Deel gerus met ander:
- Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Druk dit(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
Jan 11, 2017 @ 21:04:54
Goeie dag
Ons het asb jou hulp nodig. My dogter is ‘n derde jaar onderwysstudent. Sy wil die korrekte font vir Gr 1 tik. Ons het dit afgelaai van jou webtuiste, maar die rekenaar wil nie die font verander nie. Kan jy ons dalk help?
Groete
Celesté Greyling
________________________________
LikeLike
Jan 12, 2017 @ 00:52:46
Hallo, Celesté 😉 Nie al die rekenaars wil die hele pakket altyd korrek laai nie. Ek weet dat Teachers Pet (gewoon en “thin”) en Cami beslis op beide Apple- en Windows-programme werk. Die “ABC” lopende skrif werk ook op beide, maar die drukskrif werk nie op Apple rekenaars nie.
Nadat die skrif “install” is, skakel ek gewoonlik my rekenaar heeltemal af en weer aan sodat dit kan registreer. Loer gerus of dit werk 😉
LikeLike
Jan 12, 2017 @ 06:58:46
Goeiemore laat weer my asb of julle week likse beplanning Gr 3 Wiskunde het asb. Groete. Lydia.
Sent from my iPhone
>
LikeLike
Jan 12, 2017 @ 15:55:46
Middag, Lydia 😉
Die CAPS/KABV-dokumente het ‘n basiese uitleg van soortgelyke beplannings. Ongelukkig, werk ek uit die aard van my werk beplanning volgens spesifieke uitvalle uit (Remediërende Opvoeder). Jy kan egter toepaslike werk hier op my blog kry deur soekterme soos “breuke, afrond, woordsom, wiskunde huiswerk, veelvoud, maaltafel, deling, uitdeel, geld, hoe laat is dit…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in te tik vir heelwat idees en drukbare velle.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jan 16, 2017 @ 08:11:26
Hi ek wil weet as iemand my dalk kan help die skole het al begin maar my kind in graad4 het nog nie eers hand boek gekry nie skool gebel hulle het nie boek nie wat maak ek
LikeLike
Jan 16, 2017 @ 08:15:04
Jammer en watter boek moet hulle alis he in graad 4 hulle se graad4 is moeilik vir die kinder sy begin vandag klas te wissel
LikeLike
Jan 16, 2017 @ 14:18:47
Middag, Elske 😉
Elke skool het sy eie lysie of keuse van handboeke en die skoolhoof of hoof van die Intermediêre Fase behoort te kan help. Die reënboog-werkboeke word gratis deur die regering verskaf en kan ook gratis van die internet afgelaai word. Die drukwerk raak egter duur.
Die skool behoort binnekort die boeke uit te gee indien hulle nuwe boeke bestel het. Indien die probleem voortduur, kan ‘n mens die besonderhede van die boeke aan winkels soos PNA of die uitgewer wys en dit koop. Praat eers met die skoolhoof oor die boeke.
Loer ook hier na “huiswerk” idees om vroeg al ‘n goeie roetine te huisves (ook studiemetodes en vraestelle).
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jan 16, 2017 @ 14:17:52
Middag, Elske 😉
Elke skool het sy eie lysie of keuse van handboeke en die skoolhoof of hoof van die Intermediêre Fase behoort te kan help. Die reënboog-werkboeke word gratis deur die regering verskaf en kan ook gratis van die internet afgelaai word. Die drukwerk raak egter duur.
Die skool behoort binnekort die boeke uit te gee indien hulle nuwe boeke bestel het. Indien die probleem voortduur, kan ‘n mens die besonderhede van die boeke aan winkels soos PNA of die uitgewer wys en dit koop. Praat eers met die skoolhoof oor die boeke.
Loer ook hier na “huiswerk” idees om vroeg al ‘n goeie roetine te huisves (ook studiemetodes en vraestelle).
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Feb 15, 2017 @ 12:47:06
Goeie dag, my seuntjie is nou in Gr 4 en volgende week begin hulle met ‘n toetsreeks vir die eerste kwartaal en skryf oor die eerste kwartaal se werk. Ek is nogal baie senuagtig want ek het nie ‘n idee hoe om hom te help om te leer nie. Ek het wel jou studiemetodes afgelaai, baie dankie vir dit, maar ek is opsoek na basiese vraestelle wat hy dalk kan deur werk met die eerste kwartaal se werk wat hulle nou tot op datum gedoen het.
LikeLike
Feb 16, 2017 @ 14:53:40
Hallo, Jeannie 😉
Ek is ongelukkig nie seker wat sy juffrou/meneer tot op hede behandel het nie, maar het vir jou voorbeelde van vraestelle om te probeer. Loer gerus ook na die onderwyser se vraagstelling in werksvelle. Dit word dikwels in vraestelle herhaal.
Lees saam deur die werk en dink dan aan vrae soos:
– Beskryf hoe … lyk.
– Beskryf die stappe…
– Noem die …
– Wanneer het …gebeur?
– Wie was…?
Dink ook aan waar/onwaar vrae.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike