Vandeesmaand is die maand ter bewusmaking van Outisme en die Outismespektrum. Dra gerus blou of verf jou naels ter ondersteuning.
Outisme Spektrum
April 2, 2017
afrikaans outisme 4 Kommentaar
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
April 2, 2017
Juffer afrikaans outisme 4 Kommentaar
Vandeesmaand is die maand ter bewusmaking van Outisme en die Outismespektrum. Dra gerus blou of verf jou naels ter ondersteuning.
This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.
Perseptuele Ontwikkeling:
Skrif/Fynspier Ontwikkeling:
Klanke en Kort Woordjies:
Vangplekke:
Lees:
Engels:
Wiskunde:
Volg die skakel en klik dan op die prente of flitskaarte.
Juffer oor geld | |
Estrilta dickson oor geld | |
Juffer oor Gratis Leesboeke | |
Josephine oor Gratis Leesboeke | |
Juffer oor Ontmoet vir Juffrou | |
Madelyne oor Ontmoet vir Juffrou | |
Juffer oor herfs | |
Chanel oor herfs | |
Juffer oor My kind skryf stadig | |
Michelle oor My kind skryf stadig |
Aug 04, 2017 @ 15:38:42
my dogtertjie word 13 en is met outisme gediagnoseer. Sy word tans tuis onderrig. ons woon in krugersdorp is daar enige buitemuurse aktitwiteite vir kinders wat tuisskool ontvang in die area?
LikeLike
Aug 04, 2017 @ 19:42:48
Hallo, Zelna 😉
Ek ken ongelukkig nie die area nie, maar sou voor stel dat julle perdry lesse of swemklasse ondersoek. Van my outjies geniet dit vreeslik, maar nie almal hou daarvan nie. Musieklesse (klavier) is ook ‘n gunsteling.
Kontak gerus die Wesrandse Skool, die Rant en Dal Skool of plaaslike arbeidsterapeute en hoor of hulle dalk van klubs weet. Hulle sal meer op hoogte wees van aktiwiteite in die onmiddelike omgewing.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Aug 22, 2017 @ 08:44:18
Hi hoe sal ek te werk gaan in die klas met n kind wat outime spektrum versteuring het?
LikeLike
Aug 22, 2017 @ 14:42:50
Middag, Chantel 😉
Afhangende van die ouderdom, kan jy prente of woorde gebruik om hom/haar aan stappe en prosesse te herinner. Plak verkleinings van die rooster op die tafel in prentvorm – wat bv. “Bybel, Skrif, lees, skryf, pouse…” aandui.
Wees spesifiek in opdragte en gee kort, maar kragtige opdragte. Verkort take of opdragte indien nodig en gee liggaamlike breuke – al is dit om die bord skoon te vee of ‘n krat te skuif. Verskaf ‘n “veilige” of “stil” area/hoekie vir wanneer die klas gedruis oorweldigend raak en stel ‘n wekker om die tyd te beperk. Gee die verwagting vooraf, stel die wekker en net voor die wekker lui/wek, kan jy hom/haar daaraan herinner. Bv. “Jana, jy kan vir 5 minute ‘n boek lees of na musiek luister. As die wekker wek, gaan ons *** doen….Daar is nog 30 sekondes oor. As die wekker wek, gaan ons *** doen.” Struktuur maak die outjies voorbereid voel. 😉
As die outjie bv. deur ‘n arbeidsterapeut, sielkundige, pediater of kinderpsigiater ondersteun word, probeer gerus om daardie persone te nooi vir raad of besoeke om leiding te gee. Elke outjie met Outisme, is egter baie uniek en kan unieke sensoriese, spraak-/taal-, aandagspan-, motoriese, sosiale, ens. uitvalle hê. Heelwat van my outjies hou daarvan om pouses alleen rond te loop, maar elke nou en dan geniet hulle dit om ‘n maat te nader.
Hardloop die outjie weg indien iets hom/haar ontstel of dwaal hy/sy? Gesels met die hele personeel (ook werkers en kantoorpersoneel) en verduidelik “triggers” of aspekte wat die outjie dalk kan ontstel en wat gewoonlik gebeur, bv. skril geluide, ens. maak sy/haar ore seer en veroorsaak dat die outjie na die gaping onder die trappe hardloop. As iets dan gebeur, kan hulle help om die outjie te soek en gerus te stel. Ons praat baie oor “veilige plekke” en wat aanvaarbaar is. As die klankstelsel byvoorbeeld ‘n skril geluid oor die luidspreker maak, raak een outjie geweldig ontsteld. Ons praat gereeld hieroor en hy weet al: “Ek gaan nie gil nie, maar ek mag my ore toe hou en buite die deur wag totdat die geraas ophou.”
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike