Klik op die skakels onder die prente vir nog voorbeelde.
Ek het onlangs hierdie “stilspeletjie” herontdek. Dit is eenvoudig om op te stel en is ‘n handige huiswerk hulpmiddel – veral as Ma en Pa gou iets anders moet doen.
Ek maak my raamwerk gewoonlik op MS Powerpoint – bloot omdat ek die prentjies makliker kan manipuleer. Jy kan natuurlik Word of enige ander program gebruik. Trek ‘n reghoek en gebruik die “lines“-skakels (onder die AutoShapes-gids) om die lyne te manipuleer. Jy kan jou skeidslyne verander om elke reghoek uniek te maak. Sodra jy die bladsy vol uniek rame getrek het, kan jy met die text box funksie somme, klanke, woorde en selfs sinne op die kaartjies tik. Die doel van die unieke skeidslyne is dat jou kind die twee dele bymekaar kan pas en hom- of haarself kan korregeer. As die rande nie pas nie, staan die foutjie duidelik uit en moet die kleingoed self die regte antwoord soek.
Druk gerus so ‘n paar stelle, knip die reghoekige kaartjies uit, plak breë deursigtige kleeflint bo-oor en knip die skeidslyn deur. Siedaar! Jou eie stel opvoedkundige speelkaarte. Die kleeflint kan voor en agter geplak word om die kaartjies te beskerm en behoort vir ‘n kind of twee te hou. Jy kan die kaartjies byvoorbeeld in klanke op deel: ‘n bladsy vir a-woorde, ‘n bladsy vir b-woorde, ens. As jou kleinding die oe-klankie geleer het, kan jy sommer dieselfde aand ‘n stelletjie maak en vir die res van die week die woorde oefen. Na ‘n dag of twee kan jou kleinding die speletjie onafhanklik aanpak terwyl jy kos maak of jou aandag moet verdeel.
Sep 16, 2009 @ 18:40:39
Ek is so opgewonde oor jou blog! Ek is ‘n Graad R juffrou op ‘n klein plattelandse dorpie. Daar is so ‘n groot behoefte aan Graad R hulpmiddels. Daarom wil ek graag ‘n platform begin vir ons outjies. Jy is my inspirasie!
Sep 16, 2009 @ 20:28:21
Welkom, Laetitia
Loer gerus onder die “blogroll” aan die regterkant en by http://www.kleuters.co.za. Ek ken vir sparklebox. Hulle is regtig baie oulik. Pasop net vir die skrif – dit is nie die Suid-Afrikaanse “kleuterskrif” nie.
😉 Kom loer gerus weer in en deel graag idees met ons.
Feb 02, 2011 @ 08:26:41
Kan ek ook moontlik die graad 1 font by jou kry…ek sukkel om die goed reg te doen.
Dit sal baie waardeur word
Feb 02, 2011 @ 17:45:29
Ek stuur vir jou 😉
Feb 02, 2011 @ 19:11:04
Die e-pos het terug gekom. Het jy dalk ‘n ander adres?
Sep 05, 2014 @ 20:38:33
kan ek dit ook kry asb 🙂
Okt 12, 2009 @ 10:49:56
Ek is baie opgewonde oor al die hulp op hierdie web bladsy. Waar kan ‘n mens die Graad 1 font in die hande kry. Ek het ‘n dogtertjie wat nou moet begin leer om te skryf, en ek wil haar van die begin af reg leer. Baie dankie
Okt 12, 2009 @ 18:41:53
Welkom, Sonja
Ek stuur vir jou 😉
Okt 19, 2010 @ 09:51:25
My seun is 7 in Gr 1 en sukkel bietjie met sy wiskunde. Wat kan ek doen om hom te help beter te verstaan.
Okt 19, 2010 @ 19:00:02
Hello, Irma 😉 Eerstens moet ‘n mens dikwels en daagliks tel. Besluit op ‘n getal vir die dag en tel soveel los items (knope, doppies…) af. Tel in veelvoude van 2, veelvoude van 5 en 10 tot by die getal. Tel terug vanaf die getal …tot by 1. Wissel die tellery af met speletjies soos slangetjies en leertjies – wat uitstekend is vir aantel en terugtel. Die tellery is ‘n goeie hulpmiddel. Betrek die bewoordings van woordprobleme nader om die somme in konteks te plaas.
Maak self-oefen kaartjies om die somme te oefen en gee later ‘n paar van die somme op afsonderlike flitskaarte (so 4 – 6) om sonder die antwoorde te probeer. Hou altyd ‘n houer tellers, ‘n getallelyn, ‘n honderdblok of ‘n telraam naby sodat die outjie dit as ‘n kruk kan gebruik. Prys die goeie antwoorde, maar indien hy ‘n som verkeerd gehad het, kan jy dit in ‘n “kom ons probeer weer”-houer plaas. Aan die lees en spelwoorde kant noem ek dit ‘n woordhospitaal. Jy kan dieselfde prinsiep probeer. Die foutjie-outjie word twee maal per dag besoek. Die eerste maal kan julle saam na die som kyk en dit bespreek (Die bewerking is ‘n -…dit beteken haal weg of tel terug. Hoeveel moet jy terug tel? Kom ons kyk gou of ons dit kan doen….Doen dit dan hardop saam.) Later kan julle die som weer takel en as die outjie die pasiënte gesond gemaak het, kan jy selfs die somme soos flitskaarte flits. Maak egter seker dat hy die somme onder die knie het om die flitsery lekker te maak. Indien die flitsery lol, maak hy die som met behulp van die apparate uitwerk. Baie sterkte!
Nog plekke:
huiswerk idees
werkvelle
Ander wiskunde idees.
Feb 21, 2011 @ 20:13:37
Hi my kind is nou in gr 1 en ek wil graag vir hom flitskaarte maak, kan jy my asb se waar ek die font kan kry wat hul in gr 1 gebruik,ek sal dit baie waardeer.
Feb 22, 2011 @ 16:44:39
Hello, Elmari 😉 Ek laat weet vir jou per e-pos 😉
Feb 28, 2011 @ 15:46:46
Hi juffer,
my seuntjie is gr1, en ek wil vir hom “flash cards” maak, het mev dalk die gr1 font? ek sal dit baie wardeer asb.
Baie dankie,
Taryn
Feb 28, 2011 @ 16:34:58
Hello, Taryn 😉 Ek stuur vir jou.
Mar 02, 2011 @ 15:15:46
Hi Juffer,
Is dit moontlik dat jy vir my ook die gr1 font kan stuur, ek sukkel om dit op die web te kry.
Baie Dankie,
Cindy
Mar 02, 2011 @ 19:00:15
😉 Dis in die pos.
Nov 03, 2011 @ 21:37:40
Waar kan ek die graad 1 font vir my rekenaar kry?
Nov 05, 2011 @ 12:53:32
Middag, Colette 😉 Ek het dit vir jou aangestuur. Ek hoop dit werk 😉
Nov 06, 2011 @ 20:24:42
Dit werk! baie dankie ek wardeer dit baie
Nov 09, 2011 @ 19:36:40
😉
Feb 29, 2012 @ 09:50:29
HI, baie dankie vir al die lekker idees! Stuur asseblief vir my ook die graad 1 font. Baie dankie
Feb 29, 2012 @ 19:41:27
Hallo, Marlette 😉 Ek maak so.
Mar 08, 2012 @ 21:43:45
Ek is hartstogtelik opsoek na die regte font vir gr 1 leerders. Almal praat van teachers pet, maar die wat ek kry is beslis nie reg nie. My seuntjie se juffrou moet nog als self met die hand uitskryf en ek wil haar graag help, en dit vir haar tik. Kan julle my groot asseblief help?
Mar 09, 2012 @ 17:05:49
😉 Ek stuur vir jou.
Mar 09, 2012 @ 19:19:34
Baie baie baie dankie, ek kan nie genoeg dankie sê nie. Ons bly op ‘n baie klein plattelandse dorpie en dit is maar ‘n staadsskool en fondse is baie min, dit is hoekom ek graag die werkstukke vir die onderwysers wil tik. Ek waardeer jou hulp ontsaglik baie.
Groete Lorette
Mar 09, 2012 @ 19:38:07
Dis ‘n plesier 😉 Ek is seker die onderwyseres sal dit baie waardeer 😉
Jul 20, 2012 @ 11:54:05
Hallo! Ek is ook opsoek na die teachers pet font, kan jy groot asb vir my stuur? Baie dankie!
Jul 23, 2012 @ 17:12:08
Ek stuur vir jou na jou e-pos adres 😉
Jul 20, 2012 @ 14:46:03
Middag,
Kan jy groot asseblief vir my ook daardie graag 1 font stuur. Ek is ook besig om flitskaarte vir my kleinding te maak.
Baie dankie!
Groete,
Chantelle
Jul 23, 2012 @ 17:12:50
Ek stuur dit na jou e-pos adres toe :Wink:
Jan 17, 2013 @ 08:43:46
Môre
Ek soek groot asseblief die graad 1 font. Kan jy asb vir my stuur.
Jan 17, 2013 @ 15:20:06
So gemaak 😉
Jan 29, 2013 @ 11:21:10
Goeie dag! Ek is ook ‘n speelgroepie Juffrou en sal dit baie waardeer as jy dalk vir my die gr 1 font kan stuur!? Baie dankie vir die moeite!
Jan 29, 2013 @ 13:59:29
😉
Feb 05, 2013 @ 11:47:50
Goeie dag , Ek is n nuwe gr 1 mamma en moet vir juffrou help met tema plakate. kan jy asb vir my die gr 1 font ook aanstuur wil nie graag die outjies verkeerd leer nie. Dankie
Feb 05, 2013 @ 14:45:00
Gits, jou e-pos bons.
Feb 19, 2013 @ 12:04:00
Goeie dag, kan jy vir my ook asb. die Gr 1 font aanstuur? Ek sal dit baie waardeer. Dankie!
Feb 19, 2013 @ 15:25:33
Gedoen 😉
Jan 17, 2014 @ 23:15:16
Kan ek groot asb vra dat jy vir my die graad 1 font sal stuur- ek moet flitskaarte maak asb! Baie dankie
Jan 22, 2014 @ 15:23:22
😉 Loer ook na die “drukbare bladsye” of tik “klanke, abc, flits” by die soekblokkie aan die regterkant in.
Mar 01, 2014 @ 00:57:36
Ek wil graag vir my graad 1 kind flitskaarte maak, waar kan ek die graad 1 font en die graad 2 font (lopende skrif vir volgende jaar) in die hande kry? Ek sal dit baie waardeer.
Mar 02, 2014 @ 08:45:09
😉
Mar 16, 2014 @ 08:21:32
Ek het tans na 24jaar weer begin onderwys gee in n Gr1 klas. Waar kan ek die Gr1 font opspoor asb?
Mar 16, 2014 @ 18:33:22
😉
Jun 25, 2014 @ 15:46:04
Hi,
Kan jy asb vir my ook die gr1 font aanstuur. 🙂
Sep 02, 2014 @ 22:17:37
My dogtertjie is 19 maande en ek wil vir haar die abc ens. Begin leer kan jy dalk vir my sê waar ek die gepaste skrif kan kry. Baie dankie
Des 14, 2014 @ 00:46:43
Hallo, Eloise 😉 As jy soekterme soos “abc uitspraak, alfabet rympie, rympie” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik, sal jy heelwat idees kry. Loer ook na die skakels aan die regterkant wat met “kleuter” en “klein breintjies” gemerk is. Hulle fokus op idees vir peuters en kleuters.
Sep 12, 2014 @ 16:26:39
ek wil ons 5jarige tweeling wat volgende jaar gr R toe gaan solank die regte letterskryf styl (1 2 3) laat oefen. waar kry ek die voorbeelde hiervan
Des 14, 2014 @ 00:35:52
Hallo, Magriet 😉 Jy gaan idees kry as jy soekterme soos “abc, skrif, skryf, klanke, font, potloodgreep, handspier, fynspier, VMI, posisie, syfer, patroon…” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in tik. Ek hoop dit kan help 😉
Mar 10, 2015 @ 21:18:11
Hi jong. Ek sukkel my dood om die Graad 1 font op te spoor en af te laai. Is dit dalk moontlik dat jy dit vir my kan stuur? Ek sal dit ONGELOOFLIK baie waardeer.
Mar 11, 2015 @ 03:55:39
Hallo, Lezanne 😉 Loer gerus na hierdie fonts 😉
Jan 24, 2016 @ 13:31:20
Hallo juffrou, kan ek ook asb die Gr 1 font kry, het ‘n seuntjie nou in Gr1 en een in GrR en my Gr1 moet skrif oefen en ek kry nie font wat alles reg maak soos hulle moet leer nie.
Baie dankie
Jan 24, 2016 @ 15:13:15
Middag, Amanda 😉
Dit is gratis hier beskikbaar.
Mar 07, 2019 @ 10:16:51
Graad R asb in engels
Mar 07, 2019 @ 19:56:41
Hallo, Caryn 🙂
Ek het die Alfabet-legkaarte in Afrikaans/Engels hier en hier beskikbaar. Loer gerus hier na algemene Engelse werk. Tik gerus ook soekterme soos flitskaart, sigwoord…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die hofies “Drukbare Bladsye” of “Produkte”. Ek het heelwat Engelse produkte daar gelys 😉