Die kwartaal staan einde se kant toe en dis amper Paasfees. Hiermee dan ‘n paar oulike webwerwe en idees.
- Nooi iemand uit die gemeenskap om gepaste verhale uit die Kinderbybel voor te lees, te dramatiseer of net te vertel.
- Maak eierkranse (soos hier onder), rol boodskappies op en heg met linte aan die krans vas. Besoek instansies in die gemeenskap en oorhandig die kranse – met die mooi wense daaraan vas.
- Hou ‘n paaseiersoektog of -skattejag.
- Gee vir elke kind ‘n hout wasgoedpennetjie om met verf, veselpenne en “glitter” te versier. Hulle kan ‘n ovaal uitknip en versier en aan die een kant van die pennetjie vasplak. Stal die pennetjies teen die muur uit en knyp ‘n malvalekker-paaseier in elkeen vas – vir ‘n bederfie. Of help elkeen om ‘n klein sakkie te maak – soos die hasiesakkie hier onder. Plaas dan ‘n paar “speckled eggs” daarin en oorhandig die geskenkies aan instansies in die gemeenskap.
- Help die kinders om kruise te maak en te versier. Elkeen kan ‘n ander versie rakende die Paastyd daarop skryf. Hang dit aan ‘n tou dwarsoor die klas op. So kan elkeen die proses volg, die versies lees en die boodskap van Paastyd ervaar. Julle kan die kruise met paaseiers vervang – indien die outjies nog klein is en die vormpies eenvoudig moet wees.
Ander gedagtes:
- DLTK werkvelle
- Lesson sense (wiskunde en ander)
- Eierdoolhof
- Krans
- Pragtige “felt” versierings
- Ouma se idees
- Hasie houertjie
- Speletjies
- BAIE takies en idees.
- Voorskools (Christelik)
- Jesus se lewensverhaal (prente)
- Inkleurprente en idees (Christelik)
- Kuns
- Paashaas uit klei
- Paasfees bederf
- Paasfees lekkergoed en ander lekkertes
Mar 17, 2012 @ 19:36:48
Oulik! Dankie!
LikeLike
Mar 18, 2012 @ 14:24:56
😉
LikeLike
Mar 19, 2015 @ 19:38:08
Enige oulike rympies vir Paasfees om vir die kleuters te leer?
LikeLike
Mar 26, 2015 @ 14:27:01
Middag, Boatri 😉 Ek het ongelukkig nie rympies nie, maar wel skakels na moontlike liedjies.
LikeLike
Mar 24, 2018 @ 17:53:14
‘n Paasfeesversie…..
Ek tel die slapies af,
kan jy raai?
Paasfees is om die draai.
Ek is baie, baie bly,
want ek gaan beslis
‘n paar paaseiers kry.
Ek is twee keer bly,
want ek onthou
wat Jesus moes doen
vir my en jou….
Hy het aan die kruis gely,
sodat ek en jy
eendag en vir altyd
by Hom kan bly.
LikeLike
Mar 24, 2018 @ 18:18:19
Baie dankie, Jeanne 😉
LikeLike