‘n Kollega het onlangs die volgende oulike idees tydens oordenkings gedeel…Die voorlesing was uit Mattheus 25 (vanaf vers 14).
Begin deur elkeen se gawes en talente te vier, maar ook te noem dat ons nie ons gawes vir onsself behoort te hou nie en dit behoort te deel. Dit kom van nature vir onderwysers – wat soveel met die kleingoed deel. Wat is uniek aan elkeen op julle personeel? Watter kennis en wyshede is beskikbaar? Wat kan jy bydra? Waarmee kan jy woeker?
Hoe kan jy hierdie ondersteuning en hulp uitdra na die kinders in jou klas? Klein reseptekaarte is aan die leerders gegee om gebedsversoeke neer te pen. ‘n Fototjie en die naam is daarop aangebring. Elke onderwyser kon een neem en ‘n tweede kaartjie is aan elkeen verskaf, sodat die onderwysers boodskappe kon terug skryf. ‘n Plakker (met die teksvers) is bo-op ‘n muntstuk geplak en bo-op ‘n magneet vas gegom. Dít is saam met die kaartjies uitgedeel sodat ons die outjies altyd sigbaar (en in ons gedagtes) kan hou.
Sou ‘n mens dit wedersyds met jou klas en personeel kon deel?
Vir nog leesboeke, tik gerus soekterme soos “leeslys, leesreeks, iPad, Android, boeke” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in. Sien ook die skakels onder “Hulpmiddels” en “Geletterdheid/Taal“.
Ek het ‘n paar navrae in verband met Bybellesse en Sondagskool ontvang. Ek plaas hiermee skakels na baie oulike webtuistes wat idees bied om die lesse vas te lê. Dit is nie ‘n kurrikulum nie en dien slegs as aanvullende hulpmiddels vir die jongspan.
Woorde