Sterkte aan al die mamma’s, pappa’s en onnies met die laaste paar weke van die skooljaar!  Dis nou die laaste stukkie van die jaar en die ergste is verby.  Daar is ongeveer drie volle weke voor die meeste skole se eksamens begin en die skoolvakansie begin al die 5de Desember in die “kus-provinsies”.  Goeie nuus:  as juffrou of meneer nie teen hierdie tyd genoem het dat daar groot rooi ligte flikker in die tonnel nie – behoort die jaar suksesvol af te sluit.  Dit beteken nie dat ons al kan vakansie hou nie.  Sit steeds skouer aan die wiel en werk elke dag om die eindstreep te haal.