Tuis

Skoenlappers

Lewer kommentaar


Die lewensiklus van ‘n skoenlapper bestaan uit die fases: eier, ruspe/larwe, papie en volwasse skoenlapper. Loer gerus hier na idees en hulpmiddels om te gebruik:

Die Lewensiklus van Skoenlappers

Bye dag, 20ste Mei

Lewer kommentaar


Op die 20ste Mei vier ons Wêreld Bye dag. Versier gerus die klas, skryf die spelwoorde en somme op bytjie flitskaarte of gesels gerus oor die belangrikheid van bye. Luister na stories en sing liedjies oor bye.

Het julle blomme in die tuin? Plant gerus ‘n paar 🙂

Insekte

4 Kommentaar


Insekte Insects [Inkleur]

Insekte

Insects

Insekte het 6 pote wat in pare verdeel is.  Die lyf het ‘n kop, ‘n borsstuk en ‘n agterlyf.  Sommige insekte het voelers (antennae), sommige het vlerke, sommige het ‘n angel en ander het ‘n kragtige stel kake.  Loer gerus na die bou van die onderskeie insekte.

Watter insekte sien julle dikwels in die klas, by die huis, in die veld of elders?

Wat lok hierdie insekte?  Is dit oorskietkos, krummels of suiker (lekkers)?  Wat kan julle doen om die insekte op ‘n omgewingsvriendelike manier weg te hou?

Betrek goggas in telwerk en perseptuele werksvelle, luister na stories oor Manie Mier, leer gediggies oor goggas en kleur hulle in.  Dis ‘n lekker kriewelrige tema 😉

Nog gediggies

Insekte:

Mier:

 

Tik gerus ook by en heuningby by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Heuningby

Lewer kommentaar


Wêreld Heuningbydag

Saterdag, 19 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Neem gerus ‘n paar minute om na die bewaring, redes vir bewaring en die nut van bye te loer.

By raampie

Bye Bees (ontwerp)

‘n Tydskrif

Oulike inligting

Bye

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-08-06 at 21.46.20

Saterdag, 15 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Wat kan ons doen as ons “bye” bespreek?

Soek seshoekige vorms om tydens kleiwerk of wiskunde te gebruik.  Die ou vormpasballe, het ‘n stewige blokkie in die stel.  Jy kan koekies uit deeg druk, byekorwe uit geel klei druk of drukwerk met dikkerige verf doen.

Knak leë toiletrolle aan drie kante.  Druk dit plat, vou oop, druk plat, vou oop…totdat jy ‘n seshoekvorm kry.  Sny die rolletjie in die helfte en weer in die helfte – totdat jy die breedte van jou keuse kry.  Verf dit geel en oranje en plak dit met houtlym om ‘n byekorf te maak.

Verf ‘n vel karton of papier met ‘n oranje-geel verf (gooi bietjie rooi by geel).  Giet dan geel (of ligte bruin) verf in ‘n plat skinkbord en druk ‘n groot vel borreltjieplastiek (bubble wrap) daarin en druk dit op die oranje-geel vel.  Siedaar!  ‘n Byekorf.  Jy kan ook die verf op die plastiek verf of smeer.  Gebruik die velle as ‘n agtergrond of druk by- en opskrifte op A4-velle voordat jy die bladsy met verdunde (water-) verf bedruk.  Knip die vet woorde uit en daar het jy ‘n unieke opskrif.

Bye vingerdrukwerk.  Doop duime in dikkerige geel verf en druk dit op ‘n blommetjie of korf agtergrond.  Sodra dit droog is, kan julle swart lyne oor die lyfies trek (veselpen) en vlerke in teken.

Maak ‘n 3D-byekorf deur ‘n opvoubare papierlantern te spuitverf of met geel snesiepapier te bedek (gebruik pastadikte muurpapiergom).  Maak bye van pom-poms (fluff balls) en hang of plak dit op/aan die korf.

Smeer houtlym aan ‘n akker, wasgoedpennetjie of ‘n klein klippe.  Buig en wen ‘n geel pypskoonmaker om en om die kern.  Wen dan ‘n bruin of swart pypskoonmaker in breë ringe om die gele.  Knip ‘n swart of bruin pypskoonmaker in twee gelyke dele en knoop in ‘n druppelvorm.  Laasgenoemde vorm die vlerke.  Druk die ekstra draadpunte by die lyfie in en voeg gom as versterking in.  Plak twee wikkelogies bymekaar.  Plak die sye of pensies op die korwe of agtergronde.  As jy verkies om die bye te laat hang, knoop ‘n vislyntjie of gare aan ‘n vlerk.

Gee ‘n ovaalvormige deksel (of knip een uit ‘n ou x-straalplaat).  Plak met wondergom op papier, trek af en knip uit.  Skeur en plak verskillende stukkies geel papier op die ovaal.  Indien julle snesiepapier gebruik, kan ‘n mens ‘n lagie kookolie oor verf om dit ‘n glans te gee.  Plak ligte bloue op die vlerk en druk ‘n swart vel deur ‘n snippermasjien om swart stroke vir die lyfies te kry.  Gebruik dan gelyke stukke donker pypskoonmakers vir die pote en groot wikkelogies vir die oë.  [bytjie]

Ek sal aan nog ‘n paar idees dink. 😉

 Sien ook:

lente insekte goggas