Môre, Almal
Ek het onlangs nuwe bydraes op die winkelrak geplaas en daar is tans net so ‘n bietjie meer as 160 produkte in totaal. Hier in My Klaskamer, is daar ‘n bietjie meer as dit om deur te snuffel. Die inskrywings oor vraestelle en e-boeke is aangepas, omdat van die webblaaie hul inligting verander het en die adresse nie meer geldig is nie. Indien julle besig is met die voorbereiding vir die assesserings-/eksamentydperk, loer gerus na die gratis vraestelle, studiemetodes en ou JNA-/ANA-toetse.
Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is.
- hulpmiddels
- muurkaart
- naamkaart
- eerste dag
- klanke
- abc uitspraak
- alfabet
- sigwoord
- dubbelklank
- tweeklank
- drieklank
- klanksamevloeiings
- hersien
- meervoud
- verkleinwoord
- leestekens
- flits
- oefen self
- e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
- f en v
- omkering
- b en d
- woordeinde (-d/-t)
- woordsoort
- tydsvorm
- lees
- komponente
- rym
- rympies
- stories
- leesreeks
- biblioteek
- boeke dag
- boeke nag
- fondsinsameling
- liedjies
- e-boek
- toeps
- apps
- inklusiewe onderwys
- wiskunde huiswerk
- woordsom
- geld
- breuke
- voor en na
- meer en minder
- Hoe laat is dit? (tyd)
- vorms
- patroon
- patrone
- handspier
- skrif
- skryf
- lopende skrif
- abc skryf
- knip
- skryf stadig
- potloodgreep
- ogies
- oog
- oogsorg
- VMI
- visuele
- ouditiewe
- taal ontwikkeling
- woordeskat
- Graad R
- Graad 1
- voorskool
- posisie
- middellynkruising
- links en regs
- spiertonus
- tuis idees
- tuis oefen
- speel-speel
- Engels
- vraestel
- studietegniek
- JNA / ANA
- CAPS
Daar is heelwat tema’s* en ander idees ook beskikbaar. Vra gerus 😉
*Bv. Suid-Afrika, wildtuin, troeteldier, plaasdier, beroepe, dokter, lente, somer, herfs, winter, weer, liggaam, skelet, higiëne, gesonde mond, die see, grond, herwin, water, groen…
Jun 07, 2017 @ 10:44:50
HI daar
Kan jy dalk vir my help asb – soek na die font wat juffrouens in die skol gebruik (Teachers Pet)
Het jy dalk n link waar ek dit kan aflaai op die internet asb
Groete
Maryna
LikeLike
Jun 07, 2017 @ 13:32:14
Middag, Maryna 😉 Loer gerus hier en klik op die blou gedrukte woorde.
LikeLike
Jun 14, 2017 @ 09:49:35
Goeiemòre. Ek benodig asb raad. My seuntjie is in gr 4. Hierdie kwartaal sy eerste eksamen geskryf.. Hy leer baie hard en werk regtig pligsgetrou maar ekt agtergekom hy lees nie met begrip nie. Hy leer baie vinnig sy werk en snap vinnig maar hy verstaan nir altyd mooi die vrae in n toets of vraestel nie. Wanneer ek met hom sit en mondelings sy werk vra dan ken hy dit op die punte van sy vingers en verstaan alles. Vraestelle moet ek mondelings met hom oefen want sodra ek dit vir hom gee om te doen dan ontaard dit in n struweling. Gister het sy NW vraestel huistoe gekom. Hy het 72,9% gekry wat wel goed is maar hyt die vrae nie reg beantwoord nie en dis werk wat hy ken. Dit kos hom baie punte. Ek wil hom nou help want ek glo dis n klein probleem maar ek wil dit nie los en later dan sukkel hy in die groter grade nie. Gee my asb raad. Baie dankie. Hanneke.
LikeLike
Jun 14, 2017 @ 22:36:04
Hallo, Hanneke 😉
Ek sou voorstel dat ‘n mens die vraestelle saam met hom deur gaan en die kernwoorde verlig (highlight). Bespreek dan wat die onderwysers sou wou hê, bv. Noem drie diere wat… Ons gaan slegs drie diere noem en niks beskryf nie. “Bespreek” beteken dat ek moet verduidelik en omskryf…
‘n Mens kan ook na die punte vir die vraag loer en daarvolgens bepaal of jy net ‘n woord, ‘n sin of ‘n langer beskrywing sou gee.
Loer gerus ook na die onderwyser se wyse van vraagstelling (in gewone take, ens.), want hulle herhaal dit dikwels in ander werk.
Indien die outjie beter doen met die voorlesing van vrae, kan ‘n mens vra dat die skool dan die moontlikheid van alternatiewe assessering ondersoek. ‘n Opvoedkundige sielkundige kan na aanleiding van ‘n evaluasie so ‘n aanbeveling maak, sodat iemand die vraestelle dalk mondeling met hom deur gaan eerder as skriftelik.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jun 15, 2017 @ 06:10:17
Baie baie dankie vir die spoedige terugvoering ek waardeer dit opreg!! Ek gaan beslis jou raad volg en probeer. En kyk of hy verbeter. Geseende daggie. Ek baie dankie vir hierdie puik blog en raad. Xx
LikeLike
Jun 15, 2017 @ 13:03:57
Dis ‘n plesier, Hanneke 😉 Ek hoop die idees kan vir julle werk.
Geniet die ekstra lang rustyd 😉
LikeLike