Tuis

September

Lewer kommentaar


September begin met Boomplantweek, Lente dag en Loslitdag (op die eerste). Loslitdag se tema is ”Deel ‘n glimlag”. Wat laat jou glimlag?

Die Nasionale Boom van die Jaar is die basboom. Plant gerus ‘n boom wat in jul omgewing aard en versorg die skool se tuine met ‘n bietjie kompos of kunsmis.

Die Nasionale Boekweek duur van die 5de tot die 11de September en die Internasionale Geletterdheidsdag is op die 8ste. Lees ‘n boek deur Roald Dahl op sy verjaarsdag (13de) en vier Spikkeldag op die 15de September. Sonneblomdag is vanjaar op die 15de en bly ‘n baie spesiale projek om lewens te red. Op die 19de praat ons soos seerowers. Onthou Waaierdag vir Vrede op die 21ste.

Renosterdag is op die 22ste September en Oogsorgmaand duur van die 21ste September tot die 18de Oktober. Snuffel gerus hier na vorige idees in verband met visuele oefeninge en oogsorg.

Tussendeur vier ons ons erfenis en geniet ons rugby saam as ‘n land. Om alles te kroon, word My Klaskamer vanjaar 15 jaar oud!

Baie dankie vir die ondersteuning en gereelde inloer. Kom kuier gerus weer.

14 Jaar!

Lewer kommentaar


🍎 Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning.  Kom loer gerus weer in ☺️

#myklaskamer

My Klaskamer is 12 jaar oud!

6 Kommentaar


Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning.  Loer gerus weer in 🙂

Kom kuier gerus

Lewer kommentaar


In plaas daarvan om te beplan vir volgende week is ek besig met allerhande ander dinge.  Laai die prentjie af en stuur vir ‘n vriendin, ‘n skool of ‘n opvoeder…en dan mag ons vir oulaas vuvuzelas blaas en die malligheid gate uit geniet…