Tuis

Oktober

Lewer kommentaar


Tydens Oktober vier ons steeds Oogsorgmaand. Dit is ook Soktober – ‘n maand waartydens ons sokkies insamel vir minderbehoeftiges.

‘n Gelukkige Onderwysersdag aan al die opvoeders. Mag die volgende kwartaal baie suksesvol wees.

Oktober is ‘n maand waartydens ons ekstra aandag aan ons kennis van Disleksie (‘n spesifieke lees- en spelprobleem) skenk. Afhangende van waar jy woon, word daar beraam dat 10% tot 20% van samelewing ‘n vorm van ‘n lees- of spelprobleem het. Dra rooi om jou ondersteuning op die 8ste te wys.

Probeer gerus om met ‘n toep soos Google Lens ‘n foto van ‘n bladsy te neem en gebruik dan die vertalingsopsie om na die teks in Afrikaans te luister. Ek leer nog hoe om die spoed van die stem te verstel, want dit klink vreemd 😊

Oktober is ook die maand ter bewusmaking van Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie vorme. Dit word in verskillende gevalle gebruik – veral wanneer die outjies sukkel met kommunikasie. In my geval, is ‘n iPad met toeps soos Proloque2Go of TouchChat ‘n vorm waarmee sommige outjies met Outisme met meer gemak kommunikeer.

Daar is onlangs Afrikaanse woorde by die Suid-Afrikaanse toeps gelaai. Lees gerus meer daaroor.

Onthou om jou Oupa en Ouma op die eerste Sondag te bel en indien jy vergeet het, skakel sommer weekliks.

Op die 10de kyk ons ‘n bietjie dieper na Geestesgesondheid en kyk ons ook net so ‘n bietjie beter na ons eie gemoedsrus. Neem ‘n blaaskans en probeer om iets te doen wat jou gelukkig maak.

Samel gerus geld nie vir nuwe woordeboeke of stof die oues af vir klas gebruik. Alle voorspoed met die nuwe maand ☺️

Oktober

Lewer kommentaar


So aan die begin van ‘n nuwe (en laaste) kwartaal vier ons Wêreld Onderwysersdag. Onthou om mekaar ‘n bietjie meer te waardeer en te ondersteun.

In Suid-Afrika vier ons Oupa en Ouma dag op die eerste Sondag in Oktober, maar ‘n mens kan die datum beslis aanpas of meer gereeld waardering toon.

Disleksie word soms as ‘n spesifieke spel- en leesprobleem in verslae beskryf. Wat kan ‘n mens doen om te help wanneer iemand (ten spyte van al die lees- en spellesse) steeds worstel? Maak beurte om stories hardop voor te lees, speel stemopnames van voorlesings (oudioboeke/luisterstories), toets Google Lens se voorlesings opsie deur ‘n slimfoonfoto van die teks te neem en toets Immersive Reader (‘n Google Chrome aanvulling) of Microsoft se Read Aloud moontlikhede. As ‘n mens navorsing op Wikipedia doen, kan jy die teks na byvoorbeeld Afrikaans vertaal en selfs ‘n vereenvoudigde Engels (Simple English) kies om met die ontleding te help. Help jou skool met alternatiewe assessering (konsessies)?

Elders word Soktober gevier om sokkies vir minderbevoorregte mense aan te skaf. Begin op ‘n kleiner skaal en samel sokkies vir kinders in die skool of naburige tehuise in. Dra dalk oulike sokkies as deel van ‘n fondsinsamelingspoging en laat die klas wat die meeste insamel iets prettigs doen.

Op Geestesgesondheidsdag, skenk ons ‘n bietjie meer aandag aan ander en onsself. Gesels ‘n bietjie meer en wys ‘n bietjie meer belangstelling. Soms is die kleinste gebaar genoeg om ander se dag beter te maak.

Voorspoed met die eksamen wat eersdaags begin. Mag al die harde werk en voorbereiding vrugte afwerp. Loer gerus hier na vorige of voorbeelde van vraestelle.

Koop ‘n nuwe woordeboek, vergelyk verskillende soorte woordeboeke of borg ‘n woord as ‘n skool of klas.

Voorspoed met laaste kwartaal se uitdagings en geleenthede. Mag dit mooi begin en mooi bly.

Toeps en Katoeties vir Spesifieke Lees, Spel en Leer Uitvalle

4 Kommentaar


Toeps en katoeties ter ondersteuning van spesifieke lees, spel en leer uitvalle:

Immersive Reader (‘n gratis Google Chrome aanvulling):  As jy ‘n Google-blad oopmaak sal jy bo, heel regs drie vertikale kolletjies sien om op te klik.  Dit gaan vir jou ‘n kieslys oop maak met die opsie ‘more tools’.  Klik daarop en kies ‘extensions’.  Soek dan ‘immersive reader’ en kies die opsie met ‘n swart en wit boekie.  Jy kan jou instellings aanpas en na hartelus rond speel.  Die Afrikaanse opsie, sal teks met ‘n aksent lees (half-Belgies?), maar ‘n mens sal dit verstaan.

Selekteer teks op enige webblad, regsklik en kies ‘Help me read this’ om ‘n eenvoudiger weergawe van die teks te sien en om daarna te luister.  Daar is natuurlik ook ‘n lang lys tale om van te kies, indien leerders die inhoud wil vertaal.  ‘n Eenvoudige illustrasie kan help om woorde te verduidelik en jy kan selfs die rekenaarskrif of kleure verander.

Hierdie opsie is deesdae ook in die Microsoft-pakket beskikbaar.  Probeer gerus.

immersivereader

This slideshow requires JavaScript.

Claro ScanPen:  Neem ‘n foto van die teks en luister na die inhoud.  Verlig die deel wat jy wil hoor of lees en kies die stem wat vir jou lees.  Daar is ‘n Engelse, Suid-Afrikaanse opsie en as jy die Belgiese Nederlands kies, lees die stem die Afrikaanse teks redelik verstaanbaar.

Claro Speak is gratis en lees teks wat jy tik of oorplaas (copy and paste).

Office Lens is nog ‘n gratis toep waarmee jy ‘n foto van die teks neem en dan na ‘n voorlesing luister.

SpeakIt!  Laai die aanvulling op Google Chrome af.  Verlig ‘n teks en regsklik om die stem te aktiveer.

This slideshow requires JavaScript.

Rewordify:  Lees bekende Engelse stories met eenvoudige verklarings van die moeiliker begrippe en terme.

Hemingway:  Plaas jou Engelse skrywe in die toep en dit sal jou help om sinne beter te formuleer soos nodig.

Math vocabulary:  Flitskaarte in Engels.

My Homework App:  ‘n Elektroniese huiswerkboek.

Call Scotland het ‘n verskeidenheid toeps.

Loer gerus ook na Google se opsies, elektroniese boeke en verskeie ander toeps om te toets.

disleksie

22 Kommentaar


disleksieDisleksie dui op ‘n spesifieke lees- en spelprobleem.  Dit word nie meer so genoem nie en kundiges beskryf dit eerder as ‘n “spesifieke lees- en spelprobleem”.  Disleksie word deur baie mense as ‘n gawe beskou omdat dit mense forseer om probleme op unieke wyses op te los. Dink maar aan uiters kreatiewe mense soos Picasso en Walt Disney…wetenskaplikes soos Einstein en Edison…akteurs soos Whoopi Goldberg, Tom Cruise, Robin Williams en Keanu Reeves…sakemense soos Richard Branson…noem maar op!

Kyk na Ron Davis se studies in hierdie verband of loer in jou plaaslike biblioteek vir Ron se boeke.

Indien jy vermoed dat jou eie kleinding of ‘n kleinding in jou klas ‘n vorm van disleksie het, kan jy gerus na die volgende skakels gaan kyk.  Moet egter nie self ‘n diagnose maak nie.  Spreek ‘n kundige soos ‘n opvoedkundige sielkundige.  ‘n Diagnose verg gestandaardiseerde toetse en spesifieke kennis.

Waardevolle skakels:

rdboek