7 Maart is Wêreld Boeke Dag en 23 April is Wêreld Boeke Nag. Laasgenoemde blyk wel vir grootmense te wees, maar ‘n mens kan van enige dag ‘n leesdag maak!
Stel ‘n paar leeslyste beskikbaar vir ywerige lesers, laat hulle hul gunstelingboeke kom wys, hou ‘n spesiale leesuur of selfs ‘n marathon en laat ander onderwysers boeke in jou klas kom lees. As die skool die geriewe het, kan jy ‘n ouer selfs vra om deur middel van Skype ‘n boekie voor te lees. Trek aan soos ‘n gunstelingkarakter of die leesboekies se hoofkarakters (Biebie, Kalla, Boet, Saartjie, Kleinsus…) Maak opnames van die lesery en bou julle eie storie versameling op. As jou klas ‘n verveelde oomblik het, kan jy die video op die rekenaar of televisie wys. Hulle sal dit geniet om vir juffrou so-en-so, die snoepietannie of Meneer te sien.
Laat 'n boodskap