Tuis

Maart

2 Kommentaar


Maart begin met Wêreld Boeke Dag op die 5de, Biddag vir Vroue is op die 6de, Biddag vir Mans is op die 7de en Internasionale Vrouedag op die 8ste.

Hersien jou kennis van die Deweystelsel. Hoe het ‘n mens in die ou dae boeke op gespoor en hoe doen ‘n mens dit nou? Wat is ‘n katalogus?

UNESCO se Internasionale Wiskunde Dag word op die 13de gevier en Pi Dag op die 14de. Wêreld Wiskunde Dag is op die 25ste. Watter interessante wiskundige konsepte of somme kan julle bestudeer?

Daar is ‘n spelkompetisie in Zambië later in die maand. Hou sommer ‘n spelopknappingskursus by die skool.

Wat kan jy doen om ‘n bietjie meer gelukkig te wees of om ander gelukkig te maak?

Betrek onpaar sokkie of dra geel en blou op Downsindroomdag.

Op Menseregte dag kan ‘n mens na mense- en kinderregte (en verantwoordelikhede) loer.

Tydens die week van die 16de tot 20ste Maart, skenk ons aandag aan waterbesparing. Wat doen jy of jou skool om water te bespaar?

Hersien jou kennis van epilepsie. Weet die personeel hoe om leerders te help en is daar leerders in jou skool wat dalk hulp kan benodig?

Earth Hour is ‘n uur om krag te bespaar. Speel bordspeletjies of lees by lampe en kerse. Ons weet mos hoe 🙂

Wiskunde, ‘n Tikkie Geluk en baie meer

2 Kommentaar


Ons vier Internasionale Vrouedag op die 8ste Maart. Geniet ek ‘n ekstra ruskansie, ‘n ekstra blokkie sjokolade of lees oor vroue in jul omgewing wat ander inspireer.

Pi en Wiskunde Dag is om die draai. Loer gerus hier na verskeie vorige plasings.

Ons word op die 20ste daaraan herinner om die mooi in die lewe raak te sien. Wat maak jou gelukkig en hoe kan jy ander laat glimlag?

Op Downsindroomdag dra ons blou en geel of interessante sokkies ter bewusmaking van die dag.

Hersien of herinner mekaar aan Menseregte en Kinderregte (met die gepaardgaande verantwoordelikhede).

Waterdag is amper hier. Hoe kan ‘n mens water bespaar? Drup daar krane in die badkamers of buite op die skoolgronde? Melt dit aan om reg gemaak te word en dink aan maniere om water gebruik te verminder waar moontlik. Hoe kan reënwater benut word en op die skoolgronde gestoor word?

Hoe het Earth Hour begin en waarom vier ons dit? Dink aan maniere om ‘n bietjie meer omgewingsvriendelik te lewe en om bewaring aan te moedig.

Downsindroom

Lewer kommentaar


Die 21ste Maart is die dag ter bewusmaking van Downsindroom. Dra helderkleurige sokkies of blou en geel klere. Deel gerus inligting met jul personeel, vra vrae en leer meer 🙂

As jy bont sokkies wil dra as deel van die projek, versier gerus sokkies met knope en wol, veselpenne of strikkies aan die borand.

Downsindroom

Lewer kommentaar


Soos in baie ander gevalle, is een dag bloot te min om mense meer oor outjies met Downsindroom te leer. Wat maak hierdie kinders so besonders en hoe kan ons goeie maats vir hulle wees? Is daar skole of instansies in jou omgewing wat ‘n bietjie meer inligting kan deel? Is daar dalk ‘n klasmaat wat meer inligting kan gee?

Om aan die bewusmakingsdag deel te neem, dra ons onpaar of helder sokkies. Jy kan natuurlik jou skoolsokkies met linte en borsspelde versier of jou skool- en sportsokkies meng. Trek sommer jou sokkies bo-oor jou broekspype en gee ander ‘n rede om vrae te vra en om inligting met hulle te deel 🙂

Club21

Down Syndrome Pretoria

Skole in Pretoria

Peter Pan Maitland

‘n Juffrou met persoonlike kennis

Wes-Kaap

Downsindroom

2 Kommentaar


Down

Hou ‘n fondsinsamelingsdag deur onpaar of helderkleurige sokkies te dra ten bate van Downsindroom SA of ten bate van hulpmiddels vir leerders met Downsindroom in jou skool.