Die voorlopers vir formele skrif is gewoonlik in verskeie dele verdeel. (Dit sluit skribbel in.) Om ‘n kind gereed te maak vir skrif, word verskeie handspieroefeninge gedoen. Ure en ure word spandeer aan patrone en die kind maak later patrone in elke prentjie wat geteken word. Dit is alles belangrik om te “oefen” vir die “groot” skryfproses.
Dinge om te onthou:
- begin gewoonlik met ‘n groot, dik kryt of verfkwas en ‘n groot vel papier (koerantpapier werk goed)
- dik vetkryte en dik veselpenne (koki’s) kan volg
- driehoekige potlode en vetkryte volg – daarom gebruik baie Graad 1-klasse uitdraaikryte (MonAmi)
- potlode volg eers baie later
- gebruik aanvanklik net kleinletters
- hoofletters kan vir name gebruik word
Vorming van letters en patrone:
a, d, g, c, o, q, s begin by ‘n denkbeeldige “twee uur” op die horlosie en die hand beweeg anti-kloksgewys om die letter te vorm. Moenie die hand lig voordat die hele letter voltooi is nie. Maak ‘n groen kolletjie waar die letter begin en ‘n rooie waar die skryfaksie (karretjie se roete) moet stop. Die brandertjie patroon (soos ‘n “c” in lopende skrif) word gewoonlik hier gebruik.
v, w en k se patroon is die wolftand patroon (zig-zag).
h, p, b, m, n, r se patroon is die hasie hop (lyk soos ‘n klomp n’e teen mekaar).
u, y, g se patroon is die Tarzan patroon (lyk soos ‘n klomp u-klanke teen mekaar).
a = om die piering, op en af(ek gebruik ‘n ou CD teen die bord)
b begin bo, b – vir bal: Los die bal…die bal bons, rol en lê.
d begin in die draai, d – vir draai: om die piering, op en óp en af
e = Die motor ry reguit en stop by die stopstraat. Moenie jou hand lig nie, want ‘n motor kan nie vlieg nie. Draai dan links om die piering en stop.
f = Staan op ‘n duikplank en duik met ‘n boog tot onder in die swembad. ‘n Voëltjie vlieg van links na regs verby.
g = Om die piering, op en af…en swaai die stert.
h = Los die bal. Die bal hop en gaan lê.
i = Die man staan regop soos ‘n reguit liniaal en sit ‘n hoed op sy kop – ‘n dotjie – nie ‘n donga nie!
j = Lyk soos i, maar glip verby en krul sy stert.
k = In die Kaap: Twee droë stokkies word opgetel. Die een lê ons reguit neer en die ander een knak ons met ‘n “k”-geluid sodat dit soos ‘n “v” lyk. Sit nou die hoekie teen die langbeen. Reguit af… lig die hand…skuins af, skuins af en op.
l = reguit en lank soos ‘n liniaal
m en n = Die haas hop met ‘n boog (af, hop, hop en af, hop)
o = om en om die piering
p = aaaaf, ôôôp en om
r = af, hop en hang
s = begin by twee uur – sê “ssss” terwyl dit gemaak word – soos ‘n slang
t = ‘n sambreel se steel kan geteken word – af, krul en ‘n voëltjie vlieg verby
u = af, om, op en af
v + w = skuins af, skuins op en stop / skuins af, skuins op, skuins af, skuins op en stop
y (Die Kaap gebruik die geronde een – ‘n kruising tussen “u” en “g”.) = af, om, op en af en krul die stert
Onthou om na die “Drukbare” bladsy te gaan vir drukbare bladsye.
- Handskrif Graad 1 [Graad 1 Handskrif] Eng., Graad 2 [handwriting-gr2_ws] Eng. en Graad 3 [Beleid: Handskrif Gr 3]
- Speel met ‘n motortjie op hierdie letterpaaie (oog-hand koördinasie).
- Enkelklanke muurkaarte
- Klanke pakket
- Kolletjieskrif soos in die voorbeeld.
- Skrifkaarte
- Natrekwerk
- A is vir appel ook in Engels beskikbaar
- Nog riglyne
- Skrif op lyntjies
Tik gerus soekterme soos “tuis idees, abc, skryf, skrif, klanke, syfers, patrone, potloodgreep, font, perseptuele, knip, robotkaart, Teacha” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Okt 25, 2008 @ 11:23:19
Juffrou, moet tog nooit hierdie blog delete nie, ek kan sien ek gaan dit so oor 2 jaar baie nuttig kan gebruik.
LikeLike
Okt 26, 2008 @ 13:16:14
Ek het nou die dag die Graad 1 ‘fond’ gekoop. Dit maak dinge nogal makliker om bv, ‘n prentjie te print en die naam by te skryf. Ouboet kan nog nie lees of klank nie, maar ek dink tog in ‘n mate raak hy gewoond aan die regte letters… Of aarde tog, laat ek eerder sê ek hoop so!!!!
LikeLike
Okt 26, 2008 @ 17:27:36
Welkom Zee en Pikkelik! Ek gebruik gewoonlik “Teachers Pet Thin”, maar daar is nog ‘n paar ander ook op die mark. Party juffrouens gebruik Century Gothic of Comic Sans. Soms loop ‘n mens mos die ander formasies van klanke in leesboeke raak (bv. a, g, t). As die kind dan nie weet wat dit is nie, sê ek dis net ‘n “fênsie” klankie. Party mense kan mos vreeslik “grênd” raak en party skrywers ook. Dan maak hulle allerhande krulletjies om die woorde mooi te maak! 😆
LikeLike
Nov 18, 2008 @ 12:04:14
Ek is so vies vir myself dat ek nog nooit jou blog op my blogroll gesit het nie en het dit vanoggend gedoen. Hier is soveel om ouers met kids te kan help, baie dankie! Ek raak soms so ongelukkig met die juffrou as sy vir my kind leesgoed gee wat selfs ek sukkel om te lees oor dit sulke snaakse skrif is, maar mens wil ook nie altyd oor alles kla nie en my laaitie het so goed gedoen hierdie eerste jaar op skool dat dit darem nie ‘n probleem was nie.
LikeLike
Nov 20, 2008 @ 22:40:29
😉 Ai, Xanika. Ek verstaan die frustrasies. Ek wil ‘n hele klomp uitgewers eintlik vasvat omdat hulle nie “opvoedkundig” dink wanneer hulle boeke druk nie. Kinders is geneig om die prente te “lees” in plaas daarvan om na die woorde te kyk. Ek pluk natuurlik stok ou reekse soos Boet en Saartjie uit. Daar is nie veel afleiding daarin nie. Die stories en aanspreekvorme is natuurlik erg verouderd en die kinders lag lekker daarvoor. Geluk met die eerste skooljaar! Min slapies oor voor die rapport (en roomys!) kom 😆
LikeLike
Jan 21, 2009 @ 13:15:56
Goeiedag “Juffer”
Ek dink okjy’s ‘n ster. Ek was self ‘n onderwyseres met ook oa. ‘n Minimale Breindisfunksie diploma. Dit is so verskriklik belangrik vir ‘n kind om reg te skryf, klank en lees en soms maak ouers die fout om bv die alfabet in grootmenstaal vir die kleingoed te leer. Dankie vir mense soos jy wat aan di leke leiding gee. DOET ZOO VOORT!!!!!!!
LikeLike
Jan 21, 2009 @ 15:37:06
Baie dankie, Alta! Ek was doodmoeg na die eerste skooldag…sêgoed soos dié gee mens sommer weer skop 😉
LikeLike
Okt 22, 2012 @ 17:47:22
Liewe juffrou, baie dankie vir al die raad. My dogtertjie gaan volgende jaar graad 1 toe ma sy is geneig om van regs op die bord na links toe te skryf veral haar naam. het jy enige raad hoe ek ha kan help,ek sal dit baie waardeer.
LikeLike
Okt 22, 2012 @ 18:58:58
Middag, Letitia 😉 Dit kan moontlik op ‘n verwarring van links/regs of onegalige oogbewegings dui. Plekke soos SPECSAVERS doen gratis oogtoetse vir outjies onder die ouderdom van 12 jaar, maar dit sal beter wees om die visie EN oogbewegings te laat toets. Hoe vroeër hoe beter.
Indien die visie en oogbewegings nie die probleem is nie, kan julle ‘n gesoute arbeidsterapeut kontak om na die omkerings te loer. Sulke omkerings kan ‘n invloed om spelling hê (bv. die verwarring van b/d/p/9).
LikeLike
Feb 19, 2009 @ 22:58:15
Feb 26, 2009 @ 18:00:31
Dankbare Ouma,
Baie dankie juffer vir die lopende skrif oefeninge. Ek was raadop met my kleinseun vir wie ek tuisonderrig gee. Kon nie die lopende skrif regkry nie, totdat ek jou lopende skrif oefeninge gekry het.
Jy is ‘n ster!!
LikeLike
Feb 26, 2009 @ 20:40:32
Hello Rina
Baie welkom en dankie 😉 PNA winkels het sulke skrif oefenboeke – uitgegee deur MR Publications in Queensburgh, KZN. As julle die PNA in die Somerset Mall, Somerset-Wes, kontak, behoort hulle vir julle te kan help met die boekies. Die pryse is nie buitensporig nie (± R30 as ek reg onthou). Daar is Drukskrif en Lopende skrif boeke en sommer baie oefenplek…lekker skryf en lekker oefen!
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 13:57:56
Hi!
Ek is soooooo bly ek het jou bloggie raakgeloop! (Eintlik het ek al ‘n paar keer toevallig hier ingeval, maar vandag het ek eers ORDENTLIK gelees!)
Ek stem met Xanika saam, jy gaan soos in onmiddelik op my blogroll land!
J
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 18:43:11
Hello Jenny 😉
Welkom en dankie…en kom loer asseblief weer in.
Vra gerus as ek moet help (sal probeer :lol:).
LikeLike
Mar 19, 2009 @ 09:08:52
Hallo Juffrou
Ek is ‘n mamma van ‘n Graad 5 en Graad 4 seuns.
Waar moet ek begin. Die skrif is sleg, kan nie lees met begrip nie, sukkel om te leer, sukkel om toetse te skryf, veral die graad 4 outjie.
Is daar enige oefeninge wat jy kan aanbeveel wat ek met die kinders kan doen?
Ek onthou ek het in Graad 1 skrif oefeninge gehad om met die kinders te doen, maar wil graag weet waar ek ‘n hele paar verskillende tipes kan kry vir die kinders.
Groete
Yolandy
LikeLike
Mar 19, 2009 @ 15:33:32
Hello Yolandy
In die ou dae het ons mos skriflesse tot in Graad 4 gekry. Deesdae is dit nie meer amptelik deel van die kurrikulum nie. Dit is egter goed om netjies te probeer skryf en ek sal voorstel dat die seuns elke dag ‘n reëltjie of twee oefen…al is dit die woorde van ‘n gediggie of die lirieke van een van hul gunstelingliedjies. Netjiese, ritmiese skrif skep ‘n goeie indruk, maar aan die anderkant het baie dokters onleesbare handskrifte!
In terme van die leesbegrip: Leesbegrip vloei voort uit ‘n kombinasie van boustene. ‘n Goeie kennis van klanke, sigwoorde, goeie leeswoordeskat, ‘n vermoë om die klanke vinnig tot ‘n woord te bou…
Wanneer julle leer, kan julle die werk stukkie vir stukkie neem. Waaroor gaan die paragraaf? Watter tipe vrae kan meneer daaroor vra? ‘n Hoe-vraag, ‘n Waarom-vraag, ‘n Wanneer-vraag, ‘n Wat-vraag…? Soek die hooftema van elke paragraaf en maak ‘n geheuekaart / mind map / spinnekopkaart daaroor. In hiérdie paragraaf praat die skrywer van die landsvlag. So lyk dit. Dít is wat elke kleur beteken. In hiérdie paragraaf praat lees ons van die nasionale embleme. Hoeveel noem die persoon? Wat stel dit voor? Kan jy dalk vir meneer verras met nog ekstra simbole en kennis?
Wanneer julle leer kan julle werk aan ‘n lys moontlike vra. Bv. Hoe het die Egiptenare boodskappe vir mekaar geskryf? Ontleed nou die sin…Wat is die vraag? HOE. Waarvan praat die onderwyser? EGIPTENARE en BOODSKAPPE. Meneer wil dus weet hoe die Egiptenare vir mekaar boodskappe geskryf het. Dan vertel ek alles wat ek van daardie geheuekaart kan onthou (die een oor papirus, hul manier van skryf, skrif en waar hulle geskryf het). Gebruik ook die teks uit die vraag om te begin: Die Egiptenare het boodskappe vir mekaar geskryf op papirusrolle. Dit het so… gelyk en is so…gemaak. Hulle het so…gemaak om ink te kry en het dan met …op die papirus geskryf. Soms het hulle…gebruik om boodskappe van spesiale gebeurtenisse teen die mure van tempels te skryf… (my inhoud is dalk nou nie feitlik korrek nie :wink:)
Hou julle opsommings en gebruik kleur en sketse saam met die “opsommings”. Die eksamens gebruik altyd die ou toetswerk vir so ‘n paar ekstra punte. As julle moet leer vir ‘n spesifieke tema, soek ekstra “inkleur”-inligting op die net en werk ook paragrafie of stuk-vir-stuk deur. Dit help om die outjie se algemene begrip vir die akademiese taal ook uit te brei.
Depicta is ‘n organisasie wat opvoedkundige leermateriaal verkoop – van plakkers tot boeke. Hulle het ook oefengidse vir skrif – lopende skrif en drukskrif (R35 tot R60 per boek – in Afrikaans beskikbaar). Kontak hulle deur die webwerf.
As die seuns nie altyd gewillig is om na Ma te luister nie, kan die hulp van ‘n tutor (met onderwys agtergrond) of ‘n remediërende opvoeder se hulp ingeroep word vir studie en lees hulp. 😉
Ons toetsreeks het reeds Maandag begin. Ek hoop dat julle ‘n rustige toetstyd sal hê 😉 Sterkte!
LikeLike
Feb 11, 2011 @ 08:25:49
More Juffer, ek wil net hoor die font wat jy gebruik, die Teachers Pet Thin is dit by die nuutse MS Word. Want ek het MS Word 2003 en die font in glad nie daar nie. Baie dankie vir so ongelooflike hulpmiddels vir ons mammas. Ek dink ons is almal bly oor jou webtuiste.
LikeLike
Feb 12, 2011 @ 14:40:15
Middag, Elmarie 😉 Ek het dit destyds apart aangekoop. Ek stuur vir jou.
LikeLike
Apr 07, 2011 @ 10:37:23
hallo juffer! Ek is ‘n GrR juffer en altyd op soek na nuwe inligting! Jou inligting is besonders insiggewend en jou idees is baie kreatief en uiters uitvoerbaar. Baie dankie! Sterkte vd 2de kwartaal. Groete
LikeLike
Apr 07, 2011 @ 16:18:46
Baie dankie, Elmahrie 😉 Kom loer gerus weer in en stuur jou kollega’s en ouers ook hierheen 😉
LikeLike
Aug 02, 2011 @ 12:18:40
Hi Juffer
Ek is dringend opsoek na die font teachers pet, ek het nou al oral gesoek maar kry net soortgelyke fonts en dan is daar altyd ‘n letter wat nie reg is nie. Ek is ‘n student wat nou besig is met my diploma vir educare en my take moet gedoen word met die font, sal dit baie waardeur as jy my kan help met ‘n link of so.
Groete Andrea
LikeLike
Aug 02, 2011 @ 18:21:44
Ek stuur vir jou die font. Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Mei 13, 2016 @ 09:02:35
Môre
Ek het vroeër die font teachers pet afgelaai op jou blog, maar nou kry ek dit nêrens weer opgespoor nie. Kan jy asb help?
Dankie
LikeLike
Mei 13, 2016 @ 15:39:56
Middag, Charmaine 😉
Ek stuur dit vir jou per e-pos. ABC en CAMI fonts kan hier afgelaai word.
LikeLike
Aug 17, 2011 @ 13:43:39
Ek is opsoek na RO studie materiaal as iemand dalk kan help asseblief.
LikeLike
Aug 17, 2011 @ 19:06:29
Hallo, Liezl
Is dit vir ‘n kursus? Vir ‘n opvoeder of is jy op soek na werk om met kinders te doen? Laat weet gerus – dan sal ek vir jou help soek 😉
LikeLike
Aug 18, 2011 @ 09:27:42
Dit is vir my suster. Sy was by ‘n kenner en hy het voorgestel haar kind kry RO, sy bly in Klerksdorp en daar is NIEMAND wat RO aanbied nie. Die prof se toe oor sy ‘n kinderterapeut is sal sy self vir hom kan RO gee. Sy het die boek Remedierende Onderwys in die primere skool gebruik (ou boek – skrywers MC Grove en Hauptfleisch) maar sy is opsoek na die programme wat die skole nou aankoop vir RO. Nogmaals dankie, hoop jy kan help, dis redelik dringend. Charl (haar seuntjie) het so angs dat hy misluk dat hy op medikasie is. RO is ‘n moet nou en sy is die enigste een wat hom nou kan help.
LikeLike
Aug 19, 2011 @ 16:50:09
Middag, Liezl 😉
RO volg in ‘n mate presies dieselfde beginsels (didaktiek of klasgee vaardighede) as wat onderwysers aanbied – veral in die Grondslagfase. Daar is nie juis nuwe of ander handleidings nie. Daar is ander handleidings soos “Maak spelling maklik” (Visser, E. 1993. Maak spelling maklik. Pretoria: De Jager HAUM.) en Nokkie Hartman (sien blogroll vir ‘n skakel na haar webtuiste) se werkboeke, maar in die meeste gevalle volg ons Grove en Hauptfleisch se idees om nuwe werk te skep. Ek is nie seker hoe oud die seuntjie is nie, maar stel voor dat julle ook vir reekse soos SLIMKOPPE en ALLES-in-EEN soek. Hulle het oulike onderwysersgidse en werkboeke vir kinders. Ek “knip en plak” maar om die werk nommerpas te maak vir die outjies waarmee ek werk. Jou suster kan met liefde hier op die blog kom loer vir nog idees en vra indien daar spesifieke probleme is wat aandag benodig. Baie sterkte 😉
LikeLike
Okt 11, 2011 @ 08:54:00
Uitstekend!! my seuntjie is 4 en ‘n half en ek het vir hom oulike goed afgelaai wat hom in die middag lekker besig kan hou!
LikeLike
Okt 13, 2011 @ 21:10:30
😉 Ek is bly, Elzna
Onthou om ook na Peuters (op Facebook), Klein Breintjies en Kleuters se webtuistes te loer – wat spesifiek op die kleiner outjies fokus.
LikeLike
Jan 29, 2012 @ 22:55:15
Hallo juffer
ek sien jy maak gebruik van teachers pet thin. kan jy asb dit vir my aanstuur?!
baie baie dankie.
LikeLike
Jan 30, 2012 @ 19:09:09
Dit is in jou in-mandjie 😉
LikeLike
Feb 14, 2012 @ 13:46:54
Goeie middag Juffer
Ek is dringend opsoek na die ‘Grade 1 font’ of soos ons dit ken as die ou bord skrif ‘font’. Die een met die boopies en regte t y ens… Teachers pet is nie die regte een waarna ek opsoek is nie.
As mens op http://www.edu-aid.co.za/ dit is dai eenetjie. Mar kry nie n aflaai weergawe nie. Ons by die skool het sasson font…mar dis ook die verkeerde een.
Groete
LikeLike
Feb 14, 2012 @ 17:03:29
Middag, Dorothy 😉 Ek stuur vir jou Teachers Pet 😉
LikeLike
Feb 15, 2012 @ 00:07:58
Ek sal ook baie graag die font wil he vir Graad 1.
Groot asb.
LikeLike
Feb 15, 2012 @ 16:56:16
Ek stuur vir jou 😉
LikeLike
Apr 04, 2012 @ 15:05:19
Hallo Juffer,
Ek is ‘n nuwe graad R juffrou en wil net weet waar ek die rekenaar program vir die goedgekeurde handskrif vir die Junior Primere fase kan kry, aflaai, kopieer ens. Help asseblief.
Petra
LikeLike
Apr 04, 2012 @ 18:37:12
Middag, Petra 😉 Ek is nie heeltemal seker of en waar ‘n mens ‘n departementele skrif kan aflaai nie. Ek stuur egter vir jou Teacher’s Pet 😉
LikeLike
Jan 11, 2023 @ 10:21:25
Goeiemore sal jy asb die skrif vir my ook stuur.
LikeLike
Jan 11, 2023 @ 13:52:21
Ek maak so 🙂
LikeLike
Okt 23, 2012 @ 16:20:28
Middag, se my asb waar ek n afrikaanse kursiewe handskrif oefen boek kan koop. Dankie
LikeLike
Okt 23, 2012 @ 17:51:32
Middag, Leonora 😉 the happy handwriter en depicta verkoop sulke boeke. Jy kan ook hier loer vir nog idees. 😉
LikeLike
Nov 08, 2012 @ 10:47:54
Ek het hierdie web tuiste per ongeluk ontdek, maar glo my ek gaan hom beslis baie gebruik. Dankie hier is baie idees.
LikeLike
Nov 08, 2012 @ 18:02:53
Kom loer gerus weer in, Anria 😉
LikeLike
Mar 17, 2014 @ 13:41:47
My kind is links. Sy skryf van regs na links. Wat kan ek doen om haar reg te help.
LikeLike
Mar 17, 2014 @ 19:46:39
Middag, Lizelle 😉
Lees gerus hier oor linkshandigheid. Lê ook die begrip of kennis van links en regs vas. Doen ook oefeninge om die handspiere te versterk, maar indien die skryfspoed en omkerings nie na ‘n week of twee verbeter nie sou ek ‘n arbeidsterapeut geskakel het – veral as die outjie reeds van skoolgaande ouderdom is. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jul 22, 2014 @ 13:20:37
Middag Juffer
Ek hoop u kan help. Waar kan ek dringend Teacher’sPet aankoop ? Moes my rekenaar opgradeer na Windows 7 en het myne nou verloor. Al my dokumente in hierdie skrif is totentaal uitgegooi oor hope bladsye.
By voorbaar baie dankie
Elna
LikeLike
Jul 22, 2014 @ 18:05:54
Middag, Elna 😉 Probeer gerus hierdie skakels.
LikeLike
Sep 11, 2014 @ 20:29:20
Middag, kan ek ook asb die vaste skrif font by jou kry? Ek is die laaste een wat my dogtertjie moet leer mooi skryf! Ek skryf soos ‘n krap, doen Homeschool, so ek MOET! Dankie!
LikeLike
Des 14, 2014 @ 00:38:23
Hallo, Annemie 😉 Tik gerus soekterme soos “fynspier, handspier, tuis idees, skrif, skryf, lopende skrif, potloodgreep…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant (laer af) in. Vir ‘n “font” om na te trek, kan julle hier loer 😉
LikeLike
Mar 13, 2015 @ 20:25:03
Ek het ‘n interessante ontdekking gemaak waar ‘n gr1 leerder al sy klankies dwars skryf. die klankies is nie altyd korrek nie, maar wat hy ookal skryf, die letter lê op sy sy. Ek het raad nodig asb
LikeLike
Mar 18, 2015 @ 02:38:43
Hallo, Maryna 😉 Hoe sit die outjie as hy skryf? Dwars? ‘n Mens sou oefeninge wou doen om aandag aan die posisie in die ruimte, visuele persepsies, ens. te skenk. Indien gewone oefeninge nie help nie, kan jy beslis ‘n oogtoets en/of ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut aanraai vir hulp. Hier omkanteling van simbole kan dalk tot ‘n verwarring van u/n, t/f, s/z/2/N, b/d/p/9/q, ens. lei. Tik gerus soekterme soos “ogies, oogprobleem, VMI, tuis idees, oefening, links en regs, posisie, b en d…” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in vir nog idees en oefeninge. 😉
LikeLike
Mei 20, 2015 @ 18:33:44
Ek is opsoek na die lopende skrif font. Dit is vir ‘n taak wat ek moet doen.
LikeLike
Mei 22, 2015 @ 01:17:41
Hallo, Eloïse 😉 Jy kan dit hier aflaai.
LikeLike
Nov 15, 2015 @ 20:01:31
Vreeslike oulike idees, ek probeer juis my leer gestremde seun leer skryf. Gaan dit defnetief probeer.
LikeLike
Nov 16, 2015 @ 01:24:46
Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Des 16, 2018 @ 08:44:38
Hallo. Ek is opsoek na ‘n afrikaanse video wat die regte lettervorming vir skrif aanleer. Enige voorstelle?
LikeLike
Des 16, 2018 @ 15:42:22
Hallo, Rene 😉
Ek weet nie tans van ‘n video nie, maar daar is wel toeps waar jy jou eie stem-opname kan byvoeg. Kyk veral na Writing Wizard. Loer gerus ook na die stukkie oor robotkaarte en spikkelskrif. Dit mag dalk help 🙂
LikeLike