biblioteekweek2014

  • Hou ‘n muntlegging om boeke vir die biblioteek te kan aankoop.  Pak dit in vorms, rye, patrone, letters, woorde of embleme.   Skryf die vorms of simbole met bordkryt op teer of maak los papierweergawes.  Kies ‘n spesifieke munttipe (soos 5c of 10c) om te versamel vir die dag en pak dit.
  • Betaal 50c om te raai hoeveel boeke daar in die skool se biblioteek is.  Koop boeke met die fondse en gee vir die wenner(-s) ‘n boekprys.
  • Maak advertensies en prente van die klas se gunstelingboeke.
  • Gee vir die kinders karton om boodskappe, reëls en flitskaarte vir die leeshoek of boekrak te skryf (bv. Gunstelinge, Nuut, Mees genotvolle boeke, Engels, Afrikaans).
  • Vir Graad R en 1
    • Ek het nog ‘n boekmerk wat ons in Graad R gemaak het – rafia en ‘n geruite iets met groot gate. Ons het groot, stomp naalde gebruik.  Gebruik verskillende kleure en help die kinders om die rafia te ryg.  ‘n Lekker lang boekmerk sal goed in kinderboeke werk.
    • Ek hou nogal van die idee om volgens ‘n spesifieke beginklank te werk. Dalk kan ‘n mens klinkerprente maak. Gebruik akkerdoppies of halwe appels om verfdrukwerk op ‘n A4-vel papier te maak (patrone van herhalende kleure). Trek bv. ‘n groot a op ‘n x-straalplaat af en laat die kinders dit aftrek en uitknip. Plak die a dan bo-op die agtergrond. Herhaal met ander klanke en versier die aansteekbord met al die letters.  (Sien die alfabetrympies vir idees.)
    • Doen drukwerk met magneetletters (soek die korrekte Graad 1-letters).  Gebruik dikkerige bont verf op bruin of swart papier of selfs bleikmiddel (gebruik groot, plastiek voorskote) op suikerpapier.  Gebruik dit vir ‘n agtergrond, die kennisgewingbord of as die buiteblad van ‘n self gemaakte boekie.
    • Maak soutklei en laat die outjies self ‘n stukkie plat druk (nie te dun nie).  Gebruik hoofletter- en kleinlettermagnete as drukkers of soek alfabet koekiedrukkers om die kleingoed se name uit te druk.  Gee voorbeelde van die name op papier, sodat die spelling korrek is.  Druk die drukkers/magnete eers op ‘n inkkussing en dan in die klei.  Só, gee dit ‘n mooi effek.  Pons ‘n gat in een hoek of beide en hou dit as ‘n geskenk vir Moedersdag.
    • Gee ‘n basiese alfabetkaartjie (plak op die tafel) en ‘n bak vol los letters op die kleispeltafel.  Die outjies sal dan self met die klanke en letters kan speel.  Die alfabetkaartjie sal help om te verseker dat die letters reg geplaas word.
    • Bak en brou:
      • Kies ‘n eenvoudige koekieresep.  Druk letters, name of “boek” in die deeg en bak.
      • Kies ‘n eenvoudige koekieresep.  Druk ‘n koekie met enige koekiedrukker uit.  Plaas die koekiedrukkerletter (waarmee die outjie se naam begin) liggies bo-op en vul met “hundreds and thousands“.  Druk dit liggies met ‘n stomp voorwerp vas en lig die vormpie af.  Bak soos normaal.
    • Doen drukwerk met lapverf op ‘n tafeldoek, lapsakke of kussings vir die klas.  Gebruik die sponsletters in “matteëls” of magneetletters.

This slideshow requires JavaScript.

leesislekkerEk lees graag...

Biblioteekweek e-pos, Biblioteekweek 1, Biblioteekweek 2, Biblioteekweek 3