Tuis

Heuningbydag

Lewer kommentaar


Heuningbydag is ‘n dag waarop ons meer oor bye kan lees en ‘n tuin kan beplan om bye te lok. Dink aan kruie wat blommetjies maak of blomplante wat hierdie spesiale bestuiwers lok.

Maak geel speelklei en vorm jul eie korwe (betrek wielpasta) met bye of bak koekies met heuning. Verf velle borrelplastiek (bubble wrap) met verskillende skakerings geel verf en druk dit op papier om ‘n agtergrond vir kunswerk te maak of druk dit op seshoeke. Knip die seshoeke uit en maak ‘n raampie al om die kennisgewingbord, om ‘n vensterraam of ‘n spieël.

Bye dag, 20ste Mei

Lewer kommentaar


Op die 20ste Mei vier ons Wêreld Bye dag. Versier gerus die klas, skryf die spelwoorde en somme op bytjie flitskaarte of gesels gerus oor die belangrikheid van bye. Luister na stories en sing liedjies oor bye.

Het julle blomme in die tuin? Plant gerus ‘n paar 🙂

Heuningbydag, 15 Augustus

Lewer kommentaar


Ons vier Heuningbydag vanjaar op 15 Augustus.  Kom gerus meer oor heuningbye te wete en ook waarom hulle beskerm word.  Byeboerdery is baie interessant, gewild en waardevol.

Bye Velle pdf

 

Klaskamerdekor en Dinge: Loer gerus

Lewer kommentaar


Vind hiermee ‘n paar goedjies waarmee jy jou klas kan optof. Vir werk en ander hulpmiddels, kan jy soekterme soos “klanke, lees, hersien, verwarring, flitskaart, sigwoord, lees, leesreeks, leeslys, stories, liedjies, rympies, wiskunde huiswerk, woordsom, meer en minder, voor en na, breuke…hulpmiddels, beplan…” by die soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook na die “Drukbare Bladsye”- en “Produkte“-hofies.

Klaskamer Dekor:  Temas: ‘n Verjaarsdagkalender, Vlaggies, Kalenderwoorde (dae, maande en 31 syfers) in flitskaartvorm…soms ‘n bietjie meer 😉

  1. Weerkaart, Kalender en Seisoene Pakket / Weather & Calendar Chart and Seasons Bundle
  2. Muurkaarte: Klanke/Phonics
  3. Alfabetvlaggies en Syfers (Blou, Wit, Geel)
  4. A-Z, 1-10 Potlood Bunting / Vlaggies WK
  5. A-Z, 1-10 Potlood Bunting / Vlaggies GP
  6. Skeepstema
  7. Kaboutertema / Gnome Theme
  8. Feëtjies en Elfies / Fairies and Elves 
  9. Bye Tema / Bees Theme
  10. Swartbordtema / Chalkboard Theme
  11. In die Oerwoud / In the Jungle (Tema)
  12. Diere in die Woud / Forest Critters (Tema)
  13. Wonderkinders / Wonder Kids (Tema)
  14. Blokkies Tema/ Blocks (Lego) Tema
  15. Ruimte / Space (Tema)
  16. Op die plaas / On the farm (Tema)
  17. Seetema / Sea Theme
  18. Haai Dekor / Shark Theme
  19. Gesiggietema / Smiley Theme
  20. Uiltema / Owl Theme
  21. Uiltema / Owl Theme (Groen/Geel)
  22. Lieweheersbesietema / Ladybird Theme
  23. Voëls Tema / Birds Theme
  24. Rame/Borders
  25. Bunting/Vlaggies
  26. Basiese Tydsgleuwe vir ‘n Voorskoolse Dagprogram 1
  27. Basiese Tydsgleuwe vir ‘n Voorskoolse Dagprogram 2
  28. Birthday Calendar
  29. Birthday Calendar (A/E/X)
  30. Verjaarsdagkalender
  31. Sirkus Tema / Circus Theme
  32. Leeu Tema / Lion Theme
  33. Lugballon Kalender (verjaarsdae)
  34. Lugvaart Dekor / Flight Decor
  35. Kat en Hond Kalender (verjaarsdae)
  36. Flamink Kalender (verjaarsdae)
  37. Vetplant Kalender (verjaarsdae)
  38. Vetplant Kalender / Succulent Calendar
  39. Vetplant Tema / Succulent Theme
  40. Uiltjie Verjaarsdagkaarte / Owls Birthday Chart
  41. Pineapple Birthday Calendar/Pynappel Verjaarsdagkalender
  42. Groen en Goud: Alfabet- en Syfervlaggies & Kalenders
  43. Kalenderwoorde (A/E)
  44. Afrikaanse Enkelklanke Muurkaarte
  45. Alphabet Wall Charts
  46. Muurkaarte (Syfers, Afrikaanse/Engelse Enkelklanke)
  47. Muurprente: Dubbel-, Twee-, Drieklanke
  48. Muurkaarte: Klanke met Drukskrif en Lopende Skrif Kleinletters
  49. Tweeklanke: Muurkaart+
  50. Muurkalenders vir verjaarsdae
  51. Wall Calendars
  52. Tafelbladkaarte
  53. Tafelblad / Table Top Graad R
  54. Voorblaaie / Book Covers 1
  55. Voorblaaie / Book Covers 2
  56. Vowel Blends Posters
  57. Welkomvlaggies
  58. A – Z, 1 – 10 Geel Potlood Bunting / Vlaggies
  59. Kleur Vlaggies / Colour Bunting
  60. Potlood: A-Z, 1-20 Bunting / Vlaggies WK
  61. Potlood: A-Z, 1-20 Bunting / Vlaggies GP

Heuningby

Lewer kommentaar


Heuningbydag word op die derde Saterdag in Augustus gevier (18de).

Gebruik vandeesweek bytjie flitskaarte en versier ‘n kennisgewingsbord ter bewusmaking van hierdie belangrike bestuiwers so op die vooraand van Lentedag.  Samel blomsade in en ontkiem dit op die vensterbank, sodat julle die skooltuin kan versier.

Heuningby

Lewer kommentaar


Wêreld Heuningbydag

Saterdag, 19 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Neem gerus ‘n paar minute om na die bewaring, redes vir bewaring en die nut van bye te loer.

By raampie

Bye Bees (ontwerp)

‘n Tydskrif

Oulike inligting

Bye

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-08-06 at 21.46.20

Saterdag, 15 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Wat kan ons doen as ons “bye” bespreek?

Soek seshoekige vorms om tydens kleiwerk of wiskunde te gebruik.  Die ou vormpasballe, het ‘n stewige blokkie in die stel.  Jy kan koekies uit deeg druk, byekorwe uit geel klei druk of drukwerk met dikkerige verf doen.

Knak leë toiletrolle aan drie kante.  Druk dit plat, vou oop, druk plat, vou oop…totdat jy ‘n seshoekvorm kry.  Sny die rolletjie in die helfte en weer in die helfte – totdat jy die breedte van jou keuse kry.  Verf dit geel en oranje en plak dit met houtlym om ‘n byekorf te maak.

Verf ‘n vel karton of papier met ‘n oranje-geel verf (gooi bietjie rooi by geel).  Giet dan geel (of ligte bruin) verf in ‘n plat skinkbord en druk ‘n groot vel borreltjieplastiek (bubble wrap) daarin en druk dit op die oranje-geel vel.  Siedaar!  ‘n Byekorf.  Jy kan ook die verf op die plastiek verf of smeer.  Gebruik die velle as ‘n agtergrond of druk by- en opskrifte op A4-velle voordat jy die bladsy met verdunde (water-) verf bedruk.  Knip die vet woorde uit en daar het jy ‘n unieke opskrif.

Bye vingerdrukwerk.  Doop duime in dikkerige geel verf en druk dit op ‘n blommetjie of korf agtergrond.  Sodra dit droog is, kan julle swart lyne oor die lyfies trek (veselpen) en vlerke in teken.

Maak ‘n 3D-byekorf deur ‘n opvoubare papierlantern te spuitverf of met geel snesiepapier te bedek (gebruik pastadikte muurpapiergom).  Maak bye van pom-poms (fluff balls) en hang of plak dit op/aan die korf.

Smeer houtlym aan ‘n akker, wasgoedpennetjie of ‘n klein klippe.  Buig en wen ‘n geel pypskoonmaker om en om die kern.  Wen dan ‘n bruin of swart pypskoonmaker in breë ringe om die gele.  Knip ‘n swart of bruin pypskoonmaker in twee gelyke dele en knoop in ‘n druppelvorm.  Laasgenoemde vorm die vlerke.  Druk die ekstra draadpunte by die lyfie in en voeg gom as versterking in.  Plak twee wikkelogies bymekaar.  Plak die sye of pensies op die korwe of agtergronde.  As jy verkies om die bye te laat hang, knoop ‘n vislyntjie of gare aan ‘n vlerk.

Gee ‘n ovaalvormige deksel (of knip een uit ‘n ou x-straalplaat).  Plak met wondergom op papier, trek af en knip uit.  Skeur en plak verskillende stukkies geel papier op die ovaal.  Indien julle snesiepapier gebruik, kan ‘n mens ‘n lagie kookolie oor verf om dit ‘n glans te gee.  Plak ligte bloue op die vlerk en druk ‘n swart vel deur ‘n snippermasjien om swart stroke vir die lyfies te kry.  Gebruik dan gelyke stukke donker pypskoonmakers vir die pote en groot wikkelogies vir die oë.  [bytjie]

Ek sal aan nog ‘n paar idees dink. 😉

 Sien ook:

lente insekte goggas