Adri het gevra oor ‘n paar idees i.v.m. vervoer…As ek aan ‘n les of ‘n tema rakende vervoer dink, wil ek hoofsaaklik op die drie “gebiede” van vervoer dink, naamlik: Lug-, see- en padvervoer.
Koppel spesifieke kriteria aan elkeen soos spoed, grootte van voertuig, ensovoorts. Reis jy vir die lekkerte, vir werk, vir plig, vir nood… vir beskerming? Hoekom is daar iets soos ‘n wiel ontwerp? Is die vorm van die wiel doeltreffend? Hoe het voertuie of vervoermiddels ‘n honderd jaar gelede gelyk? Hoeveel het die voertuie ontwikkel sedertdien?
Lugvervoer:
‘n Mens kan met groot, kommersiële vliegtuie van een stad na ‘n volgende én tussen lande vlieg. As die Springbokke Wêreldbeker toe gaan, sien jy altyd die span op die lughawe. Kies hier ‘n spesifieke vliegtuig wat julle dikwels op die naaste lughawe sien. Afhangende van die ouerderdomsgroep kan ‘n mens woordprobleme opstel oor die hoeveelheid sitplekke wat benodig word vir ‘n netbal-, rugby-, krieketspan, gesin of ‘n skool om oorsee te vlieg vir ‘n toer. Bv. Daar is * dogters in die netbalgroep, * seuns in die rugbygroep en * onderwysers in die toergroep. Hoeveel sitplekke moet tannie Susan bespreek vir die toergroep?
‘n Mens kan lekker speel-speel vlieg deur kaartjies te bespreek, uit te ryk, tasse volgens gewig te pak…Dink aan werkvelle waar jy woordprobleme dek soos Die tas mag nie meer as 30kg weeg nie. Ma se tas weeg 54kg. Hoeveel kilogram weeg Ma se tas te veel? … Dit is nou 15:00. Ons moet om 16:10 op die lughawe wees. Hoeveel minute het ons oor om daar te kom? (Hierdie tipe somme sal moontlik met ‘n sterk Graad 2-klas of Graad 3-klas gedoen kan word.)
Buiten groot vliegtuie kry jy ook ligte vliegtuie waarmee ‘n mens kan vlieg. Hulle is baie kleiner, weeg minder, kos minder geld om te onderhou…Hoeveel weeg die een vliegtuig minder as die ander? Hoeveel kos die een minder/meer as die ander? Die Cessna 182 kan * mense vervoer en die Boeing 747 kan * mense vervoer. Hoeveel mense kan die Boeing meer vervoer as die Cessna? Moenie van die helikopter vergeet nie. Hoe verskil die helikopter van ‘n vliegtuig? Hoe vlieg ‘n helikopter sonder vlerke?
Dan kry jy ook vinnige vliegtuie. Hoekom is sekere vliegtuie vinniger as ander? Vegvliegtuie is vinnig om die teenstander te verras. Wat beteken dit om die klankgrens te oorskry? [Vreemde vliegtuig vrae, beginsel van vlieg, styg]
Buiten baie vinnige lugvervoer, is daar ook vreeslike stadige vlieënde tuie. Dink maar net aan die lugballon. Dit bestaan uit ‘n reuse ballon wat deur warm lug in die lug gehou word…en jy hang onder die ballon in ‘n mandjie! In die ou dae was dit ‘n baie gewilde manier van vervoer, maar deesdae is dit ongelukkig ‘n romantiese luuksheid…
Padvervoer:
Hierdie tipe vervoer is meer bekend aan ons. Dit behels voertuie wat op paaie beweeg soos vragmotors, taxi’s, busse, motors, motorfietse, fietse, ensovoorts. Kyk na die outjies in die klas en kies dan vervoermiddels wat wydverwyderd tot na aan hul milieu is. Bv. ‘n groot lang-afstand vragmotor, ‘n gesinsmotor / taxi en ‘n trapfiets. Hoeveel wiele het elkeen van hierdie vragmotors? Hoeveel verskil die gewigte? Hoeveel keer tel jy in tweë om die aantal wiele te tel? Hoeveel wiele het 3 motors? 4 driewiele? 2 fietse? Hoe beweeg elkeen? (trap, enjin…met diesel, met petrol, met spierkrag…) Het jy al ooit gehoor hoe klink ‘n Ferrari, ‘n Bugatti, ‘n Rolls Royce of ‘n Porche? Skakel sommer self hierdie motors aan…
Spoorvervoer:
Treine loop nie juis op die pad nie, maar val seker ook onder die afdeling van landvervoer. Hier kan ‘n mens trokke tel en aspekte soos die spoed van ‘n trem, ‘n gewone trein en die Gautrein meet en bespreek. As iemand ‘n treinstel het, kan hulle dit skool toe bring vir die uitstalling. In Gauteng kan julle ‘n rit mee maak en in plekke soos Kaappunt of Kimberley kan ‘n mens op die trem ry. Maak sommer ‘n ellelange trein vir die gang – met foto’s van die kinders se gesigte in die ruite.
Seevervoer:
Dink aan luukse skepe, olieskepe, vinnige skibote, seiljagte, kano’s…Sommige bote is so groot dat jy daarin kan slaap! Ander is so groot dat jy ‘n kamer kan bespreek soos in ‘n hotel. Sommige is net so groot soos die skepe waarin jy kan vakansie hou, maar word gebruik om goedere van een land na aan ander of tussen stede te verskeep. Seiljagte gebruik seile om mee te beweeg as die wind waai, maar jy moet jou slag met ‘n spaan ken om ‘n kleiner bootjie – veral ‘n kano – aan die gang te hou. Beweeg bote of skepe net bo-op water? Nee, duikbote duik en beweeg onder die water…
–
As jy na die verskillende afdelings kyk, kan jy beslis aan die afsonderlike woordeskat werk soos “verskeep, spaan, vlerk”. Wend ‘n besliste poging aan om voorbeelde van die onderskeie vervoermiddels in jou omgewing te soek. Soek ‘n vliegveld of ‘n lughawe, ‘n hawe of voorbeelde van bote, ‘n vragmotor, fietse, ensovoorts. Julle kan plekke besoek of mense nooi om te kom gesels. As jy ver van water is, is daar sekerlik ‘n inwoner van die dorp wat al op ‘n skeepsreis was of iemand wat by ‘n toerismeburo gewerk het. Hou die koerante dop en loer na al die advertensies vir vliegkaartjies en skeepsreise. Dit kan deel word van jou werskvelle. Maak jou klas op soos ‘n toerismeburo…
veiligheid
*Flitswoorde (spikkelskrif)
pad/baan kleeflint
- Ons ou motorkar
- Trein
- So ry die trein
Okt 14, 2011 @ 14:45:23
Hi Ons is dringend opsoek na ‘n hooerskool in die wes kaap Rondebosch area wat afrikaans is! admin@futureplanning.co.za dankie
LikeLike
Okt 17, 2011 @ 16:25:32
Middag, Felicity 😉 Die area het redelik verengels en selfs Hoërskool Grootte Schuur is nou net Engels. Jan van Riebeeck is in die stad en as ek op die WKOD se webtuiste soek, kry ‘n mens ‘n verskeidenheid. Ongelukkig is ek nie seker watter tipe skool julle soek nie. As die outjie nie Jan van Riebeeck toe gaan nie, sal dit nogal ‘n afstand wees om na die Afrikaanse dele te ry.
LikeLike
Feb 24, 2012 @ 12:10:32
Middag Juffer, my seun moet ‘n marionet maak kan u dalk vir my se waar ek maklike maniere kan kry om dit te doen
LikeLike
Feb 26, 2012 @ 16:24:49
Middag, Marietjie 😉 Puppetsandstuff het ‘n paar skakels na oulike webwerwe en ehow leer jou hoe om die toutjies te ryg.
LikeLike
Mar 30, 2016 @ 16:23:14
middag juffer ek is opsoek na kreatiewe idees vir `n lessie oor vervoer asb
LikeLike
Mar 30, 2016 @ 18:15:10
Hallo, Bridget 😉
Hierdie skrywe en die een oor padveiligheid, behoort vir jou ‘n paar idees te bied.
LikeLike
Aug 02, 2017 @ 13:24:27
Middag Juffrou,
weet u dalk waar kan ek gaan soek vir die volgende is vir graad 4:
Ons vervoer verbeter oor die jare land, lug en see Dankie Lilly
LikeLike
Aug 02, 2017 @ 14:25:38
Hallo, Lilly 😉
Gebruik gerus die idees in die bogenoemde skrywe en loer ook na die Franschhoek Motor Museum se webblad – waar hulle inligting oor ouer voertuie gee. Kies dalk ‘n tipe motor (renmotors…) en vergelyk motors van 50/100 jaar gelede teenoor die moderne voertuie. ‘n Mens kan dieselfde met vliegtuie, skepe en treine doen.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Aug 11, 2017 @ 10:05:02
Middag Juffrou
Ek is opsoek na beste vervoermiddel, weet U dalk waar ek kan soek?
Dis vir mondeling en moet 2 min lank wees.
LikeLike
Aug 11, 2017 @ 13:54:46
Hallo, Brenda 😉
Ek vermoed dat jy self een sal moet kies en dan redes/omstandighede daarvoor moet gee. Dink byvoorbeeld aan vinnige vliegtuie, sneltreine, ens. Die Franschhoek Motor Museum het heelwat motors en fietse met inligting daarby. Loer gerus ook daar.
LikeLike
Aug 18, 2017 @ 15:02:29
Middag Jiffrou,
Die skool maak my somer kwaad. Hulle stuur uit kinders moet die vervoer doen. Maar nou so naby die tyd kry ons die volgende wat ons moet hê vir die taak van vervort.
Algemne vorms van vervoer land/see/lug
Gesondheidprobleme van algemene vorms van vervoer vir menseinhou, duidelik wys
Die invloed op plante en diere wys
Wys hoe dit die weer verander
`n Paragraaf hoe ons die probleme kan verminder
LikeLike
Aug 18, 2017 @ 16:18:53
😉 Hallo, Lilly
Ek vermoed dat die outjies na die soorte vervoer in hierdie skrywe sal loer, maar dan ook na besoedeling en die oorsprong van parte moet kyk. Bv. uitlaatgasse, olielekke, verbruiking van rubber…verstedeliking en paaie wat inbreek maak op diere se natuurlike habitat en diere wat dood gery word. Ek is nie seker hoe vervoer die weer beïnvloed nie, maar weet dat vliegtuie byvoorbeeld om storms sal vlieg.
Ek hoop dit kan in ‘n mate help.
LikeLike
Aug 18, 2017 @ 15:02:46
dankie
LikeLike
Aug 02, 2022 @ 09:26:01
middag my graad 2 dogter moet n mondeling skryf oor haar gunsteling vervoermiddel kan u help asb sy hou van bus ry
LikeLike
Aug 02, 2022 @ 10:32:18
Hallo, Barries 🙂
Betrek ‘n liedjie of gediggie wat met busse te make het en loer gerus na hierdie idees in verband met die voordrag van die mondeling: https://myklaskamer.com/2014/04/09/mondeling/.
Ook: https://www.youtube.com/watch?v=2WApwdLzJD4
Ek hoop dit kan help.
LikeLike