Tuis

Maart

Lewer kommentaar


Versier t-hemde met boekvoorblaaie of gunstelingboekkarakters.

Spandeer op die 8ste Maart ‘n bietjie meer tyd om die dag vir die vroue (of meisies) in jou lewe interessant en lekker te maak. Nooi iemand vir koffie, deel blomme uit of gaan kuier by iemand wat soms eensaam is.

Fokus op velerlei wiskundige konsepte op Wêreld Wiskunde Dag. Skep stasies waar die outjies met sakrekenaars, vorms, werksvelle, tablette (toeps/apps), ensovoorts hul kennis kan verbreed.

Op die 20ste, dink ons aan mense, dinge en oomblikke wat ons gelukkig maak. Hoe kan jy ander se dag ophelder?

Dra op Downsindroomdag prettige sokkies of geel en blou klere. Leer ‘n bietjie meer en lees stories aan die klas voor.

Hersien vandag die verskillende Menseregte en bespreek die Kinderregte (Engels) ook. Waarom is Kinderregte so belangrik?

Hoe bespaar julle water by die skool en by die huis? Hoe kan ‘n mens ander help wat met watersnood worstel?

Ons vier Earth Hour op die 22ste Maart. Beplan ‘n speletjiesaand of ‘n braai by kerslig 😊

Biblioteekweek val so saam met die einde van die eerste kwartaal – ‘n ideale tyd om assesseringsdae met leeswerk af te wissel. Is dit tyd om julle biblioteek op te knap of ‘n fondsinsameling te hou? Skep dalk ‘n tema vir Biblioteekweek. Hou dan inkleurkompetisies, stal boeke oor die tema uit, versier die gange en deure volgens die tema en trek volgens boekkarakters aan.

Dra pers op die 26ste Maart en kom meer te wete oor Epilepsie – veral die soorte wat in jou skool voor kom.

Aarde en Water

Lewer kommentaar


Earth Hour en Waterdag is baie na aan mekaar. Wat kan jy doen om water te bespaar? Is daar krane wat drup en geute wat lek? Noem dit aan iemand wat herstelwerk kan doen.

Gebruik Earth Hour om batterye te ruil en onthou om nie ou batterye in die drom te gooi nie. Wat doen julle as die krag af is? Wat kan ‘n mens gereed hou vir ete? Dink aan ‘n paar idees (soos om die gasbottel af te stof vir later) en begin om ‘n houer met speletjies (bv. bord- en kaartspeletjies), flitsligte, boeke, tydskrifte, inkleurboeke en versnapperinge byderhand te hou.

Kan ‘n mens Earth Hour en Waterdag by die skool vier? Natuurlik! Klik gerus op die onderstreepte skakels in hierdie skrywe en op die werksvelle heel onder. Tik ook soekterme soos ”aarde”, ”water”, ”waterwys” en ”besoedeling” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees 🙂

Waterweek

Lewer kommentaar


Waarom is daar ‘n waterweek? Hoekom leer ons daarvan?

Fokus gerus hierdie week op praktiese idees…Wat gebeur as die skool skielik nie water het nie? Hoe gaan jy jou hande was of jou dors les? Hoekom vra die grootmense dat rommel in dromme gegooi word? Wat gebeur as ons een dag se eetgoed papiere in ‘n houer water gooi? Sal jy die water wil drink? Dink net hoe ‘n dorp se water sal lyk as almal hul rommel rondstrooi. Hoekom moet ons oor water in plekke ver van ons af bekommerd wees? Hoe raak dit ons?

Verf vandeesweek ‘n bietjie meer en fokus op die waarde van water vir klein lyfies. Hoe gebruik ander mense water en hoe gebruik ons water by die huis? Is dit altyd spaarsamig of mors ons soms?

Ons kan beslis nie al die probleme oplos nie, maar ons kan die outjies so ‘n bietjie laat wonder.

water

Lewer kommentaar


22 Maart

Dit is een van die dae weer WATERDAG.  Wees waterwys en wys die kleintjies hoe dit gedoen word.