‘n Vinnige “werkende” woordmuur:

sakpas woordeboek

  • Ons het ‘n ou lêertipe foto-album opgeknip en kaartjies daarin geplaas. Die outjies soek dan die letter/klank teen die muur, neem ‘n kaartjie, skryf die woord neer en bring dit terug.  Hou kaartjies van verskillende kleure in die sakkie of bring meer as een sakkie onder elke letter/klank aan (vir die onderskeie tale).
  • ‘n Aanpassing op die woordmuur:  Ons het ou kartonvouers/-lêers in die helfte geknip, die enkelklank voorop geplak en ‘n woordelys binne-in.  Dit gaan nou oor ‘n toutjie gehang word sodat die outjies die letter-/klankkaart kan afhaal om die woord op te soek.
  • Gee vir elkeen sy/haar eie woordeboek – om woorde aan te vul soos nodig.  Beskerm die bladsye in ‘n flip file.  Hulle kan die woordmuur se woorde hierin oorskryf en die “woordeboek” vir langer as ‘n jaar gebruik.

‘n Permanente woordmuur:

  • Druk sigwoorde (én ander flitskaarte) uit, lamineer en plak dit om die hoogste gedeeltes van die klasmure of hang dit aan ‘n draad dwars oor die klas.
  • Druk die flitskaarte vir dubbel-, twee- en drieklanke uit en plak dit onder elke soort se muurkaart as ‘n vinnige verwysingsbron.  Indien die muurspasie beperk is, kan ‘n mens hierdie velle ook in die flip file liaseer.

‘n Woordhospitaal:

  • Lamineer ‘n groot, rooi vel en skryf kwelwoorde daarop neer (witbordveselpen).  Gewone boekplastiek of ‘n lêersakkie werk ook goed.  Die kinders teken dié woorde in hul eie woordeboeke/-lyste aan.  Sodra die outjies dit reg kan spel, kan ‘n mens die woorde afvee (ontslaan).

Skrifvelle:

  • Plaas skrifvelle in ‘n flip file om na te trek as deel van die huiswerk of intervensie.  Gebruik verkieslik ‘n dun, witbordveselpen.
  • Plaas ‘n natrekvel onder ‘n dik, plastiek tafeldoek in die Geletterdheidshoekie – vir outjies wat ekstra skrifoefeninge wil doen.

Doen-dit-self afskrifte (as die nood druk):

Mure:

  • Skuif jy jaarliks van klas tot klas of het jy nie kans om te verf nie?  Meet die lengte en breedte van ‘n muur, koop lap van jou keuse en dun plankies (selfs paletplankies).  Rol die rand van die lap oor die plankie en kram (kramgeweer) of kap die plankie teen die borand van die muur vas.  Steek jou muurprente met spelde vas of gebruik klitsgras (velcro).  Hang ‘n dik plastiek doek – as ‘n impromptu witbord.

‘n Mens hoef nie aanvanklik alles te lamineer nie.  Beskerm dit in lêersakkies of met boekplastiek totdat die geldsake beter lyk.  Flitskaarte kan met breë, kleurlose kleeflint beskerm word.

Tik gerus soekterme soos “hulpmiddels”, “weer”, “robotkaart”, “tuis idees”…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Klik hier onder om deur die prente te blaai.  Meer besonderhede en prente is by die skakels onderaan elkeen beskikbaar.