Tuis

Water

Lewer kommentaar


Waterweek: 20 – 26 Maart

Waterweek duur van die 20ste tot die 26ste Maart en Waterdag is op die 22ste Maart.

Waterweek

Lewer kommentaar


Waarom is daar ‘n waterweek? Hoekom leer ons daarvan?

Fokus gerus hierdie week op praktiese idees…Wat gebeur as die skool skielik nie water het nie? Hoe gaan jy jou hande was of jou dors les? Hoekom vra die grootmense dat rommel in dromme gegooi word? Wat gebeur as ons een dag se eetgoed papiere in ‘n houer water gooi? Sal jy die water wil drink? Dink net hoe ‘n dorp se water sal lyk as almal hul rommel rondstrooi. Hoekom moet ons oor water in plekke ver van ons af bekommerd wees? Hoe raak dit ons?

Verf vandeesweek ‘n bietjie meer en fokus op die waarde van water vir klein lyfies. Hoe gebruik ander mense water en hoe gebruik ons water by die huis? Is dit altyd spaarsamig of mors ons soms?

Ons kan beslis nie al die probleme oplos nie, maar ons kan die outjies so ‘n bietjie laat wonder.

Waterweek

Lewer kommentaar


 

Dit is binnekort waterweek – wanneer ons mekaar aan die waarde van water en die belangrikheid van besparing herinner.  Loer gerus na vorige jare se idees en ook na hierdie skakels vir meer inligting om te betrek.

 

Earth Hour en Waterweek

Lewer kommentaar


earthhour

Skakel die elektroniese toestelle af en begin nuwe bewarings- en besparingsprojekte.  Loer gerus na herwinningsaksies in jou omgewing of begin jou eie.  Verseker dat die krane nie lek nie en bespaar soveel jul kan.  Is daar ‘n rivier, damme of strandgebied om skoon te maak?  Dit kan ‘n ideale klasuitstappie maak so ‘n dag of twee voor die skole sluit.

Tik gerus soekterme soos “aarde, grond, water, waterweek, herwin, earth hour, groen…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

waterweek

Water

2 Kommentaar


Waterweek

Dit is amper waterweek.  Leer die outjies om waterwys te wees en loer na die idees in hierdie Engelse boekie.  Leer die kleingoed om water op ‘n verantwoordelike wyse te benut deur:

  1. waterbekers/gieters te gebruik.  Maak die klas se potplante met spesifieke hoeveelhede (bv. 1 blikkie) nat en maak dit ‘n reël.
  2. waterspel water te herbenut om die plante nat te lei.
  3. die waterspel water te gebruik om op die teer- of sementoppervlakte te skryf.  Gebruik skoon kwaste en oefen patrone, syfers en klanke.
  4. ballonne met waterspel water te vul.  Gooi en vang die ballonne met herwonne melkbottels.
  5. reënwater op te vang.  ‘n Skool se dak het ‘n groot opvangsgebied en behoort heelwat water vir die tuin te kan opgaar.
  6. geld in te samel vir ‘n gerekenariseerde besproeiingstelsel vir die skooltuin.
  7. waterspel aktiwiteite bo-op gras uit te pak.
  8. druppende krane aan te meld.
  9. druppende krane toe te draai.
  10. ‘n loodgieter as gasspreker te kry.
  11. water uit ‘n opvangsbak te herwin tydens waterspel.  Maak ‘n pypsisteem met tregters – sodat verskeie outjies gelyktydig kan speel.
  • Vries ‘n strooitjie of ‘n kort stokkie in ‘n ysblokkie.  Gee vir die kinders ‘n klein driehoekie om uit te knip en pons gate in twee van die hoeke.  Gebruik dit as die seil vir jou ysbootjie en sien hoe dit op ‘n vlak dammetjie seil.
  • Meng verf (bv. akriel) met water en vries.  Plaas ‘n vel papier in ‘n vlak skinkbord en “verf” of “skryf” met die yskleure.
  • Blaas borrels deur die onderkant van ‘n water- of sapbotteltjie af te sny.  Trek ‘n ou sokkie oor die opening en bind met ‘n rekkie.  Vul die bottel met ‘n sterk seepoplossing en water.  Blaas!
  • Drukbare waterbottelplakker

waterweek

waterwyshede

Waterwys

Inhoud

 

 

 

water

Lewer kommentaar


22 Maart

Dit is een van die dae weer WATERDAG.  Wees waterwys en wys die kleintjies hoe dit gedoen word.