Dis weereens die einde van die jaar.  Tyd vlieg!  Indien jy idees soek vir die laaste dag of twee, probeer gerus die Hour of Code rekenaar aktiwiteite of laat die outjies Kersvader speletjies daagliks aandurf.  Jy kan Afrikaans of Engels as die taal van jou keuse stel 🙂

Versamel al die oorblywende skryfbehoeftes in die klas, om aan verskeie organisasies of omgee-aksies te skenk.

Tik gerus soekterme soos “rapport, nog ‘n kans, koevert, sertifikaat, hersien, Kersfees…spelwoorde, klanke, Engels, leeslys, toeps, e-boek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, vir verskeie idees om te probeer.