Ek het al vergeet van die GOUE REEKS totdat iemand my weer daaraan herinner het. Die boeke is aanlyn beskikbaar.
Boet en Saartjie
Oktober 12, 2010
afrikaans Boet en Saartjie, Goue Reeks, lees, leesreeks, Nasou, Nasou via Afrika 28 Kommentaar
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Skoolgereed Hoekom word inkleurboeke ontmoedig?
Oktober 12, 2010
Juffer afrikaans Boet en Saartjie, Goue Reeks, lees, leesreeks, Nasou, Nasou via Afrika 28 Kommentaar
Ek het al vergeet van die GOUE REEKS totdat iemand my weer daaraan herinner het. Die boeke is aanlyn beskikbaar.
This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.
Perseptuele Ontwikkeling:
Skrif/Fynspier Ontwikkeling:
Klanke en Kort Woordjies:
Vangplekke:
Lees:
Engels:
Wiskunde:
Volg die skakel en klik dan op die prente of flitskaarte.
Juffer oor geld | |
Estrilta dickson oor geld | |
Juffer oor Gratis Leesboeke | |
Josephine oor Gratis Leesboeke | |
Juffer oor Ontmoet vir Juffrou | |
Madelyne oor Ontmoet vir Juffrou | |
Juffer oor herfs | |
Chanel oor herfs | |
Juffer oor My kind skryf stadig | |
Michelle oor My kind skryf stadig |
Okt 21, 2010 @ 17:32:01
Haai, ek dog dis lankal van die mark af ! As eks Graad 1-juffrou uit die “ou” garde sweer ek steeds by Boet en Saartjie om n kind te leer lees. Na jare gaar ek steeds al my prente, sinstroke, leeskaarte, ens. op i.g.v. ek dalk n kleinkind moet leer lees. Dankie vir die kykie in die goeie ou onderwysverlede. Groete!
LikeLike
Okt 21, 2010 @ 19:14:50
Hello, Alta 😉 Nee, wat. Ons mag maar die ou goed in die kaste bewaar. Soos iemand net elders genoem het, moet ‘n mens versigtig wees…die betekenisse van konsepte en woorde het redelik verander met die jare en kan dalk nou kru oor kom (veral waar daar oor naaldwerk gepraat word)… 😉 Boet en Saartjie, Sus en Daan en ‘n paar ander ou reekse staan kierts regop op my leesrak.
LikeLike
Nov 02, 2012 @ 09:39:01
Hallo Alta. Ek was so opgewonde toe ek nou lees al die boeke, leeskaarte en prente. As jy ooit eendag dit wil verkoop of wegmaak, laat my asseblief weet.
LikeLike
Okt 22, 2010 @ 22:18:07
Hi. Ek raak verskriklik opgewonde as ek hoor van Boet en Saartjie. Dit was my eerste leesboek in graad 1. Ek is ñ graad r onderwyser en is tans besig om my leerlinge die karakters in die graad 1 leesboeke aan te leer. Ou Vlooi, Biebie en Kalla enr.
LikeLike
Okt 23, 2010 @ 15:47:29
😉 Welkom, Renie…Loer gerus weer in!
LikeLike
Nov 23, 2010 @ 12:18:34
Weet jy dalk waar ek vir Sus en Daan kan kry?
LikeLike
Nov 23, 2010 @ 19:11:56
Hello, Surene 😉 Probeer gerus die Storiewerf uitruil bladsy en Lizmar se tweedehandse boeke. Ongelukkig het ek nog nie ‘n verkoper opgespoor nie. Baie sterkte 😉
LikeLike
Aug 04, 2021 @ 08:44:38
Ek soek ook vir Sus en Daan wat ons in die 50s gelees het in sub A
LikeLike
Aug 04, 2021 @ 14:57:58
Hallo, Maria 🙂
Die Goue (Boet en Saartjie) en Silwerboomreekse (Sus en Daan) is herdruk. Jy kan nuwe boeke aanskaf of na tweedehandse boeke loer. Volg gerus hierdie skakel vir meer inligting 🙂
LikeLike
Mar 16, 2011 @ 15:19:04
Goeie dag Juffer!
My naam is Tanya Vorster en ek is nou ‘n derde jaar onderwys student vir Grondslag Fase. Ek begin volgende jaar proef en ek is vreeslik opgewonde daaroor! Ek voel vreeslik gelukkig om op hierdie webblad af te gekom het en jou pragtige prente en skool dinge te sien!
Ek onthou toe ek in laerskool was, was Boet en Saartjie on hoof leestof gewees waarmee ons begin lees het en toe ek die fotos vandag sien toe raak ek skoon huimwelik. Ek hou baie van die Boet en Saartjie reeks en ek sal graag dit wil aanskaf vir my klaskamer. Is daar iemand wie ek kan kontak of ‘n webblad waar ek die boeke kan aanskaf?
Baie dankie vir julle mooi pogings!
Groete, Tanya 🙂
LikeLike
Mar 16, 2011 @ 20:08:43
Welkom, Tanya 😉
Ja, Boet en Saartjie bly seker van die bekendste karakters en het selfs vir my geleer lees :lol:. Jy kan met Nasou ViaAfrica se mense gesels om meer inligting oor die Goue Reeks te bekom. Hulle nommer is 021 406 3528…of jy kan 021 918 8811 probeer. Voorspoed met die studies 😉
LikeLike
Des 03, 2012 @ 22:05:05
Dagse daai kant van die wereld
My vrou is Amerikaans en wil bitter graag afrikaans leer en praat. Ek dink hierdie is die beste manier, maar hoe kan ek die boeke in die hande kry of is daar n webblad waar ek dit kan kry en sy dit van daar af kan lees en leer? Ons bly in die US. Weet nie waar om dit te kry nie.
Hulp sal baie waardeer word
Dankie
Jacques
LikeLike
Des 04, 2012 @ 17:29:30
Middag, Jacques 😉 Jy sal hier idees kan kry om op ‘n eenvoudige wyse sigwoorde, lees aktiwiteite en klanke aan te durf. Jy sal boeke en reekse soos “Boet en Saartjie” (Goue Reeks) op webtuistes sos Graffiti boeke kan koop. Kyk ook na gidse en webtuistes soos Trumpet, Selfie, thinkonline en PretmetAfrikaans. Baie van hierdie gidse is in boek-/skryfbehoeftewinkels soos PNA beskikbaar.
Laat weet my gerus indien jy nog inligting benodig. 😉
LikeLike
Des 07, 2012 @ 09:38:40
More Juffer
My dogtertjie gaan volgende Gr3 toe met trots kan ek se dat sy Uitmuntende Prestasies gekry het maar wat ons wel bekommer en ook die juffrou is dat sy glad nie in lees belangstel nie. Haar Gr 2 juffrou van die jaar het voorgestel ons kry vir haar Jaco Jacobs se leesboekies omrede my dogtertjie so erg is oor sy gedigte. Weet jy dalk waar kan ek van dit kry en hoe ons lees vir haar kan lekker maak.
LikeLike
Des 10, 2012 @ 17:04:49
Middag, Nicolien 😉
Graffiti boeke</strong> hou sommer ‘n groot verskeidenheid van Jaco Jacobs se boeke aan. Kersvader sal ‘n groot sak benodig hierdie jaar.
LikeLike
Feb 23, 2014 @ 13:49:05
Hallo Juffer. Zeethan is nou in gr 1. Kan nie hoe die tyd gestap het nie. Is daar enige plek waar ek hulle eerste leesboekies kan aflaai? Groete
LikeLike
Feb 24, 2014 @ 18:11:38
Middag, Zee 😉 Sjoe! Tyd vlieg 😆
Tik gerus soekterme soos klanke, abc, hersien, sigwoord, lees, skryf, skrif, Graad 1…by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant vir enkele idees. Vir leesstukkies kan jy CNX.ORG + GRAAD 1 “google”. Ongelukkig is daar nie baie leeswerk aanlyn beskikbaar nie. Loer egter ook na kleuters.co.za en kinderwerf 😉
LikeLike
Jun 25, 2014 @ 11:19:52
Goeie môre almal
Help asb bietjie met raad – my dogtertjie gaan volgende jaar Graad 1 toe en ek wil baie graag vir haar help met die lees, sy wil nou al graag. Hoe begin mens, ek het nou begin om haar te leer on te klank en weet nou nie verder.
Sal enige raad vreeslik waardeer.
Baie dankie!
LikeLike
Jun 26, 2014 @ 18:49:54
Middag, Lizanne 😉 Daar is verskillende skrywes hier op die blog om met die vroeë lees te help. Jy kan soekterme soos “abc, klanke, lees, sigwoord, visuele, ouditief, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir verskillende idees. Loer ook na die Drukbare Bladsye vir inkleurwerk en muurkaarte 😉
LikeLike
Okt 01, 2014 @ 22:47:54
Hallo
Eks vreeslik beindruk met Juffer! Waar kan ek inligting bekom? Ek wil graag ‘n leesreeks vir beginners skryf met die oog op kind se leefwêreld.
LikeLike
Jan 23, 2015 @ 12:08:41
Ek het probeer mail maar dit gaan nie deur nie. Ek sit in ierland, kan n mens dit nogsteeds kry? Eks dringend opsoek na die ou sprokies in afrikaans ook asb, die red ladybird se well loved tales.
Dankie 🙂
LikeLike
Jan 25, 2015 @ 21:12:28
Elaine, ek het navrae gerig en wag vir ‘n antwoord. Via Afrika se webtuiste adverteer wel boeke en Graffiti Boeke verkoop dit ook. Intussen het ek Ladybird boeke op Kalahari en Springbok Boeke gekry 😉
LikeLike
Okt 18, 2017 @ 09:28:13
Hallo Juffer.
Waar kan ek van hierdie boeke vir my kinders in die hande kry. Ek het groot geword met mossie en baas en my seun sukkel met sy lees.
Groete
Rina Botha
LikeLike
Okt 18, 2017 @ 13:36:32
Hallo, Rina 😉
Loer gerus na hierdie skakel – waar daar sowat 5 moontlike verskaffers beskikbaar is. Via Afrika het die reeks weer gepubliseer.
LikeLike
Okt 20, 2017 @ 21:42:25
Baie dankie ek sal hier gaan kyk.
LikeLike
Okt 21, 2017 @ 00:16:05
Dis ‘n plesier 😉 Loer gerus weer in.
LikeLike
Nov 01, 2022 @ 08:13:28
Waar kan ek die boekies van baas en mossie kry..
LikeLike
Nov 01, 2022 @ 12:58:14
Hallo, Eureka 🙂
Daar word soms van die Trap der Jeug boekies op BidorBuy, Kakkerlak of Lizmar Boeke geadverteer. Ek weet nie tans van nuwe eksemplare nie. Ek hoop dit kan help.
LikeLike