Onthou asseblief dat die volgende inligting nie ‘n mediese kundige se skrywe is nie en slegs as ‘n inligtingstuk dien. Raadpleeg asseblief ‘n pediater indien aandagafleibaarheid vermoed word.
ADHD is die term wat onderwysers die meeste gebruik om ‘n aandagafleibaarheid te beskryf. (Dit staan eintlik vir Attention Deficit and Hyperactivity Disorder.) Dit dui gewoonlik daarop dat die kind nie op ‘n gegewe taak kan fokus nie. Aandagafleibaarheid kan met Hiperaktiwiteit (geweldig woelig) of Hipo-aktiwiteit (dagdromerigheid) gepaard gaan en word eintlik deur ‘n pediater gepeil en behandel.
Bekendes met ADHD/AAHS sluit Bill Cosby, Cher, Dustin Hoffman, Jim Carey,Kirk Douglas, Robin Williams, Steve McQueen, Sylvester Stallone, Will Smith, Leonardo da Vinci, Galileo, Albert Einstein en Benjamin Franklin in.
Die simptome van aandagafleibaarheid word gewoonlik deur middel van ‘n Connors vraelys beskryf en gepeil. Die vorm lyk soos ‘n table en word gewoonlik in vyf dae opgedeel – met ‘n skaal van geensins, in ‘n mate, redelik baie en baie. Van die aspekte uit so ‘n vraelys sluit die volgende in:
- Vroetel gedurig
- Neurie en maak ander geluide
- Eise moet dadelik bevredig word, maklik gefrustreerd
- Swak koördinasie
- Rusteloos of ooraktief
- Prikkelbaar, impulsief
- Onoplettend, aandag maklik afleibaar
- Onvermoë om take te voltooi, kort aandagspan
- Oormatig sensitief
- Oormatig ernstig of treurig (“sad“)
- Dagdroom
- Somber of nors
- Huil maklik en dikwels
- Steur ander leerders
- Twissiek (stry graag)
- Gemoedstemming verander vinnig en drasties
- Tree gevat op (acts “smart”)
- Vernielsugtig
- Steel
- Vertel leuens
- Woedebuie, opvlieënd en onvoorspelbare gedrag
- Sonder homself af van ander kinders
- Kom voor asof hy nie deur die groep aanvaar word nie
- Skyn maklik voorgegaan te word (easily led)
- Geen sin vir regverdigheid
- Toon geen leierskap
- Kom nie oor die weg met die teenoorgestelde geslag nie
- Kom nie oor die weg met eie geslag nie
- Terg ander of meng in
- Houding teenoor gesag:
- Onderdanig
- Uitdagend
- Parmantig
- Skaam
- Beangs
- Oordrewe eise vir onderwyser se aandag
- Koppig
- Oormatig gretig om tevrede te stel
noodconnors
As die antwoord op die meeste vrae in die redelik baie en baie afdeling val, dui dit gewoonlik op ‘n probleem. Die pediater of opvoedkundige sielkundige sal kan sê of die kind se optrede en gedrag werklik ‘n probleem is wanneer die skale bestudeer word.
Indien jy vermoed dat ‘n kind aandagafleibaar is:
- Verminder die suikerinname en moenie soetgoed inpak skooltoe nie (sugar rush!)
- Verseker dat die outjie ‘n goeie roetine én slaaproetine volg
- Struktuur en reëls is belangrik
- Omega 3 olies word gewoonlik aanbeveel en kan in sommige supermarkte en apteke gekoop word.
- Praat voortdurend met die opvoeder en vra dat ‘n Connors vraelys voltooi word. Neem die vorm saam na die pediater toe.
- As medikasie (skedule tablette) aanbeveel word – doen navorsing daaroor en vra soveel vrae as wat jy kan. (Kinders kla soms gedurende die eerste week of wat van maag- of hoofpyn terwyl die liggaam aanpas.) Sodra die aanpassingstydperk verby is kan ‘n opvolg Connors deur die opvoeder voltooi word. Gewoonlik kan die verskil dadelik opgemerk word. Indien nie – raadpleeg dadelik weer die pediater.
- Soek gerus Dr. Christopher Green se boek UNDERSTANDING ADHD op. Dit het oulike leesstukke in.
- Volg ADDitude Magazine se nuusbriewe. Dit is nogal interessant. (Voorbeeld van raad vir die Klaskamer)
…in die klas…
Na aanleiding van vele navrae het ek die volgende vir die klas saam geflans…Wat werk in jou klas?
Dan is daar ook een vir mammas – ADDmoms – met idees oor alternatiewe hulp.
Okt 24, 2008 @ 21:56:20
In Pretoria is daar ‘n Kindersielkundige wat ook baie goed is/uitstekend is. Enige persoon in daardie omgewing kan ‘n boodskap op my blog los en ek kan die betrokke persoon se email vir hom stuur. Hy het ook verder in Neurologie gestudeer (en ek weet nie wat nog nie, hy bly voortdurend studeer). Hy was my kinders se pediater toe hulle gebore is tot kleuter-ouderdom en, baie later, beland my dogter en syne saam in dieselfde laerskool en word toe groot maats.. 🙂 –en ons het soort van huisvriende toe geword. Hy is werklik goed en ek het vir jare ouers/kinders na hom verwys… hy’s ook al aangehaal in dokumente/skrywes oor kinders met Aandagtekort- en Hiperaktiwiteit. Hy is nogal “bekend” by heelwat mense/skole in Pretoria. Ek wil nie graag sy email hier uitgee nie, dink jy verstaan seker. Sy pa was ook in Pretoria ‘n Pediater (Sinoville-omgewing)maar is ongelukkig in ‘n motorongeluk oorlede.
LikeLike
Mei 20, 2009 @ 10:31:17
Hi Nikita
Gee asb vir my die kindersielkundige, wat ek kan kontak oor aandagafleibaarheid, se details. Ek wil graag my seuntjie laat toets.
Baie dankie
Martie Opperman
LikeLike
Mei 22, 2009 @ 17:23:11
325-5070 Dr Johan Erasmus
LikeLike
Mei 22, 2009 @ 19:36:04
Onthou..hy’s in Pretoria.
LikeLike
Jul 22, 2014 @ 12:41:01
Ek het asb hulp nodig. Ek vermoed my seuntjie Arno 7jaar lei aan ”aandagafleibaar”. Ek wil hom graag laat toets by n Arbeidsterapeut …. maar waar en hoe. Ons is in Wonderboom-Suid area. Enige voorstelle van Dokters asb. Dankie.
LikeLike
Jul 22, 2014 @ 18:19:46
Middag, Adele 😉 Vir aandagafleibaarheid gaan ‘n mens gewoonlik na ‘n pediater of ‘n skooldokter toe. Skakel vooraf en vra of hulle ‘n spesifieke waarnemingsvel gebruik. In hierdie bogenoemde leesstuk is ‘n drukbare “NoodConnors” om te druk. Laat die juffrou die outjie vir ‘n week lank dop hou en doen dieselfde tuis. As julle voel dat daar rede is tot kommer, kan jy die Connors-vorms aan die dokter stuur en vra of ‘n afspraak nodig is. Indien dit meer liggaamlik van aard is – bv. spiertonus, postuur, ens., kan jy beslis met ‘n gesoute arbeidsterapeut kontak maak. Ek kry Marlene de Swardt op die internet (+27 12 543 2754). Die skool behoort ook iemand te ken 😉
LikeLike
Nov 09, 2009 @ 16:02:06
Is Aandagafleibaarheid oorerflik.
As net een van die ouers as kind op Retylin was meer as 20 jaar gelede toe hy/sy self op laerskool was, kan dit dan veroorsaak dat ons kind vandag aandagafleibaar is? (‘n Sielkundige het gesê dat dit 99% oorerflik is?)
LikeLike
Nov 09, 2009 @ 18:03:44
Welkom, Mellany
Ek las vir jou ‘n paar skakels om te volg. Dit is moontlik dat aandagafleibaarheid oorerflik is. ‘n Mens kan seker eerder sê dat indien die ouers aandagafleibaar is, is die kans goed dat die kleinding ook aandagafleibaar kan wees. Praat gerus met ‘n neuroloog of ‘n pediater daaroor. Hulle werk meer direk met die “mediese sy”. 😉
http://kidshealth.org/parent/question/medical/heredity_adhd.html
http://www.addandadhd.co.uk/adhd-hereditary.html
http://www.google.co.za/search?hl=en&q=adhd+%2B+hereditary&meta=&aq=f&oq=
LikeLike
Feb 27, 2010 @ 20:38:17
Nikita, kan ek asb die kindersielkundige se besonderhede kry in Pretoria, my dogtertjie is ook met Aandagafleibaarheid gediagnoseer.
LikeLike
Apr 14, 2016 @ 12:46:35
Die kindersielkundige in Pretoria se nr asb
LikeLike
Apr 14, 2016 @ 13:06:51
As ek die internet reg beloer het, is die telefoonnommer 0123302084. Dr. Erasmus.
LikeLike
Mei 17, 2010 @ 10:44:26
Sal jy vir my die nommer van die Dr stuur assebleif.
Wil my seun laat toets. Dankie
Lynette
LikeLike
Des 13, 2011 @ 15:40:36
Hi Nikita, ek het geen idee of jy die boodskap gaan kry nie aangesien ek sien jy het dit al in 2008 geplaas.
My Seuntjie kry ongelooflike “night terrors”. dis anders as nagmerries. dis asof hy dinge sien en soortvan “sleep walk” maar hy kommunikeer met ons. As hy dan bykom wat gewoonlik na so 15 min is, kan hy niks onthou nie. Ons sukkel vreeslik om hom daaruit te kry en dit raak ‘n probleem. ons het gehoop hy sal dit ontgroei maar is nou al 7 en dit gebeur die laaste ruk nogals gereeld. Ek het gesien jy vertel van jou vriend wat so gewild is. kan jy asb die epos aan hom stuur of vir my sy kontak besonderhede stuur. Ek sien hy het verder gestudeer in Neurologie. Dit kan my dalk net baie help.
baie dankie
Driekie
LikeLike
Mar 13, 2012 @ 11:55:42
Hi Driekie, ek het toevallig hier kom loer en sien toe jy vertel van jou kind wat “night terrors” kry. Ek het dieselfde gehad met my seun, hy word hierdie jaar 11. Hy kry dit gelukkig nie nou meer nie. Ek het ook baie daaroor gaan oplees en raad en hulp gesoek, maar nie regtig iets gekry nie. In die begin toe dit gebeur het, was ek regtig ontsteld gewees. Dis nie lekker om hulle so te sien nie! Iets wat ‘n Kindersielkindige vir ons gesê het wat ek glo baie gehelp het, was dat sekere kinderprogramme wat hulle op TV sien, veroorsaak dat dit in hulle onderbewussyn gaan lê en dan in drome na vore kom. Sy’t voorgestel dat hy glad nie Ben 10 en Scooby Doo kyk nie, enige iets met monsters of so iets. En ook as hy gespanne is, soos met eksamens, het dit ook gebeur. Probeer dit, dalk help dit vir julle ook.
LikeLike
Mar 13, 2012 @ 17:13:50
Dankie, Ann 😉 Ek sal seker maak dat sy die boodskap kry.
LikeLike
Feb 21, 2012 @ 14:24:47
Hallo Nikita. Asb kan jy vir my sy kontak detail stuur
LikeLike
Feb 21, 2012 @ 20:57:54
Hi Yolande! Dr Erasmus [Johan Erasmus] is in Pretoria – hy word ook ‘Rassie’ genoem. Ek glo as jy in die telefoongids opkyk onder JA Erasmus [ek dink hy is JA] dan behoort jy hom te kry. Ek dink ‘Juffer’ het ook ‘n telefoonnommer van hom hier iewers geplaas – ek is seker ek het ‘n telefoonnommer gesien. Indien daar probleme is, laat weet en ek kyk of ek verder kan help! Groete en sterkte!
LikeLike
Feb 22, 2012 @ 07:45:10
Môre, Nikita en Yolande 😉 As ek die internet reg beloer het is die telefoonnommer 0123302084
LikeLike
Mar 08, 2012 @ 07:01:03
Hi Nikita,
Ek weet nie of jy hierdie email gaan kry nie…sien jy het lank terug die blog gelos.
Kan jy asb vir my die betrokke persoon se e-pos stuur – ons soek iemand vir my seuntjie in Gr 1. Ons vermoed hy’s dalk aandagafleibaar en wil graag he dat ‘n goed gekwalifiseerde persoon na hom moet kyk.
Sal dit soooooooo baie waardeer
Groete
Leanne
LikeLike
Mar 08, 2012 @ 20:51:13
Hi Leanne
As jy bietjie boontoe lees – 1-2 boodskappe boontoe – sal jy sien Juffer het Rassie Erasmus se telefoonnommer hier op die blog gelaat vir enige persoon om hom te kontak. Sterkte! Ek hoop jy kom reg!
LikeLike
Mar 09, 2012 @ 17:02:55
Dankie, Nikita 😉
LikeLike
Mei 27, 2012 @ 00:24:46
Hallo Nikita Ek het ‘n vriendin wie se kind aandagafleibaar is. Sy is reeds in die Hoërskool en sukkel vreeslik baie met leerprobleme. Hulle het nie hulp gehad toe sy nog in laerskool was nie. Enige raad? Hulle kan nie proffesionele hulp bekostig nie. Dalk maniere hoe ‘n dieet kan help?
LikeLike
Mei 28, 2012 @ 22:09:05
Hi Annetjie
Dis mooi van jou om raad te vra vir ‘n vriendin se kind. Dis verblydend om te sien mense gee vir mekaar om! Dis jammer om te hoor dat die kind nou al op Hoërskool is en nie hulp gehad op laerskool nie. Dieet is belangrik vir enige kind om te kan leer/konsentreer. Dieet en slaappatrone. Jou vriendin moet asseblief seker maak dat haar kind al die nodige vitamiene [veral dmv vars groente] inkry en ‘n gebalanseerde dieet volg. Alle sjokolade/lekkers [oormatige suiker] moet dadelik gesny word, gaskoeldranke is ‘n groot euwel. Slaap – en genoeg daarvan – is baie belangrik. ‘n Goeie ontbyt soggens voor skool is belangrik. Iets eenvoudigs soos ‘n goeie bordjie Hawermoutpap kan haar goed hou deur die dag – natuurlik met ‘n gesonde broodjie in die skooltas, miskien met ‘n vrug, indien moontlik. Deelname in sport kan haar konsentrasie ook laat verbeter, maar dit sal oor die langtermyn merkbaar wees, mens moet nie altyd onmiddellik resultate verwag en moed opgee as daar ‘niks’ gebeur nie. Ek is seker indien sy met ‘n Onderwyser/Hoof die probleem bespreek [finansies veral], dat daar iewers ‘n persoon sal wees [ons hoop so!] wat die kind kan evalueer en hulp/raad gee. Miskien het Juffer ook meer raad – miskien met organisasies in SA wat hulle daarvoor uitgee om kinders te help wie se ouers professionele hulp nie kan beskostig nie, ongelukkig het ek nie die besonderhede van enige op die oomblik nie. Baie sterkte en ek hoop dat jou vriendin se kind op ‘n manier deur die skool gehelp sal kan word. Sy moet nie huiwer om met ‘n Onderwyser te gaan praat nie – Onderwysers is daar om te help! Hou ons asb. op hoogte, ek sal graag wil weet hoe dit gaan. Groete!
LikeLike
Mei 29, 2012 @ 18:29:18
Baie dankie, Nikita! 😉 As ek dit reg het kan ‘n mens dieselfde skooldokter (deur die leerondersteuningsopvoeder) kontak wat gewoonlik by die plaaslike laerskole werk. Hulle vra nie konsultasiefooie nie. Indien die outjie deur ‘n sielkundige getoets sou/moet word, kan die skoolsielkundige van die plaaslike skoolkliniek (MOOD/MEED/OBOS) help. Hierdie dienste is egter onderhewig aan ‘n lang waglys. Hoe gouer ‘n mens om hulp vra, hoe gouer kan ‘n mens dalk geholpe raak 😉
LikeLike
Jun 20, 2014 @ 15:45:20
Hi Annetjie en Juffer
My seun het dyslexia en gaan na n remedial skool. Hulle skoolfonds is Belasting aftrekbaar, omdat dit gesien word as n mediese uitgawe, maar as jy aansoek doen by die skool kan hulle na die kostes ook kyk.
LikeLike
Okt 25, 2008 @ 09:15:37
Dankie! Dalk kan ons so ‘n ADHD ondersteuningsnetwerk/-lysie op die blogs saamstel 😉
Enige iemand wat iets kan bydra moet asseblief so maak.
LikeLike
Okt 25, 2008 @ 09:28:44
Dankie Juffer en Nikita!
LikeLike
Okt 25, 2008 @ 09:59:24
Môre, Boendoe! Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Okt 25, 2008 @ 10:37:59
hi Juffer
Dit is ‘n goeie idee! Jy weet ek het selfs ‘n Kindersielkundige se nommer hier by my -steeds na al die jare! – ook darem nie donkie-jare terug nie! 🙂 – in Pretoria-omgewing, sy was destyds in Karenpark. Ek het ‘n kind in my gr3-klas gehad en sommer gou in Januarie gesien dat daar “fout” is. Inligtingsaand op 19 Januarie (kan nog die datum onthou van daardie jaar!!) het ek my bekommernis met die ouers gedeel en die Kinder-Sielkundige (wat ek voorheen in my vorige kommentaar) voorgestel en ook gese hulle kan ook gebruik maak van iemand wat hulself ken. Hulle het toe na die vrou gegaan, sy is WONDERLIK…sy het my 3 sessies in my klas kom sien! Die eerste om agtergrond ens. te kry en daarna om my in te lig met die “vordering”. Sy het die outjie gevat vir melkskommel! (dis wat sy doen met haar kinders)..fliek..ens. Sy het agtergekom dat hy Petit Mal kry deur haar “uitstappies” met hom! Petit Mal kan mos nie deur ‘n EEG opgetel word nie! slegs deur “waarnemeing” en sy’t my ook gevra oor hom in die klas. Deur daardie “waarnemings” kon sy die probleem agterkom en dit aanspreek. Einde van die jaar het die ouers vir my ‘n pragtige miniatuur-staanhorlosie gegee! hulle se toe dat hulle my eers nie wou glo nie en eers Maart daardie jaar besluit het om te gaan, hulle was my ewig dankbaar en die outjie het soveel selfvertroue daarna ontwikkel, veral in Gr4 kon ons nie glo hy was dieselfde kind in gr3 nie! Ek dink die wereld van daardie vrou! Sy het ‘n wonderlike geaardheid en glo sy sal seker nog daar wees.
LikeLike
Sep 15, 2010 @ 09:08:24
My kleinkind is met ADHD gediagnoseer, kan u asseblief vir my die name en kontaknommers en e-pos adresse stuur, van die Dokters in Pretoria waarheen ons hom kan neem.
Dankie
Elsabe
LikeLike
Sep 15, 2010 @ 19:41:48
Goeie-naand, tannie Elsabé 😉 Probeer gerus ADHASA – die ondersteuningsgroep vir ouers van leers met ADD/ADHD.
Linda de Rooster (012 331 3942) is ‘n opvoedkundige sielkundige in die Pretoria / Johannesburg-omgewing en behoort vir julle na ‘n goeie pediater te verwys. Kontak ook vir Nikita (chessalee2468atgmail.com…vervang net die “at” woordjie met die teken) vir die kontakbesonderhede van Dr Erasmus. Hy is blykbaar ‘n oulike dokter en baie behulpsaam. Onthou dat dit nie sommer enige dokter kan wees nie – ‘n pediater is gewoonlik die persoon wat so iets hanteer. 😉
LikeLike
Okt 25, 2008 @ 15:38:59
Hi Juffer, ivm die “ondersteunings”-groep. Ek dink darem nie die professionele ouens wat betrokke is met allerlei toetse wanneer dit by kinders kom sal omgee as mens slegs ‘n naam/praktyknaam publiseer,ek’s nie seker oor telefoonnommers op die net nie, ek’s te “sekuriteit”-bewus as dit by daardie deel kom. Ek het nou so pas my 2001-telefoonboekie hier nader getrek – wat ek 4 jaar terug al wou vervang het! (terloops, die nuwe een le hier!, maar ek het net te veel “kosbare” nommers in hierdie oue!)- en ek het selfs baie goeie Neuroloe, Oudioloe, ens. se besonderhede, ongelukkig nie almal se praktyk-name nie, maar as mens ‘n naam gee kan dit verseker in ‘n gids gevind word. My een sus is ‘n Suster en ek het al nog altyd gekontak vir enige professionele mediese dokter (in enige veld) as ek een nodig gehad het vir watter doeleindes ookal en sy het my altyd na die bestes verwys (in Pretoria). Omdat sy in Pediatrie werk, het sy veral geweet wie die beste is in daardie veld (kinders). Ek het self my seun (as baba!) na die Oudioloog geneem wat sy my na verwys het, omdat ek geglo het dat daar moontlik ‘n probleem was en hulle (oudioloe) is so oulik om selfs met ‘n baba te bepaal of daar gehoorprobleme is al dan nie, gelukkig het my kind nie gehad nie. Ek dink tog dat by ouers is daar ‘n behoefte aan ‘n verwysing na iemand wat hulle kan vertrou, dit was my ondervinding en ouers wie ek verwys het, was altyd “on cloud 9” met die verwysings wat ek gegee het. Dus, ek dink jou idee is oulik!
LikeLike
Okt 26, 2008 @ 17:23:02
Hello, Nikita. Ek stem saam oor die veiligheidsaspek. ‘n Mens kry darem te veel vreemde karakters wat wag om droog te maak. Ek het self al vreeslik gesoek na ‘n kundige wat regtig moeite doen met ‘n verwysing. Dis nogal vreemd dat daar nie ‘n webwerf vir sulke telefoonnommers en dinge is nie. Ek gaan probeer om ‘n bladsy op my blog oop te maak vir sulke lyste 😆 (hoop ek druk die regte knoppe!).
LikeLike
Okt 26, 2008 @ 21:56:56
hi Juffer…vir jou ‘n lysie gelos by “verwysings”
LikeLike
Des 18, 2008 @ 08:08:49
Hi, ‘n week voor die skool gesluit het hierdie jaar, is ons meegedeel dat dit raadsaam is om my kind in gr 1 terug te hou. Dit was ‘n bitter pil om te sluk, maar dit so ingesien as die beste opsie. Ons is op Parys in die Noord Vrystaat. Is daar ondersteuningsgroepe in die nabye omgewing? Ek het my werk opgegee om al die aandag aan my kinders te bestee en sal graag by ‘n groep betrokke wil raak.
LikeLike
Des 22, 2008 @ 20:47:01
Hello Bevrees. Dis aaklig om te dink dat ‘n skool so laat in die jaar eers gesê het wat hulle moes sê. Ek dra nie kennis van kundiges in daardie omgewing nie, maar sal aanbeveel dat julle die Universiteit van die Vrystaat kontak. Professor Venter blyk ‘n kundige te wees en mag van hulpsentrums nader aan julle weet.
Ek sou aanraai dat julle met ‘n opvoedkundige sielkundige kontak maak – indien julle nie reeds dit gedoen het nie. So ‘n persoon evalueer ‘n kind om te bepaal by watter ondersteuningsvorme die outjie sal baatvind – bv. remediërende onderrig, spraakterapie, arbeidsterapie, ens. Wat ook al die aanbevelings mag wees – dit sal goed wees om so veel as moontlik so gou as moontlik te doen. Hoe vroeër die outjie gehelp kan word, hoe minder probleempies word vasgelê en hoe kleiner bly die sneeubal. Baie sterkte! 😉
http://74.125.95.132/search?q=cache:lOjoDxVz16oJ:www.eastern.co.za/artikel.asp%3FnID%3D503+adhd+%2B+venter&hl=en&ct=clnk&cd=3&gl=za&client=firefox-a
http://74.125.95.132/search?q=cache:ylBOMzvWShcJ:www.remspeced.co.za/Articles/20070110_0001.htm+adhd+%2B+venter&hl=en&ct=clnk&cd=1&gl=za&client=firefox-a
http://74.125.95.132/search?q=cache:PM87KD–hjEJ:www.theherald.co.za/femme/2005/10/05/01_05102005.htm+adhd+%2B+venter&hl=en&ct=clnk&cd=6&gl=za&client=firefox-a
http://www.remspeced.co.za/Articles/20070320_0001.htm
LikeLike
Des 23, 2008 @ 02:47:54
hi Bevrees..ek stem saam met Juffer..ek kan nie glo dat ‘n skool so iets kan doen nie. Daar moes ten minste vroeer die jaar “rooi ligte” geflikker het om so iets drasties ouers mee te deel. Ons het nie al die inligting/feite nie, daarom kan ons nie regtig “oordeel” nie, maar as daar regtig deur die jaar absoluut niks deurgeskemer het van die skool se kant af nie, dan dink ek regtig dis baie onprofessioneel van die skool om so iets te doen. Bevrees, as alle verslae deur die jaar “goed” was, dan dink ek jy moet dinge bietjie bevraagteken. Ek wens ouers wil meer “vry” voel om met onnies te kommunikeer. Ek het elke dag ‘n hoop ouers gehad met wie ek net lekker gesels het oor hulle kinders en wat deur die dag in die klas gebeur het. – huistoe-gaan-tyd. Dit was altyd heerlik. Ouers moet voel hulle is welkom om oor enige iets te praat. Dis tog hul kind en dis vir hulle lekker om te hoor wat daagliks in die klas gebeur – al die nuus laat hulle voel hulle is deel van hul kinders/skool. Dit was ook nie net by my die geval nie, dit was by elke Junior-klas die geval gewees. Dis lekker as ouers kom hoor hoe hul kind se dag was en onnies (wel, die by my skool(e) het graag gesels/meegedeel en op daardie manier weet ouers presies van alle soorte probleme en hoe om hul kinders te help ook. Sodra daar nie ‘n “oop”-kommunikasie – kanaal is nie, dan moet ouers ook begin “wonder”. Ek’s self ‘n ouer en weet hoe ouers soms voel as dit kom by onnies..daardie “muur” moet afgebreek word indien daar een is.
Sterkte Bevrees..laat weet ons hoe dit gaan en wat jy uitgerig het!
LikeLike
Jan 26, 2009 @ 10:15:03
Hi Nikita,
Klink my jy het ‘n redelike lys met name van proffesionele ouens wat ek na opsoek is! Ek soek na ‘n kinder/opvoedkundige sielkundige asb. Ek woon in die Centurion omgewing. My seuntjie is in Gr R en ondervind ons ‘n paar probleme. Hy raak histeries in die oggende as hy moet skool toe gaan. Hy sukkel met interaksie by die skool. Ek wil net ‘n deeglike toets laat doen. Kan jy help asb?
LikeLike
Apr 09, 2010 @ 14:26:58
Ek is ‘n opvoedkundige sielkundige in die Pretoria en Johannesburg omgewing wat veral met ADHD kinders werk. Kontak my grus by 012 331 3942.
Linda De Rooster
LikeLike
Apr 20, 2012 @ 16:18:21
Hallo Linda
ek was met my dogter Anike Geldenhuys by jou gewees en sy is add, het haar op die rittalin, maar nou het ek haar by n sielkundige gehad by Steve Bikho, en sy het vir my gese Anike lei aan depressie en moet n psigiater sien om haar op die regte medikasie te sit, en dit moet gebeur binne die volgende maand want haar skool werk lei baie daar onder, en ek kry GEEN psigiater wat met kinders werk wat my in die volgende maand kan sien nie….
ek is raad op en baie bekommerd oor Anike.
kan u my dalk n nommer gee van iemand wat my sal kan help?
Groete
Annalien Geldenhuys
LikeLike
Apr 20, 2012 @ 19:37:52
Hallo, Annalien 😉 Ek stuur jou boodskap aan Linda.
LikeLike
Apr 21, 2012 @ 14:28:37
More
Ek het n vorm by die arbeidsterapeut ingevul waarop vrae gevra is soos of hy van sekere goed hou of nie ens waarop ek n punt moes gee. Al wat ek al opgemerk het is dat dit hom baie gou pla as hy besig is met huiswerk en hy hoor die tv of radio in n ander kamer of sy kleiner sussie kom pla of praat met my. En soms kom hy dit nie eens agter nie. Maar in die verslag het sy niks van dit gese nie. Sy het ook voorgestel hy sit naby juffrou, wat gedoen word.
Ons is in die platteland en die persoon wat hom getoets het het die begin van die kwartaal Bloemfontein toe getrek. Sy het die laaste week van verlede kwartaal met die juffrou gaan praat, sy se ook die juf is baie negetief en moedeloos. Hy drink bio strath….weet nie of dit sal help nie.
Marie
LikeLike
Apr 22, 2012 @ 20:01:34
Hallo, Marie 😉
Dalk het die vraelys baie positief gelyk. Hou die persoon se verslag en kontakbesonderhede sodat julle dit met toekomende kundiges kan deel. Ek sou voorstel dat jy met al die inligting (skoolrapporte, -waarnemings en die terapeute se verslae) ‘n kundige soos ‘n pediater gaan spreek. ‘n Mens kan altyd alternatiewe soos Bio-Link oorweeg, maar die ruimte vir toets-en-probeer raak dalk minder.
Laat weet gerus in watter area julle woon. Ek sal probeer help om ‘n dokter nader aan julle op te spoor 😉
LikeLike
Apr 23, 2012 @ 15:44:10
Middag Juffer
Ons is in die Oos-kaap naby Colesberg. So Bloemfontein sal moontlik die naaste, beste plek wees om n dr. te gaan sien. Dankie vir al die terugvoering en raad ek waardeer dit.
LikeLike
Apr 23, 2012 @ 18:03:50
Middag, Marie 😉 Die webtuiste van Dr. de Waal bied ‘n oulike vertelling en dan is daar ook ‘n Dr. Bruwer by die Medi-Clinic (051 405 3241). Loer gerus ook na hierdie lysie van Bloemfontein se kenners. Skakel die onderskeie spreekkamers en vra of hulle nie dalk ‘n kenner nader aan eie bodem ken nie. Soms besoek dokters ander areas een of twee keer per week en dalk is julle gelukkig. Baie sterkte 😉
LikeLike
Apr 25, 2012 @ 11:43:02
Baie dankie juffer!! Ek het nie genoem dat ek al 2 maande audiblox doen met my kind nie. Ek kan al n verskil by die huis sien aan sy lees. Het julle al van enige positiewe resultate daaroor gehoor?
LikeLike
Apr 25, 2012 @ 19:13:49
Audiblox is ‘n goeie aanvulling. Dit help beslis in ‘n aanvullende vorm om die aandagspan te verbeter 😉
LikeLike
Jan 26, 2009 @ 15:43:30
Hello Tania
Probeer ook die zentium sentrum. Dr. Annelien Nieman is ‘n opvoedkundige sielkundige wat volledige toetsings doen. Sy het ook al raad in die BABA en KLEUTER verskaf. Kyk gerus ook by die skakels hieronder…
http://www.zentium.co.za/stimulasie%20en%20ontwikkelingsklasse.htm
http://www.babaenkleuter.co.za/article_print.asp?StageID=3&CatID=7&TopicID=22&ArticleID=320
LikeLike
Jan 26, 2009 @ 15:51:29
http://www.zentium.co.za/sielkundige%20berader.htm vir sielkundiges…die regte inligting vir Annelien Nieman is onder die VERWYSINGS bladsy 😉
LikeLike
Jan 26, 2009 @ 17:47:59
Hallo Tania
Ek kan jou na twee persone verwys in Pretoria, altwee uitstekende mense…die een is dr Rassie Erasmus (Johan)- sy kamers was laas by die Nuwe Moedersbond in Pretoria, hy bly in Waverley.(Fry Straat) Die ander is dr Antoinette Human, sy was in Theresapark/Karenpark omgewing. Ek wil nie telefoonnommers hier uitgee nie…my adres is..chessalee2468(at)gmail.com as jy my wil kontak. Dr Rassie ken ek persoonlik vir ‘n redelike lang tyd al en enige ou – wat weet waarvan jy praat in PTA – sal jou kan vertel dat hy uitstekend is..hy was selfs aangehaal in my studiegidse. Jy kan nie verkeerd gaan met hom nie, dis hy wat ook in neurologie verder gestudeer het. Baie sterkte en ek hoop jy kom reg!
LikeLike
Jan 26, 2009 @ 17:53:38
hi Tania!
Vergeet om te se…sterkte met jou kind! Daar is baie duidelik iets wat nie “lekker” vir hom is nie. Ek sal graag wil weet wat die juffrou se…kom rapporteer terug aan ons indien jy reggekom het. Ek sal graag wil weet hoe dit gaan!
LikeLike
Jan 30, 2009 @ 11:55:09
More, ek het my kind gister by die arbeidsterapeut gehad, en hul het gesê dat sy nie kan konsentreur nie, en die gefokus bly op iets nie. Hul het die ADHD dieet gegee, en gese ek moet kyk wat dit veroorsaak. ek moet haar nou vir sessies vat want sy is nou in Graad R, om haar skoolgereed te kry. Hul het ook gesê sy het spiertonus. Kan jul my asb help met goed wat ek met haar by die huis kan help en wat ek alles met haar kan doen.
LikeLike
Jan 30, 2009 @ 17:09:08
Hello, Christelle
Dis baie goed dat julle die kleinding nou al by ‘n kundige kon kry, sodat hulp so vroeg as moontlik gegee kan word.
Gewoonlik word ADD of ADHD deur ‘n Pediater gediagnoseer. Dit sal dus goed wees as die Graad R-juffrou jou dogtertjie kan monitor aan die hand van ‘n Connors-vraelys. As sy byvoorbeeld “Gereeld/Dikwels/Definitief” op die meeste van die bogenoemde punte kan antwoord vir minstens vyf dae, sal ‘n besoek aan die pediater of neuroloog van waarde wees. Daar is volgende week ‘n ADHD ondersteuningsgroep-aand in die Helderberg. Hulle kontakbesonderhede is onder die VERWYSINGS-skakel hierbo. Dan is daar ook ‘n pediatriese dieetkundige wat ouers op die 12de Februarie gaan toespreek oor ADD/ADHD-kinders en hul eetgewoontes. Sy is Anél Kirsten (021 887 5383 – vir plekbespreking – praatjie is gratis).
Spiertonus het baie te make met die kind se vermoë om te kan regop sit en beweeg. ‘n Kind wat hiermee sukkel, kan byvoorbeeld nie baie lank op ‘n stoel sit nie. Sommige AT’s (Arbeidsterapeute) stel perdry of swemlesse voor om die spiere te ontwikkel. Ek sal na die naweek vir jou ‘n paar oefeninge probeer plaas – aangesien my boeke by die skool lê. Wat julle solank kan doen, is om jou dogtertjie op haar maag te laat lê. Sy moet dan soos ‘n vliegtuigie maak en haar arms langs haar lyfie uitstrek (soos vliegtuigvlerke). Dan moet sy haar bolyf en arms lig en weer sak. Hou die lyfie vir ‘n paar tellings in die lug en rek die tellings telkens langer – 3, 4, 10…- soos wat sy sterker word. Daarna kan sy die bolyf, arms en voetjies ook saam probeer lig en sak.
‘n Mens kan ook ‘n groot bal in plaas van ‘n stoel gebruik. Die bal is geneig om onder die lyfie te wil uit en sy sal moet fokus op balans en om regop te sit. Ek sal nog inligting later vir jou plaas. Voorspoed 😉
LikeLike
Jan 31, 2009 @ 15:21:28
Interessant dat jy perdry hier noem, Juffer, my een kind was met lae spiertonus gediagnoseer toe hy so 5 jaar oud was en toe het ons hom geneem vir Arbeidsterapie waar die terapeut ook perdry met hom gedoen het. Natuurlik was/is konsentrasie ook sy probleem. Sommige terapeute beveel ouers aan dat die kinders moet skaak speel, omdat skaak help met konsentrasie, maar ek glo nie daaraan nie, (nie dat skaak nie help nie!) want dan kry jy ouers wat die kind soortvan forseer/dwing om skaak te speel of van die kind verwag om dit te speel, alleenlik as die kind dit WIL doen, ja, dan stem ek saam. Ek het te veel kinders gekry by my skaakgroepe in SA waar ouers wil he hulle moet dit doen vir konsentrasie en nie vir die genot daarvan nie. Vir konsentrasie kan ook help as vir die kind opdragte gegee word om te doen, en om die opdragte langer te maak soos sy dit kan onthou..bv. bring vir my die rooi beker in die kombuis…bring vir my die rooi beker in die onderste rak in die blou kas agter die deur…ens. van minder detail tot meer detail en langer, sodat hulle moet konsentreer op wat jy se. Selfs kaartspeletjies waar jy kaarte omdraai en hulle moet onthou waar die “maatjies” is om sodoende pakkies te vorm. Sterkte! Ek sal graag wil he dat Ma’s vir ons terug rapporteer en vertel van vordering hier op Juffer se blog!
LikeLike
Feb 01, 2009 @ 08:20:43
Die terugvoer sal nogal gaaf wees, ja…Ek stel nogal dikwels die “Memory Games” voor. Sommer tuisgemaak – eers met prentekaarte, dan enkelklanke, klankgroepe (ou, ui, eeu), syfers,sigwoorde en ander woorde. ‘n Mens kan die woorde en syfers tik, op manilla/ karton druk en soos flitskaarte uitknip. Dan kan jy dit flits, “snap” of die geheuespel speel. Dit werk goed vir ‘n vasleggingspeletjie in die klas en by die huis.
LikeLike
Feb 01, 2009 @ 12:20:27
Ek het gevind die geheue speletjies werk goed vir konsentrasie, want hulle moet al langer en langer boodskappies onthou en daarop moet hulle meer en meer konsentreer.Dis ook baie maklik vir ouers om soortgelyke “speletjies” uit te dink as hulle net eers weet waaroor dit gaan.
LikeLike
Feb 03, 2009 @ 15:43:27
Baie dankie vir die raad solank, sal haar begin oefen. Kan nie wag vir die res van die goed wat ons kan doen nie
LikeLike
Feb 03, 2009 @ 17:29:24
Hello, Christelle…Ek het gister vir jou ‘n stukkie geplaas oor spiertonus. Laat weet as dit werk 😉
LikeLike
Feb 04, 2009 @ 10:14:17
Ek het net die een gekry van die 30ste, ons oefen by die huis, maar dit gaan maar sukkel sukkel, sy gee maklik moed op, oor sy dit nie reg kry nie, maar dan moedig ek haar aan om so veel moontlik te doen.
Baie Dankie die hulp word baie waardeer
LikeLike
Feb 04, 2009 @ 16:26:42
Dit help as iemand dit saam doen 😉
Ek stel voor dat julle elke dag vir so 15 minute probeer. As julle die arbeidsterapeut se oefeninge volg, behoort jou dogtertjie sterkter te word. Baie sterkte!
https://juffer.wordpress.com/2009/02/02/hipotonie-of-erge-lae-spiertonus/
https://juffer.wordpress.com/2009/01/30/vaardighede-om-te-ontwikkel-met-die-oog-op-graad-1/
LikeLike
Feb 04, 2009 @ 19:04:16
http://www.internationalchessinstitute.org/ChessAndADHD.asp
Ek het hierdie inskrywing wat toevallig al vir seker 3 weke op “draft” le en kyk nou net weer daarna. Vir sommige kinders gaan dit help, ander nie, maar moet my nie mis verstaan nie, dit is saam met die arbeidsterapie ens natuurlik. Juffer, ek gaan daardie links wat jy hier geplaas het ook gou lees, dit lyk of dit interessant kan wees! Kinders met lae spiertonus raak gou moeg, Christelle moet maar vasbyt. Hulle is ook geneig om nie regop te sit nie – vanwee die moegheid – my kind moes gedurig gevra word om regop te sit. 🙂
LikeLike
Feb 04, 2009 @ 19:05:46
kyk nou wat skryf ek! lol…ek meen…nie regop te sit nie…”vanwee die lae spiertonus” en nie “moegheid”
LikeLike
Feb 10, 2009 @ 09:50:13
More Juffer.
Ek het nog raad nodig, sy het links en regs geskyf en geteken toe sy jonger was, so toe het sy later links begin skryf en alles verder regs gedoen, die arbeidsterapeut sê dat sy nooit haar domineerende kant gekies het nie, so ons moet haar los dat sy links skryf, maar nou sy skryf as ek vir haar merkies maak skryf sy haar naam reg, maar sodra ek vir haar sê sy moet self haar naam skryf sonder merkies, dan skryf sy dit agterste voor, mens kan sê in ‘n spieel beeld. Moet ek maar net aanhou oefen, of hoe gemaak.
LikeLike
Feb 10, 2009 @ 19:09:54
Dit klink asof sy die hele naam in die spieëlbeeld skryf? Dit is baie moontlik dat sy nog nie ‘n innerlike bewustheid van links en regs en rigting in verhouding tot haar liggaampie het nie.
Dit is belangrik dat sy haar naam so veel as moontlik sien en “beleef”. ‘n Oulike idee is om haar naam teen haar deur te plak met los letters (sommer uit kleurvolle karton geknip) – sodat sy dit gereeld kan sien…Bv. Jana se kamer…items in die kamer kan ook gemerk word: Jana se kas, Jana se bed, Jana is oulik (teen die spieël)…Skryf dit in Sub A skrif of druk dit in ‘n skrif soos Comic Sans of Teachers Pet. Maak dan groen kolletjies by die beginpunte van die letters en rooies by die eindpunte. Sy kan dan oor die letters voel met haar vinger. (“Ry” soos ‘n karretjie en luister na die verkeersligte se opdragte.)
Ek gaan vir jou nog so ‘n paar dingetjies plaas onder liggaamsbeeld en lateraliteit…”watch this space” 😉
LikeLike
Mar 03, 2009 @ 12:26:13
Hi,
Ek is dringend opsoek ‘n arbeitsterapeut in Brooklyn of Elarduspark omgewing. Kan julle my dalk help?
LikeLike
Mar 03, 2009 @ 17:12:46
Hello Anne…Probeer Riana Henning (Tel: 012 329 2551). Sy behoort vir jou te kan help…’n Arbeidsterapeut-vriendin stel Wilma van der Walt in Centurion (082 856 3088) of Susan Malan (012 9911 515) in Faerie Glen voor. Voorspoed 😉
LikeLike
Mar 04, 2009 @ 10:30:12
Baie dankie vir die verwysings! Sal hulle bietjie kontak.
LikeLike
Mar 14, 2009 @ 17:34:37
Sjoe Juffrou is ingelig en klink na die idiale buurvrou en vriendin veral in vandag se tyd.
Ek dink ons kinders kry baie swaar met die dat altwee ouers in vandag se tyd moet werk.
Kan ons asseblief ietsie kry oor die “uitwerking van voeding” op ons kinders.
LikeLike
Mar 14, 2009 @ 19:30:41
Hello Ammi
Ek sal kyk wat ek vir jou kan kry. 😉
LikeLike
Mar 24, 2009 @ 05:43:13
Baie dankie vir die inligting of briewe van ander ouers. Soms voel dit ‘n mens is alleen met ‘n kind wat aandagafleibaar is en wat soms kwaai sukkel op skool. My seun is tans in gr6 en hierdie jaar is dit net of hy geen belang by skoolwerk het nie. Dr Stevens het hom eers op Ritalin geplaas, maar hy het soos ‘n slaapwandelaar geraak en ons het dit gestaak, want hy is nie hiperaktief nie. Ons het toe conserta probeer totdat ‘n professor in PRETORIA vir ons gesê het dat dit nadelig is. Ons het toe Audio bloks aangeskaf asook Biostrath. Soms lyk dit of die probleem al hoe erger raak hoe moeiliker die werk op skool raak. Akademies gaan dit op en af. Sekere vakke kry hy in die 80 en ander in die 40 en 30 al weet ek hy het hard geleer en het die werk geken. Asseblief is daar iemand wat my raad kan gee. Voel onsettend moedeloos en weet nie waar ons vaal nie en of hy eerder weer terug moet gaan op conserta. Hy is nie ‘n moeilike kind nie. Leer regtig hard en dit maak dat sy emosies ook wipplank ry. Ons is van Welkom
LikeLike
Mar 24, 2009 @ 21:47:48
Hi Lizelle, Jy het al my simpatie, dalk het Juffer ook ‘n oplossing. My vraag is: Hoe leer hy? Watter tegnieke/metodes? Kyk of hy nie die werk beter gaan onthou as hy breinkaarte gebruik nie (Spider diagrams)Sommige kinders leer (en onthou) die werk beter as dit visueel is of as assosiasies gemaak kan word. Kinders met aandagafleibaarheidsprobleme moet alternatiewe maniere he om werk te leer/onthou/weer te gee. As hy mondeling dit kan doen, waarom nie, eerder as skryf. Ek dink Onderwysers moet meer uit hul pad gaan om kinders met alle probleme/afwykings, ens te akkomodeer in evaluering/eksamens/toetse ens. Dis soms meer “werk” vir die Onderwyser, maar as dit is ten bate van die kind, waarom nie? Sommige vakke is die werk meer visueel as ander, dit sal interessant wees om te weet in watter hy beter vaar as ander, bv. Wetenskap met die eksperimente waar hulle dit beter onthou omdat dit prakties uitgevoer is en dit dalk ook opgeteken is en geteken is.
LikeLike
Mar 25, 2009 @ 19:58:37
Hello, Lizelle
Baie dankie vir jou vraag. Die kwessie rondom medikasie is nogal ‘n probleem – aangesien elke kind se liggaam verskil en verskillend reageer op die middels.
‘n Paar jaar gelede het ek ‘n dogtertjie gehad wat met sulke stokstywe ogies gestaar het en nie werklik reaksie getoon het nie. Ons het vermoed dat daar ‘n probleem met haar medikasie was en haar ouers het met die pediater oor die dosis gesels. Na ‘n besoek aan ‘n neuroloog is daar vasgestel dat die probleem nie neurologies van aard was nie.
Stratera (nie nou seker of dit dalk Strattera is nie :wink:) is probeer en dit het gewerk. Dis egter ‘n middel wat vir so drie weke geneem word voordat die verandering sigbaar is en dan moet ‘n mens volhou daarmee. Poplap se aandagspan het verbeter en sy het begin presteer – ook met die hulp van remediërende onderrig 😉 twee maal per week om aandag aan die agterstandjies te skenk.
As die leemtes aandag geniet het, kan ‘n mens ‘n tutor oorweeg om te help met die leerwerk en studietegnieke. Nie almal kan alleen leer nie. Soms het ‘n mens ‘n klankbord nodig. ‘n Ouer, oom of tannie kan ook help. Dis nie iets wat noodwendig vir jare sal aanhou nie. Kinders speen hulself in die proses…
Kyk gerus ook of julle nie ouboet se eetgewoontes en -roetines moet aanpas nie…en kontak die ADHD ondersteuningsgroep vir ekstra idees. Hulle beskik oor verskeie kundiges en kenners van dokters tot terapeute
Baie voorspoed…dis darem amper vakansie 😆
http://www.helderbergaddh.co.za/200802.htm
LikeLike
Mei 23, 2009 @ 22:29:02
HI,
My seun is 10 jaar oud en in graad 5. Hy drink 18mg Concerta al vir die laaste jaar. Skolasties het hy baie verbeter, maar van Janurie af is als net verkeerd: Hy kan nie konsentreer nie, lieg kompulsief, vat kanse,is gereeld in woordewisselings met ander kids, en raak rebels.Sy engelse punt het geval van 85%na 45%. Kan dit wees dat sy medikasie te flou is? Of verwag ek te veel van hom?
LikeLike
Mei 24, 2009 @ 08:47:22
Welkom Gr.3-juffrou
Ek sou voorstel dat jy vir die klas-opvoeder vra om ‘n Connors-vraelys oor 5 skooldae te hou. Neem dit na julle pediater of skooldokter en noem spesifiek dat die gedrag en dinge ‘n bietjie “opstêrs” raak. Ek vermoed dat die dosis saam met die liggaamlike groei hersien moet word.
Dit kan ook natuurlik wees dat hy kopstamp met ‘n onderwyser of dat hy bloot in die vroeë tienerjare ingaan :wink:.
Het julle Intervensie (ekstra) klassies by die skool? Ek sou voorstel dat jou seun daarby moet inskakel – veral met die oog op die eksamen wat om die draai is.
Hou dinge dop en moedig maar positief aan van julle kant af. Maak ‘n beker Milo en gaan sit saam voor die “is” en “are’s”. Dalk is Boeta te skrikkerig om vir meneer te vra, maar meer gemaklik met Ma en Pa. Sit saam met hom en lees deur jonger vlak (gr 3 / 4) storieboeke. Gaan bv. ‘n ooreenkoms aan dat jy al die linkerblaaie en hy al die regterblaaie moet lees. Gereelde inoefening en gebruik van ‘n tweede of derde taal is nodig om die korrekte taalstrukture te verstaan.
Ons skakel eers al die moontlike probleempies uit en gaan dán na ‘n sielkundige vir berading en leiding. Laat weet asseblief hoe dit gaan…en baie voorspoed met die eksamen wat voorlê! 😉
LikeLike
Jun 09, 2009 @ 14:55:08
Hallo Daar
Ek het n seuntjie wat 9 jaar oud is sy juffrou kla hy kan nie konsentreer nie,het hom nou vir so maand by n arbeitsterapeut gehad maar daar is geen verbetering nie is op soek na raad oor waar ek n tweede opinie kan kry arbeitsterapeut het gese dit kan met terapie reg kom maar daar is geen verbetering nie.Doen reeds elke dag exstra huiswerk van die skool af moet ek hom eerder vat na n pediater toe of net weer na n terapeut toe
LikeLike
Jun 09, 2009 @ 17:22:12
Hello, Sonet
Weet jy…’n arbeidsterapeut werk aan liggaamlike aspekte soos postuur, potloodgreep, ervaring van rigting en ‘n verskeidenheid spier-aspekte. Hulle is werklik kosbaar vir opvoeders en vir die kleingoed. Die aandagspan is egter iets vir die pediater en neuroloog se boeke. Ek stel voor dat jy vir die juffrou vra om ‘n Connors-vraelys te voltooi. Indien sy nie een het nie, kan jy enige pediater vir een vra of jy kan die bogenoemde punte “copy” en “paste” op ‘n skoon bladsy. Vra dan dat die juffrou oor drie tot vyf dae lank elke dag na jou seuntjie kyk. Neem die voltooide vorm dan saam dokter toe. Slegs die dokter sal vir jou ‘n duidelike en deeglike antwoord kan gee.
Indien julle nie medies het nie, kan jy altyd ‘n plaaslike hospitaal se pediatriese afdeling kontak en vra hoe hulle dinge werk. Soms is daar klinieke en ander plekke waar ‘n mens kan regkom.
Baie sterkte en laat weet gerus hoe dinge uitwerk 😉
LikeLike
Jun 10, 2009 @ 10:53:38
Baie dankie vir die raad ek sal dit defnitief volg dit is die eerste keer dat hulle voorstel ek moet hom pediater toe neem die arbeitsterapeut het geensins so iets genoem eers nie .Ek sal laat weet hoe dit gaan baie dankie weereens.
LikeLike
Jun 10, 2009 @ 15:05:29
Dis ‘n plesier, Sonet. Baie sterkte!
Kyk ook onder VERWYSINGS vir nommers van ondersteuning. Daar is veral ‘n oulike ADHD ondersteuningsgroep in die Helderberg / Somerset-Wes-gebied. Skakel hulle gerus vir antwoorde.
LikeLike
Jun 17, 2009 @ 12:41:59
Goeie dag, ek het nou toevallig op hierdie website afgekom. Ek het \’n dogter van 10, sy is nou in Graad 5. Ons het verlede jaar hierheen verhuis en gevoel dat ons haar wil terughou. Die skool waar ons vandaan kom het gesê hulle gaan nie die nodige briewe skryf nie, want ons gaan die kind se menseregte skend, toe ons hier (Pretoria) kom, het ons dit van hierdie skool versoek. Hulle het na haar punte gekyk en gesê dat hulle dit nie kan doen met sulke punte nie. Ons het baklei soveel ons kan, hulle wou net niks weet nie. Ek het aan hulle verduidelik dat ek nie weet wat die ergste is, om haar \’n jaar terug te hou en of sy verdere emosionele jare moet deurmaak van ons kant af, want hulle het nie \’n idee wat ons van ons kant af moet doen sodat sy haar werk in haar kop kry nie, dit is nie regverdig teenoor die kind nie, het ek hulle meegedeel,maar hulle wil net niks weet nie. Hierdie jaar het ek besluit dat dit tyd is dat sy selfstandig word, nou dat sy met die vorige rapport so te sê al drie haar leervakke gedop het, nou wil hulle bekommerd raak en vir ons vertel sy is \’n potensiele druipeling. Ons wou haar juis verlede jaar terug hou dat sy nie deur die vernedering hoef te gaan nie, maar hulle wou nie help nie. Nou stel hulle voor ons sien arbeids sielkundiges vir haar. Hulle bied geen ekstra klasse vir die kind by die skool aan nie, ek het al navraag gedoen, sou sy meer as twee keer sê sy verstaan nie, dan is dit nou maar daarna toe en daar word virhaar gesê om te gaan lees, sy lees nie en daarom verstaan sy nie, sy moet na haar tafel gaan en gaan lees.
Om die rede hoekom sy in die eerste plek te vroeg skool toe is \’n skuld te gee, los nie nou ons probleem op nie.
Ek wil al hoeveel keer haar maar na \’n arbeidssielkundige neem, maar my man voel nie so nie. Ons het haar by een gehad toe sy 5 was. En alles was fine. Hy voel om haar nou na iemand te stuur gaan \’n mors wees. Die probleem is dat die medies slegs daarvoor betaal as dit vir mediese redes is en ons nie die finansies het om haar te vat as die medies nie betaal nie.
So die delema is dat ek voel tog daar is iets nie lekker nie, maar hoe gemaak, hy voel sy kan gaan as die medies betaal. Het julle enige voorstelle.
LikeLike
Jun 17, 2009 @ 16:30:31
Hello Bekommerd en welkom 😉
Die stelsels van hulpverlening begin gewoonlik by INTERVENSIE. Dis ‘n nare woord, maar beteken in effek dat die skool moet ingryp en help as ‘n outjie sukkel. Die opvoeder is veronderstel om tydens klastyd of selfs na ure tyd in te rym om die kind te help wat sukkel. Indien die Departement hul kundiges skool toe stuur vir Progressie en Promosie (‘n vergadering om te kyk of die kind se werk “meer tyd” / herhaling regverdig), moet die skool bewyse kan lewer dat ekstra aandag aan die outjie geskenk is.
In sommige gevalle skryf dokters / pediaters ‘n verwysing na ‘n sielkundige en word dit gebruik om ‘n sielkundige toetsing te laat doen. Vind gerus uit of dit die geval is met julle mediese fonds. Ek verstaan ook hoe jou man voel. Dis ‘n teer sakie om ‘n kind te laat herhaal, maar hoe vroeër hoe beter. Dit maak die fondamente net soveel sterker. Ek stel voor dat julle met die mediese fonds sal skakel om uit te vind watter soort sielkundige gesien mag word. Opvoedkundige sielkundiges is natuurlik wenslik, want hulle fokus spesifiek op skoolkinders. Indien die fonds nie ‘n psigometriese evaluasie wil goedkeur nie, kan ‘n mens spesiale tariewe met die sielkundiges probeer beding. Daar is altyd ‘n uitweg. Die beste alternatief is ook om met die skoolkliniek kontak te maak en om julle situasie aan die skoolsielkundige te stel. Wees openlik en eerlik oor jou dogter se skolastiese geskiedenis, huislike aspekte en ALLES wat jou laat kwel.
Is daar dalk mense in die omgewing wat as tutor kan optree of wat kan help met leesontwikkeling en studietegnieke (bv. remediërende onderrig?)?
Ek moet opkom vir die skool se “part” en sê dat kinders nie sommer kan herhaal nie. Die staat het ‘n dokument opgestel genaamd die Witskrif 6 (punt 1.4) waarvolgens soveel moontlik gedoen moet word om leerders te ondersteun. Vra gerus ook vir die skool oor die Individuele Ontwikkelingsplan (IOOP / “IEDP”) wat opgestel moet word. Dis ‘n toekomsplan om te help om jou dogter se skolastiese ontwikkeling optimaal te bevorder.
Onthou dat ‘n ma se “gut feeling” meestal korrek is. Moet dit nie ignoreer nie. Baie sterkte en laat weet ons asseblief wat gebeur. Dalk kan ander lesers hier ook sielkundiges voorstel wat kan help…:wink:
LikeLike
Jun 17, 2009 @ 19:47:51
Ek wil graag weet hoe weet ek verseker my kind lei aan aandagafleibaarheid? na watse tekens moet ek kyk?
LikeLike
Jun 17, 2009 @ 21:35:02
Welkom Almerie 😉
Luister maar na wat die opvoeder(-s) sê. Dis gewoonlik iets wat deur meer as een mens opgemerk word. Kyk ook na die puntjies in die artikel en merk af hoeveel van die puntjies by jou kind pas. As jy redelik baie merkies kan maak, sal ‘n waarnemingsproses van 3 tot 5 dae (met ‘n formele Connors vraelys) van waarde wees. ‘n Mens kan dit dan tydens ‘n konsultasie met ‘n pediater voorlê en bespreek. Die puntjies fokus op die meeste tekens van aandagafleibaarheid.
Kyk ook na die ADHD ondersteuningsgroep se kontakbesonderhede op die VERWYSINGSBLADSY. Hulle is eksperts met jare se ondervinding. Een van die persone is ook ‘n remediërende opvoeder en ‘n ma van ‘n kind met ADD/H.
Baie sterkte! 😉
LikeLike
Jun 18, 2009 @ 07:24:56
Baie dankie, so as ek nou reg verstaan, al sê die skool dat hulle nie ekstra klasse aanbied nie, hulle tog ekstra hulp aan so ‘n kind moet bied? En dat daar opgevolg word deur die departement of hulle dit wel doen. Die probleem met my man is nie dat sy ‘n jaar agterbly nie, hy het ‘n probleem om haar vir toetse te stuur, hy voel as die ander punte goed lyk en net die drie leervakke lyk sleg, dan voel hy die fout lê nie by ons dogter nie, maar eerder by die onderwysers. In ‘n mate wil ek met hom saamstem, maar die hele klas se punte lyk nie so nie. Maar ja, ek gaan die medies ook kontak en hoor wat hulle sê oor sielkundiges.
LikeLike
Jun 18, 2009 @ 18:52:32
😉 Net so. 😉
As die mediese fonds opstroppelis is, kan julle gerus rondloer vir ‘n oulike remediërende opvoeder in die omgewing. R.O’s kan vir lees-, spel- en wiskunde agterstande toets en goeie leiding / riglyne bied. Heel dikwels help R.O’s ook met studietegnieke en help hulle ook outjies om te leer vir toetse en eksamens (soos ‘n tutor). Dis ongelukkig nie medies aftrekbaar nie, maar dié diens word immers deur opgeleide opvoeders aangebied. Baie sterkte en voorspoed!
LikeLike
Jun 19, 2009 @ 11:39:08
my seuntjie is in gr 2 en is tans op concerta dit gaan al beter maar hy dagdroom baie en sy skrif is ok nie netjies nie
die juf se hy is slim maar is tans n onderpreseerder is daar dalk raad wat ek kan toepas juf se mens kan niks doen aan n dag dromer nie dit moet van hul self kom
help asb
LikeLike
Jun 19, 2009 @ 18:00:21
Hello Selma en welkom 😉
Weet jy…dagdromers is geneig om te “weg” te raak in die klas. Hulle is nie stout nie en trek dus nie die juffrou se aandag nie. Waar sit hy in die klas? Ek sou vir sy juffrou wou vra of hy nie voor of dalk saam met ‘n “aanstellerige” enetjie kon sit nie. Hierdie aanstellerige outjies maak uitstekende ondersteuners. ‘n Mens moet ook net pasop dat dit nie iemand is wat knou nie. ‘n Ander gedagte is om vir die juffrou te vra om maar dop te hou. Ek ken ‘n juffrou wat ‘n klein “teeklokkie” lui as sy opmerk dat die outjies se aandag dwaal. Dit bring die kleingoed net weer terug na die klassituasie toe.
Ek het vroeër ‘n stukkie oor skrif en handspieroefeninge geskryf. Julle kan lekker pret hê tuis deur daagliks ‘n bietjie aan die handspiere te werk. Dit is alles dinge wat ‘n mens spelenderwys kan doen. Onthou ook dat sommige seuntjies net eenvoudige nie netjiese skrywers is nie – dalk word hy eendag ‘n dokter! 😉
Koop gerus ‘n lyntjieboek en oefen elke dag ‘n letter of twee. Maak dit vir hom lekker deur die bladsy te versier en BAIE motiveringsbriefies by te skryf. Selfs al lyk dit maar deurmekaar, sê ons juffrouens maar steeds “mooi probeer” en so aan.
Hier is skakels na idees in verband met skrif:
https://juffer.wordpress.com/?s=skrif
https://juffer.wordpress.com/2008/09/21/my-kind-skryf-stadig/
https://juffer.wordpress.com/2008/09/13/perseptuele-ontwikkeling/
vir idees in verband met eetgewoontes…
…en as julle ‘n meer amptelike opinie oor jou seuntjie se skryfwerk wil inwin – spreek gerus ‘n arbeidsterapeut vir idees. Hulle het ‘n meer kliniese oogpunt en hul werk lewer goeie resultate.
Soos die klein lyfies groei moet ‘n mens maar gereeld vir die juffrou vra om die aandagspan te monitor en dit dan met die pediater bespreek. Baie voorspoed en laat weet asseblief of van die idees vir jou seuntjie gewerk het. 😉
LikeLike
Jun 22, 2009 @ 08:11:26
dankie vir die raad ek weet die juf het hom al n n keer of wat rond geskuif in die klas maar hy het maar weer voor by haar tafel geeindig. sy klap van tyd tot tyd haar hande vir hom dan skrik hy bietjie wakker dan gaan ons weer aan hulle is egter 35 kinders in die klas en dit dis moeilik is vir juf om orals te kyk
groete
LikeLike
Jun 22, 2009 @ 18:05:35
gaats…hou maar ‘n bietjie dop en baie sterkte! Gelukkig het ons een van die dae vakansie! 😆
LikeLike
Jun 22, 2009 @ 19:55:11
hi Selma, ek wil voorstel dat jy as ouer sommer by die huis teen sy muur soort van ‘n “aanmoedigings”-kaart aanhou waarop jy iets soos “smileys” of stickers…enige manier … aandui hoe sy dag gevorder het. Jy kan ‘n klein A5-boekie kry waarin die juf 2x per dag (of 1x) net ‘n aanduiding gee dmv ‘n “smiley”/”straight”/”sad”-gesiggie.. probeer hom motiveer om vir elke dag ‘n “smiley” te kry en beloon/bederf hom dan aan die einde van die week (moenie dit lank maak nie, maak die tydperke kort..sodat hy voel daar is “sukses”) met iets – nie geld nie. Iets wat regtig ‘n bederf sal wees. Dit gaan sy juffrou nie lank neem (2 sekondes) om daardie gesiggie in die boekie te maak. Dit gaan hom bietjie motiveer – hoop ek!
LikeLike
Jun 22, 2009 @ 19:58:58
Selma, wat ek wil byvoeg..jy kan dit ook maak in die vorm van ‘n rooster (dag se periodes) en die juf kan elke periode die gesiggie maak en dan kry hy tuis daardie sticker. Bederf hom tog ook al was dit ‘n “straight” gesiggie, want dit gaan al klaar ‘n verbetering wees en aanduiding wees dat hy probeer. Ek glo sulke kinders kan op talle maniere gemotiveer word. Selfs al is dit die juffrou wat hom 5/10 min aan die einde van die dag “golden time” gee waarin hy ‘n vrye keuse het om te speel met iets in die klas waarmee hulle normaalweg slegs pouse mag speel. (dalk met ‘n maatjie)
LikeLike
Jun 23, 2009 @ 09:40:08
dankie vir die raad ek sal met die juf praat
en dit dalk van volgende kwartaal toepas
sal laat weet of dit gewerk het
LikeLike
Jun 23, 2009 @ 09:59:05
Ek sal graag wil hoor van die vordering en wil weet hoe dit gehelp het, sterkte!
LikeLike
Aug 25, 2009 @ 10:47:48
Baie Dankie vir die terug na my toe gekom het,ja ek het net gister met my kind se jef gepraat en sy het genoem dat alles gaan goed in die klas dis net die oomblik as sy klas maats begin met gesels of woelig raak om hom dan is dit asof hy sy konsentrasie verloor,kan ek vir hom n cd of dvd kan kry wat hom sal kan help met sy konsentrasie op skool werk?
groetnis mev A Scheepers
LikeLike
Aug 25, 2009 @ 17:36:45
Hello, Alida. Ek weet nie van so ‘n spesifieke cd of dvd nie. Julle kan dalk dophou wat hy eet. Kyk gerus by hierdie inskrywing en pas jou seuntjie se eetgewoontes so ‘n bietjie aan. Vra ook vir sy juffrou of hy eerder weg van sy maats en langs ‘n stiller outjie kan sit. Kom ons kyk of dit werk. Indien nie, kan jy dan dalk met ‘n pediater gesels oor sy aandagspan. Dalk kan die dokter vitamines voorstel. Baie sterkte! 😉
LikeLike
Sep 01, 2009 @ 20:18:53
Goeienaand aan alle mammas met ‘n spesiale kindjie!!
Ek is ‘n mamma van ‘n 17 jarige tiener wie gedurende sy gr 2, 3 en 4 jaar met ADHD gediagnoseer is, deur dr Johan Erasmus van Pretoria. ‘n Puik pediater! Ongelukkig het ons verhuis na die platteland en vir ons as ouers het dit gelyk of Boetman oor sy “probleem” is. Ons het die afgelope 5 jaar intense gedragsprobleme met hom ondervind en maar geglo dat dit net “tiener groeipyne” is. Na ‘n onlangse uitbarstings het ek besef ons het drasties hulp nodig. Vandag het ek verneem dat ‘n kind met ADHD geskiedenis, dit deurdra na adolesensie asook volwassenheid. Dus begin ons more ernstig met sielkundige behandeling en medikasie wat voorgeskryf is. Die rede vir my skrywe vanaad is net dat ek nodig het om my ervaring, gevoelens en hartseer wil deel, ander ouers inlig om bewus te wees van die feit dat ADHD nie ontgroei word nie.
Ek dra elke ADHD maatjie in gebed op sodat hy/sy veilig toegevou word in Jesus se arms op hierdie pad wat gestap word, ook die ouers.
Liefde in Christus
Rònel
LikeLike
Sep 02, 2009 @ 19:08:05
‘naand, Rònel 😉
Baie dankie vir jou skrywe! Ek waardeer elkeen se bydrae en dink spesiaal aan ouers wat ‘n ekstra treetjie moet stap. Baie sterkte met die behandeling en gee jou tiener is stywe druk van Juffer af 😉
NS: Skakel gerus die nommers van die volgende ADHD-ondersteuningsgroepe. Dalk kan hulle vir jou help met die name of inligting van plaaslike kundiges…
Click to access Branches%20with%20details%2030%20Aug%2009.pdf
http://www.helderbergaddh.co.za/
LikeLike
Sep 05, 2009 @ 01:05:18
Hi Ronel
Vanaf my kant ook, baie, baie sterkte met jou kinders. Ek is bly jy het ook dr Erasmus as ‘n “puik” pediater ondervind, dit was juis my ondervinding met hom ook, hy is ook intussen gekwalifiseer as ‘n neuroloog…of in daardie lyn, ek weet hy het studies in Neurologie ook in 2007 klaargemaak. Ook is hy ‘n gekwalifiseerde kindersielkundige.
Ek glo dat daar vir jou ‘n uitkoms sal wees met jou kind, glo en vertrou op Jesus.
LikeLike
Nov 07, 2009 @ 19:35:54
hi daar. Anel is 7 jaar op van die punt op die lys is sy daar. sy kry tans arbeids terapie en dit vorder goed daar maar in die klas is daar nog baie werk. sy is soos ‘n wipplank ek wil haar nie graag op medikasie he nie is daar altrenatiewe lyne wat ek kan volg. baie dankie
LikeLike
Nov 08, 2009 @ 17:01:31
Hallo, Helena
Daar is verskeie vitamien aanvullings wat gebruik word. Vra gerus vir jou apteker oor al die middels. Ongelukkig is almal nie ewe effektief nie en verskil die uitwerking van persoon tot persoon. Ek weet dat daar ook neurologiese terapie bestaan. Die kind se brein word geskandeer en deur ‘n paneel kundiges ontleed. Daarna volg terapie wat spesifiek vir die betrokke kind ontwikkel word en veronderstel is om die aandagafleibaarheid te verminder of genees. Ek het ongelukkig nie verdere besonderhede van sulke terapeute nie, maar sou voorstel dat jy met ‘n neuroloog in aanraking kom. Kyk gerus ook na die dieetplan 😉
LikeLike
Mar 09, 2010 @ 10:44:04
Hi
My doggie van 6 se konsentrasie is ook afleibaar en die opvoedkundige siekundige het ‘n paar goetertjies gegee om te doen.
Nou gister het my seun(9) se juffrou ons ingeroep met die aandag afleibaarheids probleem. Ek neem hom om getoets te word deur dieselfde vrou. My kommer is net as sy medikasie voorskryf hoe hy daarop gaan reageer. Eks baie skrikkerig hiervoor.
Het eie wil nie ook maar ‘n deel hieraan om harder te werk aan die probleem? Ek verstaan dis ‘n mediese kondisie, maar wil weet of die persoon uit sy eie ook harder kan werk om die probleem te korrigeer.
Ek het beide my kinders al ‘n geruime tyd op Bio Strath wat ook vir die konsentrasie help. Suiker word gesny en ons probeer sover moontlik die probleem help tuis
Dankie vir al julle wenke.
Dis wonderlik
LikeLike
Mar 09, 2010 @ 19:04:01
Middag, Mamma 😉
Ek kan net dink hoe jy moet voel – veral omdat beide jou kleingoed nou moontlik tekens van aandagafleibaarheid toon. Gaan snuffel eers in die biblioteek rond vir boeke soos UNDERSTANDING ADHD deur Dr Christopher Green. Laat toets die outjie, maar vra ook vir die juffrou om ‘n Connors-waarnemingsvraelys te voltooi (3 – 5 dae lank). Indien die sielkundige / pediater medikasie voorskryf kan julle dit vir twee weke probeer (toetsperiode). Hou streng by die voorskrifte en vra vir die juffrou om in hierdie periode jou kleinding weer te monitor. Jy hoef nie vir die juffrou te noem dat Grootman reeds medikasie gebruik nie. Indien dit werk, behoort die resultate in hierdie waarnemings en in sy werk te wys.
Bio Strath is ongelukkig nie ewe effektief vir almal nie, maar is ‘n baie goeie vitamienaanvulling. Dus kry selfs aandagafleibare outjies ‘n stukkie goud in 😉
Medikasie is egter ‘n ding waarvoor ‘n mens versigtig moet wees. Kinders kla dikwels van ongesteldheid as hulle eers met die medikasie begin, maar dit waai oor. Die magie moet net nooit leeg wees nie. As die medikasie te sterk is kan die outjie dromerig voorkom. Bespreek dit met die pediater om dalk die dosis aan te pas (dalk halwe pilletjie vroeg in die dag en ‘n halwe een teen 12:00). Die kans dat die medikasie wel ‘n positiewe uitwerking kan hê, is daar. ‘n Mens moet net eers vasstel of dit vir jou spesifieke kind werk.
Aandagafleibare kinders is nie aspris stout nie en sal regtig probeer om hard te werk. Die natuurlike impulsbeheer is net nie altyd so sterk nie. ‘n Pakslae sal nie vir die woeligheid werk nie…Ek is nie ‘n aanhanger van medikasie nie, maar het al fantastiese uitslae gesien in kinders wat dit regtig nodig het.
Baie sterkte met jou besluite 😉 en groete vir Boet en Sus
LikeLike
Mei 28, 2010 @ 17:21:38
Ek vermoed dat my seun van 16 jaar oud aandagafleibaarheid het. Ek behoort nie aan n medies nie. Waar moet ek begin en wat kan ek doen om hom te help?
LikeLike
Mei 28, 2010 @ 17:33:03
Hello, Marie-Louise 😉 Indien jou seun aan die bogenoemde aspekte voldoen en indien sy opvoeders dit ook kan bevestig, kan jy die skoolvoorligter of leerondersteuningsopvoeder kontak. Ek weet nie in watter omgewing jy woon nie, maar weet dat skooldokters (wat vir die skoolkliniek / staat werk) ook besoek aflê by hoërskole. Jy kan op my “facebook”-vriendelys loer vir dr.Estelle Lawrence. Sy is ‘n dokter wat met hierdie outjies werk en sal vir jou baie mooi kan help. Indien die staats- of skooldokter ‘n voorskrif gee, sal julle dit net by die dagkliniek moet afhaal. Hul voorskrifte is nie by apteke afhaalbaar nie – as ek nou reg onthou. Kyk ook onder die bladsy oor verwysings vir die kontakbesonderhede vir ondersteuningsgroepe wat vir jou raad kan gee oor algemene eetgewoontes, roetine, ens.
Baie sterkte! 😉
LikeLike
Jul 22, 2010 @ 21:51:49
Hi Juffer
Wou net hoor, my dogter 6 is vreeslik stadig vat lank om take te doen en sy lyk moedeloos en lusteloos, sy is geirriteerd en buierig met haar boetie 3 kla ook die hele tyd dat sy nie lekker voel nie, kopseer maagpyn en naarheid. Die juffrou het my ook laat inkom vandag, sy is self bekommerd daaroor en het dit ook agtergekom. Wat kan fout wees, want sy se daar is niks fout met haar nie.
Dankie
Connie
LikeLike
Jul 23, 2010 @ 16:28:21
Gits, Connie…Ek weet dat die outjies soms te min water drink en dan moeg en moeilik raak …of dat hulle dieet aangepas moet word om die energievlakke “gelig” te hou. Met kleintjies is dit soms maar moeilik om presies te bepaal wat fout is aangesien die presiese woordeskat nog nie ontwikkel het om presies te vertel wat makeer nie. Aan die een kant kan dit die vroeë tekens van siek word wees, maar aan die ander kant kan dit psigosomaties (spelling?) wees. Sy kan dalk met ‘n maatjie vas sit of sukkel met sekere werkies in die klas en dan “nie lekker voel nie”. Hou haar die naweek dop en neem haar maar na die dokter/pediater toe as dinge nie beter raak nie. Hoor volgende week by die juffrou of die werkspoed verbeter het (indien jou dogtertjie nie siek is nie). Vir ‘n stadiger werkspoed sou ek voorstel dat ‘n mens ‘n siftingstoets of evaluasie deur ‘n arbeidsterapeut probeer. Dalk lê die probleem by moeë spiertjies en ‘n mens kan dit deur oefening verbeter. Ek het ongelukkig nie die regte mediese kwalifikasies nie :wink:, maar sou ‘n arbeidsterapeut probeer het om net sekerheid en gemoedsrus te kry. Ek hoop sy voel gou beter…Baie sterkte 😉
LikeLike
Sep 11, 2010 @ 12:38:59
Soms sal kinders ook kopseer en maagpyn ens ontwikkel as hulle gestress is omdat hulle nie die werk kan baasraak nie. Die juffrou moet dalk kyk of die werk nie te moeilik is nie en seker maak dat die werk op haar vlak is en dalk makliker maak en kyk of dit dalk die probleem is. Is die juffrou nie dalk ook te kwaai nie? Kleintjies stress gou en ontwikkel gou die goete as hulle sukkel, die juff te streng is en hulle nie die vrymoedigheid het om te vra nie, want hulle is te bang om te vra. – buiten wat reeds hier genoem is, moet mens ook na daardie faktore kyk.
LikeLike
Aug 02, 2010 @ 16:10:23
Goeiedag
Ek is op soek na kontak besonderhede vir ‘n arbeids terapeut, ek moet my seuntjie laat toets vir aandagafleibaarheid.
Ek is woonagtig in Lyttleton Pretoria
Groete
Lynette
LikeLike
Aug 02, 2010 @ 19:32:20
Hello, Lynette
Loer gerus onder die “<a href="https://juffer.wordpress.com/verwysings/”>verwysings“-bladsy. Daar is ‘n skakel na arbeidsterapeute in Pretoria en een na terapeut landswyd. Dit het sommer ‘n enorme lys vol moontlikhede om van te kies. 😉 Vir aandagafleibaarheid beveel die opvoeders gewoonlik die hulp van ‘n pediater aan…Maak asseblief net seker van die verwysing – voor julle beursie in die verkeerde rigting geruk word 😉
LikeLike
Aug 16, 2010 @ 15:05:22
Hallo, kan ek ook asb die kontaknommer vir Dr Erasmus kry? Dankie
Rika
LikeLike
Sep 12, 2010 @ 00:09:04
Hi daar! Ek het raad nodig asb.
Ek is ‘n graad 3 juffrou, en daar is heelwat ADHD kindertjies in my klas. Dit is geensins vir my ‘n probleem nie, omdat ek self ook Mamma van so ‘n seun is.
Wat my tans bekommer, is dat een van my 9 jariges ook ‘n lyer is aan bipolêre depressie en erge ekseem (wanneer hy gespanne begin raak). Sy ekseem is weekliks met laser behandel, en is al amper heeltemaal weg, en sy gemoedstoestand lyk baie goed. Tans neem hy , op aanbeveling van sy dokter slegs Concerta 54mg vir die ADHD. Die ouers het gevoel dat hulle hom so lank moontlik sal wil weghou van bykomende medikasie vir die depressie, en sover het dit soos ‘n bom gewerk.
Noudat ons aan die einde van die derde kwartaal is, en ek met my klas begin gesels oor graad 4, en hoe lekker dit gaan wees, toon hierdie seuntjie egter ‘n terugslag. Sy ouers sê hy is al vir ‘n week lank omgekrap omdat hy uit graad 3 uit moet gaan, en dat hy lang huilsessies kry omdat hy graad 3 so gaan mis! Ek is ontsettend bekommerd oor die klein hartedief, want wanneer hy nie lekker voel nie, gaan sy skoolwerk en onmiddellik sy selfbeeld daaronder ly, en ek sal dit nie oor my hart kry om te sien hoe sy glimlaggie weer begin kwyn nie.
Het enige iemand vir my wenke oor hoe ek hom kan help sonder om ekstra medikasie te gebruik? Ek sien hom elke dag vir 15 minute ekstra, waarin ons net oor gevoelens gesels, en ek probeer hom leer van positiewe energie en negatiewe energie. Hy verstaan die konsep redelik goed van “focus on the good stuff”, en hy weet hy sal altyd by my klas kan kom inloer vorentoe, maar ek bly steeds bekommerd oor hom, want sommige pouses wil hy nie meer gaan speel nie, hy wil eerder ekstra werk in die klas doen by juffrou!
LikeLike
Sep 12, 2010 @ 19:36:42
Goeie-naand, Louise 😉
Jong, dit klink asof jy alreeds so baie doen vir die seuntjie…Gaan die outjie na ‘n berader / spelterapeut / opvoedkundige sielkundige vir hulp aangaande sy depressie? Ek dink dat jy dalk gereelde kontak met so ‘n persoon sal moet opbou om saam met ‘n kundige die pad te stap…Die outjie het van die een kan van ‘n skewe skaal na ‘n goeie balans gegaan en dit wil-wil voorkom asof hy effens na die ander kant wil oorhel. Aan die ander kant kan dit bloot net ‘n geval van “ek is nie lus vir speel nie” wees en dat hy bloot ‘n bietjie alleen-tyd nodig het. Vind gerus uit of die outjie berading ontvang en of hy die medikasie slegs van ‘n algemene praktisyn ontvang. As die dokter gevra het dat jy die outjie moet monitor (om van tyd tot tyd die medikasie se uitwerking te peil) kan jy hom gerus kontak om ‘n bietjie oor jou bekommernisse te praat. Dit hoef nie ‘n bespreking van die kind te wees of ‘n verbreking van die etiese kodes nie. As jy aan hom verduidelik dat jy byvoorbeeld Juan se juffrou is en hom probeer help, sal hy beslis vir jou ‘n paar voorstelle (uit ‘n kliniese oogpunt) kan maak. Dit kan baie moontlik ook ander kinders in jou klas help.
Miskien moet ‘n mens die Graad 4-aspek los vir later en die outjie eers ‘n bietjie prys omdat hy so goed vorder in Graad 3…:wink: Sterkte met die laaste paar dae van die kwartaal!
LikeLike
Sep 20, 2010 @ 09:15:04
Ek wou raad he oor my kleinkind wat gediagnoseer is met ADHD.
Is dit nodig dat hy Rytalen moet neem?
Watter ander veiliger middels is daar wat ons hom kan gee?
Stuur u aan my ‘n e-pos met die antwoorde? Indien nie, waar gaan ek die antwoorde kry?
Kan u asseblief per e-pos laat weet waar ek die antwoorde kan kry?
Kan u asseblief vir my ander inligting verskaf hoe ons hom kan help.
Hy is tans in Gr 3.
Baie dankie
Elsabe Du Plessis
LikeLike
Okt 05, 2010 @ 17:31:35
Middag Juffer
Ek het ‘n 14 jarige seun wat al vanaf gr R gediagnoseer is met aandag afleibaarheid. Hy het egter nie die hiperaktiwiteit nie maar is presies die teenoorgestelde – passief. Hy het arbeidsterapie, medikasie en ek weet nie wat nog als deurgemaak nie. Daar was vir my gesê dat my kind glad nie kan konsentreer in ‘n groep nie. Die laerskool was maar vol stampe en stote met hulp van vele oorde. Dir probleem is egter nou in die hoërskool. Die onderwysers het nie die tyd of empatie om met ‘n kind te werk wat sukkel nie en ek is bevrees my kind gaan gr 8 moet herhaal as gevolg van sy toestand. Ek woon op die platteland met die naaste groot stede Potchefstroom en Johannesburg in die omgewing. Hier is nie terapeute wat met tieners werk nie en sit ek met my hande in my hare. As enige iemand dalk kan raad gee sal ek dit werklik hoog op prys stel. Al is ek ‘n werkende mamma sal ek enige iets doen om my kind te help want ek glo in hom en ek weet dat hy bo sal kan uitkom.
Baie Dankie
Tersia de Jager
082 5611 220
LikeLike
Okt 05, 2010 @ 18:18:41
Hello, Tersia 😉 Probeer gerus die ondersteuningsgroep vir leerders met ADHD / ADD (Hiper- en / of hipoaktief). Dalk het hulle vir jou kontakbesonderhede van mense in jou omgewing. Die nommer wat jy kan probeer is: 021 852 0958. Dalk kan ADHASA ook vir jou riglyne bied (adhasa@telkomsa.net). Miskien kan jy ook kontak met dr Jeeva of jou plaaslike skoolkliniek se skooldokter maak. Baie sterkte! Ek hoop iemand kan vir julle help.
LikeLike
Aug 25, 2011 @ 16:58:17
ai Tersia, ek is nuut op die wonderlike site maar ek voel jou pyn! laat weet my wat jy toe gedoen het asb/? my seun is amper 14 en het presies dieselfde simptome.
LikeLike
Okt 20, 2010 @ 09:05:13
Bio-terugvoer terapie raak al wyer beskikbaar in Suid-Afrika.
Ek as opvoedkundige sielkundige is al lankal op soek na ‘n natuurlike manier wat werklik die probleem, naamlik aandagafleibaarheid, permanent kan verbeter. Ek is baie opgewonde hieroor en wens ek kan elke kind van kleuterskool vlak af hierdie kans gun.
Daar is Saterdag 23 Oktober ‘n lesing en demonstrasie deur Prof Deon Visser van KOVSIES oor bio feedback. Dit is by tuishuis in Von Willichstraat 24 in Clubview Centurion. Laat weet my as iemand dit wil bywoon.
gitopha@gmail.com.
LikeLike
Okt 20, 2010 @ 17:42:08
Baie dankie, Nellie! 😉 Ek het ‘n tydjie gelede gesoek na mense wat neuro- of bio-terugvoer terapie doen, maar het baie min name op die internet gekry. Dit behoort ‘n baie goeie alternatief te bied. Ek adverteer sommer ‘n bietjie…
LikeLike
Nov 13, 2010 @ 14:11:19
Helo, ek ‘n week terug uitgevind dat my dogtertjie van 5jaar aandagafleibaar is. Haar juffrou by die kleuterskool het niks agtergekom nie, ek wou haar laat toets vir graadR en het toe uitgevind. Moet ek haar dieet aanpas? Wat moet ek vermy? Asb enige iets sal waardeer word.
LikeLike
Nov 14, 2010 @ 08:49:02
Môre, Sumari 😉 Is jou dogtertjie geneig om te dagdroom? Hier by ons het die arbeidsterapeute ‘n vraelys wat ouers voltooi om na die kleingoed se sensoriese integrasie te kyk. Ek sou so iets probeer het. Dikwels is daar raad wat ‘n mens in die klas kan probeer om die aandag terug te bring na die werk en na die juffrou se instruksies. ‘n Goeie gebalanseerde dieet is altyd wenslik en vir outjies wat sensories soekend is (die arbeidsterapeut sal dit vir jou kan bepaal), kan sekere teksture aanbeveel word. Kyk gerus ook na die voorstelle van ‘n dieetkundige …en loer na kundiges (soos Dr Jeeva) se inligting. Onthou die goue reël dat ‘n mens die aandagspan mooi moet monitor en dat ‘n pediater die gesondheid moet dophou. (Pediaters en skooldokters pas die outjies mooi op.) Mooi dag vir julle 😉
LikeLike
Nov 16, 2010 @ 16:31:06
Ek hoop julle kan my ‘n bietjie raad gee. My boetie is 25 jaar. Hy het in Std 7 ‘n ongeluk gehad en daar het vir ‘n tyd nie suurstof oor sy brein gegaan nie, as gevolg daarvan het hy breinskade (sielkundiges noem dit doret sindroom). Hy het oor die jare baie verbeter. Hy was op antidepresante (baie soorte) maar dit het nie sy sintome verbeter nie, dit net erger gemaak. Hy is stadig van reaksie, vurige humeer, kan nie druk hanteer nie, kan nie verantwoordelikheid vat nie, impulsief, manupileer, oorsensitief, in ‘n geselskap sal hy byvoorbeeld alles herhaal wat ek se, dit is net ‘n paar dinge wat ek kan noem. Hy het ‘n week terug sy humeer so verloor dat hy uit ‘n lopende voertuig geklim het en weg geloop het in die nag, hy het ons eers omtrent 3 uur die volgende middag laat weet waar hy is dat ons hom kon gaan haal. My pa se hy wil op hierdie stadium nie bad nie en hy ooreet hom heeltemal.
Hy kry sulke uitbarstings maar dit raak weer beter. Ek het dit met ‘n pastorale berader bespreek en hy het gese dat ons deur ‘n arbeidsterapeet moet werk wat hom leiding kan gee. Kan julle iemand voorstel in Potchefstroom? Ek weet nie of julle ons kan raad gee wat ons kan doen om hom te kan help nie. Hy is baie intelligent en slim en is tot groot dinge instaat dit het ek al gesien. Dalk kan julle my leiding gee as daar ‘n boek is wat ek kan lees wat ons kan leiding gee hoe om met hom te werk. Ons kan dalk leer om anders op te tree en met hom te werk wat hom kan help om sy negatiewe punte te oorbrug.
Enige raad sal waardeer word.
LikeLike
Nov 16, 2010 @ 16:58:10
Middag, Hester 😉 Ek gaan met jou eerlik wees as ek sê dat ek nie weet hoe om met groot mense te werk nie. Het jou broer al ‘n psigiater of ‘n neuroloog gespreek? Miskien sal hulle vir julle beter raad kan gee. ‘n Neuroloog kyk onder andere na die werking van die neurone in die brein. As ‘n mens in ag neem dat jou broer in ‘n ongeluk was, kan so iemand dalk goeie en gepaste raad gee. Probeer ook die kundiges by neurocare. Daar is etlike dokters, arbeidsterapeute en ander kundiges wat beslis goeie leiding sal kan gee. Sulke kundiges (in die spesifieke veld) is dikwels deur verenigings en rade aan mekaar gekoppel en kan dalk vir jou die kontakbesonderhede van mense in Potchefstroom verskaf.
Baie voorspoed 😉
LikeLike
Apr 19, 2011 @ 09:17:46
Goeiedag,
My kleinseun is 5jr en in Gr R. Sy eerste kwartaal rapport was baie goed gewees. Die juffrou was tevrede met alles en hy het in alles ‘n 4 behaal buiten vir 1 onderwerp het hy ‘n 3 behaal. Maar toe bedank die juffrou en hulle klassie word saam met die ander Gr R klas ingedeel. So waar hulle 25 kinders in die klas was is hulle nou 50 kinders wat aandag moet kry van die een juffrou.
Ons het gevra wanneer word daar nog ‘n juffrou aangestel sy het ons meegedeel sy gaan nie nog ‘n juffrou aanstel nie want dit gaan die kinders ontwrig.
Ons probleem het vanoggend gekom, toe ons navraag doen oor wanneer die ander juffrou aangestel gaan word het sy my dogter die volgende meegedeel.
M neem aan geen konsert opvoerings mee nie, hy sit net daar.
M moet ook twee of drie maal aangespreek word voordat hy luister.
M se aandag dwaal in die klas en sy moet hoe dikwels aanspreek om aandag te gee.
M se fynmotoriese spiere is ook baie onder ontwikkel
Sy wil se dat hy aan ADHD lei.
Nou wil ek net die volgende vra. Hoe kan daar so ‘n geweldige groot verandering vanaf einde Maart wat die skool gesluit het en die 11de April weer begin het hoe kon die kind so skielik verander het dat al die bogenoemde dinge nou opgemerk word.
As ek ‘n voorbeeld mag noem. sy fynmotoriese spiere, hy plaas kleinvoorwerpe in gaatjie van 3jaar oud al volledig, hy ryg krale ook van daardie ouderdom af. Hy knip beter as my 10jarige kleindogter met ‘n sker.
Ek is regtig onsteld dat sy gewag het vir ons om ‘n skool probleem te kom aanspreek voordat sy ons van al sy tekort komeninge vertel. Dit is ook nie dat die skool wat ons hom in gesit het goedkoop is nie. Hy gaan van 07h30 tot 13h00 skool net in skooltye en ons betaal R1 200 vir 12 maande van die jaar. So vir daardie bedrag verwag mens dat kinders nie 50 in ‘n klas vir ‘n juffrou is nie.
Gee my raad asb. WAT MOET ONS DOEN, waarheen moet ons gaan.
Baie dankie
LikeLike
Apr 19, 2011 @ 19:09:41
Middag, Tannie Annatjie 😉
‘n Klasratio van 50 kinders tot 1 opvoeder is regtig groot. Die staat beveel ‘n maksimum grootte van 30 leerders aan (GUIDELINES FOR COSTING BASIC
MINIMUM PACKAGE OF GRADE R
INPUTS), maar enige iets tussen 20 en 26 is meer ideaal.
Was M se gehoor of luistervaardighede voorheen ‘n probleem? Is sy gehoor al getoets deur ‘n spraakterapeut/oudioloog? Indien dit ‘n skielike verskynsel is, kan dit te make hê met die aanpassing van die nuwe klassituasie. Die outjie het ‘n ontwrigtende oomblik in sy lewe gehad – sy juffrou is weg. ‘n Mens moet besef dat dit vir hom moeilik kan wees om die aanpassing te maak. Doen fyn spier oefeninge en gesels voortdurend met die outjie om agter die kap van die byl te kom.
Indien die outjie nie verbetering toon nie, kan ‘n mens ‘n afspraak met ‘n spelterapeut maak. Die spelterapeut ontlont emosionele spanning en trauma deur berading met behulp van speelgoed te doen. Baie maatskaplike werkers is hierin op gelei. Aan die ander kant is daar sprake van fyn motoriese uitvalle en moontlike aandagafleibaarheid. Fyn motoriek kan met behulp van arbeidsterapie verbeter en aandagafleibaarheid word gewoonlik deur ‘n pediater behandel en gemonitor. Soms is aandagafleibaarheid te wyte aan ‘n lae spiertonus wat soos woeligheid lyk. Hierdie onderskeie uitvalle gaan drie verskillende terapeute of professionele persone betrek. Om dit dalk te vermy, kan julle na ‘n opvoedkundige sielkundige gaan (wat spelterapie aanbied) vir ‘n konsultasie. Indien die konsultasie / evaluasie uitvalle optel, sal hy / sy vir julle na die geskikte kundiges kan verwys om julle kleinseun te help. Dit klink dalk baie drasties, maar ‘n mens wil nie hê dat moontlike probleme / uitvalle te groot raak nie. Daar is nog genoeg tyd in die jaar oor om hom te help en om nommerpas-hulp vir hom te kry.
Ai, ‘n kleiner klassie sou lekker individuele onderrig kon bied. Baie sterkte 😉
LikeLike
Jun 21, 2011 @ 18:08:16
hey eks joy…en ek wil graag ‘n sielkundige word..wel ek is kla my klas s’n
of probeer maar om orral uit te help…maar wil net weet hoe kan eka een word en watter einskappe en vakke moet eka he
LikeLike
Jun 22, 2011 @ 18:59:22
Hallo, Joy 😉
Sover ek weet is daar verskillende soort sielkundiges – party spesialiseer in opvoedkundige sielkunde, ander is kliniese sielkundiges en dan kry jy nog verskeie ander onder-afdelings. Daar is dikwels sielkundiges wat eers onderwys geswot het en dan deur UNISA verder studeer. Ander gaan direk in die sielkundeklasse in.
Sielkundiges doen vir ‘n tyd lank prakties – soos ‘n Zuma-jaar, voordat hulle heeltemal onafhanklik praktiseer. ‘n Sielkundige het meestal minstens ‘n M-graad en baie studeer verder vir ‘n D-graad (doktor). [As ek dit reg verstaan het.]
Kontak gerus ‘n paar universiteite om meer oor vakkeuses uit te vind. Ongelukkig is dit nie my veld nie. As jy ‘n bietjie job shadowing wil doen, kan jy gerus ‘n sielkundige of twee kontak en vra of jy met hulle oor hul beroep kan gesels. Ek is seker dat hulle sal wil help. Baie sterkte!
LikeLike
Jul 21, 2011 @ 12:02:59
Goeie More,
ons vermoed my dogtertjie van 4 ly aan aandagafleibaarheid. Die juffrou by die oggend-skool het vir ons ook aan beveel om n arbeidsterapeut te gaan sien. Ons woon in Windhoek (Namibia). Weet iemand van n goeie arbeidsterapeut in Windhoek?
Groete
Suidwes
LikeLike
Jul 21, 2011 @ 20:00:01
Hallo, Suidwes 😉
Baie dankie dat julle so vroeg al hulp soek. Vir sulke jong outjies sal dit goed wees om eers ‘n arbeidsterapeut te kontak – aangesien dit woeligheid dalk aan ‘n lae spiertonus (ensovoorts) te wyte kan wees. ‘n Arbeidsterapeut sal ‘n evaluasie kan doen om na jou dogtertjie se fisieke en perseptuele ontwikkeling te kyk en sal vir julle met ‘n tuisprogram of terapie kan ondersteun. Medpages gee vir ‘n lysie arbeidsterapeute. Kontak gerus die skooltjie (of die naaste laerskool) om te hoor wie van die name aan hulle bekend is. Ongelukkig ken ek nie die area nie.
Baie sterkte en loer gerus weer in. 😉
LikeLike
Jul 23, 2011 @ 19:31:36
Hi Julle,
My seuntjie is die jaar in Graad 1 en gediagnoseer met aandagafleibaarheid. Hy is nie hiperaktief nie maar sukkel met konsentrasie, hy is ‘n dromer, ruil sy klanke om en sukkel om te onthou. Ons het sy ore en ogies laat toets en alles is 100%. Ek doen oefeninge wat die arbeidsterapeet gegee het, hy kry ekstra klasse by ‘n remedierende terapeet en het eers vir twee maande 18mg concerta gebruik maar ons pediater (wat ‘n wonderlike mens is) het hom nou vir drie weke op 27mg om te kyk of dit nie help nie. Juffrou sê hy is baie intelligent op ander velde maar as dinge so aangaan gaan hy dalk nie Graad 1 maak nie. Ek weier om dit te aanvaar. As dit nie was dat hy so lief was vir sport nie het ek hom al lankal in ‘n privaatskool gesit. Ons het ook nou begin met brein gim oefeninge en ek gee homeopatiese druppels ook. Hy werk regtig harder as enige van sy maatjies en is ‘n pragtige kind. Hy het mooi maniere, is gewild onder sy maats en is regtig ‘n spog kind. Ek wil hom so graag help maar soms weet ek nie watter kant toe nie. Ek lees soveel negatiewe effekte van Concerta maar gaan nou maar die drie weke kyk wat gebeur. Hou asb dium vas dat iets vir hom werk. Ons bid baie hard vir hom en ek seën hom elke oggend voor hy skool toe gaan. Ek kyk ook dat hy gesond eet.
LikeLike
Jul 24, 2011 @ 16:31:34
Middag, Madelize 😉
Baie dankie dat jy julle verhaal ook met ons gedeel het. Julle is besig om al die regte roetes te volg. Het die arbeidsterapeut dalk al iets oor sensoriese integrasie gesê? Sommige kinders kan ‘n bietjie gestimuleer of aangewakker word deur op knobbelrige sitplekke te sit of deur spesifieke sintuiglike ervarings te hê. Die arbeidsterapeut behoort raad te kan bied. Ek kan ongelukkig nie mediese raad of hulp bied nie, maar stel voor dat jy ‘n bietjie met my Facebook-vriendin – Estelle Lawrence, ‘n skooldokter – gesels. Sy werk daagliks met aandagafleibaarheid 😉
Baie sterkte en hou aan met die hulp wat julle tot dusver gekry het. Dit sal vrugte afwerp 😉
LikeLike
Jul 24, 2011 @ 16:48:38
Hi daar,
Baie dankie dat jy so vinnig terug gekom het. Die arbeids terapeet het my seun getoets en sê hy is sensories sensitief. Ons het die arbeids terapie verlede week gestop want ons medies raak nou bietjie moeilik aangesien ons al vanaf die begin van die jaar daar is en volgens hulle kan ons met die oefeninge ook by die huis aangaan. Dit doen ons. Hy het ‘n bal waarop hy moet sit in plaas van ‘n stoel, ons doen verskillende oefeninge wat sy gegee het en volgens haar is die Concerta ‘n baie goeie ding en kan dit hom net help. Ek lees dit gee hoof en maagpyn en my seun het verlede week begin kla daarvan maar ander mammas wat dit ook vir hul kinders gee sê dit is blykbaar iets wat vir so week gebeur totdat die liggaam die medikasie gewoond geraak het. Ek wil ook graag vat vir ‘n analisering na ‘n “mind moves” konsultant hier in ons area maar my man voel ons moet eers die drie weke kans gee om te sien hoe hy om die medikasie reageer. Gelukkig is hy in ‘n wonderlike juffrou se klas en gee sy baie aandag aan hom. Baie dankie vir jou wonderlike web tuiste. Jy gee baie hoop en raad.
LikeLike
Jul 24, 2011 @ 17:16:30
Dis ‘n plesier 😉
Ja, daar is ‘n aanpassingsperiode, maar dit duur gewoonlik nie te lank nie. As ek reg onthou, word dit aanbeveel dat ‘n mens Concerta presies volgens voorskrif drink en nie die roetine moet breek nie. Ek heg vir jou ‘n paar skakels oor sensoriese integrasie aan, sodat julle nog ‘n paar idees het om tuis en in die klas te probeer.
Family Education
Sensory integration UK
Vertrek
Sterkte met die kwartaal 😉
LikeLike
Aug 24, 2011 @ 12:50:08
More,
Ek is 90% seker my seuntjie het dit ook. Wil net graag weet na wie moet ek hom neem vir n diagnose. Het hom by n arbeidsterapeut gehad,sy was seker so 15 min besig met hom waar hy moes blokkies bou trampoline spring ens. Toe word ek meegedeel hy makeer niks. Op n post it word daar toe in piepklein skrif geskryf waarmee hy sukkel. Jy kon my met n veer omtik. Vir n vrekduur konsultasie het ek meer verwag. Ek het probeer verduidelik dat ek n by die huis bly mamma is en kan sien dat daar fout is maar,geen teepratery is geduld nie. Nou soek ek groot asb iemand wat bekwaam is en ons sal kan help. Ek is in Witbank maar sal Pta toe gaan as dit moet.
Groetnis
LikeLike
Aug 24, 2011 @ 18:27:19
Ai, Valerie 😉
Ek kan die frustrasie verstaan. ‘n Pediater of ‘n pediatriese neuroloog doen gewoonlik die diagnose van aandagafleibaarheid, maar ‘n kinder-psigiater kan ook help. Dit hang af van hoe oud die outjie is.
Ek het ‘n paar name van arbeidsterapeute in Witbank (Andrea Bell en Cornea Botha) en Pretoria op ‘n databasis gekry. Tik “occupational therapist” en Pretoria in die soekblokke in vir ‘n magdom name. Jy sal net in die telefoongids moet loer vir die nommers.
As jy iemand soos ‘n opvoedkundige sielkundige wil kontak om na die “volle prentjie” te kyk, is daar Linda de Rooster in Pretoria (012 331 3942/3), Mari Fraser, Alda Oosthuizen (083 4412185) en Lezanne Grové (012 3266342 / 082 4955503) gelys. ‘n Opvoedkundige sielkundige doen ‘n volle evaluasie van die kind se skolastiese vaardighede (spel, lees, taal, wiskunde), aandagspan, emosionele welvaart…en maak dan aanbevelings na kundiges soos arbeidsterapeute, spraakterapeute, pediaters, remediërende opvoeders…soos benodig.
Jy kan die lys mense (in jou omgewing) wat aan die ADHASA-ondersteuningsgroepe behoort kontak om dalk meer raakvat en relevante inligting vir jou area te bekom.
Ek hoop hierdie inligting kan jou help. 😉
LikeLike
Aug 25, 2011 @ 15:46:51
Hi Valerie,
Sterkte jong. Dit is maar in die begin ‘n moeilike proses. Ons pediater in Middelburg is regtig fantasties. Ek kan vir jou sy nommer stuur. Ek moet sê my seuntjie doen regtig, noudat ons weet hoe om hom te help, fantasties. Hy lees beter, sy toetse lyk soveel beter en sy juffrou het al my nr vir ‘n ander mamma ook gegee omdat dit so goed met hom gaan. Jy moet vasbyt. Een van my vriendinne sê sy laat haar dogter enige tyd by my oorslaap omdat ek so paranoiese ma is want dan weet sy ek sal mooi na haar kyk. Ek weet nie of dit regtig ‘n kompliment is nie maar ten minste weet ek sy dink haar dogter is veilig by my. Jy ken jou kind beter as enige iemand anders. Hou aan iemand soek om jou te help. Hierdie is regtig ook ‘n fantastiese web tuiste wat my al baie gehelp het. Sterkte vir jou en hou moed.
LikeLike
Aug 25, 2011 @ 19:09:55
Baie dankie, Madelize
Dit is nou ‘n tone-krul-van-lekkerkry-boodskap dié. Dit is regtig wonderlik om te hoor hoe goed dit met jou seuntjie gaan!
Loer gerus weer in 😉
LikeLike
Aug 25, 2011 @ 16:50:13
ag iemand praat my net moed in asb. my seun is 13 het ‘n wonderlike sagte persoonlikheid maar is nou in Junie as ADHD (erg) gediagnoseer nadat daar vreeslik gekla is oor sy optrede in die klasse (en hy nou al 2 termyne gepluk het) hy is op Concerta geplaas, eers 18 en toe 27mg. maar ek het hierdie vreeslike vrees in my oor die medikasie. my aanstaande skoonma is baie anti die goed en het vir my inligting gekry van “the natural way” – Gluten vrye dieet, ADD vance, Calcium + Magnesium, vit b, etc. etc. Ek het soveel vreeslike goed gelees en gehoor van die middels (dis net so erg soos cocaine, ens. ens – ek is seker almal van julle weet daarvan) dat ek hom onmiddelik afgehaal het en op die Glutenvrye dieet gesit het, al die pille gaan koop het. maar nou kla die onderwysers weer!!! help asb. met raad.
LikeLike
Aug 25, 2011 @ 19:29:37
Hallo, Marleen
Ek kan verstaan dat ‘n mens alle opsies wil oorweeg en probeer. ‘n Mens wil ook ingelig wees oor al die positiewe en negatiewe uitwerkings van die medikasie en daarom is dit altyd wenslik om met dokters te gesels. Sover ek weet monitor dokters die outjies se gesondheid nouliks en word die dosis aangepas soos nodig. Gesels gerus met die dokter of ‘n ondersteuningsgroep oor hierdie inligting en hierdie dieet-aanpassings. Loer ook na die kontakbesonderhede vir ‘n ondersteuningsgroep onder die “verwysings”-hofie.
Dalk kan jy julle plan van aksie met die onderwysers bespreek sodat almal dieselfde inligting het. Dan kan idees geruil word om jou seun te hanteer, sodat hy nie onnodig raas kry nie. ‘n Mens wil skool steeds ‘n aangename ervaring maak. Baie sterkte, Marleen
LikeLike
Sep 01, 2011 @ 08:27:07
HI, my naam is Riette. Ek het ‘n seun van 12 wat met depressie sukkel. Hy is die enigste kind en sukkel vreeslik om maatjies by die skool te maak. Ons het hom nou by ‘n Sielkundige gehad en sy het ons van die depressie ingelig. Ek weet nie baie van die af nie en het gewonder of daar enige inligting is waarmee jy my kan help. Dalk ‘n oefen program of enige inligting. Baie dankie
LikeLike
Sep 01, 2011 @ 18:04:06
Middag, Riette 😉
Jong, depressie val buite my kennisveld. Dit is iets wat ‘n sielkundige of kinderpsigiater sal hanteer en behandel, maar ek kan vir jou ‘n paar artikels hier gee om dinge duideliker te maak.
Ondersteuningsgroep, raad vir ouers, kinders en depressie, nog raad aan ouers en ‘n laaste stukkie.
Ek hoop dat jou seun spoedig die regte hulp sal kry 😉 Baie sterkte
LikeLike
Sep 21, 2011 @ 13:15:03
Ek doen Bio-Terugvoer met kinders wat aandag, konsentrasie en fokus probleme het. Resultate is ongelooflik!
As jul sou belangstel, ons webblad is http://www.bio-link.co.za
Kontak my gerus ook, ek is in Pretoria, 082 782 7607.
Groete
Janine
LikeLike
Sep 21, 2011 @ 18:45:55
Hallo, Janine 😉 Baie dankie! Ek is seker dit sal baie mense interesseer.
LikeLike
Des 19, 2011 @ 14:10:05
Middag, Ek het hulp nodig. Die persoon wat ons gaan sien het sê my dogtertjie het geen konsentrasie en voer niks uit soos sy gevra word om te doen. Dis vir my ontstellend, want sy is baie slim en haar geheue is uitstekend. Wat kan ek doen om haar te help! Sy moet Januarie pre-school begin by die skool.
LikeLike
Des 22, 2011 @ 15:25:22
Middag, Lindi 😉 Op so ‘n jong ouderdom wil ek nog ‘n kort aandagspan aan “jonkgeit” toeskryf. Dit is iets wat ‘n mens met oefening en ouderdom (groei) ontwikkel. Begin by inkleurprente of eenvoudige legkaarte. Prys jou dogtertjie as sy ‘n legkaart in een sitting kan klaar bou, maar as sy dit nie kon doen nie kan jy dit verander na iets soos “Wow! Kyk hoe ‘n groot deel het jy reeds gebou. Ek sien daarna uit om die hele prent te sien.” In sommige gevalle kan ‘n mens byvoeg “Wil jy nog ‘n stukkie probeer by bou of wil jy later klaar maak?”. ‘n Mens moenie die kleingoed forseer om so iets te doen nie, maar met ‘n paar positiewe gedagtes kan jy hulle tog motiveer om die uitdaging te aanvaar.
Jy kan altyd ook ‘n “egg timer” inspan as julle inkleur of iets uit klei bou. Kies elkeen ‘n eenvoudige prent, stel die horlosie en begin inkleur. Later kan ‘n mens takies soos doolhowe, soek die verskille, volg die pad…betrek.
Ek is nie seker of jy met ‘n sielkundige of ‘n arbeidsterapeut gesels het nie. Ek sou egter voorstel dat julle in die nuwe jaar net ‘n bietjie met ‘n arbeidsterapeut sou gesels om oefeninge te kry om die spiertonus te versterk.
Jy het vroeg genoeg begin hulp soek en dít is reeds ‘n tree in die regte rigting. Baie sterkte met die nuwe skooljaar 😉
LikeLike
Des 22, 2011 @ 15:46:12
Middag, baie dankie vir die terugvoering. Ek voel sommer baie beter na jou boodskap. My dogtertjie se spesialis het dit voorgestel. Dit was ‘n sielkundige wat ons toe gaan sien het. Sy sou die toetse doen vir moontlike ADD /ADHD. Ek en haar pa is maar geduldig met alles,. Sy sê egter ons is te lief en te geheg aan ons kind, so ook ons dogtertjie teenoor ons. Ek verstaan dit egter nie. Sy sê mens moet een keer praat en dan onmiddelik tugtig. Sy het sommer op my kind afgegaan omrede sy nie dadelik reageer het nie. Dit het my regtig omgekrap. Die manier waarop sy dinge gesê het, klink asof my kind absoluut “dom” is maar ek weet die teendeel. Ek was nou, tot dusver, so bekommerd, daarom het ek op die internet begin uitkyk om hopelik antwoorde te vind.
LikeLike
Des 23, 2011 @ 07:24:58
Môre, Lindi 😉
Jong, die sielkunde is iets ek hopeloos te min verstaan…’n Mens kan iets leersaams uit elke situasie neem as die nuus (of die impak daarvan) eers bedaar het. Hou dit in die agterkop en kyk vorentoe. Indien julle in die nuwe jaar iets agterkom in jou dogtertjie se gedrag of optrede, sal julle vroegtydig bewus wees van die aanpassings wat julle kan maak.
Dit ís goed om te reageer as iemand iets vra en veral as juffrou later ‘n opdrag gaan gee in die klaskamer. Dit is iets wat ontwikkel moet word. As die outjie nie reageer op ‘n opdrag nie, sal sy nie ‘n taak voltooi of korrek uitvoer nie…As ‘n kind nie reageer nie, kyk ons altyd na die oorsake en kyk ons of ons kan help. Hoor die kind reg? (‘n Gehoortoets kan bepaal of al die klanke gehoor kan word.) Is dit ‘n gedragsprobleem? Is dit ‘n konsentrasie probleem?
Geniet die feestyd 😉
LikeLike
Jan 19, 2012 @ 14:00:47
Hi ouens ek het n Natural Healthcare Practitioner ontmoet in Kempton hy spesiliseer in ADHD en het al sukses met kinders en adults.
My seun het baie sleg gevaar in skool hy het averidge 35% gekry nadat ek hom by die Practitioner\Counselor gehad het, het dit verbeter na tussen 70 en 98%.
Ons is baie happy met hom hy doen baie na-vorsing en het die regte vitamin en behandeling kombo wat werk dit is net ongelooflik hou my seun verbetter het.
So ouens In Kempton of naby hy is baie goed/uitstekend met kinders en volwassenes. Enige persoon in daardie omgewing kan ‘n boodskap op my e-pos: optoma2020@gmail.com los en ek kan die betrokke persoon se email vir jou stuur. Hy het ook verder in Neuro therapy gestudeer (en ek weet nie wat nog nie, hy bly voortdurend studeer).
LikeLike
Jan 19, 2012 @ 17:27:45
Baie dankie, Werner! Ek is voortdurend op soek na nuwe idees. Ek is regtig bly dat julle ‘n oplossing gekry het wat werk 😉
LikeLike
Feb 01, 2012 @ 15:39:48
Hi julle, ek vermoed my dogter(9jr) het ADD. Van voorskool af het die onderwysers vir my gese dat sy nie goed konsentreer nie en dat haar aandag maklik afgelei word. Almal van hulle het my elke keer verseker dat dit teen gr 3 sal regkom. Die 2de kwartaal van gr3 het haar werk vir my begin agteruit gaan. Juf het nie ‘n probleem met haar werk gesien nie, want sy was een van die top 2 studente in haar klas. Einde gr3 (2011) verhuis ons na ‘n ander dorp. Van toe af is haar werk – asof iemand heeltemal anders dit gedoen het. Skielik lees sy swakker, kan nie meer eenvoudige wiskunde somme doen of eers spel nie. ALLES gaan agteruit. Sy raak net erger. Sy eet vreeslik, tel gewig op. Haar juf se dat haar spelling nie op standaard is nie.Sy terg maats, kom nie met baie kinders oor die weg nie. Ek het selfs al agtergekom dat sy vreeslik jok oor dinge. Wat dit erger maak is dat ek nie weet hoe om dit te handteer nie en ek raas gedurig met haar………… Ek weet dit is verkeerd. Ek verstaan haar net nie. Ons sien die 27 Feb ‘n dr Erasmus in Pta. Ek weet nie of dit dieselfde een is van wie almal skryf nie. Hy is ‘n Opvoedkundige Sielkundige by die Moot Hospitaal. Ek huil elke dag en hoop dat dinge net tot ‘n punt kan kom. My ander 2 kindertjies lei ook daaronder, want ek is die heletyd misluk en geirrteerd.
LikeLike
Feb 01, 2012 @ 18:50:12
Middag, Danica 😉 Ek dink dit is een en dieselfde dokter en almal praat met lof van hom.
Skryf dalk neer wat die juffrou sê en vra haar om ‘n Connersvraelys te voltooi om met die dokter te deel. Die skool het moontlik sulke vraelyste. Dit is moontlik dat jou dogtertjie deur ‘n aanpassingsfase gaan en dit is verstaanbaar. ‘n Mens wil egter seker maak dat alles in orde is en daarom sal julle besoek aan die dokter waardevol wees. Hy sal beslis vir jou goeie leiding kan bied. Laat weet hoe dit gegaan het 😉 Ek hou styf duim vas.
LikeLike
Feb 14, 2012 @ 09:56:15
Goeie more
Ek weet nie of ek by die regte plek is nie maar het geen idee hoe om by die regte persone uit te kom nie. Ek het die boek van Helena Bester gelees, help my kind makeer iets. Die 3 telefoon nommers wat daarin voorkom is klaarblyklik nie meer in gebruik nie.
En toe kom ek af op die blog. Hoop julle kan my help.
My seuntjie is nou in graad 2. Verlede jaar was dit heeltyd n stryd met lees. Hy is gedurende die week in die koshuis en naweke kom hy huis toe. Ek het naweek vir naweek en vakansies met hom gesit met sy leeswerk. Op die juf. se versoek. Dit het dinge egter net vererger en hy hou nie van lees nie. Hy het altyd laaste klaargemaak in die klas of werkies nie voltooin nie.
Die jaar is die “droom “in die klas en onvoltooide werk n groot probleem vir sy juf. Ek het hom laat toets by n arbeidsterapeut en die uitslae was baie goed. Hy toets bo gemiddeld vir sy ouderdom, sy aandag was heeltyd by dit wat hy moes doen en sy kon geen tekens sien van aandagafleibaarheid nie.
Sy juf kan dit nie glo nie. As ek in sy boeke kyk kan ek nie verstaan waaroor alles gaan nie, want dit wat hy doen is goed gedoen. Alhoewel ek verstaan dat hy sit en droom en nie aangaan of sy werk alles voltooin nie. Dit is dus nie dat hy nie die werk voor hom kan doen nie maar eerder hy stel nie daarin belang nie.
Ek het die audiblox tuisprogram gekry en het al 3 lesse met hom gedoen. Daar word met groot lof van audiblox/edublox gepraat maar ek weet net nie of dit is wat hom sal help. Ek kry net die idee daar is nie plek vir “kinders soos hy ” in die skool waar hy is nie. Daar skort egter niks met hom nie hy sukkel net om te konsentreer. En dit wil voorkom of die onderwysers nie die eksta myl saam met hom wil stap nie.
Het julle asb vir my raad.
Baie dankie
Groete Este
LikeLike
Feb 14, 2012 @ 17:02:26
Middag, Este 😉
Ek sal help sover ek kan…
‘n Dromer is gewoonlik iemand wat nie stout is of probleme veroorsaak nie. Hulle glip dus onder die juffrou se radar deur en is nie regtig ‘n probleem nie. Julle het jou seuntjie reeds deur ‘n arbeidsterapeut laat toets en sy sou dus na die postuur gekyk het. As die outjie posturele probleme gehad het sou sy dit vir julle genoem het. (Dikwels sukkel outjies om die lyfie regop en stil te balanseer en raak of lyk dan woelig.) Ander outjies se sintuie werk weer oortyd. Dit beteken dat hulle óf nie van aanraking, teksture, smake, geluide…hou nie óf dit nodig het om aangewakker te word. Dit is ‘n spesialisveld in arbeidsterapie en die arbeidsterapeut sou vir julle ingelig het as sy bekommerd was oor die sensoriese integrasie.
In ‘n koshuis is daar struktuur en roetine. Ek dink ook nie hulle sal ongesonde kos voor sit nie. Die volgende opsie is dat die juffrou ‘n paar aanpassings in die klas maak. Gebruik byvoorbeeld ‘n “egg timer” of wekker om ‘n takie te probeer voltooi, sit nader aan die juffrou se tafel, sit langs ‘n maatjie wat hom kan herinner aan die werk, sit op ‘n groot “gym”bal om die outjie te laat fokus op balansering…As dit nie na so ‘n week of twee help nie, kan ‘n mens die outjie dop hou aan die hand van ‘n Conners-vraelys. Dit word gewoonlik met ‘n pediater bespreek sodat die pediater vitamien-aanvullings kan voorstel. Jy kan gerus my Facebook-skooldoktersvriendin, Dr. Estelle Lawrence, kontak as jy daaroor wil gesels. Probeer ook die Kinderpsigiater of die ADD/H ondersteuners.
Kyk of jy sommer self ‘n storie of twee kan opneem en saam met ‘n storieboek koshuis toe stuur. Deesdae kan ‘n mens met die selfoon en ‘n i-pod dalk so iets reg kry. Die gedagte is om soos die Storieman van ouds te lees en te luister. Dit kan dalk net meer spesiaal wees as Ma se stem opklink 😉
Ek hoop dit kan vir jou help.
LikeLike
Feb 14, 2012 @ 18:34:50
Baie dankie vir die raad! Ek sal dit verseker voorstel en kyk of daar verbetering is. Ek het al by iemand anders gehoor van haar hele klas wat sit op gymballe, ek is nie seker of hulle dit in my kind se skool sal toelaat nie.
Die storie-ding klink baie oulik ek gaan dit ook probeer.
Ek sal baie graag met dr. Estelle wil kontak maak maar kry haar nie op fb nie.
Is jy op fb dan kan ek haar opspoor deur jou vriendelys.
Baie dankie weereens.
LikeLike
Feb 15, 2012 @ 16:48:29
Ai, kom ons probeer eolawren@pgwc.gov.za . Ek is op FACEBOOK as Juffer Juffrou 😉
LikeLike
Feb 15, 2012 @ 18:36:23
Baie dankie, ek waardeer die terugvoering vreeslik baie.
LikeLike
Feb 16, 2012 @ 16:21:33
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Mar 15, 2012 @ 09:57:26
Ek het n groot probleem my kind is 9 en hy het ook die probleem hy is op ritalin maar nou is sy pille klaar toe gaan ek hospitaal toe om sy pille te gaan haal toe se hulle hy moet eers n dokter weer sien en hy kan n bestelling eers kry die 30 april nou moet hy die heel tyd sonder die pille bly wat staan my te doen.Dankie
LikeLike
Mar 15, 2012 @ 18:20:35
Middag, Elsabe 😉 Die een geluk is dat dit darem nou vakansie is en dat April vol vakansiedae is. Dit is egter nie ‘n troos nie. Vra dalk dat die skool / juffrou ‘n Conners-vorm aan die dokter faks en die nood beklemtoon. Dalk kan hulle vir jou ‘n gaping gee sodra daar ‘n kanselasie is. Die ander opsie is ongelukkig om na ‘n privaat pediater te gaan – wat ongelukkig duur is. Ek hoop hulle kan julle inpas 😉
LikeLike
Mar 22, 2012 @ 09:45:37
HI, die reply is vir Ann wat op my vraag gecomment het. Ek weet nie hoe om terug te reply vir haar nie maar al wat ek wil sê is:
Ann, baie dankie vir jou reply en jy sal my nie glo nie… ek verbied hom heeltemal om dit te kyk. Presies daai twee programme veral want ek het ook agter gekom as hy dit kyk hy meer geneig is tot night terrors. Dit gaan nou beter maar dit kom en gaan. Ek hoop maar hy sal dit ontgroei want hulp op die gebied is maar skaars.
Lekker dag
LikeLike
Mar 23, 2012 @ 15:03:03
😉
LikeLike
Apr 19, 2012 @ 09:31:39
More juffer
Ek het n seun in gr 2 wat n stil dromerige leerder is. Baie min van sy werk in die klas is korrek of enigsins voltooi.Op die sportveld en by die huis is hy net n normale besige 7jarige.
Ek het hom aan die begin van die jaar by n arbeidsterapeut laat toets maar sy kon geen ernstige probleem optel as sy een tot een met hom werk nie. Hy het IK gewys bogemiddeld getoets vir sy ouderdom maar in die klas is dit heeltemal n ander prentjie!! Sy het hom die hele kwartaal eenkeer n week gesien maar bly se ons hoef oor niks bekommerd te wees nie.
Sy juf is egter moedeloos en glo hy sal nie gr 2 slaag nie. Sy het al voorgestel dat daar medikasie is soos ritalin of consenta….maar ek verstaan dit het verskriklike newe effekte en onderdruk net simptome maar los nie die probleem op nie.
Ek glo absoluut dat daar n probleem is in die klas maar ek weet ook my kind makeer intelektueel niks. Iewers blok iets sy vermoens. Hoe help ek hom?
.
LikeLike
Apr 20, 2012 @ 19:53:34
Hallo, Marie 😉
Wat het die terapeut oor die outjie se sensoriese integrasie gesê? Met ander woorde: is daar gekyk na hoe hy reageer teenoor harde/skril geluide, teksture, sekere smake…? Sommige kinders fokus beter as hulle ‘n “egg timer” het wat hul motiveer om vinniger te werk en ander benodig ‘n aangepaste dieet of vitamienaanvullings (soek “dieet” hier aan die regterkant). Kan die arbeidsterapeut of sielkundige (wat sy IK getoets het) die outjie dalk in die klas-opset dophou/waarneem?
Voor ons aan medikasie dink, kan jy eers met die arbeidsterapeut gesels oor sensoriese integrasie en ander produkte soos die SOLISTEN/TOMATIS-program ondersoek. Vra dat die outjie byvoorbeeld naby die juffrou en langs ‘n motiverende maat kan sit om hom te ondersteun. Indien jy nie resultate sien nie, kan ‘n mens ‘n pediater spreek oor vitamien-aanvullings. ‘n Mens moet die aandag egter gou aanspreek – aangesien die volgende assesserings seker teen die einde van Mei sal begin.
Baie sterkte 😉
LikeLike
Mei 15, 2012 @ 15:19:02
HI Juffer
my naam is Elzabe my seun is nege jaar oud en is na 2jaar in graad 2. ek sukkel regtig want ek het al alles probeer. hy is ook maar n droomer ja en hy kon ook vir 2jr nie hoor nie. hy is nou in n spesieale klas en die juffrou bel my elke 2de dag om vir myte vertel hoe verskriklik dit vir haar is. hy kry ritilin en biostrath ek weet regtig nie wat om meer te doen nie hy is nie n dom ou kindjie nie hy is n gewone kind wat volgens my net iemand nodig het om retig te kyk dat hy se werk doen en kort kort vir hom terug roep aarde toe
maar wat stel jy voor Juffer ?
LikeLike
Mei 15, 2012 @ 18:25:52
Middag, Elzabe 😉
Ek wonder of julle nie dalk met ‘n arbeidsterapeut moet gesels wat in sensoriese integrasie spesialiseer nie. Skakel net en verduidelik die situasie. Daar is dikwels dromers wat net ‘n prikkel nodig het om weer te fokus, maar dit moet deur ‘n kundige gediagnoseer word. Hulle sal ‘n spesifieke vraelys met jou deurwerk en raad kan bied om die outjie se lyfie “terug aarde toe” te bring. Vra gerus dat die terapeut hom in die klas kom waarneem en met die juffrou gesels.
Is dit moontlik dat die outjie sukkel om te hoor wat die juffrou sê?
Dalk kan ‘n mens vra dat ‘n maatjie langs hom sit om hom te ondersteun. Die kleingoed geniet dit om ‘n maat te help as hy met ‘n taak sukkel of dalk sou droom. (Buddy system) Verskaf ook ‘n aftelwekker soos ‘n egg timer om die outjie aan te spoor om vinniger te werk.
Kom ooreen dat die juffrou eerder ‘n gesiggie (smiley face) in die boodskapboekie teken of ‘n waarnemingsvel voltooi (Conners) wat jy met die dokter of pediater kan deel. Vir elke glimlagdag, kan jou seuntjie die gesiggie op ‘n almanak oor teken en sodra daar bv. 10 gesiggies is kan julle ‘n roomys gaan eet (of iets dergliks). Dit behoort darem die spanning van die oproepe te verminder en as ‘n motivering te dien. Kom ons kyk of hierdie idees vir julle kan werk.
LikeLike
Jul 17, 2012 @ 16:55:38
Juffvrou kan jy asb vir my die inligting gee van die kindersielkundige ek het ‘n seun wat met adhd and bipoler disorder uitgewys is maar dit raak net erger ek het hulp nodig of eerder ‘n 4de opinie
LikeLike
Jul 18, 2012 @ 18:10:26
Middag, Charmane 😉 In watter area woon jy? Laat weet gerus 😉
LikeLike
Jul 19, 2012 @ 14:00:02
My Seun is in graad 1. In die eerste kwartaal het hulle juffrou gehad waarvan hy baie gehou het. Die juffrou het afgetree en hulle is na ‘n ander juffrou toe. Nou kry ek klagtes dat hy nie konsentreer in die klas nie, sy werk nie klaar maak nie en gedurig met voorwerpies speel in klas tyd. Ons het hom gestuur vir ‘n gehoor toets wat aandui daar niks verkeerd met sy gehoor nie. Hy was ook na sielkundige toe wat medikasie vir ‘n maand aanbeveel het. My vraag is nou dit moet ek noodwendig aanvaar hy moet op medikasie gaan na ‘n uur konsultasie.
LikeLike
Jul 19, 2012 @ 16:56:32
Middag, Sonja :Wink: Ek sou voorstel dat julle die waarnemingsvelle (Connorsvorm) so een of twee maal (minstens 3 dae per keer) laat voltooi en al die verslae dan saam neem na ‘n pediater. Pediaters en psigiaters sal vir jou ‘n opinie kan gee. Is arbeidsterapie dalk aanbeveel? of ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut om na die sensoriese integrasie en liggaamlike (perseptuele) ontwikkeling te kyk? ‘n Ander tipe hulpmiddel wat ‘n mens kan ondersoek is programme soos SOLISTEN (sien PDF-lêers aan regterkant), neurofeedback terapie of BIO-LINK.
Jy is reg. ‘n Mens moet alle opsies oorweeg en kyk wat werk.
LikeLike
Sep 13, 2012 @ 13:25:45
Hi. my seuntjie is 20 maande oud en die juffrou by die kleuterskool vermoed dat hy hiperaktief is. Hoe stel jy op die ouderdom vas of dit wel so is?
LikeLike
Sep 13, 2012 @ 18:25:14
Middag, Yolande 😉 Ek is ongelukkig nie seker hoe hulle sulke jong outjies diagnoseer nie. Jong kinders speel nog lekker en dalk is die woeligheid nog deel van ontwikkeling. Ek is egter nie ‘n kenner van sulke jong kinders nie.
Ek sou skat dat die basiese kenmerke dieselfde as in ouer kinders sou wees. Monitor die outjie nou en oor ‘n paar weke weer. Wanneer jy weer die pediater besoek kan jy jou waarnemings aan die dokter noem. Dalk kan hy vir jou aanpassings ten opsigte vna dieet of roetine voor stel 😉
LikeLike
Sep 14, 2012 @ 14:04:22
ek weet nie of dit dalk net ‘n manier van die kleuterskool is om te sê die kind is stout nie, want dit wat hulle gee as redes waarom hulle dink hy is hiperaktief is die volgende: hy trippel rond en skree, hy val op die grond neer en stamp sy kop teen die grond, hy slaan jou as jy met hom raas of sy boude slaan. hy doen die goed ook by die huis, maar vir my lyk dit egter net of die kind ‘n verskriklike humeur het en tantrums gooi as hy nie sy sin kry nie. ek weet egter nie hoekom nie, want nie sy boetie of sussie was so nie en hy word ook nie bederf en als gegee nie
LikeLike
Sep 14, 2012 @ 15:45:49
Gits, dis moontlik 😉 Ek het self nooit met hierdie ouderdomsgroep gewerk nie, maar weet dat hulle dit die TERRIBLE TWO’s noem. Dit klink asof die outjie dié fase dalk vroeër bereik het. Gesels met die skool oor positiewe manier om die outjie se gedrag aan te spreek.
LikeLike
Mei 30, 2013 @ 15:25:44
HELP
LikeLike
Jul 28, 2013 @ 07:57:22
Kan ek asseblief die sielkundige se nommer en naam kry. My kind is in Graad 10 en sukkel vreeslik op skool. Sy is al van Graad 1 af gediagnoseer met AAHS.
LikeLike
Jul 28, 2013 @ 08:46:19
Môre, Marietjie 😉 In watter omgewing woon jy? Kan die lysie name op die “Verwysingsblad” help? Laat weet gerus waar jy woon sodat ek ‘n plaaslike persoon vir jou kan help soek 😉
LikeLike
Okt 17, 2013 @ 14:20:03
My kleinkind (6 jaar) is nie as skoolgereed (2014) beskou. Volgens kliniese sielkundige se verslag is hy op standaard van 3 jaar plus en sal volgens haar nie na ‘n gewone skool toe sal kan gaan nie. Ek het self 3 kinders grootgemaak en kan nie glo dat dit wel die geval is nie. Hy is nie eintlik bereid om saam te werk nie dit is ‘n feit. Hy kan hardkoppig wees, maar ek kry die gevoel dat hy die take wel sal kan uitvoer maar nie lus is daarvoor nie. Hy praat verskriklik baie (baie lief vir musiek) – Kan hy moontlik as ADHD bestempel word? Hy dra vir plus minus 6 maande bril, is by R.O. Onderwyseres, spraakterapeut en arbeidsterapeut. Baie dankie Wilna
LikeLike
Okt 17, 2013 @ 18:31:19
Middag, Wilna 😉
Dit is baie moontlik dat hy aandagspanprobleme kan hê, maar dit kan slegs met behulp van ‘n kinderspsigiater, pediater of pediatriese neuroloog bepaal word. Gewoonlik hou die juffrou ‘n Conners-vorm – wat dan na die dokter gestuur word. Tik gerus “skoolgereed, Graad R, Graad 1” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die lysie skakels wat met “Skoolgereed” gemerk is.
Hoe lyk die outjie se rapporte? ‘n Mense kan altyd na die kinderpsigiater vir verdere leiding gaan :wink:.
LikeLike
Jan 28, 2014 @ 15:05:37
Ek was al so baie by skool se maatskaplike werker en 2 jaar terug my seun by kinder sielkundige gehad en hulle almal se daar is niks fout met my seun nie. Hy is nou in graad een, nog nie een ‘n week in nuwe jaar en moes vandag klaar weer die onderwyseres gaan sien het. Hy kom uit ‘n huis met dissipline en roetines en hy blink uit op skool met alles, van sport tot leer, maar hy kan net nie stil sit nie. Hy sal impulsief net met die maatjie agter hom praat en wil altyd al die aandag op hom hê, ons is so raadop!!!!! Al die onderwysers se die selfde ding, hy ontwrig die klas. Ek soek asb raad!
LikeLike
Jan 29, 2014 @ 19:37:23
Middag, Riaan 😉
Gewoonlik kyk ons na aspekte soos die roetine, spiertonus en dieet. Dit klink egter asof die outjie nie probleme hiermee ervaar nie.
Daar is skole/outjies wat programme soos die TOMATIS/SOLISTEN-stelsel met sukses probeer. Die kind skakel die klasgedruis met groot oorfone uit en luister na stimulerende musiek terwyl hy werk. Die musiek is nie te hard nie en jy kan steeds die juffrou hoor. Dalk kan julle hierdie tipe programme ondersoek om te gebruik. 😉
LikeLike
Feb 12, 2014 @ 10:54:37
Hi Juffer,
Ek wonder of jy my dalk kan help… My 6 jarige seun het 4 weke terug met Gr.1 begin. Sy juffrou het my en my man laat weet my kind moet nou op Ritalen gaan. My kind het nog nooit probleme gehaad van tevore nie, sy Gr. R juffrou was baie gelukkig met sy werk en het altyd baie goeie rapporte (6 uit 7 vir sy gemiddeld) huis toe gebring. Hy is glad nie hiperaktief nie en sit elke Sondag dood stil in die kerk.
My vraag is, kan sy regtig na net 4 weke (waarvan hul nie die eerste week gewerk het nie) se my kind moet op Ritalen gaan?
LikeLike
Feb 16, 2014 @ 19:10:03
Middag, Maryka 😉
Gaan gerus deur die lysie karaktertrekke op die Connersvorm (Nood Conners hier bo) en kyk of dit relevant is. ‘n Mens moet eers al die ander moontlike uitvalle uitskakel voordat ‘n mens na die pediater toe gaan.
Daar kan ander faktore betrokke wees wat soos woeligheid lyk. Soms is die outjies se spiertonus nog nie heeltemal ontwikkel nie en sukkel hulle om vir langer tye stil te sit. Dit laat hulle kriewelrig lyk. Die gedruis van ‘n klaskamer veroorsaak weer dat ander outjies nie op die werk kan fokus nie en daarom kort-kort op kyk of konsentrasie verloor. Begin eers deur te vra dat hy dalk na ‘n stiller hoekie geskuif word en kyk of daar aanpassings in die kosblik gemaak word. As die outjie teen die einde van die kwartaal steeds dieselfde gedrag of afleibaarheid toon, kan ‘n mens verdere ondersoeke instel.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mar 25, 2014 @ 11:09:03
Liewe Juffrou. Ek het n groot vraag of vir my is dit baie groot ekt die simptome van ADHD hierbo gelees. my seuntjie is nou graad 4 en sukkel om te konsentreer en stil te sit en om sy werk klaar te maak en te verstaan hy sukkel ook om te leer. Dis vir my geweldig moeilik om te verstaan want hy is rerig n slim seuntjie en hy kan goed doen wat ek weet as hy n probleem gehad het dit nie kon doen nie. Ekt voor ek kids gehad na n seuntjie geky wat ADHD het en my seuntjie is glad nie so nie. Daar is n paar van die simptome wat ek wel in hom sien, Maar hoe weet ek wats die rerige probleem. Is hy te lui om te leer of is dit dat hy rerig sukkel of nie verstaan nie ek sal bv vir hom iets verduidelik 10keer dan sal hy net vir my kyk en se maar ek verstaan nie. Ek verstaan nie is sy verskoning vir als. En partykeer sien ek dat hy rerig nie verstaan nie maar ander kere is ek nie seker nie nie. Ek voel asof iewers vaal. As hy toets skryf sal ek by hom sit en hom help en ek sal hom vra en vra maar dan sal hy die volgende oggend opstaan en as ek hom vra sal hy se hy weet nie en dan kom hy huis toe met nie goeie punte nie. Na ek weet hy het hard geleer. Help met raad of iets asb ekt 3 kiddies en as dit iets is wat ek verkeerd doen en wat kan ek doen om te help of dit reg te maak. Want my middelste een is graad 1 en my babie is gr 3.
LikeLike
Apr 01, 2014 @ 15:44:18
Middag, Tanja 😉 Party outjies leer deur na inligting te luister, ander verkies dit om simbole en prentjies (diagramme) te teken en ander leer deur beide idees te gebruik. Sommige kinders leer makliker met Barokmusiek en ander in stilte.
Kyk na die onderwerpe of aspekte waaroor die outjie moet toets skryf en neem aanvullende boeke by die biblioteek uit. Kyk of daar byvoorbeeld meer beskrywende of beter prente in die boeke is en betrek dit tydens die leerproses. Loer na boeke/gidse oor studietegnieke en toets die onderskeie metodes totdat julle een kry wat vir julle werk. Skryf die vrae wat die onderwyser gebruik neer en hou voorbeelde in ‘n lêer. Dit sal baie handig te pas kom tydens die eksamen. Loer na die handboeke en gidse wat die onderwyser gee, want dit is moontlik dat die vrae of soortgelyke vrae weer sal voorkom.
Is die outjie al deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets? So ‘n kundige kyk nie ‘n wye verskeidenheid aspekte soos die lees-/spelvaardighede, wiskunde, konsentrasie, emosionele welstand, ensovoorts. Dit is ‘n baie omvattende evaluasie en kan vir julle as ouers help om die outjie te ondersteun.
As die outjie met Wiskunde en Tale sukkel, kan julle navrae rig om te bepaal of die skool ekstra klasse (intervensie) beskikbaar het.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mei 20, 2014 @ 21:23:43
My twee seun is altwee ADHD,maar my jongste seun het so 3 maande terug ewe skielik n probleem met sy klere in sy nek hy trek dit heeltyd en dan snyf hy!Wat kan dit wees
LikeLike
Mei 21, 2014 @ 18:11:57
Middag, Jolene 😉 Is die outjie al deur ‘n arbeidsterapeut gesien? Sekere arbeidsterapeute het opleiding en ‘n kwalifikasie in sensoriese integrasie. Dit het te make met die outjie se sintuiglike ervarings. Sommige kinders is baie sensitief vir reuke, ander vir geluide, smake, teksture, aanraking, en dies meer. Dit klink amper asof dit die geval kan wees. Vind erus by die plaaslike laerskool uit of hulle arbeidsterapeute kan aanbeveel en vra of hulle met sensoriese integrasie werk. So ‘n terapeut sal raakvat hulp en idees kan gee 😉
LikeLike
Mei 21, 2014 @ 20:11:12
Baie dankie v die boodskap!Ons het hom nog nie na n arbeidsterapeet gevat nie,kan dit nie dalk die medikasie wees wat dit doen nie?Want hy altyd Ritalin gedrink maar is nou op Methylphenidate HCI-Douglas en vandat hy dit drink bly hy aan sy klere trek en snyf!
LikeLike
Mei 26, 2014 @ 19:52:53
O, gits. Jolene, ek sou die pediater dadelik geskakel het om hierdie vermoede te bespreek. Skakel sommer môre-oggend vroeg.
LikeLike
Mei 13, 2015 @ 19:47:32
Discem ver koop die volgende ADD awadit bevat omega 3 ,omga 6,Vitamienes sy sukkel met werk en wil nie ha werk in die klas doen nie maar wanneer sy leer en ons ha help met die leer kry sy goeie punte .help asb bekomerde ouer
LikeLike
Mei 15, 2015 @ 01:36:25
Hallo, Johan 😉
Ek dink die Omega 3 (alleen) word gewoonlik aanbeveel. Die juffrou kan ook belonings gee vir goeie konsentrasie of vir julle laat weet as dinge goed gaan. ‘n Mens wil haar daarop wys dat julle op die positiewe aspekte fokus. ‘n Mens kan ook vra dat sy elders in die klas geplaas word – bv. nader aan die onderwyser se tafel, langs ‘n parate klasmaat, voor, ens.
Julle kan ook soekterme soos “aandagafleibaar, dieet…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir nog riglyne.
Is sy al deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets? Die sielkundige kan beslis raakvat raad en idees gee wat nommerpas vir haar sal wees.
LikeLike
Aug 17, 2015 @ 16:56:37
Goeie middag,
Ek wil net gou weet of daar plek is waar mens dalk kronies kan aansoek doen vir medikasie bv konserta aangesien my medies dit nie betaal nie ?
LikeLike
Aug 21, 2015 @ 20:06:50
Hallo, Mariska 😉 Die skooldokter (wat vir die plaaslike OBOS/MEED/Skoolkliniek) werk, mag dalk kan help. ‘n Mens kan met behulp van die leerondersteuningsopvoeder kontak maak. Daar is ongelukkig ‘n waglys.
LikeLike
Sep 07, 2016 @ 10:02:32
My dogter in grd2 het al hierdie simptone en klasonderwyseres beweer dat sy disleksies is, maar sy so intelegent het die spraakterapeut met ons gedeel. Dit is net te hiperaktief.
Kan ek bio strath stroop vir haar koop sonder n geneesheer. Sy word nou die 2ste Oktober getoets vir disleksie deur n sielkundige.
Wat is u aanbeveling.
LikeLike
Sep 07, 2016 @ 23:53:49
Hallo, Hannie 😉
Hoor gerus by die skool of hulle ‘n Connorsvorm het om te voltooi indien hiperaktiwiteit vermoed word. Dit kan dalk goed wees om so ‘n vorm na die sielkundige te neem tydens die toetsing. Gewoonlik toets ‘n opvoedkundige sielkundige indien leerprobleme vermoed word en van daar word verwysings na bv. ‘n optometris, ‘n arbeidsterapeut, ‘n pediater, ens. gemaak – soos nodig. Die toetsing behoort vir julle ‘n VMI, wiskundige en taalpotensiaal te gee, fokus op die aandagspan, emosionele welstand, ens.
‘n Optometris kan na die visie kyk en ook bepaal of die ogies egalig oor die bladsy beweeg. Soms lei onegalige oogbewegings tot leesfoute.
‘n Spraakterapeut fokus op uitspraak, ouditiewe (luister) vaardighede en taal en ‘n arbeidsterapeut help met die perseptuele ontwikkeling (groot spiere, fynspiere, skrif, omkerings, begrip van links en regs, spierbeheer, ens.
Bio Strath is ‘n Vitamien aanvulling en behoort in winkels soos Clicks verkrygbaar te wees. Slegs geskeduleerde, voorgeskrewe medikasie (ritalin, stratera, concerta) sal deur ‘n dokter voorgeskryf word.
“Bio-Strath Daily Nutritional Supplement Elixir 200ml is a natural herbal supplement that helps to fight exhaustion, fatigue and exam stress. The unique formulation of vitamins, minerals, trace elements and amino acids improve memory and concentration and help increase energy and vitality to get you back on top.”
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jun 20, 2017 @ 14:21:17
Ek vind baat by die persone se kommentaar.
LikeLike
Jun 20, 2017 @ 14:37:16
😉
LikeLike
Sep 26, 2017 @ 12:35:01
My seuntjie is graad 5 en het ADHD. Paar weke gelede het hy n tantrum in die klas gehad. Die onderwyser het n ander kind haar selfoon gegee om n video daarvan te maak. Is dit toelaatbaar? My seuntjie vaar baie goed akademies.
LikeLike
Sep 26, 2017 @ 14:45:40
Hallo, JP 😉
Gewoonlik onderteken ouers ‘n vorm wat toestemming aan die skool gee om foto’s te neem. Indien julle nie so ‘n vorm gesien/geteken het nie, kan julle ‘n brief aan die skool rig om kapsie te maak. Indien die video versprei is, kan ‘n mens beslis kapsie maak, maar indien dit net aan julle gewys is ter beskrywing van ‘n geval, neem notisie en vra dat die video dadelik van die foon verwyder word. Dit is moontlik dat die skool nie bewus is/was van die riglyne nie.
Loer gerus ook hier en hier. Vra dat die skool dalk eerder die gedra skriftelik aanteken, sodat julle dit met die pediater of arbeidsterapeut kan deel.
LikeLike
Mei 07, 2018 @ 21:09:10
Ek soek graag hulp of inligting my seun is in gr 10 die jaar en hy sukkel met skool.hy se hy gee sy beste en ek kan sien dis nie so nie.dis asof hy vas gesteek het en hy dink hy kan nie beter nie.dis moeilik om te beskryf ek het al met sy onderwyser gepraat en hy doen vraestelle.laat weet hoe kan ek help.
LikeLike
Mei 08, 2018 @ 05:16:25
Hallo, Annetjie 😉
Is hy al deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets? So ‘n persoon, sal ‘n volledige evaluasie kan doen om te bepaal waar die sterk- en swakpunte lê. Die persoon sal ook kan sê of die probleem by die aandagspan of elders is.
Dit is beslis ‘n goeie beginpunt om ou vraestelle deur te werk. Indien die skool ekstra klasse (bv. winter- of lente skool) aanbied, sou ek dit kon aanbeveel vir ekstra werk.
Praat gerus met die skool se voorligters of onderwysers om aanbevelings of verwysings vir julle area te kry.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike