinders met nierprobleme.  Daar is heelwat kinders wat nieroorplantings gehad het.  Kry meer inligting hier.
  19. AWS – Skenk ou komberse, handdoeke, kos vir die diere of hou ‘n muntlegging.
  20. DBV – Skenk ou komberse, handdoeke, kos vir die diere of hou ‘n muntlegging.
  21. Butterfly World
  22. Praktiese idees
  23. Die Mug & Tree kleuters-/naskool in Krugersdorp help om skoolbenodighede vir 2014 bymekaar te maak. Die sentrum sien na ± 90 kinders tussen 2 en 14 om – wat hoofsaaklik van die plakkerskamp by Coronation dam afkomstig is. Enige donasies (kontant of nie-kontant – klere, skryfbehoeftes, ens.) sal ook verwelkom word.
  24. Skenk bloed
  25. Orgaanskenking – registreer
  26. Skenk wol
  27. Skenk skoolskoene
  28. Hou ‘n Kaalvoetdag
  29. Gooi ‘n ietsie in die insamelingsblikkies by winkeltoonbanke.
  30. Maak as ‘n klas video’s om diensleweringsorganisasies, brandweermanne, polisie, dokters, verpleegpersoneel, vrywilligers, ens. vir hul werk te bedank (dink aan droogtegeteisterde areas, die brandseisoen…) en vra die ouers om dit aan te stuur.
  31. Neem as ‘n klas ‘n projek aan en samel fondse daarvoor in.
  32. CarryOn4Babies – Reis jy baie en pak jy lig?  Neem klere skenkings saam in jou handbagasie.
  33. Skenk ‘n bed – The Haven Night Shelter
  34. Hoezit se idees
  35. FreeRice
  36. ForGood
  37. ABC for Life benodig ou storieboeke
  38. Uilhuise:  Skenk plastiek om uilhuise te laat maak.

87 Kommentaar (+add yours?)

  1. Shelly
    Feb 05, 2010 @ 11:00:06

    Ek het ongelukkig, maar ook in n mate gelukkig, die week al my sagte ‘teddies’ en kleure vir my gekerk gegee. Ek sal rond vrae en kyk wat ek kan doen, dit selfs op my FB sit en op die kerk sin ook.

    Ek is in Bloemfontein, so as jy weet van enige gemeenskap diens of hulp wat hier aangebied kan word laat weet maar net. Ek het nogal gemeenskap diens ure nodig.

    Weereens, lekker naweek en voorspoed.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 05, 2010 @ 17:04:18

      Dankie! Ek raak self soms so vas gevang in my eie “stresse” en vergeet soms skoon van ander se tekortkominge…Ek glo wel dat elke deeltjie help. 😉

      Like

      Antwoord

  2. Pierre
    Feb 18, 2010 @ 19:51:49

    Goeie Dag,

    Waar is die Alta du Toit skool? Indien in Pretoria, sal ek graag help met die verf indien nog benodig.

    Vriendelike Groete

    Like

    Antwoord

  3. Amanda
    Apr 30, 2010 @ 10:12:20

    More

    Hoop u kan help ek soek ‘n paar idees vir ‘n Graar R konsert. My dogter is ‘n graad R onderwyser maar sy nog baie onseker het maar verlede jaar matriek geskryf en in diep water in gegooi. Kan u dalk help met ‘n paar idees

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 01, 2010 @ 11:58:14

      Hello, Amanda en welkom 😉
      Ek moet in alle eerlikheid bieg dat ek baie jare gelede betrokke was by konserte. Ek sal egter my voelers uitsteek om hulp vir julle te kry.

      Like

      Antwoord

  4. Natasha
    Mei 12, 2010 @ 15:51:26

    Hi Juffer
    Jinne die Here is darem getrou. Dit sukkel maar so bietjie met al die skoolwerk en vier pragtige dogters op ‘n plaas. Skaars het ek die woorde gese en ek kom op jou webwerf af. BAie dankie vir AL die hulp! Nou wil ek net graag weet, een van my dogtertjie sy is nou 8 jaar oud wil baie graag betrokke raak by minder bevoorregte mense om te help. Is daar enige plek waarvan jy miskien weet in die Malmesbury distrik of miskien iemand wat ek kan kontak? Ek sal ook die HALLIFUND wil kontak. Dankie vir al jou moeite.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 12, 2010 @ 18:32:55

      Hello, Natasha
      Dit is fantasties! Wat van ‘n “jersey drive” of ‘n trui-insameling? ‘n Mens kan by die kerk of in die skool vir gesinne vra om wol en ou truie te skenk vir die wintermaande. Mamma’s, ouma’s of tannies in die plaaslike ouetehuis kan dan help om truie te brei vir behoeftige gesinne. ‘n Mens kan dit ‘n aaneenlopende projek maak – ‘n kennis vertel dat dit goed in die Paarl werk. ‘n Ander idee is om storie-oggende te hou. Jou dogtertjie en haar maats kan dan stories vir kinders uit minder bevoorregte huise lees (by die biblioteek byvoorbeeld). Dit behoort ‘n uitkom kans te bied vir die outjies wat in moeilike omstandighede en koue weer in klein huisies woon. ‘n Mens behoort name by die plaaslike ACVV te kan kry. Wat daarvan as jou dogters (en maats) ‘n trauma kamer by die polisiestasie of ACVV ((022) 482 2245) inruim vir kinders?…of as hulle briefies vir eensame bejaardes skryf en hulle dikwels besoek?
      Ek het die volgende op die ACVV se webwerf gekry:

      Address: Posbus 153, Malmesbury, 7299
      .
      Protecting services for children and families
      acvvmalmesbury@telkomsa.net

      Aandskemering Home for older persons Tel: 022-4821466 / 482 1920
      acvvmalmesbury@telkomsa.net

      Amandelrug Assisted living
      PJ Joubert Service centre
      Tel: 022 – 482 3328

      Speelkasteel Creche
      Sir Lowry Cole street
      PO Box 833
      Malmesbury
      7299
      Tel: 022 – 482 3742

      Gerfie Playgroup and ACVV After care
      PO Box 486
      Malmesbury
      7299
      Tel: 022 – 482 3096

      (HALLIFUND – Kontak vir Heidi by: heidinaude@vodamail.co.za)

      Baie geluk met sulke oulike kinders…en baie sterkte met die aksies! 😉

      Like

      Antwoord

  5. rika van graan
    Jun 10, 2010 @ 16:04:37

    My dogter is in graad 5 sukkel met engels kan u haar asb help

    gee asb raad

    Dankie

    Rika

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jun 12, 2010 @ 10:04:00

      Hello, Rika
      Ek sou voorstel dat julle by die plaaslike biblioteek gaan vra vir leesboeke op verskillende vlakke. Begin eers met eenvoudiger boekies – om die selfvertroue op te bou. Die LADYBIRD-reeks is oulike boeke met bekende kinderstories. Jou dogter sal dus baie van die stories herken en ‘n begrip hê vir die storie. As jy mooi soek in tweedehandse boekwinkels sal jy verskeie boekies vir spotgoedkoop in die hande kry. Kyk ook onder die lysie aan die regterkant (blogroll) vir die aanlyn-boekwinkels.
      Probeer gerus ook om die PHONICS en KEY WORDS (soms ook sight of high frequency words) vas te lê. Maak dit ‘n speletjie deur die woorde op flitskaarte te skryf. Flits dit, speel ‘n geheue speletjie of speel sommer “Snap”. Gebruik woorde uit die leesboeke – skryf dit op flitskaarte. Pak dan sinne uit met die verskillende kaarte. Dit maak die leerwerk lekkerder as al die skryfwerk.
      Loer in CNA of PNA vir die CLEVER-reeks of selfs ander reekse waar die werkboeke na klinker-kombinasies kyk…die sogenaamde vowel digraphs, diphthongs en blends. Onthou dat as jy kombinasies soos ay, ai, ea, oa en ow kry, sê jy die eerste een se alfabetnaam en siedaar! Jy het dit reg gelees. ‘n Mens kan maar terug gaan na die eenvoudige speletjies en leeswerk soos toe julle met Afrikaanse klanke en woorde begin het. As jou dogter dit verstaan, sal sy vinnig na die volgende stappe groei. Ek sal ‘n bietjie snuffel aan nog idees…tot dan is baie leeswerk belangrik 😉 Groete vir poplap

      Like

      Antwoord

  6. Ria Burger
    Jul 07, 2011 @ 12:23:05

    Baie dankie, weereens, vir ‘n fantastiese webwerf. Ek wil graag in my gr 3 klas ‘n paddavis akwarium begin. Ek het reeds ‘n groot reghoekige ou vistenk. Wat sal sulke paddavissies eet? En wat gebeur as die water begin vuil raak?
    Dankie. Ria Burger

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jul 09, 2011 @ 13:34:40

      Middag, Ria 😉
      Ag, lekker! Ek het onmiddellik gewonder of die paddavissies saam met slakke sal aard. Ek weet dat ‘n mense slakkies kry wat die alge aan die binnekant van visbakke skoon vreet. Ek het vir drie webwerwe gekry oor die versorg van paddavisse: paddavisse 1, paddavisse 2 en paddavisse 3. Dit klink asof die kundiges pompies – soos in ‘n vistenk – aanbeveel om sirkulasie te verbeter. Laat weet gerus hoe dit met die paddakinders gaan 😉

      Like

      Antwoord

  7. MAGDEL
    Okt 10, 2011 @ 15:34:07

    MY SEUN WIEHAHN IS ADHD, SUPER HIPER AKTIEF EN MAAK SY JUFFROU GEDAAN, WAT MY PLA IS DIE FEIT DAT SY PUNTE SO GEVALHET MET DIE 3E KWARTAAL. HY HET ALTYD N 4 VIR ENGELS EN WISKUNDE GEKRY MAAR NOU KRY HY 1 EN 2. HY IS IN GRAAD 2. HY HOU NIE VAN LEES NIE EN HOU OOK NIE VAN HUISWERK NIE HET HOM AL MET KOSHUIS GEDREIG MAAR DIT HELP NIE. AL SIT EK MET HOM EN HUISWERK DOEN VORDER ONS NIE VEELN IE, MAMMA DOEN MAAR GEWOONLIK DIE HUISWERK, EN EK WEET DIT IS VERKEERD. HEEEELLLLPPPPPP!!!!!!!!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 13, 2011 @ 21:05:39

      Hallo, Magdel 😉
      Ai. Dis regtig sleg as die punte so val. Ek sou die outjie by ekstra klasse wou inskryf as die skool dit aanbied. Klasjuffrouens bied gewoonlik intervensielesse aan om outjies te help om die leemtes te vul. Dan kan ‘n mens ook ‘n gesoute remediërende opvoeder nader om hom te toets, sodat sy kan raad gee. Dit is nie altyd nodig vir terapie of ekstra lesse nie, maar hoe vroeër ‘n mens raad kry hoe makliker en gouer kan julle skouer aan die wiel sit. In baie gevalle is dit beter om ‘n buitestaander te kry om met die huiswerk en probleemareas te help, sodat die verhouding tussen ouer en kind nie krapperig raak nie…
      Wys ook die punte en rapport aan die pediater sodat hy dit in gedagte kan hou. Indien jy nie nou ‘n afspraak kan kry nie, kan jy dalk vir Dr Lawrence (‘n Facebook-vriendin van my) kontak om leiding te vra. As die probleem eerder by sy gedrag en ingesteldheid lê, kan ‘n mens ook spelterapie probeer. ‘n Opgeleide opvoedkundige sielkundige weet dikwels net hoe om die outjie te hanteer en kan ‘n houding of ingesteldheid in die regte rigting stuur. 😉

      Like

      Antwoord

    • Tania
      Jun 12, 2012 @ 17:11:24

      Hello. Baie dankie vir al die moeite en hulp. Dit is fantasties, help my baie. Magdel, ek ken jou frustrasie. My seun is Graad 5 en situasie is presies dieselfde. Enigste verskil die onderwyseresse sien dit eenvoudig as stout. Ek het al alles probeer, WKOD sielkundige, Ritalen LA20mg. Alles werk net vir ‘n tyd. Al raad wat ek vir jou het, is vat elke dag apart. Hoe moeilik dit ook al is. Hulle is sulke “stunning” kinders, partykeer is liefde al antwoord. Sterkte

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Jun 12, 2012 @ 22:05:20

        Dankie, Tania 😉

        Like

      • Judith Botha
        Okt 09, 2012 @ 21:11:34

        Hi Tania.
        Ek het nou op hierdie blog afgekom en dit met ‘n dogtertjie in graad 2 met adhd. Sy drink tans ritalin 10mg en dit het baie verbeter, maar nog steeds is dit nie goed genoeg nie. Haar juffrou verstaan haar nie en ek word as ‘n probleem-ouer bestempel. Ek meng regtig nie veel in nie en voel dat ek te min vir my kind baklei. Ek hou by dieselfde skool skool, so ja. Ons woon in Olifantshoek en die finansies is nie so dat ek haar vir ekstra klasse of terapie kan vat nie. Dit is verskriklik frustrerend. Dit voel vir my of ek nie elke dag my kind verstaan nie en ek maak die fout om my frustrasies op haar uit te haal. My seuntjie (5) is (ook) adhd maar net erger as sussie. Hy is die klassieke egosentriese geval waar alles net om hom draai en sy behoeftes eerste moet kom. Het jy vir my raad?

        Like

      • juffer
        Okt 16, 2012 @ 22:40:30

        Goeienaand, Judith 😉
        Ek is nie ‘n kenner op die gebied van aandagafleibaarheid nie, maar sou voorstel dat jy die inligting met ‘n kinderpsigiater bespreek – net om ‘n ander perspektief oor jou dogtertjie te kry. Soms word ‘n spesifieke dieet of ander aanvullings voor gestel wat nommerpas vir haar kan wees. Ek is seker ‘n telefoniese gesprek sal jou in die regte rigting kan stuur – veral omdat julle ver woon.
        ‘n Mens sou ekstra klasse of arbeidsterapie kon voorstel, maar jou beskrywing kan ‘n meer ingeligte persoon se raad benodig. Baie sterkte 😉

        Like

      • Tania
        Nov 15, 2012 @ 23:13:20

        Hello Judith en al die ADHD mammas. Ooohhh ek ken jou frustrasie. Hierdie afgelope paar weke was maar swaar en baie deurmekaar. My seun is nou op Ritalin 30mg vir die eksamen en ons hoop dit hou lank genoeg vir die studies in die middae. Dit is aaklik om elke oggend daai meds te gee, voel asof ek hom gif gee om te drink. Hy is ook baie eie ek en sosiaal sukkel dit baie. Hy tree baie keer nie op soos dit verwag word nie en gevolge vir sy aksies sink eenvoudig net nie in nie! Ek wil baie graag Des hom hertoets by ‘n “behaviour” sielkundige (weet net nie lekker wie, hoe en waar nie) maar soos in jou geval is finansies en ook die afstand Kaap toe ‘n probleem. Jy is in Olifantshoek? Ek is aan die Weskus. Indien jy wou, kan ons kontak maak, al is dit net om te luister of om ‘n skouer te gee om te snik. Hiehiehie. O ja, ek “surf” nogal baie en lees op oor ADHD, ons het als alles probeer van beloningskaarte, stickers, mag nie vriende kry oor naweek ens. Op die stadium het ek vir my en hom “flashkaarte” gemaak met: Ek is nou geirriteerd, Ek is frustreerd, Ek raak nou kwaad. Ons mag dit net vir MEKAAR wys tydens huiswerk of take. Seker baie kontroversieel, maar dit stop daai te ver gaan. Wel vir nou doen dit in elke geval. Sterkte, dis nie maklik nie. Baie keer dink ek ek is 60% van die probleem. Te streng, te georganiseerd, te te te maar ek het besef hy is ook: te besig, te eie ek, te te te. Ons het nou ooreengestem om nie altyd saam te stem. Miskien help dit jou ook!

        Like

      • juffer
        Nov 16, 2012 @ 16:43:43

        Onthou ook dié stukkie in verband met aandagafleibaarheid 😉

        Like

    • Tanya
      Jun 13, 2012 @ 08:58:19

      Hallo Magdel,

      My dogter is in graad 6 en het ADHD. Dis ‘n moeilike pad om te stap. Mens weet jou kind is tot goeie punte instaat en jy wil net hê -soos enige ander ouer- dat hul hul beste self moet wees, maar dit gebeur nie altyd nie. Nou tref sy nog die teenager stadium ook. Dis nag. Ek is ‘n enkelouer en het ook ‘n 2 jarige.

      Ek het haar ingeskryf vir Edublox klasse hierdie jaar. Dit hang van kind tot kind af maar glo na ‘n jaar sal mens begin verskil sien. Gaan kyk op hulle website http://www.thereadingclinic.co.za/

      Voorstel is dat hy baie sport doen; dit help om ontslae te raak van al die energie.

      Voorstel: om met die koshuis te dreig help nie, hulle voel net verwerp en dat niemand hulle verstaan nie. Ek het al met myne se graad 1 juffrou destyds gepraat en ook met ‘n sielkundige waar sy was en hulle meen sulke kinders doen glad nie goed in ‘n koshuis nie, juis omdat hulle bietjie sukkel met vriendskappe.
      ‘Positive reinforcement’ werk vir myne. Belonings. Dit kan ‘n issue raak later want dan wil hul niks doen sonder belonings nie….mens moet dit maar vat soos dit kom. En hou die belonings klein maar dit moet die moeite werd wees om hul te motiveer.

      Ek weet nie waar jy bly nie, maar by Unitas hospitaal hier in Centurion is Dr. Mike Lippert wat baie goed is met kinders met ADHD / ADD. Jy is teen hierdie tyd al moeg en siek en sat vir dokters….ek ook.

      Dit help om ‘n vriendin te he wie se kind ook so is, dan kan mens by hulle gaan kla- dis ‘n goeie uitlaatklep en so ‘n vriendin verstaan.

      Hoe hard ek ookal sukkel en hoe erg dit ookal is, dis waar wat al die mense sê: hierdie kinders is BAIE spesiaal en BAIE talentvol. Meeste van hulle is baie slim ook.
      Maak die beste van sy akademie binne jou en sy vermoe, maar kyk na iets waarin hy goed is en uitblink en fokus op dit. Erens het daardie kind van jou ‘n spesiale gawe, as jy nog nie weet wat dit is nie.

      Bid, bid bid.

      Sterkte!

      Like

      Antwoord

  8. Allison vd Walt
    Feb 01, 2012 @ 02:31:05

    Goeie dag!!! My seun is nou in gr.2 hy het ‘n baie stil personlikheid bietjie van ‘n introvert in die klas en tussen sy maatjies! Moet ek bekommerd wees daaroor? En dan wil ek graag hoor as hy lees klank hy nog al sy woorde,en lees hy dan stadig,moet ek bekommerd wees? En dan laaste as ek vir hom se hy moet sy huiswerk kom doen,wil hy nie,en begin dan te huil,het jy enige raad oor hoe ek dit kan hanteer? Dankie vir jou oulike blog! Hoop om gou van jou te hoor.
    Vriendelike groete
    Allison

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 01, 2012 @ 18:31:41

      Middag, Allison 😉 Daar is heelwat jong lesers wat op hul klankvaardighede of die vermoë om woorde te klank steun. Ongelukkig klanklees hulle dan selfs sigwoorde – wat hul leesspoed en -begrip kniehalter. ‘n Mens kan die leesboeke dalk vooruit beloer en moeilike woorde saam met hom lees. Skryf die woorde op los flitskaarte of ‘n skryfbord neer en teken prentjies of simbole daarby. Plak dan soortgelykes met “post-it” papiertjies op die bladsye waar dit voorkom – as ‘n herinnering aan die vangplekke.
      Dit is in orde as die outjie woorde klank – met ‘n dubbel-, twee- of drieklank in geheel (bv. m-ooi, b-r-oe-k), maar as hy nie besef dat hierdie klankkombinasies ‘n geheel vorm nie (bv. m-o-o-i, b-r-o-e-k) moet ‘n mens vaslegging doen. Tik gerus soekterme soos klanke, abc, dubbelklank, tweeklank, drieklank, sigwoorde, lees, skryf…by die bruin blokkie aan die regterkant in vir spesifieke idees i.v.m. lees en klanke.
      Dit is baie moontlik dat die outjie self besef dat hy nie alles “volgens die boek” kan doen nie. Reël dalk vir ‘n evaluasie deur ‘n remediërende opvoeder of ‘n opgeleide persoon wat as huiswerkhulp kan dien. In baie gevalle help dit as die huiswerkhulp deur iemand buite die gesin gedoen word en word die verhouding tussen ouer en kind nie versuur nie.
      Ek sou nie sommer ‘n skamerige outjie vir terapie stuur nie, maar wonder of iets soos Soetlief nie vir hom kan help om meer sosiaal te verkeer nie.

      Like

      Antwoord

  9. Tanya
    Mei 03, 2012 @ 12:13:31

    Juffrou, help asseblief dringend! Op soek na Gr.6 woordsomme vir ekstra oefening. Ons skool handhaaf ‘n baie hoè standaard. Soek graag gewone woordsomme en breuke woordsomme.
    Hoe help mens ‘n kind wat swak doen in begripstoetse? Ek gee gereeld vir haar begripstoetse om uit te werk, maar telkemale kom die punte terug en sy het nie ordentlik na die vraag gekyk nie, of lees nie tussen die reels nie. Baie dankie!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 06, 2012 @ 09:07:07

      Môre, Tanya 😉 Ek het ongelukkig nie Graad 6-werk nie, maar weet dat CNX.org oulike lesse en verduidelikings het. Afrikaanseskoolprojekte adverteer Graad 6-vraestelle en produkte, Getahead het gratis idees, Amesa het heelwat dokumente en thinkonline behoort ook te kan help.
      I.v.m. die begripstoetse moet ‘n mens redelik help met die ontleding van ‘n vraag: bv. Wat vra juffrou? Verg die antwoord volsinne of slegs ‘n woord (gewoonlik word dit gespesifiseer)? Is dit ‘n wat, wie, hoe, wanneer…vraag? Hoeveel tel die vraag en kan ek dele van die vraag in my antwoord gebruik? Bv. Vir watter groentesoort het Jan die koei verruil? Jan het die koei vir towerboontjies verruil.
      Ek hoop dit kan julle help 😉

      Like

      Antwoord

  10. Milla
    Mei 16, 2012 @ 11:15:44

    Juffer, ek benodig hulp asseblief! My graad twee kind sukkel baie met woordsomme. Het jy dalk voorbeelde vir my van woordsomme asseblief? Sy is ‘n baie slim kind en was laas jaar in die top tien, maar sy sukkel om die woordsomme te snap.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 16, 2012 @ 17:59:26

      Middag, Milla 😉 Ek het ‘n paar voorbeelde van die verskillende tipes woordsomme , maar nie noodwendig werksvelle nie. Kies onderwerpe uit haar belangstellingsveld of uit die week se tema (by die skool). Bv. Barbie het 13 blomme. Aspoestertjie gee vir haar nog 5 blomme. Hoeveel blomme het Barbie altesaam?

      Skryf leidrade eenkant op ‘n bladsy neer wat jy teen die muur kan plak. Bv. + somme het woorde soos “altesaam”, – somme het woorde soos “minder as”. ‘n Mens moet soms die som saam met die kind ontleed om te kyk watter getalle en bewerking ter sprake is. As julle so twee of drie saam probeer het, kan ‘n mens haar los om self ‘n som aan te pak. Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

  11. Anneline
    Nov 02, 2012 @ 08:40:01

    Goie more Juffer. Ek wil net se baie, baie dankie vir n fantastiese en ongelooflike insigewende blog!!!!!!!!! Ek geniet dit om deur alles te lees en vind dit baie interessant!!! Soos ek altyd vir my staatmakers in die klas se… “Jy is n ster!” We’ll jy is my ster.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 04, 2012 @ 17:17:22

      Baie dankie, Anneline 😉 Kom loer gerus weer in 😉

      Like

      Antwoord

  12. Mariska
    Mei 22, 2013 @ 21:39:11

    Hallo Juffer,

    Ek wil graag weet watter kwalifikasies nodig is om skoolgereedheid toetsing te kan afneem by GrR leerders. Ek gee ekstra hulp klassies vir graad R leerders – ek het nie onderwys kwalifikasie nie, maar het reeds baie ondervinging.
    Sal graag inligting van jou wil ontvang. dankie!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 23, 2013 @ 18:13:08

      Middag, Mariska 😉
      Gewoonlik doen ‘n opvoedkundige sielkundige die omvattende evaluasie deur middel van gestandaardiseerde toetse. Die onderwysdepartement het egter toetse wat hulle voorgestel het vir outjies wat worstel. Die Leerondersteuningsopvoeders het dit ontvang.
      Dan dra ‘n Graad R-juffrou (Grondslagfase-juffrou/-kwalifikasie) ook die kennis om die outjie se vaardighede te kan peil na aanleiding van die kurrikulum. As die outjie se vaardighede kommer wek, sal ek sal beslis ‘n besoek aan ‘n opvoedkundige sielkundige in die derde kwartaal voorstel. As die kommer slegs by byvoorbeeld spraak of motoriese vaardighede lê, sou ek die outjie onderskeidelik na ‘n spraak- en arbeidsterapeut stuur. Sulke evaluasies sal vroegtydig probleme kan uitwys en ‘n mens sal dus vroeër kan begin help. Sou jy dalk met ‘n arbeidsterapeut kon skakel om hulp as tutor aan te bied? 😉

      Like

      Antwoord

  13. Ansu
    Mei 31, 2013 @ 12:25:11

    Hi Juffer, ek het al vorige keer op jou blog gereageer. Ek is ook ‘n onnie, maar wil graag hierdie omgee-projek met jou deel: http://www.givengain.com/activist/98264/projects/

    Like

    Antwoord

  14. Sonet Luke
    Jul 10, 2013 @ 13:45:51

    Ons was in Februarie 2013 by dr Lippert in Pretoria met ons toe 6 en ‘n half jarige dogtertjie, en ja, hy het toetse gedoen, die uitslag, intellektueel gestrem? En wat beteken dit?? Sy het die verstand van ‘n 2 en ‘n halfjarige. En het ek gehuil, selfs dr Lippert het ‘n traan gepik. Wat nou, waarheen nou. Ek bly in Secunda, en het haar ingeskryf in graad 1 die jaar, sy moes na die gewone klas toe gaan, maar ons het geweier. Sy is toe na die spesiale klas toe, omdat ons nuut is het ons nie geweet van enige ander plekke vir haar nie. Dr Lippert het aanbeveel ons skryf haar in by die Marietjie Skool hier op die dorp, hulle is vol, maar na twee dae toe kry ek die oproep hulle aanvaar haar. Dankie Here daarvoor!! Wel ek moet se sy het al baie verbeter, sy kon nooit ‘n klein fiets vorentoe trap nie, en toe koop ons vir haar ‘n bietjie groter fiets, wel, die tone is nerfaf en ja, sy trap die fiets vorentoe. Is daar enige iemand anders met ‘n kind wat intellektueel gestrem is, sy is so fyntjies, maar het die humeur van ‘n bul. Sy voel nie pyn nie, sy hou nie daarvan dat ek haar druk en soen nie, maar sy draai haar pa om sy pinkie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 10, 2013 @ 16:06:21

      Middag, Sonet 😉 Ek is werklik bly dat julle vir haar plek gekry het. Dit klink asof dit sommer goed gaan by die nuwe skool en dat julle poplap mooi aangepas het. Dit lol gewoonlik en die outjies sukkel om by nuwe skole in te pas. Ek ken nie die skool nie, maar wens julle alles van die beste toe 😉 Gee ‘n stywe druk vir Poplap!

      Like

      Antwoord

    • Tanya
      Jul 11, 2013 @ 08:43:27

      Hallo Sonet, my dogter ook by Dr Lippert vir ADHD, maar haar nou afgehaal na 5 jaar van meds want die uitwerking is net nie meer so positief nie. Sy is nou 13. Ai, ek is so jammer om van julle dilemma te hoor…..ek is seker julle dogtertjie is ‘n baie spesiale kind, het erens ‘n fenomenale talent, bly net altyd in haar glo. Vir God is niks onmoontlik nie!

      Like

      Antwoord

  15. Carien
    Okt 12, 2013 @ 12:27:12

    Hallo … jy slaan mens se asem weg met al die goeie dade en dat jy so baie hulp bydrae. Ek het verlede jaar klaar b.ed grondslagfae geswot en januarie my eie dagsorg oopgemaak. Ek wil graag ietsie die einde van die jaar ou vir die afsluiting en wil die kinders betrek het jy enige idees vir my enige voorstelle??? sal baie help.

    Dankie baie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 17, 2013 @ 18:20:32

      Middag, Carien 😉 Wat van ‘n uitstalling van die kinders se kunswerke/kermis met items wat die kinders help maak of versier het en en/of ‘n kombinasie met ‘n mini-konsert. Die konsert kan verskeie liedjies/rympies insluit of ‘n kersspel wees 😉

      Like

      Antwoord

  16. Nel
    Jan 03, 2014 @ 06:10:30

    Goeie dag aan alle mammas met ADHD kiddies….Ek wil graag julle opinie vra: My seuntjie is 6 met erge ADHD en gepaardgaande sensoriese sensitiwiteit en leeruitdagings….. Ons kon nou n “normale ” hoofstroom skooltjie met net 6 kinders in n klas vir hom kry, hulle het sterk remedierende inslag:) Ons wil trek en soek soortgelyk in die Wes Kaap, konnie sover iets kry nie:( Dink julle mens moet so n seuntjie in n remedierende skool plaas? By besoek aan sulke skole kom die kindertjies op die oog af meer gestrem voor… Hyt normaal tot bg IK maar gaan nie in n gewone skool met die oormatige stimulasie en geraas kan “cope” nie? Vriendelike groete

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 14, 2014 @ 17:01:41

      Middag, Nel 😉
      In watter area sal julle woon? Daar is verskeie privaatskole wat die hoofstroom kurrikulum volg, maar net die klasgroottes verklein juis vir outjies met aandagspanprobleme. Loer na die lysie skakels onder “skole” en “verwysings”, maar laat weet gerus in watter area of dorp ek kan help soek 😉

      Like

      Antwoord

  17. carleen
    Feb 02, 2014 @ 19:25:33

    Goeie naand eks n onderwyserres en wil al vroeg begin met voorbereiding ek gee skool kleuterskool opsoek na paar idees vir ons konsert

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 05, 2014 @ 20:11:42

      Carleen, my Facebook-vriende het gehelp met die volgende 😉
      “Onder die see, Op die plaas, Lande van die wêreld, “SA’s Got Talent” In the jungle… Van my mees suksesvolste konserte was die waar ek ‘n bekende kunstenaar gekry om Saam die kinders op te tree. Min uitgawes aan klere en ouers koop baie kaartjies…Om die wêreld in 80 minute…Om die klok…met gebeurtenisse/liedjies/stories vir elke uur van die dag. Hou van die kunstenaar idee!”

      Like

      Antwoord

  18. carleen
    Feb 08, 2014 @ 11:30:10

    Ons doen jaarliks grootfondsinsameling enige of projekte idees vir n kkeuterskool

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 09, 2014 @ 09:44:39

      Môre, Carleen 😉
      ‘n Speletjiesmiddag – baie stasies op die rugbyveld – en onderwysers wat help.
      Iets soos ‘n “beesloop”. Verdeel die rugbyveld in blokke en loot die blokke uit. Die bees “dui die wenner aan”. Gee iets lekkers as prys – ‘n selfoon of i-pod om belangstelling te lok.
      ‘n Kermis waar die onderskeie klassies woeker om bv. konfyt met kinder-etikette te maak, lapverfwerk op inkopiesakke of voorskote, gelamineerde foto’s op vuurhoutjiedosies met magnete (vir pagoed), pannekoektafels, hamburgers, wegneemetes…Neem vooraf bestellings vir etes. Neem foto’s van die produkte en adverteer vooraf. Maak verjaardagkalenders om te verkoop…Geskenkies wat ouers vir die ouma’s en oupa’s kan gee is ekstra spesiaal.
      ‘n Mens kan dalk die buite-stoep en speelterrein uit verhuur vir partytjies… 😉

      Like

      Antwoord

  19. carleen
    Feb 08, 2014 @ 11:41:19

    Ek benodig nog voorstelle vir konserte Vir kleuters3 tot6 jaar asook voorbeelde van songs .verkieslielik afrikaansg Tema

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 09, 2014 @ 09:42:16

      Môre, Carleen 😉 My Facebook-vriende het die volgende idees: Onder die see, Op die plaas, Lande van die wêreld, “SA’s Got Talent” In the jungle…Om die wêreld in 80 minute…Om die klok…met gebeurtenisse/liedjies/stories vir elke uur van die dag.

      Like

      Antwoord

  20. carleen
    Feb 16, 2014 @ 11:14:59

    Ons het binnekort ouma en oupa dag en benodig idee vir tema asook watse geskenkies kam kinders maak ?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 16, 2014 @ 19:31:48

      Middag, Carleen 😉 Afhangende van die ouderdomme, kan jy na die onderskeie geskenk idees vir ander spesiale dae loer. Tik gerus soekterme soos Kersfees, moedersdag, vadersdag en valentynsdag by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees op verskillende vlakke.

      Like

      Antwoord

  21. carleen
    Feb 23, 2014 @ 16:31:04

    Ek is n kleuterskool onderwyseres en wil graag opfrissende kurssuses doen veral skoolgereedheids toetse enige voorstelle .in pretoria area

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 24, 2014 @ 18:08:56

      O, gits. Skoolgereedheidstoetse word deur opvoedkundige of skoolsielkundiges gedoen. Andersins baseer ‘n juffrou gewoonlik so ‘n opinie op die jaar se werk en vaardighede (volgens die kurrikulum). Tik gerus soekterme soos skoolgereed, Graad R en Graad 1 by die bruin soekblokkie aan die regterkant in – vir nog riglyne 😉

      Like

      Antwoord

  22. Rolene
    Apr 15, 2014 @ 07:13:12

    Hi daar,

    Ek rig die skrywe aangesien ek regtig raadop is. My graad 1 is in die koshuis, maar is baie ongelukkig. My vraag is wanneer weet ek of ek hom eerder moet uithaal en wanneer moet ek net bietjie sterk staan. Ons is nou al in die tweede kwartaal en dit voel vir my dit raak nie beter. Ander ouers wat al hierdeur was sê ek moet net nog kans gee, maar ek is raadop.

    HELP asseblief

    Rolene

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 19, 2014 @ 08:29:40

      Môre, Ronele 😉 Ek ken ongelukkig nie die koshuislewe vir sulke jong outjies nie.
      Is daar iemand by die koshuis of skool wat ‘n bietjie emosionele ondersteuning kan bied? Is daar dalk ‘n spelterapeut of ‘n opvoedkundige sielkundige wat ‘n objektiewe opinie kan gee? Dit sal beter wees om so ‘n persoon te kry om na julle unieke situasie te kyk en dan raad te gee.

      Like

      Antwoord

    • Carleen van Rooyen
      Mei 04, 2014 @ 15:03:24

      Middag eks n kleuterskool juffrou en het n paar kinders in my klas wat eet probleem het . Wat kan mens gee ? Soos viamiene wat baie sterk wat sal help met eetlus . Ouers ook miedeloos

      Sent from my iPhone

      >

      Like

      Antwoord

      • Juffer
        Mei 05, 2014 @ 18:29:53

        Middag, Carleen 😉 ‘n Mens moet hier baie versigtig wees. Dalk kan julle ‘n pediater of dieetkundige reël om by ‘n oueraand te kom gesels. Indien die outjies nie van die kos se teksture hou nie, kan dit dalk dui op sensoriese sensitiwiteit. Daarvoor sou ‘n mens met ‘n opgeleide arbeidsterapeut moet nader. Skakel sulke kundiges en gesels om te bepaal wie die geskikste vir die spesifieke kinders sal wees.

        Like

  23. Chantal
    Mei 22, 2014 @ 11:20:13

    My dogterjie verjaar 31 Des, my vraag is kinder moet Gr1 wees die jaar wat hul 7 word, sit ek haar dan in terwyl sy 6 is al verjaar sy eers einde van die jaar of wag ek tot die volgende jaar of moet ek dat sy liewer eers gaan vir skool gereedheids toets?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 26, 2014 @ 19:59:24

      Middag, Chantal 😉 Die onderwysdepartement verkies dat kinders skool toe gaan die jaar waarin hulle 7 jaar oud word, maar hulle gee wel toegewings vir outjies wat so laat verjaar. Die beste sal wees om ‘n opvoedkundige sielkundige te kontak vir ‘n volledige evaluasie, want julle sal die inligting aan die departement moet deur gee indien julle haar wil terug hou. Loer gerus hier aan die regterkant na skakels wat met “Skoolgereed”/”skeidingsangs” gemerk is of tik soekterme soos “Graad R, Graad 1, Skoolgereed” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in, vir nog idees 😉 Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  24. marina bessinger (ouma)
    Jul 26, 2014 @ 23:48:16

    Liew Juffer, ek is ‘n oud-onnie van 70 jr. en ek bewonder jou, vir al die antwoorde wat jy gee, aan die ouers. Waar jy al die tyd kry, weet ek nie. Mag jy geseen word deur ons Vader.
    Groete’
    Marina Bessinger
    Kempton Park

    Like

    Antwoord

  25. Chanell
    Aug 27, 2014 @ 15:43:12

    Liewe Juffer,
    ek is opgelei as engels medium juffrou maar gaan nou in afrikaans graad R gee.
    ek wil graag weet of daar rympies is soos letterland in afrikaans.
    ek wil ook weet of daar voorbeelde is van verslag kommentaar in afrikaans.
    baie dankie.
    groete
    Chanell

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 15, 2014 @ 02:05:43

      Hallo, Chanell 😉 Letterland is ‘n Britse program, maar jy kan gratis muurkaarte hier op my “Drukbare Bladsye” aflaai. Loer na die lysie skakels laer of op dieselfde bladsy – wat met alfabetrympie gemerk is. 😉 As jy soekterme soos “abc, klanke, uitspraak, rympie…Graad R, skoolgereed” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik, sal jy nog idees kry. Dis alles gratis 😉
      Daar is ook ‘n storiereeks genaamd “Klanke Kalante” van Saretta Louw. As ek nou reg gesoek het, is haar kontaknommer 021 976 2843. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  26. Julie
    Sep 23, 2014 @ 09:47:35

    More. Kan jy my asablief hulp. Ons is n kinder huis by Germiston. Elke derde week is dit Afrikaanse week by ons. Ek soek na “word searches” (jammer, ek kan nie die Afrikaanse woorde kry nie) om my kinders besig te hou na huiswerk. Ek is n rooinek en weet nie waar op jou lys te soek nie. Ek hoop ek het nie iets verkeerd gese of gespel nie. Ons leer elke dag, ne! Geniet jou dag

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 14, 2014 @ 00:31:17

      Hallo, Julie 😉 Ek het “tweeklanke” woordsoeke op die drukbare bladsy. Ek hoop dit kan help. Tik ook soekterme soos “hersien, klanke, tweeklank, drieklank, flits, sigwoord…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog ekstra idees.

      Like

      Antwoord

  27. Lindi
    Okt 22, 2014 @ 10:58:07

    Goeie dag juffer.

    Ek is `n tuisonderrig mamma en het `n dogtertjie wat ek vanaf die 2de kwartaal die jaar tuisonderrig. Sy is in graad 2. Waar kan ek idee’s kry om my kind se persepsies te toets. Onder andere motoriese fase, motoriese patroon, motories-perseptuele fase, perseptueel-motoriese fase, perseptuele fase, perseptueel-konseptuele fase. Dit is alles grieks vir my.

    Groete Lindi Olivier

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 18, 2015 @ 17:12:01

      Hallo, Lindi 😉 Breinlyn het skoolgereedheidspakket wat ‘n goeie aanduiding kan bied (sien skoolgereed onder die lysie Hulpbronne aan die regterkant). Jy kan ook soekterme soos “posisie, spiertonus, VMI, perseptueel, perseptuele, ogies, ouditief, middellyn, links en regs, tuis oefening, tuis idees, buitespel…” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant van die blog in tik vir oefeninge en idees. Ou staatmaker onderwysersgidsskrywers soos Hauptfleisch & Grové en MW de Witt, gaan ook juwele oplewer. Ek het van hul gidse op RedPepper gekry. 😉

      Like

      Antwoord

  28. Daleen Harford
    Jan 14, 2015 @ 10:46:43

    Goeiedag Juffrou, ek merk dat jy ‘n skakel het vir Godsdiens. Ek wil jou graag nooi om te kyk na ‘n website vir nog oulike video clips, liedjies en aktiwiteite om kinders van die Bybel te leer. Vir engels is dit soos volg: http://www.jw.org/en/bible-teachings/family/children/
    en vir Afrikaans is dit:
    http://www.jw.org/af/bybelleringe/gesin/kinders/
    Die website kan in nog 540 ander tale ook gelees word.

    Like

    Antwoord

  29. Phidelia Minnaar
    Jan 18, 2015 @ 09:21:03

    Goeiemore Juffrou, ek is mal oor die “Greenpop” konsep. Ons (my man, dogtertjies en ekke) kweek bome van sade en het begin om dit in die veld te plant. Ons woon in Phalaborwa Limpopo, wat reeds ‘n boomryke area is, maar daar is seker inheemse bome wat baie skaars is. As daar enige iemand is wat graag wil bome aanplant, is hul welkom om by ons te kom kry. Ons verkoop nie die bome nie, ons gee dit weg! My e-pos is phideliaminnaar @yahoo.com laat weet gerus!!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 18, 2015 @ 16:22:49

      Wonderlik, Phidelia! 😉 Ek gaan so ‘n paar mense laat weet 😉

      Like

      Antwoord

  30. Danielle
    Mei 04, 2015 @ 09:01:22

    hi juffer, ek is ‘n onderwys student en is opsoek na die naam van die werkboek of handboek waarin die leerders klanke leer? Ek weet daar is n paar met cd’s ook by. Ek moet ‘n taak doen en kry net mooi niks. Dalk soek ek verkeerd. Enige hulp, asseblief?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 05, 2015 @ 13:30:45

      Hallo, Danielle 😉 Ek weet van Klanke Kalante en Pretletters, maar dit is nie baie algemeen beskikbaar nie. Die Engelse reeks wat boeke (stories en werkboeke) en CD (liedjies) het, is die Letterland-reeks. Jy sal die skakel hier aan die regterkant kry. 😉

      Like

      Antwoord

  31. natanya Howell
    Jan 08, 2016 @ 14:12:43

    Goeie dag Juffrou my naam is Natanya ek bly in die weskaap ek is op soek na raad hoe om my dogterjie van nege te leer lees sy is tans in n spesial skool sy het n leerprobleem en het adhd. sy gaan skool by Molenbeek LSEN skool sy ken nie haar klanke nie en gaan blank met die alphet. sy brand om te lees want sy sit met stoorie boeke maar kyk net die prente. Juffrou wat kan ek doen om my kind te help lees en skryf hy is in n skool wat in phases werk en nie grade nie hulle is 15 in n klas met n juffrou en n klas asest.

    Groete
    Natanya Howell

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 14, 2016 @ 15:57:54

      Hallo, Natanya 😉
      Jy kan verskeie relevante idees, werksvelle en skrywes opspoor indien jy soekterme soos “lees, sigwoord, abc, klanke, hersien, flits, dubbelklank, tweeklank, drieklank…e-boek, leesreeks, rympie, storie” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in tik. Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  32. Theunita
    Mar 16, 2016 @ 08:33:40

    Goeie more jufrou,

    Het juffrou dalk enige aktiwiteite vir Graad R wat maklik aflaaibaar is?

    En eks ook op soek na aktiwiteite vir Graad 3 wiskunde: halvering, verdubbel en minus somme.

    Asb help.
    Theunita

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 17, 2016 @ 01:45:36

      Hallo, Theunita 😉

      As jy soekterme soos “abc, alfabet, robotkaart, uitspraak, woordeskat, links en regs, posisie, middellyn, spiertonus, potloodgreep, syfers, vorms, patrone, rympies, liedjies, stories, ouditiewe, visuele, ogies, oogsorg, Graad R, Graad 1…herfs, winter, lente, somer, padveilig, rugby, sokker, olimpiese spele, hemelruim, troeteldier, wilde dier, higiëne, liggaamsdele, skelet, tande, tandmuis, muurkaart” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik, sal dit vir jou verskeie skrywes, idees en drukbare opsies bied.

      Ek het verskeie somme/werksvelle onder die “Drukbare Bladsye”-blad gelys. Loer laer af na die hofie – “Syferkundigheid” en ook na die lysie skakels aan die regterkant van my blad. As jy soekterme soos “Wiskunde huiswerk, halveer, verdubbel, woordsom, afrond, veelvoud, maaltafels, deling, breuke, geld, hoe laat is dit…dae…meer en minder, voor en na” by die soekblokkie in tik, gaan dit vir jou verskeie idees en skrywes vir die wiskunde gee. Jy kan dan die getalle aanpas soos nodig. Vir aftreksomme, kan jy ook op senteacher.org na hul wiskunde-afdeling loer en druk soveel as wat nodig is. 😉
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  33. Marlene Nel
    Okt 05, 2016 @ 10:06:34

    Halo daar

    Ek het n vragie. My seuntjie is in grad 5 maar sukkel met “geheue” Ons leer baie hard by die huis en hy ken sy werkies maar die volgende doen hy maar swak in sy vraestel. Veral Science en SOS. Dis asof hy nie “snap” nie. Leer ons dalk op n verkeerde manier? Enige raad of tips?

    Groete
    Marlene

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 05, 2016 @ 13:19:01

      Middag, Marlene 😉

      Bied die skool lesse in verband met studietegnieke aan? ‘n Mens kan tuis met sekere “huiswerkriglyne” help.
      Vir Wetenskap, kan julle die stappe en metodes kortliks teken en stap-vir-stap deur gaan. In SS, kan julle iets soortgelyks doen, maar dalk ‘n tydlyn vir Geskiedenis gebruik.
      Loer gerus na die skakels (onderstreepte stukkies) hierbo. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  34. Mary
    Okt 10, 2016 @ 12:22:03

    Middag Juffrou, my kind is in graad 10 en het oorgeskakel van Engels eerste taal na Afrikaans eertste taal en dit gaan moeilik. Die ander vakke is steeds in Engels. Hoe kan ek op die laat stadium help?

    Groete
    Mary

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 10, 2016 @ 14:29:46

      Middag, Mary 😉
      Ek is ongelukkig nie opgelei om met die senior leerders te werk nie, maar sou voorstel dat julle na Afrikaanse taalhandboeke of gidse van verskeie graadvlakke kyk om enige moontlike leemtes aan te spreek. Bied die skool ekstra klasse aan of is daar dalk ‘n hulpsentrum beskikbaar?
      Loer gerus ook na webblaaie soos Onnies Online en LitNet Skole vir moontlike hulp en idees.

      Like

      Antwoord

  35. Yolanda
    Jul 31, 2017 @ 14:48:00

    Goeie Middag Juffrou, ek wil graag weet hoe kan n mens n kind help wat ADD is? Leer program by huis ens!!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 31, 2017 @ 16:13:22

      Middag, Yolanda 😉
      Loer gerus na hierdie huiswerk idees. Party kinders fokus beter indien hulle ‘n sagte speelding (bv. gestopte ballon) het om mee te speel terwyl hulle leer. Ander fokus weer beter deur na elke sowat 15/20 minute ‘n liggaamlike breuk te neem (bv. touspring, trampolien spring, bal bons) of krakerige happies (bv. stukkies komkommer/wortel) te eet. As die huisgedruis die aandag af trek, soek ‘n stiller area in die huis en voorsien groot oorfone om die klank effens te demp. Ek hoop die inligting kan help.

      Like

      Antwoord

  36. Karina
    Feb 15, 2018 @ 18:13:07

    Goeie dag Ek werk vir ‘n organisasie abc for life in houtbaai se staatskool. Ons het ‘n vrywillige groep lesers wat kinders in hierdie armoedige gebied leer lees. Sal donasies van afrikaanse boeke gr 1 tot 3 vlak waardeer.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 16, 2018 @ 14:19:39

      Hallo, Karina 😉
      Ek het die skakel bygevoeg 😉

      Like

      Antwoord

  37. Janien
    Jun 14, 2018 @ 09:36:14

    Helo ek is opsoek na die CAPS dokumente. Ek wil dit koop inplaas van alles uit print. Asb help!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 14, 2018 @ 13:37:01

      Hallo, Janien 😉
      Dit word ongelukkig nie verkoop nie, maar die distrikskantore van die onderwysdepatement verskaf dit gratis aan skole. Hoor gerus by die plaaslike laerskole of hulle nie dalk ekstra gidse het nie.

      Like

      Antwoord

  38. Anelle Hamilton
    Feb 27, 2020 @ 20:45:22

    Maand!Ek wil graag weet hoekom die kinders nog lopende skrif moet leer. Gebruik mens dit ooit weer na Laerskool? My seuntjie geniet dit glad nie en nou hou hy nie van Afrikaans nie. Hy het alryd gehou van sy eie stories skryf maar nou wil hy niks weet nie. Dis n hele nuwe alfabet om aan teleer. Hy is in Graad 3. N juffrou van Heidelberg het my vertel haar skool beskou dit as outyds en hulle hoef dit nie te leer nie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 28, 2020 @ 14:30:30

      Hallo, Anelle 😉
      In Graad 3, vorm lopende skrif deel van die kurrikulum en kry hulle punte daarvoor.
      Die aanleer van lopende skrif gaan hom die geleentheid bied om later tussen druk- en lopende skrif te kies, onderwysers sal soms in lopende skrif op die bord skryf en hy sal sy handtekening in latere jare swierig kan maak 😉

      Like

      Antwoord

  39. Lilian van Rooyen
    Aug 22, 2023 @ 14:30:47

    Hallo Juffrou
    Ek het n kleinkind in Graad 1 wat sukkel met Afrikaans en Wiskunde.
    Waar en hoe begin ek om die kind te help?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 22, 2023 @ 21:10:21

      Hallo, Lilian 🙂
      Betrek die verskillende sintuie (bv. omkring die ”e”-klankie, omkring al die e-klanke in ‘n paragraaf in ‘n ou tydskryf, dink aan 3 tot 5 kort woorde wat met e begin of wat e in die middel het en skryf dit vir hom/haar neer – sodat hy/sy bo-oor kan skryf met ‘n veselpen of kryte…).
      Ek vou ‘n bladsy in die helfte en draai dit dan dwars om dit nog 2 keer in die helfte te vou. As jy dit oop vou is daar ‘n hele paar blokke om in te skryf. Skryf vir hom/haar ‘n woord aan die linkerkant en vra dat hy/sy dit saam met jou uit klank of ‘lees’. Teken ‘n eenvoudige prentjie as illustrasie en vra dat hy/sy dieselfde aan die regterkant doen. Speel so deur die kort klinkers (a, e, i, o, u), later aa, ee, oo, uu, aai, ooi, eeu, oei, oe, ou, ui, eu, ei… Knyp die bladsy in ‘n klampie vas sodat hy/sy daarna kan loer as dit moet. ‘n Mens kan mettertyd ‘n sin met ‘n woord op elke bladsy opmaak en probeer skryf, bv. Dit is ‘n kat. Skryf dit vir hom/haar neer en vra dat hy/sy dit oor skryf.
      Betrek sigwoorde (algemene woorde) wat hy/sy dalk in haar storieboeke hoor en sien, bv. Dit is ‘n mooi kat. Die dogter sing. Die dogter sing mooi. ‘n Mens kan dan ‘n mooi prentjie by teken.
      Gee vir hom/haar advertensieblaaie en gesels oor die produkte wat julle sien. Knip ‘n prentjie uit en skryf daaroor, bv. Die sap is vars. Dit is sap.
      Gesels oor logos wat ‘n mens op winkels sien en watter letters of klanke ‘n mens sien. Is dit ‘n Afrikaanse woord? Watter van die woorde kan ‘n mens probeer uitklank? Bv. Spar. https://juffer.files.wordpress.com/2021/05/toevallige-lees-logos.pdf.
      Lees saam deur ‘n storieboek en sukkel kamma om ‘n woord te lees. Klank dit uit en wees kamstig tevrede met die uitspraak. ‘n Goeie voorbeeld help menige jong leser.

      Vir die wiskunde, kan ‘n mens gereeld tel. Tel die messegoed en borde terwyl julle skottelgoed was of weg pak. Tel die stoele en tafels. Tel die skoene twee-twee terwyl julle die kas reg mak, ens. Kyk na die volgorde van getalle op ‘n liniaal teenoor ‘n slangetjies-en-leertjies bord. Getalle word soms van links na regs, bo na onder of onder na bo gelys. Gesels oor vorms wat julle sien, bv. in padtekens (sirkel, driehoek, reghoek…). Wat maak hulle eenders of anders? https://myklaskamer.com/2023/02/22/wiskunde-2/

      Suffel gerus deur hierdie skakels: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=607929174674167&set=pb.100063712701667.-2207520000.&type=3

      Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant van My Klaskamer of tik soekterme soos ”klanke, dubbelklank, tweeklanke, drieklanke, sigwoorde, flitskaarte, lees…rympies, leesreeks, liedjies…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Loer gerus ook na die ”Drukbare Bladsye”-hofie – waar heelwat goedjies gratis beskikbaar is. Meer drukbare werk is onder ”Mandjie” gelys.

      Ek hoop dit kan help 🙂

      Like

      Antwoord

Laat 'n boodskap

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.