Tuis

Skool toe

Lewer kommentaar


Loer na vorige skrywes hier onder en tik soekterme soos boek oortrek, naamkaartjies, ens. by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir meer idees. Juffrouens kan soekterme soos eerste dag, pasella, klaskamerdekor, ens. gebruik. Hierdie skrywe sluit enkele hulpmiddels in. Snuffel deur die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant of vra gerus en ek sal help om nog idees te soek.

Op die 17de sou ons Betty White se verjaarsdag gevier het. Mense word aangemoedig om skenkings aan dierebeskermings organisasies te maak – al is dit die kleingeld in jou beursie.

Hierdie spesiale dag (18de) val op A.A. Milne (die skrywer) se verjaarsdag. Trek soos een van die karakters aan, sing van die liedjies, lees die storieboekies, beweeg soos die karakters tydens LO-klasse, versier die verskillende areas in die klas soos die huise van die diere of versier jou klasdeur. Eet heuning, heuning koekies of heuning broodjies.

Op die 23ste vier ons Skrifdag. Gesels oor die potloodgreep, patrone, drukskrif, lopende skrif of algemene riglyne (handleidings).

Wie kan die hoogste Lego toring bou? Wie kan die sterkste brug bou? Bou ‘n lang pad of muurtjie en meet die lengte en hoogte. Hoeveel blokkies (van elke kleur) het jy in jou struktuur gebruik? Bou konstruksies in groepe of as tafelmaats en neems foto’s van al die interessante skeppings.

Druk die lys hier uit.

Januarie 2025

2 Kommentaar


Winnie the Pooh dag word op die outeur, AA Milne, se verjaarsdag gevier: die 18de Januarie. Luister gerus na ‘n luisterboek, kyk ‘n storie, kleur prente in of lees ‘n Winnie boek.

Skrifdag word elders op die 23ste Januarie gevier. Oefen gerus hoe om patrone te trek, hoe om ‘n goeie potloodgreep te hê of hoe om afsonderlike letters (lopende skrif, drukskrif) en syfers te vorm. Loer gerus na idees in verband met fynspier of handspier ontwikkeling. Meer idees is hier aan die regterkant (onder die verkorte inhoudsopgawe) gelys.

Op die 28ste vier ons Lego dag. Soek gerus na al die blokkies in jou kas en speel soveel as wat jy wil.