Onderwysers is amper soos die “hunter gatherers” van ouds. Ons is altyd opsoek na nuwe dinge en inligting en gooi min goed weg. Dis eintlik noodsaaklik om idees en hope papier te hou. Daarom is dit wenslik om dik ringlêers byderhand te hê waarin jy jou “oulike takies” en planne kan liaseer – volgens temas of kronologies vir die jaar. Op die ou einde kan jy twee tot drie lêers per kwartaal opbou. Indien die lêers (weens ‘n tekort aan spasie) nie werk nie, kan ‘n tweedehandse liaseerkabinet ingespan word. Soms verkoop winkels soos Game helderkleurige, plastiese trommels met liaseervakkies én ‘n deksel vir die stof. Wat jy ookal doen, sorg dat jy vir jou so ‘n mini-argief van idees opbou. Dis altyd handig – selfs al verander die kurrikulum.
Moet nooit ophou soek na nuwe inligting nie! Klop by kollega’s aan en loer in hul “argiewe”, deel jou eie idees met ander, gaan kuier by ander skole en fynkam die internet. Stoor die skakels van webwerwe wat jou interesseer en gaan weer terug.
Hou die klas georganiseerd en netjies. Sorg dat daar kapteine aangestel word om elke “stasie” of hoekie reg te pak en beloon hulle vir die werk. Dis egter onmoontlik om skoon en netjies te maak as daar nie pakplek of dinge soos lappe en besems is nie. Knip ‘n ou handdoek op in kleiner vierkante en stik dit om. Dan is daar genoeg stoflappe. Verdun skoonmaakmiddels en maak maar weekliks so ‘n Sunlight Liquid sousie in ‘n kleinerige botteltjie aan. Iets soos ‘n keelsproeibotteltjie het ‘n fyn spuitbuisie (nozzle) en mors dus nie te veel nie. Graad R en 1 dames is geneig om vreeslik aan die kant te maak en verbruik dus al juffrou se seep en dinge baie vinniger as wat jou beursie kan hanteer. Terloops, vra sommer of die ouers nie ‘n bottel Windowlene of Sunlight Liquid kan borg vir die jaar nie – al is dit ‘n kleintjie. Dan kan ‘n mens ordentlik skoon maak! (Die groot maat middels wat skole soms aanskaf is maar flou.)
Gee ‘n inligtingsbrief vir die ouers. Spesifiseer die skool se beleid en reëls rodom alles waaraan jy kan dink. Dit mag dalk oorbodig klink, maar is nie. Dinge wat jy in gedagte kan hou is goed soos
- Skooltye
- Waar en hoe kinders ontvang word (by die deur, in die klas, buite…)
- Reëlings indien iemand anders die kind oplaai.
- Verversings / Kosblik – Wat is vir jou aanvaarbaar? Mag die kosblik elke dag lekkers bevat?
- Snoepgeld – elke dag of net een maal per week
- Verduidelik hoe die dagprogram of rooster werk.
- Kleredrag – verduidelik spesifikasies en dring aan op ‘n ekstra stelletjie “noodklere”. Veral aan die begin van die jaar is daar nog redelik angs oor al die nuwe dinge en gebeur glipsies gereeld.
- Spesifiseer alle skryfbehoeftes en benodigdhede soos snesies (‘n doos per kind vir die klas se gebruik) of verskaf die bedrag wat dit sal kos as jy dit self wil bestel.
- Vereis dat klere en persoonlike items gemerk word.
- Speelgoed moet maar eerder tuis bly. Uit ondervinding werk dit beter as almal met die skool se speelgoed speel.
- Verjaarsdae en partytjies. Wanneer, hoe…Koek? Geskenke? Gaste?
- Verslaggewing: Hoe jy dit doen sodat daar nie verwarring ontstaan nie. Vra ook dat ouers (asseblief ) die skool op hoogte sal hou van eksterne ondersoeke, toetsings en terapie. Kopieë word in die kind se persoonlike lêer in die kluis bewaar.
- Kunsuitstalling of uitstallings van die werk: Reël ‘n skemerkelkie later in die jaar en hou ‘n propperse geselligheid om die kleingoed se werke ten toon te stel. Maak kreatiewe rame (die kinders kan) en monteer die prente self.
Reël ‘n inligtingsaand en verduidelik al hierdie dinge aan die ouers (in Januarie nog!), sodat daar nie later onsmaaklikhede opduik nie. Moet egter nie militaristies wees nie en hou die trant van jou skrywe lig en vrolik.
Dis nou sommer so ‘n paar idees vir eers. Ek sal nog ‘n paar probeer onthou sodra die vakansieluim afval…
Loer sommer ook by hierdie skakels in vir ‘n paar oulike idees of tik soekterme soos “eerste dag” en “ken mekaar” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in:
Jan 24, 2009 @ 21:26:12
‘n Ander site waar Laerskool Onnies gerus kan inloer is…www.primaryresources.co.uk…hope werkskaarte/powerpoints/Interactive whiteboard-files (vir skole wat al die IWB het) ens. ens.. sommige op verskillende vlakke ook.
Sterkte vir die nuwe skooljaar!
LikeLike
Jan 25, 2009 @ 16:53:57
ah! Baie dankie! Van my kollega’s gebruik daardie webwerf nogal dikwels 😉
LikeLike
Jan 31, 2009 @ 15:52:49
http://nationalstrategies.standards.dcsf.gov.uk/node/20819?uc=force_uj
Hi Juffer…hierdie is ‘n Wiskunde-link met oulike “resources” vir Laerskool Onnies, reg om af te print. Kyk ook aan die regterkant vir die link wat se..”attachments and resources”. Hulle het hul site heeltemal oorgedoen en opgedateer met die nuwe leerplan, maar hierdie “resources” is baie oulik en kan in enige land in die wereld gebruik word. Y3 is ouderdom 7/8, net om jou ‘n idee te gee vir watter ouderdom dit is. Y6 is ouderdom 10/11, ook die laaste jaar hier op Laerskool. Die kinders is almal 11 by die tyd dat hulle hoerskool toe gaan. – skrikwekkend om te dink dat 11 jariges oppad is hoerskool toe!
LikeLike
Feb 01, 2009 @ 08:16:15
Dankie! Ek stuur dit ook vir ‘n paar kollega’s aan 😉
LikeLike
Sep 16, 2009 @ 18:48:46
Nog ‘n oulike webwerf(al is die ‘fonts’ nou nie altyd soos ons s’n nie, is http://www.sparklebox.com. As jy die ‘toolbar’ aflaai is navigasie baie makliker. Dit is ‘n onuiputlike bron van hulpmiddels. Sorg dat jou drukker ink in het, want ‘n mens wil net alles druk!
LikeLike
Sep 19, 2012 @ 13:24:58
Liewe juffriu ek is n eerste jaar grondslagfase student deur unisa ek benodig hulp siende dat ek nog nie veell aan prakaties blootgestel is nie ek moet n geintegreerde les vir graad r voorberei met die tema (polisieman/vrou self gekies) dit moet al 8 leerareas insluit kan u ,my miskien net bietjie lyding gee baie dankie
LikeLike
Sep 20, 2012 @ 22:07:53
Hallo, Nadia 😉 Ek gaan vir jou aan ‘n paar idees dink 😉
LikeLike
Mei 23, 2013 @ 20:00:13
Wat kan ek doen om skrif oefeninge te bevorder?
LikeLike
Mei 23, 2013 @ 20:23:04
Hallo, Wondra 😉
Gebruik ‘n kombinasie van handspier-/fynspier-oefeninge en kyk na die outjies se potloodgreep en skryfspoed.
Ek het voorbeelde van skrif en skryfoefeninge. Tik gerus ook soekterme soos “skrif”, “skryf”, “patroon” en “syfer” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die skakels gemerk met “skrif” hier aan die regterkant. Daar is ‘n paar takies en voorbeelde onder die “Drukbare bladsye” hierbo.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Apr 09, 2014 @ 12:14:58
Juffrou,
Kan jy asseblief vir my sê hoe moet ek die kindertjies kry in my klas om hulle name kleiner en almal dieselfde groote te skryf. Hulle maak hulle letters sooo groot dat hulle nie eens hulle name op ‘n bladsy uitkry nie.
LikeLike
Apr 14, 2014 @ 18:20:06
Middag, Ina 😉 Plaas die name in die verkose grootte onder die vel papier en laat hulle dit natrek. Loer gerus hier na idees.
LikeLike
Jun 16, 2014 @ 15:47:50
Hi daar. Ek is opsoek na nuwe idees vir kommentare op leerders se rapporte onder die 3 leeraresas. Ek is al so moeg vir my eie en is lus vir iets nuuts.
LikeLike
Jun 17, 2014 @ 18:27:01
Hallo, Elmarie 😉 Ek soek self idees 😆 Ek sal op Facebook om hulp vra.
LikeLike
Mei 02, 2015 @ 15:16:29
Benodig asb liedjies en versies vir reptiele tema.
Baie dankie.
LikeLike
Mei 03, 2015 @ 14:31:37
Middag, Tania 😉 Loer gerus na die skrywe oor rympies. Daar is verskeie kort versies. Vir liedjies, kan jy na Besterklub se albums luister en die spesifieke liedjies aflaai :wink:.
LikeLike
Des 30, 2015 @ 05:40:04
Ek en Jannie is die skrywers van Besterklub se liedjies. Ons is altwee onderwysers. Kinders is ons passie. Gaan like gerus ons fb blad
LikeLike
Des 29, 2015 @ 11:38:22
Baie oilik
LikeLike
Des 29, 2015 @ 16:21:45
😉
LikeLike
Jan 05, 2016 @ 12:11:54
Goeie dag almal!
Waar kan ek die regte font op die rekenaar kry vir Graad 1…om hul te leer lees en skryf?
Dankie vir ‘n wonderlike blad.
Vriendelike groete
Annette
LikeLike
Jan 05, 2016 @ 17:59:32
Middag, Annette 😉
Die font is hier beskikbaar.
LikeLike
Nov 08, 2017 @ 11:54:43
Merr oot aftikaanse werk kaarte.
LikeLike
Nov 08, 2017 @ 19:46:48
Hallo, Lydia 😉
Ek het heelwat hier beskikbaar. Tik gerus soekterme soos “abc skryf, abc uitspraak, dubbelklank, robotkaart, tweeklank, drieklank, sigwoord, flits, omkering, b en d, woordeinde, f en v, skrif, skryf, knip, syfer, lees, wiskunde huiswerk, halveer, verdubbel…sakpas, klanksamevloeiings (later)” [ouer grade “leesteken, e klink soos i, woordsoort, breuke, veelvoude, maaltafels, uitdeel, deling, hoe laat is dit, geld, lees, motivering, vraestelle”] by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Loer ook na die Drukbare Bladsye-hofie of na hierdie skakel vir 170+ dokumente om van te kies.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike