Tuis

Augustus

2 Kommentaar


Terwyl ons hierdie naweek die einde van die Olimpiese Spele geniet, vier ons ook Leeudag. Maandag ondersteun ons die bewaring van olifante.

Op die 13de vier ons almal wat linkshandig is en kyk hoe ons ‘n bietjie meer ondersteuning kan bied of begrip kan betoon. Hoe kan ‘n mens die tafels skuif om almal te help?

Taaldag word op die 14de Augustus gevier – tesame met die Lees-‘n-Boek, Koop-‘n-Boek, Gee-‘n-Boek…tradisie. Loer gerus na vorige plasings vir ‘n paar gratis werksvelle.

Heuningbydag word vanjaar op die 17de gevier. Onthou om blomsade of -plantjies gereed te kry vir die lente seisoen en om ons bye te ondersteun.

Op die 19de, sien ons die Super-, Bloumaan. Dit is ook Wêreld Fotografiedag. Neem foto’s van argitektuur, plante, diere, mens of die maan 🙂

Die Afrikaanse Bybel is 91 jaar gelede vir die eerste keer in gebruik geneem, nadat dit in Mei daardie jaar afgelewer is.

Linkshandigheid

Lewer kommentaar


13 Augustus vier ons Linkshandigheidsdag. Hoeveel kinders in die klas is linkshandig? Watter aanpassings maak julle?  Dink byvoorbeeld aan die volgende:

  • ‘n Skêr vir linkshandiges
  • Plasing in die klas:  Verseker dat outjie nie elmboë met ‘n regshandige outjie hoef te stamp nie.
  • Demonstreer skriflesse van aangesig-tot-aangesig, sodat jy onderstebo skryf – eerder as om langs die outjie te sit.

🙂

Dag vir Linkshandige Persone

Lewer kommentaar


links

13 Augustus word al 25 jaar lank as die dag vir linkshandige persone gevier.  Loer gerus hier vir idees en aanpassings om in die klas in gedagte te hou.

potloodreëls

linkshandig

4 Kommentaar


linkshandig

Hoe hou ‘n linkshandige kind die potlood vas?  Hoe vorm die linkshandige letters?

Het jy geweet daar is ‘n spesiale dag vir linkshandigheid?  Dit is die 13de Augustus.

WOH het my so 'n bietjie laat dink...