Deel gerus met ander:
- Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Druk dit(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
Nov 03, 2017 @ 12:37:26
Hi ek het ‘n kleinseun wat van baba tyd links was. ‘n Kleuterskool het hom regshandig geleer en in sy Gr R jaar het sy probleme begin wys. Hy was vanjaar in Gr 1 en gaan terug gehou word. Hy kan tot op hede nie sy naam skryf nie en draai sy letters om en skryf selfs ook van regs na links. N Arbeids terapeut het hom “GETOETS” as regs dominant en selfs sy linkerhand vasgebind om sy regter handspiere te versterk. Ons is moedeloos. Hy is al deur soveeeeel evaluasies en NIEMAND kan ons ‘n antwoord gee nie. Hy kan nie meer as 3 voorwerpe herhaal nie en het geen syfer geletterdheid nie.
Enige raad asb want ek glo nie hy gaan eers volgende jaar vorder nie want iets is verkeerd maar niemand weet om raad te gee nie.
LikeLike
Nov 03, 2017 @ 14:40:52
Middag, Tersia 😉
Omkerings kan te wyte aan ‘n ontoereikende begrip van links en regs wees, maar ook dalk weens visuele persepsie, onegalige oogbewegings, ens. Indien hy natuurlik linkshandig is, mag die omskakeling die verwarrings veroorsaak. Party mense is ambidextrous – links- én regshandig gelyktydig. ‘n Arbeidsterapeut sal met raakvat oefeninge en terapie kan help om hierdie verwarrings te verminder.
Aangesien hy reeds getoets is, kan ‘n mens vir hom voorbeelde van klanke, syfers, ens. op die tafel plak (om seker te maak).
Wanneer die outjies uitvalle in terme van skoolwerk toon, verwys ons hulle dikwels eers na die skool se hulpspan (leerondersteuningsjuffrou, remediërende opvoeder…) en sal die juffrou ekstra hulp (intervensie lessies, ekstra werksvelle, oefeninge) aanbied. Die hulpspan sal ‘n evaluasie doen en raad aan die ouers en skool verskaf – hetsy privaathulp of hulp by die skool.
Gewoonlik word ‘n oogtoets aanbeveel as die leesproses onegalig is (bv. lyk asof die outjie terug gaan na vorige klanke/woorde, byna eenderse klanke verwar…). As die outjie klanke skynbaar verkeer hoor en neerskryf, mag ‘n konsultasie met ‘n spraakterapeut en oudioloog genoem word. As dit lyk of die outjie dalk mag herhaal, verwys ons die gesin na ‘n opvoedkundige sielkundige vir ‘n volledige psigometriese. So ‘n evaluasie dek aspekte soos wiskunde, taal (lees, spelling, begrip…), die aandagspan, ‘n VMI, die emosionele sy, ens. Vandaar kan die hulpspan en ouers ‘n ingeligte besluit neem oor die pad vorentoe.
Tik gerus ook die volgende soekterme by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in en klik op die skakels in hierdie boodskap:
handskrif
skrif
skryf
potloodgreep
knip
omkering
“b en d”
“links en regs”
syfers
visuele
oogsorg
ouditiewe
omkerings
Graad R
Graad 1
tuis oefen
self oefen
tuis idees
ondersteuning
wiskunde huiswerk
voor en na
meer en minder
vorms
klanke
hersien
abc skryf
dubbelklank
tweeklank
drieklank
sigwoord
flits…
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike