Advertisements
Tuiste

klanke, spelwoorde, syfers, vorms, patrone

Lewer kommentaar


hersieningProbeer om soveel sintuie as moontlik te betrek en gee vir die outjie ‘n verskeidenheid maniere om die werk te hersien.

Ons skryf dikwels die woorde groot op “flitskaarte” (gebruik sommer ou papbokse en dergelike kartonnetjies) en verf dan pofferige verf met ‘n oorstokkie bo-oor. Die outjie kan dit self in die mikrogolfoond plaas en laat verhard (onder toesig). Sodra dit afkoel, kan hy bo-oor die woorde voel of ‘n bladsy bo-oor plaas en met ‘n vetkryt inkleur om ‘n afdruk te maak.

Plaas die woorde sigbaar teen die muur en gee vir hom/haar meel, suiker of klei om in/op te skryf of waarmee hy die woorde kan vorm en kopieer.  Skryf of teken die los letters, syfers, vorms en patrone groot op ‘n bladsy.  Trek dit na met ‘n gomstiffie en strooi dán die suiker of sand bo-oor.

Die los kaarte kan gekram word om dit sommer in die motor te hersien.

Die los letters van “Scrabble” werk goed. Kyk sommer hoeveel punte elke “Scrabble”-spelwyse tel vir ‘n bietjie wiskunde hersiening.

‘n Ander idee is om ‘n groot vel tinfoelie op ‘n skinkbord/tafel te plaas. Spuit skeerroom daarop (‘n bietjie) en laat die outjie dan die woorde daarin skryf – met die vinger of ‘n kwas.

Op SENTEACHER.org, kan julle jul eie “woordsoeke” skep, sodat die outjie sy woorde só soek en hersien. Fokus aanvanklik net op horisontale woorde, dan ook vertikale woorde en heelwat later – diagonale woorde.

Loer gerus ook na hierdie opsies en tik ook soekterme soos syfers, skrif, skryf, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiings, vorms, patrone, flits, sigwoorde, robotkaart…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

Idees vir die tuisklaskamer, Tuis idees, Hersien, Klanke
Advertisements

liggaamsdele

Lewer kommentaar


liggaamsintuie

My liggaam (werksvelle) / My body (worksheets)

Een van die aspekte wat Graad 1-outjies aan die begin van die jaar moet kan doen, is om die liggaamsdele te benoem.  Hierdie kennis word dan later (en in die ouer grade) gebruik om meer kennis van die liggaam op te doen.  Wat kan ‘n mens doen om die liggaamsdele te bespreek of te hersien?

Gesig en kop:

As jy die liggaam wil bespreek, begin bo by die deel wat ‘n mens eerste in die spieël sien – die gesig.  Die gesig is die voorste deel van jou kop en is ovaalvormig.  Aan die bopunt van jou gesig, bokant jou wenkbroue en oogbanke, sit jou voorkop.   Die hele boonste deel, agterkant en kante van jou kop word met hare bedek.  Aan die onderpunt van jou gesig is jou ken (waar mans se baarde groei).  Die gesig en kop is waar die meeste sintuie gehuisves word.  Die volgende dele is op die gesig:

Ek het twee om mee te sien.  Die oog is amandelvormig, maar die oogbal is rond.  Oë kom in verskillende kleure voor (bruin, groen, blou) en ook in verskillende skakerings.  Die oog word deur die wimpers beskerm en die wenkbrou help om water uit jou oë te hou.  Die oë lyk dikwels soos spieëlbeelde van mekaar – met die neus in die middel.

Die neus is in die middel van die gesig en help ‘n mens om asem te haal.  Jy haal asem deur twee neusgate aan die onderkant daarvan en ruik ook met jou neus.  Jy moet dit altyd skoon hou.  Daarom sorg ons dat daar altyd snees- of sakdoeke in die tas en klas is.

Onder jou neus sit jou mond.  Die twee helftes (links en regs) lyk ook soos spieëlbeelde van mekaar.  Die buitekant van die mond het twee lippe – wat gewoonlik ‘n bietjie donkerder as die res van die vel is.  Jy doen baie dinge met jou mond – soos eet, drink en praat.  Wanneer jy ‘n toe neus het, haal ‘n mens dikwels ook deur die mond asem.  Loer hier na aspekte van ‘n gesonde mond (ook tande, tong, lippe).

Onder jou oë sit jou wange.  Dit is die ekstra, vlesige dele van jou gesig en vorm die buitekant van jou mond.  As jou wange rooi word, noem ons dit “bloos”.  ‘n Mens bloos gewoonlik as jy skamerig voel, maar in baie gevalle raak jou wange rooi as jy te min water gedrink het.  As jy warm en rooierig voel, drink iets.

Teen die kant van jou kop sit ore.  Jy het een aan elke kant en hoor daarmee.  Die buitekant is die skulp en vang die klanke soos ‘n satelietskottel op.  Aan die onderpunt is ‘n sagte stukkie, wat ons die oorbel noem.

Liggaam:

Die res van jou liggaam bestaan uit die nek, lyf (romp) en ledemate (arms en bene).  liggaamsdele

Jou nek verbind jou kop en jy lyf/liggaam aan mekaar en is soos ‘n pyp waarin jy ruggraat, lugpyp en slukderm (keel) is.

Jou lyfie is reghoekig en jou ledemate is min of meer in die onderskeie hoeke.  Die boonste hoeke het skouers.  Dít is waar die arms vas is.  Die voorste, boonste deel van jou lyfie is jou borskas, maar die hele stuk bokant jou naeltjie is jou bolyf.  Die grootste gedeelte van die agterkant van jou lyf, is jou rug.  Onder dit sit jou sitvlak of boude.  Teen die kante van jou boude sit jou heupe.  Die knoppe in jou heupe is die heupbene waar jou bene begin.

Arms en hande:

Jy het twee arms en hande wat soos spieëlbeelde van mekaar lyk.  As jy jou handpalms teen mekaar druk, pas hulle mooi netjies op mekaar.  Jou arms het boonste dele (bo-arms) en onderste dele (voorarms).  Tussen hierdie dele is ‘n hoekbeentjie – die elmboog.  Aan die einde van jou voorarm, is die gewrig wat jou hand aan jou arm vashou.

Jou hand het vyf vingers.  Die duim staan weg van die ander vier en help jou om dinge vas te hou.  Ken jy die name van jou vingers?

Duimpie, (duim)

Duimpie se maat, (wysvinger)

Langeraat, (middelvinger)

Fiela Vlooi, (ringvinger)

Piepie in die kooi (pinkie)

Wat kan jy als met jou arms en hande doen?  Hande klap, kielie, krap, vang, vas hou, knyp, snap, gooi, vang…

Bene en voete:

Jy het twee bene waarmee jy loop, draf en hardloop.  Jy gebruik jou voete en bene om mee te trap, te skop, te trippel, te huppel, te dans en te klim.

Jou bene het bobene.  Dit is die gespierde dele bokant jou knie.  Die sykante of buitekante is jou dye.  Aan die binnekant van jou bobene is die binneboude en as jy sit vorm die voorkante jou skoot.  Jou knieë is die stukkie tussen jou bobene en die onderbene.  Dit sit aan die voorkant van jou been.

Die onderste deel van jou been het ‘n kuit aan die agterkant (die vetterige, knopperige spier) en ‘n benerige voorkant – die skeen.  Dan is daar twee knoppe weerskante van jou been se onderkant.  Dít is die enkels en hiér is die verbinding tussen jou been en voet.

Jou voet is die platterige loopvlakke van jou liggaam.  Die onderkant is die voetsool en die agterste deel – reg onderkant jou been of kuit – is die hak.  Aan die voorpunt is die tone.  Jy het ‘n groottoon en vier kleiner tone om jou te help met balansering.  As jy die voetsole teen mekaar druk, sal jy sien dat hulle ook spieëlbeelde vorm.

identiteitvb

Klik op “identiteit” in paragraaf

Vaslegging, speletjies en idees vir jong lyfies:

  1. Elke liggaam is uniek en niemand in die wêreld het dieselfde liggaamselle (DNS), vinger- of voetafdrukke as jy nie.  Selfs die bytmerke van jou tande is besonders.  Maak ‘n kaart waarop die klas hul unieke vingerafdrukke plaas…of laat elkeen sy eie identiteitskaart maak.  Later kan ‘n mens die kaarte teen ‘n aansteekbord aan bring en vergrootglase verskaf sodat die outjies na die vingerafdrukke kan loer…óf gee aan die ouers. [identiteitsblad, identiteit-identity]
  2. Ter versiering van die aansteekbord kan ‘n mens hand- en voetafdrukke van elke kind maak – hetsy met ink of met verf.  Sodra die papier droog is, kan elkeen sy eie afdrukke uit knip en kan ‘n mens dit al om die rand van die aansteekbord plak.
  3. Gebruik die voet- en handafdrukke in ‘n hindernisbaan.  Lamineer dit om die papier te beskerm.  Pak die hande en voet tussen apparaat in die speelpark om die roete aan te dui.  Die outjies moet hul hande en voete by die prente pas en byvoorbeeld eenbeen spring, hande-vier-voet loop, twee-voet spring…
  4. Gebruik die voet- en handafdrukke tydens tel aktiwiteite (tel in tweë en vywe – pare hande en vingers).
  5. Meet die voete en hande.  Wie het die grootste hande/kleinste hande/grootste voete/kleinste voete?  (Doen binne kleiner groepe.)
  6. Rangskik verskeie hande/voete van groot na klein en klein na groot.
  7. Gebruik ou x-straalplate op die aansteekbord of plak dit teen die vensterruite.  Onthou om byskrifte by te voeg.
  8. Gee vir die outjies bordkryt om mekaar buite op die speelgrond af te trek.
  9. Gebruik die bogenoemde idee op groot velle ongedrukte (of selfs gedrukte) koerantpapier.  Knip die buitelyne uit en plak dié kinders teen die gangmuur op.
  10. Wie kan hierdie skadudiere teen die muur maak?  Rol dit agter op die huiswerkvel af vir ekstra lekker pret.
  11. Wie kan die toutjiespeletjies nadoen?  Dit is ‘n lekker besigbly speletjie én goeie oefening vir die handspiertjies.
  12. Span tou of rooi vol soos laserstrale en laat die kleingoed spioenstyl daardeur klim.  Die idee is dat hulle nie aan die tou moet raak nie en mooi moet konsentreer.
  13. Gebruik flitskaarte om liggaamsdele uit te wys.  Vra die outjie om die ooreenstemmende voet of been op sy eie lyfie of op ‘n speelding aan te dui. Later kan ‘n mens die woorde op die flitskaarte skryf en dit sal moontlik deel van “toevallige lees” of aanvangslees word.  Sparklebox het Afrikaanse (gratis) flitskaarte.  Druk bloot op die SA-vlaggie en siedaar!
  14. Maak flitskaarte waar die woorde en prente ewe groot is.  Die outjies speel dan ‘n geheuespel waar hulle die woord- en prentjie-paar gelyk moet optel en pas…of
  15. speel “snap” deur slegs prente te gebruik, woorde én prente of selfs slegs woorde.
  16. Ouer kinders kan werkskaarte voltooi waar hulle die bewoording met die liggaamsdele verbind (trek ‘n lyntjie) of die woorde self in vul.  Daar is heelwat Engelse takies in hierdie verband, maar ‘n mens kan die Afrikaanse woorde ook in die leë spasies in vul.
  17. Maak voetafdrukkunswerke:

Wortel, roomys, ruimtetuig…, leeu, takbok/rendier, skoenlapper en voete van gips (foto’s geleen).

Ander:

Screen Shot 2015-07-08 at 15.18.07 ek-is-1

Die skelet

 

%d bloggers like this: