herinnering
Januarie 22, 2018
afrikaans kopiereg Lewer kommentaar
Ek geniet dit vreeslik om my hulpmiddels in klaskamers te sien. My blog is juis as ‘n aanvullende hulpmiddel vir juffrouens en ouers (meer spesifiek – die kinders) gestig. Die blog is na bykans 10 jaar steeds ‘n gratis forum waar ouers en onderwysers gratis kan inloer en idees inwin.
…Sedertdien het heelwat juffrouens my produkte as hul eie begin/probeer verkoop. Alles op My Klaskamer (www.juffer.wordpress.com) is onderhewig aan kopiereg – of jy dit oor tik of nie. Ek is bewus van mense wat tans my materiaal in pakkette en huiswerkboeke gebruik. Daar is ook dié wat tans op Facebook daarmee spog as hul eie werk en in kusdorpies daarmee woeker.
Ek beantwoord alle navrae hier, per e-pos en op die sosiale media forums. Plaas gerus skakels hierheen of na ‘n artikel op My Klaskamer. Almal is welkom en ek sal steeds probeer om vrae so goed as moontlik te beantwoord.
Ek vra net dat my produkte nie herversprei of -verkoop sal word nie.
Laat 'n boodskap