
Ons vier Aarde Dag op die 22ste April. Wat kan julle in die klas, by die skool of by die huis doen om ons aarde beter op te pas?
Doen iets om ander te help sonder om iets terug te verwag. Verras iemand met ‘n bederfie of ‘n ekstra gawe woord.


© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
21 April 2024
afrikaans help, omgee, onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar

Ons vier Aarde Dag op die 22ste April. Wat kan julle in die klas, by die skool of by die huis doen om ons aarde beter op te pas?
Doen iets om ander te help sonder om iets terug te verwag. Verras iemand met ‘n bederfie of ‘n ekstra gawe woord.


26 April 2022
afrikaans medemens, onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar
Dis een van die dae Onbaatsugtigheidsdag of Pay it Forward Day. Gebruik die 28ste om navorsing oor omgeeprojekte te doen of om idees in te samel wat haalbaar en uitvoerbaar kan wees.
19 April 2020
2020, afrikaans onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar

Dis een van die dae Onbaatsugtigheidsdag – ‘n dag waarop ‘n mens ekstra deernis teenoor jou medemens kan toon sonder om ‘n teenreaksie te verwag.
‘n Mens sal vanjaar baie vindingryk moet wees, maar dink aan maniere om jou medemens te help sonder om die insluitings- of grendeltydreëls te oortree.
Skakel gerus organisasies of instansies wat dalk van behoeftes in jou area sal weet en hoor wat die riglyne tans is. Is daar mense wat eensaam is en ‘n oproep sal waardeer? Maak kontak met kennis en hoor hoe dit gaan.
Elders versier mense die vensters wat aan die straat grens ter ondersteuning en bemoediging van noodpersoneel en ander. Probeer gerus ‘n paar van hierdie idees:
Loer gerus na moontlikhede wat aanlyn beskikbaar is of wat ‘n mens tydens die grendeltydperk kan begin om na die tyd te volbring.
Alle voorspoed!
22 April 2019
afrikaans gemeenskapsdiens, medemens, medemenslikheid, onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar
Dit is byna Pay-it-Forward Dag of ‘n Dag ter bewusmaking van Onbaatsugtigheid. In die skool, kan ‘n mens outjies aan goeie gewoontes herinner om mense by die skoolgemeenskap te betrek en om gaaf te wees.
Dink aan klein dingetjies wat ‘n mens kan doen om iemand se dag ‘n klein bietjie beter te maak. ‘n Glimlag of ‘n klein gebaar kan wondere verrig.
17 April 2018
afrikaans medemens, onbaatsugtigheid, pay it forward 1 Kommentaar
28 April is Pay it Forward Dag en is geskoei op die fliek met die gelyksoortige naam. Die gedagte is om ‘n onbaatsugtige taak te verrig en te vra dat ander dit ook probeer om die beweging “aansteeklik” te maak.
Is daar iets wat julle as ‘n klas kan doen? Kan julle iemand in die skoolgemeenskap help? Loer gerus hier na vorige inskrywings en idees.
Woorde