Tuis

Oktober

Lewer kommentaar


Tydens Oktober vier ons steeds Oogsorgmaand. Dit is ook Soktober – ‘n maand waartydens ons sokkies insamel vir minderbehoeftiges.

‘n Gelukkige Onderwysersdag aan al die opvoeders. Mag die volgende kwartaal baie suksesvol wees.

Oktober is ‘n maand waartydens ons ekstra aandag aan ons kennis van Disleksie (‘n spesifieke lees- en spelprobleem) skenk. Afhangende van waar jy woon, word daar beraam dat 10% tot 20% van samelewing ‘n vorm van ‘n lees- of spelprobleem het. Dra rooi om jou ondersteuning op die 8ste te wys.

Probeer gerus om met ‘n toep soos Google Lens ‘n foto van ‘n bladsy te neem en gebruik dan die vertalingsopsie om na die teks in Afrikaans te luister. Ek leer nog hoe om die spoed van die stem te verstel, want dit klink vreemd 😊

Oktober is ook die maand ter bewusmaking van Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie vorme. Dit word in verskillende gevalle gebruik – veral wanneer die outjies sukkel met kommunikasie. In my geval, is ‘n iPad met toeps soos Proloque2Go of TouchChat ‘n vorm waarmee sommige outjies met Outisme met meer gemak kommunikeer.

Daar is onlangs Afrikaanse woorde by die Suid-Afrikaanse toeps gelaai. Lees gerus meer daaroor.

Onthou om jou Oupa en Ouma op die eerste Sondag te bel en indien jy vergeet het, skakel sommer weekliks.

Op die 10de kyk ons ‘n bietjie dieper na Geestesgesondheid en kyk ons ook net so ‘n bietjie beter na ons eie gemoedsrus. Neem ‘n blaaskans en probeer om iets te doen wat jou gelukkig maak.

Samel gerus geld nie vir nuwe woordeboeke of stof die oues af vir klas gebruik. Alle voorspoed met die nuwe maand ☺️

Oktober

Lewer kommentaar


So aan die begin van ‘n nuwe (en laaste) kwartaal vier ons Wêreld Onderwysersdag. Onthou om mekaar ‘n bietjie meer te waardeer en te ondersteun.

In Suid-Afrika vier ons Oupa en Ouma dag op die eerste Sondag in Oktober, maar ‘n mens kan die datum beslis aanpas of meer gereeld waardering toon.

Disleksie word soms as ‘n spesifieke spel- en leesprobleem in verslae beskryf. Wat kan ‘n mens doen om te help wanneer iemand (ten spyte van al die lees- en spellesse) steeds worstel? Maak beurte om stories hardop voor te lees, speel stemopnames van voorlesings (oudioboeke/luisterstories), toets Google Lens se voorlesings opsie deur ‘n slimfoonfoto van die teks te neem en toets Immersive Reader (‘n Google Chrome aanvulling) of Microsoft se Read Aloud moontlikhede. As ‘n mens navorsing op Wikipedia doen, kan jy die teks na byvoorbeeld Afrikaans vertaal en selfs ‘n vereenvoudigde Engels (Simple English) kies om met die ontleding te help. Help jou skool met alternatiewe assessering (konsessies)?

Elders word Soktober gevier om sokkies vir minderbevoorregte mense aan te skaf. Begin op ‘n kleiner skaal en samel sokkies vir kinders in die skool of naburige tehuise in. Dra dalk oulike sokkies as deel van ‘n fondsinsamelingspoging en laat die klas wat die meeste insamel iets prettigs doen.

Op Geestesgesondheidsdag, skenk ons ‘n bietjie meer aandag aan ander en onsself. Gesels ‘n bietjie meer en wys ‘n bietjie meer belangstelling. Soms is die kleinste gebaar genoeg om ander se dag beter te maak.

Voorspoed met die eksamen wat eersdaags begin. Mag al die harde werk en voorbereiding vrugte afwerp. Loer gerus hier na vorige of voorbeelde van vraestelle.

Koop ‘n nuwe woordeboek, vergelyk verskillende soorte woordeboeke of borg ‘n woord as ‘n skool of klas.

Voorspoed met laaste kwartaal se uitdagings en geleenthede. Mag dit mooi begin en mooi bly.

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Onderwysersdag is om die draai. Gebruik gerus die afslagkode hier onder om jouself te bederf 🙂

Onderwysersdag, 5 Oktober

2 Kommentaar


Vanjaar, is die tema “Teachers at the heart of education recovery”. Gebruik julle steeds afstandsonderrig of is julle reeds besig met intervensiewerk? Is daar leerders wat meer opvoedkundige agterstande as ander het? Hoe maak ‘n mens om almal optimaal te ondersteun?

Ek skat dat elke skool en situasie uniek is. Bekyk die planne wat jy en jou kollegas het en dink aan maniere om mekaar te ondersteun en te bemoedig. Maak ‘n ekstra sterk koppie koffie of tee en bederf jouself met ‘n ekstra stukkie koek of biltong. Hou moed 🙂

Onderwysersdag 2020

3 Kommentaar


‘n Voorspoedige Onderwysersdag vir jou! Mag dit ‘n besonderse suksesvolle dag wees en mag jy kans kry om jou tee of koffie te drink terwyl dit nog warm is 🙂

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Vanjaar val Onderwysersdag op ‘n Saterdag en kan ons dit van die Vrydag tot die Maandag vier. Hoekom nie? 😉

Maak ‘n kaartjie of skryf ‘n briefie. Versier ‘n geskenk (iets kleins soos ‘n sjokolade of koekies) met ‘n oulike boodskap, maar hou die bederf sakpas en klein. Dis die gedagte wat tel.

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Onderwysersdag word op 5 en 9 Oktober gevier, omdat die 5de in die vakansie val.

Versier kaartjies of rol dit op karton af en haak die kaartjie oor ‘n deurknop of ‘n lekker koppie bederf.

[Onderwysersdag / Teachers’ Day]

Onderwysersdag, 5 Oktober

Lewer kommentaar


Onderwysersdag word wêreldwyd op die 5de Oktober gevier, maar aangesien Suid-Afrika se dag in die skoolvakansie val, kan ‘n mens dit ook op die 9de vier.

Klik gerus hier vir idees om die dag die vier.

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Wêreld Onderwysersdag word gewoonlik op die 5de Oktober gevier, maar aangesien ons nog vakansie hou, kan ‘n mens dit ook op die 10de Oktober vier.

Stuur gerus ‘n boodskap aan ‘n spesiale opvoeder   😉

onderwysersdagverskil5octteachersday

Onderwysersdag, 5 en 16 Oktober

7 Kommentaar


Screen Shot 2015-10-04 at 10.06.07

Ons vier vanjaar Onderwysersdag op 5 én 16 Oktober.

Wêreld Onderwysersdag gaan nie oor geskenke nie, maar eerder oor die bewustheid en ondersteuning van die persone wat nuwe generasies onderrig en opvoed.  Om hierdie dag spesiaal te maak, kan ‘n mens die volgende geskenkies oorweeg, maar ‘n briefie of ‘n boodskap bly altyd ‘n wenner.  Loer gerus na die skakels aan die einde van hierdie skrywe.

Indien jy ‘n onderwyser/-es is, sit vandag agteroor en ontspan lekker.

Klik hier om ‘n Dankie-vlaggie (bunting) te druk:  dankie

Screen Shot 2015-10-05 at 15.16.06

Screen Shot 2015-10-04 at 10.12.54 Screen Shot 2015-10-04 at 10.12.44

Screen Shot 2015-10-04 at 10.31.43

Screen Shot 2015-10-04 at 19.40.03 Screen Shot 2015-10-04 at 11.20.05

Onderwysersdag, waardering

Onderwysersdag, 5 Oktober

2 Kommentaar


Onderwysersdag

Die laaste kwartaal het aangebreek!  Ek hoop jy kry verrassings soos ‘n dankie aan die einde van ‘n lang skooldag, ‘n verrassingsblom of -briefie, ‘n pouse met ‘n paar minute ekstra, ‘n stroopsoet klas, nuwe hulpbronne vir die klas, ‘n verrassingsbesoek van iemand wat stories kom lees of die kinders iets leersaams kom vertel…of ‘n lekker koppie koffie sommer net. 😉  Mag die laaste kwartaal gladder verloop.

 

onderwysersdag

2 Kommentaar


geleen

Die tema vir hierdie jaar se Onderwysersdag is min of meer “Die pad na herstel begin by onderwysers”.  Dit val so reg in die kraal van remediërende opvoeding en ondersteuning.  Indien jy dalk opgelei is in spraak- en taalterapie, opvoedkundige sielkunde, arbeidsterapie of skoolverwante hulp kan bied sal ‘n bietjie hulp per week BAIE waardeer word.

Ons is pas klaar met ‘n bietjie vakansie, maar ‘n rowwe kwartaal lê voor.  Om jou juffrou (of jou kind se juffrou) ‘n bietjie woema te gee, kan die volgende oorweeg word…

  • ‘n self geplukte blom
  • ‘n kaartjie
  • oulike plakkers (vir oulike boekwerk)
  • ‘n skoon klas…Dit sal ‘n heerlike verrassing wees om by ‘n skoon klas in te stap…’n Alles-in-een skoonmaak-pakkie sal ook werk. (Lappe, sponse, skoonmaak produkte…)
  • ‘n aandjie sonder verantwoordelikhede…
  • ‘n klein rukkie se hulp soggens…al kom lees ‘n ouma ‘n storie vir die klas of ‘n kundige kom bied ‘n handwerk- of kunsles aan.

Elke bietjie help en sal die pad na herstel (veral na die lang vakansie, baie administratiewe werk, staking-steurnisse…) vergemaklik.  Baie voorspoed aan alle mamma’s, pappa’s, juffrouens, oupa’s, ouma’s en oppas-tannies.  Mag die laaste kwartaal ‘n gelukkige een wees.