Tuis

Maart

2 Kommentaar


Maart begin met Wêreld Boeke Dag op die 5de, Biddag vir Vroue is op die 6de, Biddag vir Mans is op die 7de en Internasionale Vrouedag op die 8ste.

Hersien jou kennis van die Deweystelsel. Hoe het ‘n mens in die ou dae boeke op gespoor en hoe doen ‘n mens dit nou? Wat is ‘n katalogus?

UNESCO se Internasionale Wiskunde Dag word op die 13de gevier en Pi Dag op die 14de. Wêreld Wiskunde Dag is op die 25ste. Watter interessante wiskundige konsepte of somme kan julle bestudeer?

Daar is ‘n spelkompetisie in Zambië later in die maand. Hou sommer ‘n spelopknappingskursus by die skool.

Wat kan jy doen om ‘n bietjie meer gelukkig te wees of om ander gelukkig te maak?

Betrek onpaar sokkie of dra geel en blou op Downsindroomdag.

Op Menseregte dag kan ‘n mens na mense- en kinderregte (en verantwoordelikhede) loer.

Tydens die week van die 16de tot 20ste Maart, skenk ons aandag aan waterbesparing. Wat doen jy of jou skool om water te bespaar?

Hersien jou kennis van epilepsie. Weet die personeel hoe om leerders te help en is daar leerders in jou skool wat dalk hulp kan benodig?

Earth Hour is ‘n uur om krag te bespaar. Speel bordspeletjies of lees by lampe en kerse. Ons weet mos hoe 🙂

Februarie

Lewer kommentaar


In Februarie is daar heelwat dinge om na uit te sien. Op die 4de vier ons Luidleesdag – ‘n dag waartydens ons alles om ons kan lees en na ander se voorlesings kan luister. Op die 23ste, is dit Pinocchiodag na aanleiding van die dag (in 1940) waarop Disney die storie aan die wêreld bekend gestel is.

Maak ‘n lysie van al die mooiste stories, want op die 26ste is dit sprokiesdag. Trek soos boekkarakters aan, versier die gange en kyk stories terwyl die byskrifte (CC/Closed Captioning) wys.

Op die 8ste vier ons Biddag vir Onderwys en Opvoeding. Skryf ‘n kort gebedjie neer en deel dit uit. Bid gerus vir elke rolspeler in jul skool en dan ook wyer – tot op die boonste vlakke in die land.

Op die 11de vier ons Internasionale Dag vir Vroue in die Wetenskappe. Is daar van hierdie dames in julle omgewing? Watter beroepe volg hulle en wat kan ‘n mens in die wetenskappe studeer?

Op die 10de, werk ons ‘n bietjie harder om goeie keuses op die internet te maak. Heelwat skole begin riglyne instel om selfone te verbied. Waarsku die gemeenskap teen slenters en ongewenste praktyke. Is daar iemand in die gemeenskap wat inligting met ouers kan deel? Watter riglyne beveel julle in die rekenaarklas en tuis aan? Bv. Gebruik onder toesig, binne seker tye, slegs in sekere vertrekke…tydsbeperking…

Op Valentynsdag, kan ons maats en vriendskappe vier en op die 17de kan ons Medemenslikheidsdag vier deur ‘n bietjie gawer te wees.

Onthou om jou moerdertaal op die 21ste te huldig. Beeld ‘n oulike idioom of segswyse uit. Is daar iets wat net in julle omgewing gebruik word en wat beteken dit? Kan ‘n mens dit met ‘n bekende idioom vervang? Gebruik die dag om so suiwer as moontlik te praat.

Wat kan jy doen as iemand jou uit buit? Dit kan by die Boelieteenkampingsdag op die 24ste aansluit. Dra iets ‘n pienk hemp, bloes of lint om boeliegedrag op allerlei vlakke aan te spreek.

Skool toe

Lewer kommentaar


Loer na vorige skrywes hier onder en tik soekterme soos boek oortrek, naamkaartjies, ens. by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir meer idees. Juffrouens kan soekterme soos eerste dag, pasella, klaskamerdekor, ens. gebruik. Hierdie skrywe sluit enkele hulpmiddels in. Snuffel deur die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant of vra gerus en ek sal help om nog idees te soek.

Op die 17de sou ons Betty White se verjaarsdag gevier het. Mense word aangemoedig om skenkings aan dierebeskermings organisasies te maak – al is dit die kleingeld in jou beursie.

Hierdie spesiale dag (18de) val op A.A. Milne (die skrywer) se verjaarsdag. Trek soos een van die karakters aan, sing van die liedjies, lees die storieboekies, beweeg soos die karakters tydens LO-klasse, versier die verskillende areas in die klas soos die huise van die diere of versier jou klasdeur. Eet heuning, heuning koekies of heuning broodjies.

Op die 23ste vier ons Skrifdag. Gesels oor die potloodgreep, patrone, drukskrif, lopende skrif of algemene riglyne (handleidings).

Wie kan die hoogste Lego toring bou? Wie kan die sterkste brug bou? Bou ‘n lang pad of muurtjie en meet die lengte en hoogte. Hoeveel blokkies (van elke kleur) het jy in jou struktuur gebruik? Bou konstruksies in groepe of as tafelmaats en neems foto’s van al die interessante skeppings.

Druk die lys hier uit.