Hiermee nog ‘n paar ekstra werksvelle:
- Inkleurwerk (ouer kinders)
- Paasfeesvlaggies:
Kies ‘n ontwerp en druk genoeg om ‘n muurlys of ingang te dek. Druk die velle op verskillende kleure papier en wissel dit in patroonvorm af.
Tik gerus soekterme soos “Paasfees” of “Bybel” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir ouer inskrywings en drukbare velle.
Apr 06, 2020 @ 22:29:19
goeie dag hoe kan ek gratis goedjies aflaai om my kinders by huis besig te hou
LikeLike
Apr 06, 2020 @ 23:54:54
Hallo, Natasha 😉
Onder die hofie “Drukbare bladsye” hier bo, is heelwat goedjies. Loer gerus hier en dan ook na die lysie in die inhoudsopgawe aan die regterkant.
Dit behoort hulle vir ‘n rukkie besig te hou 🙂
LikeLike