Pay-it-Forward Dag fokus op medemenslikheid, behulpsaamheid, waardering en onbaatsugtigheid. Wat kan jy in jou alledaagse omgang met mense doen om hierdie eienskappe uit te leef?
- Lees vir ‘n maat of lees boeke vir die inwoners van plaaslike tehuise.
- Loop om die blok om rommel op te tel (in groepe).
- Help plaaslike organisasies, bv.
- die dierebeskermingsvereniging (speel met die diere, versorg…)
- tehuise vir bejaardes
- Hou die deur oop vir ‘n maat of kuiergas en groet vriendelik.
- Help iemand wat swaar dra.
- Gooi ietsie ekstra in kollekte blikkies.
- Help die werkers by die skool.
- Maak ‘n koppie tee, koffie of ystee op ‘n onverwagse tyd vir die personeel. Wat van ‘n koekie of ‘n stukkie beskuit daarby?
- Sê vir mense (groot en klein) wat jy van hulle waardeer. Dit beteken baie.
- Knap die speeltoerusting/-park buite op.
- Nooi beskikbare ouers en grootouers om by die skool te kom help (met bv. leesgroepies, wiskunde, breilesse, vaardigheidslessies, ens.).
Dink gerus aan nog ‘n paar idees 😉
Apr 18, 2017 @ 15:07:54
Dear Juffer,
Thank you for this.
What a great idea for a pay it forward day.
The schools are closed on the 28th April. Is this a national day?
Many thanks
Candice
2017-04-18 5:55 GMT+02:00 © My Klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou se pen :
> Juffer posted: ” Pay-it-Forward Dag fokus op medemenslikheid, > behulpsaamheid, waardering en onbaatsugtigheid. Wat kan jy in jou > alledaagse omgang met mense doen om hierdie eienskappe uit te leef? Lees > vir ‘n maat of lees boeke vir die inwoners van plaaslike tehuise. ” >
LikeLike
Apr 18, 2017 @ 15:56:12
Good afternoon, Candice 😉
It is an International Day, but not recognised as a public holiday though. What about moving it to the next week – for your school? 😉
LikeLike