Dit voel nog soos winter, maar die blomseisoen is oppad. Lui die nuwe seisoen met enorme blomme in, wat julle as ‘n klas, in groepe of as individue kan maak.
Hoe?
- Ek het die basiese blomblaarpatroon of templaat op ses lae papier vas geknyp, af getrek en uit geknip. Herhaal dit ook met die kleiner blomblare.
- Rol die buitenste rand ietwat terug om vorm aan die blare te gee.
- Knip twee klein kepies of lyntjies aan die plat rand van die groter blare en een kepie in die middel van die kleinste blomblare.
- Plaas ‘n bietjie gom in die middelste van die drie strokies in die groter blare (tussen die kepe) en vou die buitenste stukke bo-oor die gom. Knyp met ‘n klampie of wasgoedpennetjie vas en herhaal totdat al die groter blare dieselfde lyk. ‘n Gomgeweer (glue gun) werk lekker vinnig.
- Vir die heel kleinste blare, hoef jy net ‘n druppel gom aan een kant van die kepie te drup.
- As al die blomblare klaar is, kan jy die stamper (geel deel) maak. Vou ‘n bladsy in die helfte (in die lengte) en sny die vou oop. Hou die dele op mekaar en vou ‘n strokie om – na buite. Vou weer oop en hou by mekaar. Rol die stroke op en knyp die rolletjie vas.
- Knip kort kepies van die rand tot by die vou. Knip dan langer kepe van die teenoorgestelde rand af in, maar moenie regoor die eerste kepe knip nie. Spasieer die lang kepe tussen die korter kepe.
- Vou die kort strokies terug en gom die rolletjie net bokant die kepies vas. Jy kan die langer stroke terug rol of oop trek na gelang.
- Trek ‘n vierkantige kartonnetjie nader en spasieer jou groter blare in ‘n kring – gom vas (dink aan ‘n seshoek).
- Herhaal met die middelslag blare. Hulle sal waarskynlik beter pas as hulle effens oorvleuel.
- Voeg nou die kleinste blare by, maar onthou om spasie vir die stamper te laat.
- Doop die kort strokies soos ‘n stempeltjie in gom of drup gom oor die strokies. Onthou om tussen die lagies ook gom te smeer en plak dit in die middel van jou blom.
- Trek groot blare op groen papier af en knip uit. Vou dit in die lengte vir ‘n bietjie vorm en sny kepies om die rand. Plak die blare aan jou oorspronklike kartonnetjie vas en siedaar!
- Maak gerus blomme uit herwinbare materiaal – soos koerantpapier – om jou aansteekborde of mure te versier.
Blompatroon Daar is heelwat ander patrone op die internet beskikbaar. Loer gerus.
This slideshow requires JavaScript.
Like this:
Like Loading...
Woorde