Dit is amper tyd vir die groot skool. Dit is nou tyd vir ekstra werk en speletjies om die vaardighede op te skerp. Hiermee ‘n paar aktiwiteite om op ‘n lekker speel-speel wyse te doen. Hou alle “skool” aktiwiteite of speletjies lekker en informeel. Indien die kleinding sukkel, stop die speletjie en gaan oor na iets anders. Skool moenie met ‘n spanningsvolle ervaring verbind word nie…
Ouditiewe Persepsie
(praat agter ‘n skerm soos ‘n koevert of stuk papier – sodat die lippe nie sigbaar is nie)
- Watter klankie hoor jy aan die begin? Wat hoor jy eerste? (Spreek die “vet” klankie met mening uit. “Oordoen” dit.)
bal
lap
hap
toon
sit
man
nek
rok
-
Watter klankie hoor jy in die middel?
(KVK – Konsonant, Vokaal, Konsonant)
mot
kat
sit
rek
bus
Later…(Graad 1, 2 en 3)
(Dubbelklanke)
toon, room, foon…
naam, gaap, laat…
vuur, suur, muur, nuut…
meel, veer, neem…
Nog later…(Graad 1, 2 en 3)
(Tweeklanke)
vuil (met ‘n diep stem)
seil (met “plat” lippe)
boek
koud
deur
-
Watter klankie hoor jy laaste? Watter klank hoor jy aan die einde?
(KVK – Konsonant, Vokaal, Konsonant)
kat
man
bos
bal
stof…
-
Noem vier woorde – waarvan drie identies is. Watter een pas nie?
Bv. nek, man, nek, nek.
Skuif die “ander” woord rond. Bv. buk, buk, buk, dak. hak, hak, tak, hak.
-
Sê twee woorde wat óf dieselfde is óf eenders is. Bv. seep/seep, doek/boek. Die kind moet sê of die woord dieselfde of anders is. (‘n Kop-knik of –skud is ook in orde.)
Geheue
- Noem 2 KVK-woorde. Die kind herhaal. Bv. mat, pen.
- Noem 3 KVK-woorde. Die kind herhaal. Bv. tas, bed, rok…Vermeerder tot 5 woorde.
- Gee ‘n opdrag met een aksie. Bv. skakel die lig aan…Vermeerder die aksies tot 4 (mettertyd). Bv. Skakel die lig aan, maak die deur toe, bring die boek en klim op die bed.
VISUELE PERSEPSIE
Gebruik ‘n besige prent of foto.
- Soek sekere items. Bv. Druk met die vinger op al die geel blomme. Omkring al die driehoeke. Omkring al die groot bome.
- Kyk na twee eenderse prente en soek die verskille (gewoonlik in aktiwiteitsboeke).
- Skryf ‘n klomp syfers rond en bont op ‘n bladsy neer. Omkring al die 2’s / 3’s / 4’s, ens.
- Soek takies soos:
- Watter prentjie lyk dieselfde as die eerste een?
- Watter prentjie pas nie?
- Soek die maats.
- Omkring al die prente wat met ‘n s begin (oorvleuel met ouditiewe takies).
Geheue
- Pak drie speelgoed langs mekaar. Wys aan die kind. Bedek na 5 tellings. Die kind moet opnoem wat hy gesien het. Later moet hy die volgorde herroep of die items self na pak.
- Kyk na 3 tot 5 prente. Bedek. Wat het jy gesien? Was jy reg?
- Kyk na ‘n besige prent. Bedek. Wat het jy alles gesien? Wys nou vir my waar is die …? (Wys die genoemde items uit.)
- Wys ‘n eenvoudige lynskets. Neem weg. Die kind moet dit teken. (Begin by vorms en dan eenvoudige “simbole”.)
- Skryf 2 tot 5 syfers in ‘n ry. Bedek. Die kind met dit skryf.
Aksies met rigting-woorde, woordeskat en waardevolle konsepte
- Druk op die blom langs die huis, voor die boom, links van die motor, regs van die hond…
- Raak aan jou… (liggaamsdele – ook knie, skouer, elmboog, ken, hak…)
- Raak met jou linker- / regterhand aan jou …
- Raak met jou linker- / regterhand aan jou linker- / regter-…
- Gee aksies om te onthou (soos by die ouditiewe afdeling), maar las rigting by. Bv. Skuif die gordyn na links en maak die venster oop. Bêre die glas regs van die wasbak en die bord links van die wasbak.
- Pak speelgoed in ‘n ry en wys uit. Watter speelding staan eerste? Laaste? In die middel?
- Drie tot vyf prente in ‘n ry: Watter prent is eerste? Tweede? Laaste? In die middel? Watter prent kom na die …? …voor die …?
- Sorteer prente volgens dinge wat in die oggend (borsel tande, trek aan, eet pap…), gedurende die dag (skool toe, speel) of nag gebeur (slaap, bad…).
- Deel items uit. Bv. Verdeel die lekkers tussen twee kinders. Hoeveel kry elkeen? Hoeveel bly oor?
- Kyk na versamelings (3 to 4 groepies). Watter groupie het die meeste / minste items?
- Tel voorwerpe. Skryf die syfer (tot 10). [Gebruik die regte skrif.]
- Volg die stippellyn. (bv. van die kat tot by die muis)
- Volg die doolhoof.
- Knip op die lyn (reguit lyne, effense kurwes…)
- “Lees” logo’s soos die name van bekende winkels, eetgoed, koeldrank, padtekens…
- Bou legkaarte.
- Lees BAIE stories, sing liedjies, sê rympies op…maak stories op, maak gediggies op…
Rig ‘n hoekie vir “lekker werk” iewers in die huis in. ‘n Hoekie in die slaapkamer sal fantasties wees. ‘n Spesiale houer vir kryte, potlode en veselpenne (koki’s) kan op die “lessenaar” staan – met baie afvalpapier (ou blaaie met skoon agterkante is ideaal). Knip verskillende vorms uit x-straalplate of skaf stensils (selfs ou deksels, plekmatjies…) aan. Hou ‘n verskeidenheid “teken-” of “verfgoed” aan. ‘n Mens hoef nie net met ‘n kwas te verf nie. ‘n Ou skeerkwas, sponsie, oorstokkies en vingers is fantasties. Hou maar altyd ‘n ou lappie (die dun, blou kombuislappies is baie handig) naby om die vingers skoon te hou. Indien daar nie ‘n voorskoot naby is nie, kan gate uit ‘n inkopiesak geknip word vir die kop en arms. Siedaar! ‘n Weggooibare voorskoot. ‘n Tafeldoek kan uit ‘n swartsak geprakseer word. Pep het egter rolle plastiek (in oulike ontwerpe) om spesiale en goedkoop tafeldoeke te maak.
Stempels hoef nie duur en gekoopte items te wees nie. ‘n Een-sessie stempel kan uit aartappels gemaak word. Sny die aartappel in die helfte, “teken” jou ontwerp met die mespunt en kerf rondom. Dit gee dieselfde effek as ‘n stempel en is sommer “personalised” vir die kleinding. Groter kinders kan natuurlik woorde stempel – indien iemand 26 klanke wil kerf 😉 Vra ook vir vriende of daar nie ongebruikte, ou stempel by die kantoor lê nie – vir ‘n skenking. Kantore en fabrieke het dikwels ou afvalmateriaal, plakkers en diesmeer wat kleingoed op kreatiewe wyses kan gebruik.
Gebruik gemorspos, ou koerante en tydskrifte:
Maak klein winkeltjies in die kamer (woordeskat ontwikkeling)…
Gebruik gemorspos om die logo’s uit te knip en plak dit teen die muur vas. Hoeveel selfone is daar in jou winkel? Watter selfoon is die grootste? Kleinste? Wat verkoop jy in hierdie winkel? Waar gebruik ek hierdie items? Sorteer prente van meubels en elektriese apparaat volgens vertrekke. Waarvan hou jy?
Gebruik die prente in gemorspos om ‘n huis te versier. Gebruik ‘n ou doos (of verskeie) om “pophuise” te maak – met meubels, matte, mense, ens. Wees lekker kreatief, maar doen hierdie aktiwiteite SAAM MET die kleinding. Die doel van hierdie kreatiewe werk is om baie te gesels, om woordeskat aan te leer en te ontwikkel, om die handjies besig te hou en om die verhouding tussen ouer en kind te versterk.
Lekker speel!
Okt 31, 2009 @ 12:10:02
een van die min blogs wat sy reg in die kubberruim verdien … baie dankie vir al die moeite … en jou tags help ons ander om jou postings by ons inte lees…
LikeLike
Okt 31, 2009 @ 15:30:54
Dankie, Bierpens! 😉 Ek hoop ek kan darem een of twee dingetjies noem wat kan help 😉
LikeLike
Nov 01, 2009 @ 02:04:35
Ek was so 2 weke terug nie baie gelukkig nie, ‘n familie-lid se gr1-eentjie is deur ‘n Opv Sielkundige met Aandagtekort sindroom geidentifiseer, maar eers het sy allerlei toetse met die kind gedoen. AL die “uitvalle” wat die kind “getoon” het is met gr2 en gr3-klanke. Die verslag is aan my ge-email (ingeskandeer) en ek kon als lees en al die ouditiewe toets/leestoetse/speltoetse..die hele toetie. Ek wou die creeps kry toe ek sien die vrou se die kind het “probleme” – en als is op dinge wat die arme outjie nog moet leer.bv hy het seuntjie “sienkie” geskryf…dis baie logies vir ‘n gr1-tjie om seuntjie so te skryf want die gr2-klank (eu) is nog nie vasgele nie en die gr3-woord wat eindig op “-tjie” is ook nog minder vasgele. Liewe aarde, hoe kan jy se dat die kind “probleme” het as als nog geleer moet word – al sy gr1-klanke woorde was reg en geen uitvalle daarmee nie. Ek dink “party” Opv Sielkundiges moet bietjie by die skole gaan kers opsteek om te weet wanneer hul wat doen – as hulle dit nie in hul kursusse doen nie. [sug]
LikeLike
Nov 01, 2009 @ 11:35:28
Ek stem saam, Nikita. Hulle moet darem immers noem dat sekere klanke nie in Graad 1 gedoen word nie – of slegs terloops aangebied word. Verkleinwoorde word immers eers formeel in Graad 3 aangeleer. Ek hoop jy het die sielkundige se oor geknoop :wink
LikeLike
Nov 01, 2009 @ 13:40:28
Ek wens ek kon! Gelukkig kon ek die ma en ouma gerus stel dat die outjie nie eintlik probleme het nie en toe kom die neuroloog ook toe boonop en se sy het die kind “verkeerd” gediagnoseer (na ek op die email gereageer het en letterlik woord vir woord geneem het en daarop gereageer het)[ek glo nie hulle het my antwoord na die neuroloog geneem nie] en dat hy nie aandagtekort het nie…ek slaan my hande saam…[groot sug] gelukkig is hy ook nou oorgeplaas na ‘n ander juf se klas (so op die einde) en is hy nou baie gelukkig en sien hy uit na skool en is hy glo nie meer ‘n “probleem” nie.
LikeLike
Nov 11, 2009 @ 22:43:08
Dag ek lig jou in oor “verdere” nuus oor die outjie..by ‘n nuwe juffrou mos -soos ek hierbo gese het – sy ogies is getoets -soos ek aanbeveel het – en ek het vandag email gekry en die outjie moet bril kry – hy kan nie naby sien nie! Nou vra ek jou, het daardie Opvoedkundige Sielkundige nie agtergekom die kind het oogprobleme nie? Is ek ook nie reg as ek se dat Onderwyseresse uit ‘n kind se handskrif kan sien dat daar moontlike oe-probleme is nie…dis baie ooglopend as die kind opvallende probleme het. Ek’s net bly dat sy probleme stadigaan opgelos word en dat hyself meer positief oor hom kan voel en weet dat “ander dinge” hom gekniehalter het tot dusver. Dit wys net weereens, oe en ore speel ‘n groot rol by kinders se leerprobleme en kan hulle so gou as “stout” geklassifiseer word.
LikeLike
Nov 12, 2009 @ 19:11:18
Ai, jai jai…Ons het onlangs ‘n Gr. 2 outjie gehad wat “af gekyk” het. Die juffrou kon nie verstaan waarom die kind gedurig met sy maats gesels en by hulle wou afskryf nie. Toe sy vir hom vra wat aangaan, kom hy uit met die sak patats: Boeta kan nie sien wat op die bord staan nie! Dit was Okt van sy Graad 2-jaar! Na ‘n oogtoets en ‘n brilletjie het sy punte begin styg en het sy werk begin verbeter. Die mannetjie wat amper ‘n jaar herhaal het, floreer nou! Gelukkig het jou familie-outjie ook betyds hulp gekry. Wys jou net… Juffrouens weet wel beter 😆 ! 😆
LikeLike
Des 16, 2009 @ 19:07:00
Okt 05, 2015 @ 06:56:18
Het klein kinders wat verseker hierby kan baat vind.
LikeLike
Okt 05, 2015 @ 13:44:35
😉
LikeLike
Okt 05, 2015 @ 08:04:48
Dankie vir insiggewende idees!!!
LikeLike
Okt 05, 2015 @ 13:44:06
😉
LikeLike
Okt 06, 2017 @ 07:50:04
Baie dankie dat jy jou insig op so ‘n kundige wyse deel!
Judy Oberholzer
LikeLike
Okt 06, 2017 @ 13:22:51
Dankie, Judy 😉 Kom loer gerus weer in.
LikeLike