Tuis

Skakels na skole


Adverteer jou skool gratis…gee die skakel en ek plaas dit hier…

1. Curro Roodepoort

2. Laerskool Fairland

3. Laerskool Totiusdal

4. Spesiale skole

5. Laerskool Kruinsig

6. Werda Skool, Durban

7. El Zera Privaatskool vir Hulpleer, Randburg (083 258 4231)

8. Lynnwood Glen, Pretoria

9. Primêre / Laerskool Somerset-Wes

10. Laerskool Stephanus Roos

11.  CVO Skool Bethlehem (Privaat)

12. Rietvlei Akademie, Pretoria (Privaat)

13. Sungardens se lysie skole (Pretoria)

14. Laerskool Villieria

15. Raslouw Akademie (Centurion)

16.  Noordskool (Krugersdorp)

17.  Kannemeyer Primêre Skool (Grassy Park)

18.  Bronberg Akademie (Pretoria)

19.  Woelwaters Akademie / Xeta College

20.  Laerskool Vaalwater (Bosveld)

21.  Kleuterskool vir leerders met spesiale leerbehoeftes:  Situla (Pretoria-Oos)

22.  Veritas-Akademie (Doringkloof)

23.  Centurion Christelike Laerskool (Clubview, Centurion)

24.  Mulbarton Remedial School (Johannesburg)

25.  Regio Centurion Skool (012 654 2031)

26.  Kontiki Preprimêr

27.  Witbank – ‘n Alternatiewe Afrikaanse skool, vir outjies wat nie in die hoofstroom aard nie. (072 623 4706, Zelda Cameron)

28. Headstart Preschool  (Randburg)

29. Jou-Skool Akademie in Ras Louw, Centurion (Gr.R tot Hoërskool)

30. Minkateko (Krugersdorp)

Soek volgens provinsie en dorp/stad:

  1. Gauteng
  2. Kwa-Zulu Natal
  3. Limpopo
  4. Mpumalanga
  5. Noord-Kaap
  6. Noord-Wes
  7. Oos-Kaap
  8. Vrystaat
  9. Wes-Kaap

Sien ook “Skole wat spesialiseer

511 Kommentaar (+add yours?)

  1. Andre
    Sep 19, 2010 @ 13:17:06

    My dogetertjie is gedaignoseer met ADD. Sy is tans in GR0. Na toetse het dr. en arbeidsterapeut het gese dat sy eerderin n remedieerende skool moet wees volgende jaar. Kan jule asb vir my n paar skole na toe verwys in Pretoria. Ons is tans woonagtig ine Montana Pretoria.

    Baie Dankie

    Peggy

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 20, 2010 @ 16:56:36

      Middag, André en Peggy 😉 Julle kan gerus kontak maak met Linda De Rooster (082 883 7410 / 012 331 3942) ‘n opvoedkundige sielkundige in Pretoria. Ek is nie van die area nie en wil nie vir julle die verkeerde name deurgee nie.

      Ek het ‘n boodskap van Ronel gekry:
      LiewenHeersie Akademie is ‘n Remedierende Leersentrum vir leerders met ADD, ADHD en Leeruitvalle. Ons is in die Ooste van Pretoria gelee in Atterbruyweg op ‘n groot hoewe.
      Kyk op Facebook, ons het ‘n PAGE: Liewenheersie
      Groete
      Ronel Wiese
      082 805 1091
      ronel@wirelessza.co.za
      Ek hoop julle word gou gehelp… 😉

      Like

      Antwoord

      • Elmari KEMP
        Okt 12, 2010 @ 21:48:45

        My seuntjie is ADHD deur Dr Lippert en Dr Erasmus gediagnoseer. Dr Erasmus in Moot hospitaal is ‘n expert op die gebied en julle kan hom dalk gerus kontak.

        Ek is na Curro Roodeplaat verwys waar die maksimum leerlinge in die klas 20 mag wees. My seuntjie word opgetel by Pick ‘n Pay Retail Park in Zambezi met die bus en weer daar afgelaai. Hy is by juffrou Delanie du Toit in Gr 1. Hy doen goed en het nog nie een dag gehuil om nie skool toe te gaan nie. Dit was feitlik elke dag ‘n tranedal om kleuterskool toe te gaan.

        Hy ontvang arbeidsterapie en spraakterapie in skooltyd.

        Ondersoek die skool as ‘n moontlikeid. Vir ons werk dit!

        Hulle web-verwysing is op die blog.

        Elmari Kemp

        Like

      • juffer
        Okt 13, 2010 @ 05:22:10

        Ai, dis lekker! Ek is regtig bly dat die outjie gelukkig is by sy skool. Wat kan ‘n mens meer vra as ‘n gelukkige gesiggie 😉
        Dit laat ‘n ouer mos met ‘n geruste hart werk toe gaan. Dit is vir my ook ‘n positiewe punt dat die kleingoed in die oggend vir terapie gaan, want dan is hulle nog “vol energie”. ‘n Stywe druk vir die oulike grootman!

        Like

      • Angelique
        Jul 16, 2019 @ 11:22:48

        Middag ek wil graag hoor is da iets soos studie klas of na skool vir hoë skool kinder wat extra hulp benodig. My man se seun woon by sy ma wat voltyds werk. Hy is in HTS tuine in graad 8 en druip wuskinde afrikaans en engels. Ons het regtig iemand nodig wat kan help met huiswerk en hom kan help waar hy vas hak . Hy is n skaam outjie en sukel. En omrede hy in die E klas geplaas is. Is die klas woes dat soms juffrou nie klas gee nie. Nou hoe moet hy opstaan en vra vra in so klas . Enige raad of hulp middles of na klasse om hom te kan help asb

        Like

      • Juffer
        Jul 16, 2019 @ 18:58:31

        Hallo, Angelique 🙂
        My kennisveld is tot die laerskool beperk…Heelwat skole het ‘n voorligtings- of leerondersteunings opvoeders – ook in die hoërskool. So ‘n onderwyser sal vir jou name van tutors of ekstra klasse in jul area kan aanbeveel. Hoor gerus of die outjie dalk deur die skoolsielkundige getoets kan word om raakvat, spesifieke aanbevelings te kan maak in terme van tutors in jul area, vakkeuses, ens. Die skool sal ook die name van opvoedkundige sielkundiges kan verskaf indien julle privaathulp wil bekom. Die sielkundige sal ook met studiemetodes kan help.
        Ek het turtlejar en teachme2 tutor dienste raak gelees, maar ken hulle nie.
        Praat gerus môre sommer met die skool oor ekstra klasse. Sommige skole bied dit smiddae aan – vir minstens die huistaal en wiskunde. Hierdie skakel het voorbeelde van gratis vraestelle.
        Ek hoop dit kan help.

        Like

      • Nelis
        Feb 14, 2024 @ 16:17:35

        Middag
        My seun in Gr4, hy word vreeslik kwaad en sukkel baie op skool. Hy word meestal vir himself kwaad omdat hy nie dinge reg kry nie. Rustenburg.
        Is daar n staats instelling wat my kan help asb

        Like

      • Juffer
        Feb 14, 2024 @ 16:55:46

        As die skool toegang tot ‘n skoolsielkundige (deur die plaaslike skooldistrikskantore) het, kan ‘n mens vir ‘n volledige (gratis) evaluasie vra om aanbevelings te kry. Die evaluasie sal na die akademiese sy, emosionele welstand, ens. kyk om raad te gee. Sommige universiteite het sielkundige studente wat hierdie evaluasie as deel van hul opleiding doen. Indien die skool ‘n remediënde en/of leerondersteuningsopvoeder het, kan julle vir ekstra klasse vra. Skole bied gewoonlik intervensie klasse aan om werk vas te lê en te hersien.
        Hoor gerus of die skool toegang tot terapie het (bv. ‘n opvoedkundige sielkundige of ‘n maatskaplike werker) wat hom die vaardighede kan gee om frustrasie anders te hanteer. Party kerke (of organisasies soos die ACVV) het opgeleide kundiges beskikbaar.
        Indien die volledige toets ‘n ander tipe skool aanbeveel, sal jul huidige skool (en die sielkundige) aanbevelings in die onmiddelike omgewing kan gee. Begin gerus om eers met die onderwyser en leerondersteuningsopvoeder te gesels oor die moontlikhede.
        Ek hoop dit kan help 🙂

        Like

    • Chantal
      Sep 22, 2011 @ 11:48:03

      Hi, ek is ook van Montana Pretoria, my dogtertjie het ook konsentrasie probleme en ‘n sielkundige het haar kom sien en sy is in ‘n normale hoofstroom skool Wonderboom Suid Laerskool in 12de laan. Sy is nou wel in ‘n LSEN klassie. Dink gerus om haar daarheen te vat, sy vaar regtig goed en is ook ADHD

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Sep 23, 2011 @ 17:24:13

        Baie dankie, Chantal 😉

        Like

    • Aletta Sprout
      Feb 19, 2014 @ 15:41:27

      Hallo Andre en Peggy. My seuntjie is in Laerskool Wonderboom Suid se LSEN klas. Hy het ook ADHD. Julle kan gerus die skool kontak by (012) 3314142 en hulle gaan sien. Ek kan net met lof van hulle praat, en ek is maar ‘n oorbeskermde ma as dit by boeta en skole kom. Sterkte en ek hoop julle kom reg. Groete Aletta Sprout

      Like

      Antwoord

      • Juffer
        Feb 19, 2014 @ 17:51:45

        Dankie, Alette 😉

        Like

    • Annelize
      Jul 04, 2014 @ 15:37:58

      Goeie Dag Andre

      Ek lees nou jou navraag hierbo. Ek werk tans by ‘n instansies met die naam van Satra / Mindworx academy (Suid Afrikaanse terapeuties ry assosiasie ) Ons het by ons instansie al van te vore baie sulke gevalle gehad waar ons al die simptome binne 3 weke merkwaardig verminder het. Ons het ‘n Unieke terepeutiese program wat nie net gepaard gaan met arbeids terapie nie maar ook Perdry terapie, natuurlike medikasie en leersentrum. Ek stel voor U skakel ons vir ‘n afspraak en meer inligting by 082 940 8943 ( Annelize )

      Ek is oortuig daarvan dat ons U kan help, sien daarna uit om van U te hoor! Sterkte..

      Like

      Antwoord

  2. Elsa
    Okt 05, 2010 @ 17:03:41

    Laerskool Tygerpoort in Lynwoodweg bied Remedierende onderrig aan leerders.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 05, 2010 @ 18:07:04

      Baie dankie, Elsa 😉 Ek is seker iemand sal die inligting kan gebruik.

      Like

      Antwoord

  3. Retha Ludick
    Nov 08, 2010 @ 08:09:57

    Ons het dringend raad nodig. My seun is 12 jaar oud en huidiglik in Graad 6. Hy het n geringe mate van disleksie. Omrede hy sukkel by die Laerskool waarin hy tans is het ons dit oorweeg om in n Privaatskool te plaas met die ACE kirrikilum. Ongelukkig glo die Hoof van die skool dat hy nie met die selfstudie sal aanpas nie. Die aanbeveling is tuisonderrig. Indien iemand asb van n skool of n registreerde persoon weet wat tuisonderrig aanbied in Randfontein, laat my asb weet. Baie dankie.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 08, 2010 @ 17:12:25

      Welkom, Retha 😉 Ek gaan op my FACEBOOK-bladsy ook vra vir name van geregistreerde tuisonderrig-groepe of -opvoeders. Kom ons hou duimvas dat ons mense kry.
      Daar bestaan ook ‘n groep of ‘n briewelys waarby jy kan aansluit. Hulle bespreek daagliks kwessies en ruil idees uit. ‘n Mens moet ‘n yahoo-rekening hê of skep om aan te sluit, maar kan die kennisgewings na enige ander e-pos adres toe stuur.
      (Terloops, ek sou iets soos ‘n tutor vir smiddae kon aanbeveel het – indien julle wel by ‘n skool met kleiner klassies wou in geskakel het. Dalk kan die tuisonderrig mense vir jou raad gee.) Kom ons gee ‘n dag of twee kans en kyk wat ons kan uitrig 😉

      Like

      Antwoord

    • juffer
      Nov 10, 2010 @ 18:48:19

      Hello, Retha 😉 Sover het ek die volgende name by Stella gekry:
      “Ram laerskool in Randgate behoort te voldoen,hul het ook ‘n voorskooltjie.Ramkriekies .Asook Betsie Verwoerd in Randfontein.Laerskool Kocksoord,net buite Randfontein”
      Dan het Catherine Grobbelaar (die hoof van El Zera Privaatskool vir Hulpleer te Randburg) ook gister geantwoord. Kyk gerus na die skakel onder die “skole” en “verwysings” blaaie. Dalk kan hulle jou in ‘n geskikte rigting stuur 😉

      Like

      Antwoord

  4. Verena
    Nov 09, 2010 @ 16:40:31

    Hallo,

    My kind is volgende jaar sy laaste jaar in Laerskool, hy is gediagnoseer met Disleksie deur Linda de Rooster (ek dink sy is briljant) ek soek ‘n verwysing van ‘n hoerskool in die Pretoria (weste) omgewing vir hom om na toe te gaan as iemand dalk ‘n verwysing kan gee asb!!!

    Like

    Antwoord

    • Stella Jansen van Vuuren
      Nov 11, 2010 @ 12:07:23

      Hallo Juffer,
      Het opgevolg met Me Grobbelaar, maar geen antwoord op sel nie, het wel ‘n boodskap gelos, maar geen terugvoering gekry nie. Daar’snie miskien ‘n landlyn nr nie?

      Dankie
      Stella

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Nov 11, 2010 @ 19:49:23

        Gits, dit was seker maar ‘n besige dag. Ek stuur vir jou ‘n ander moontlike kontak detail per e-pos aan.

        Like

  5. Adlaide Edwards
    Nov 25, 2010 @ 22:04:35

    Liewe Juffer

    My klein seun is gediagnoseer met ADDH en daar is aan beveel dat hy remedierende onderrig moet kry. Hy word 6 in Januarie 2011 en gaan Graad R. Ons bly in Weltevredenpark op die Wes rand (Gauteng). Kan jy asb vir ons verwys na ‘n skool toe. Dit kan in die Wesrand/Nothcliff/Randburg area wees.

    Ek sal dit hoog op prys stel vir enige hulp.

    Groete

    Adlaide

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 26, 2010 @ 20:45:23

      Hello, Adlaide 😉 Ongelukkig is ek nie seker waar die skole in daardie area is nie. Kyk egter gerus na EL ZERA (El Zera Privaatskool vir Hulpleer: Catherine Grobbelaar : 0832584231) en Ram laerskool in Randgate se Ramkriekies. Hulle behoort ook ander skole te kan voor stel. In baie gevalle gaan die outjies eers na ‘n gewone laerskool en indien hulle nie in ‘n groterige klas kan konsentreer nie, skuif hulle na ‘n skool met kleiner klassies vir meer individuele aandag. 😉 Baie sterkte en ‘n groot druk vir die grootman 😉

      Like

      Antwoord

  6. maureen
    Des 14, 2010 @ 14:50:08

    Liewe Juffer en Hannelie de Beer

    Ek is ‘n Remedierende Terapeut in Germiston/Alberton omgewing.
    Ek doen studiemetode kursusse vir leerders van Gr.4 – Gr7.

    Ek is bereid om Centurion toe te kom vir jou as jy vir ons so 4-6 kinders bymekaar kan kry wat graag die kursus sal wil voltooi.

    Jy kan my kontak by maureen@kidstherapy.net

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Des 15, 2010 @ 10:47:57

      Baie dankie, Maureen! Ek sal Hannelie laat weet 😉

      Like

      Antwoord

  7. Sansi
    Jan 18, 2011 @ 15:36:44

    Liewe Juffer,

    Indien enige iemand weet van ‘n laerskool wat oor ‘n hulpklas beskik en / of remedierende onderrig aanbied in die Pretoria omgewing, sal ek dit so waardeer. Ek is uiters dringend opsoek na so ‘n skool vir my 8 jarige seun!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jan 18, 2011 @ 18:47:18

      Hello Sansi 😉
      Wat van Pretoria: EduExcellence (012 3610686) in Lynnwood Glen. (Remediërende Skool)? Of…Prospectus Novus, Tel no. 012 335 3336 /012 335 5109 (C/o Fred Nicholson and Paul Kruger Streets, Mayville, Pretoria. P.O Box 30164 Wonderboompoort)
      Ek ken nie die area nie en het vir ‘n paar Facebook-vriendinne gevra om nog ‘n bietjie te snuffel. ‘n Mooi aand vir julle 😉

      Like

      Antwoord

    • juffer
      Jan 19, 2011 @ 17:51:26

      Sansi, twee Facebook-vriendinne het die volgende skole voorgestel:

      Laerskool Tygerpoort en Liewenheersie

      Loer gerus 😉

      Like

      Antwoord

    • Belinda
      Mei 24, 2011 @ 12:35:25

      Stephanus Roos Laerskool in Sinoville Het ‘n hulpklas en ek het ‘n naskool indien jy meer inligting benodig skakel my gerus op 082 560 5364 of e-pos belindabosch@hotmail.co.za.

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Mei 24, 2011 @ 19:20:17

        Baie dankie, Belinda 😉 Ek plaas die skool se skakel ook hier.

        Like

  8. Mariette prinsloo
    Feb 05, 2011 @ 17:51:33

    Baie dankie vir jou oulike webblad. Ek is ‘n onderwyseres by Laerskool Proteapark in Rutenburg en kon al van jou bladsye met groot sukses gebruik. Ons het ‘n groep leerders met meer ernstige probleme uit die hoofstroom gehaal en ‘n klassie net vir hulle begin. Dit was so ‘n groot sukses dat ons nou al twee sulke klasse het met ‘n waglys! Ek het 3 Down-sindroom leerders, 3 met outisme, een met hydrofillie, een met alkohol sindroom, een met hoofbeserings na ‘n ongeluk en ‘n paar met intellektuele struikellookke. Dit is my passie en ek wil geen ander klas hê nie.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 06, 2011 @ 16:45:32

      Baie dankie, Mariette 😉 Juffrouens soos jy het ‘n hele paar engele om julle. Dit moet ‘n vervullende werk wees om outjies met spesifieke leerbehoeftes te help. Ek het so ‘n spesifieke engeltjie geken en is baie spyt dat hy na ‘n ander skool oor geplaas is. Blykbaar begin die staat terug beweeg na eenhede / units waar outjies met spesifieke behoeftes in spesifieke klasse geplaas word. Dalk kan jy vir ons help met ‘n paar oulike les-idees 😉
      Kom loer gerus weer in en stuur groete aan al jou kinders.

      Like

      Antwoord

  9. desire
    Mar 24, 2011 @ 15:07:35

    Goeie dag

    Dalk kan u my van hulp wees. My man se dogter tans Graad 8, ouderdom 15 het n leer probleem en moet dringend hulp kry. Ek het die spesiale skole gekontak en verneem dat hulle slegs kinders jonger vat en dat sy reeds te oud is, Magalies skool in PTA. Daar is wel seker opsies soos n
    privaat skool en en , maar finansies sal dit nie toelaat nie. Wat sou u voorstel, ek is nie n kenner op so gebied nie, en probeer die beste moontlike oplossing vind. Baie dankie vir u tyd.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mar 25, 2011 @ 16:33:46

      Hello, Desire 😉 Ek sou voorstel dat julle iemand soos ‘n remediërende opvoeder kry om smiddae te help met die huis- en leerwerk. Ek ken nie die area nie, maar verskeie mense het al van Liewenheersies en EduExcellence (012 3610686) in Lynnwood Glen genoem. Dalk kan hulle jou in die regte rigting stuur. Dan kan jy ook hier bo op die skakel na spesiale skole kliek en na ‘n paar name in jou omgewing kyk. ‘n Mens kan ook altyd die naaste skoolkliniek kontak en vra om hulp. Hulle sal vir jou na spesifieke skole kan verwys. Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

  10. desire
    Mar 26, 2011 @ 08:41:04

    baie dankie vir u hulp, die omgewing is Centurion, sou ek die skool kon kontak vir die naaste skoolkliniek se nommer. lekker dag!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mar 27, 2011 @ 08:57:29

      Hello, Desire 😉 Die skool behoort vir jou die telefoonnommers te kan gee – aangesien hulle gereeld in kontak is. Baie sterkte!

      Like

      Antwoord

  11. Cindy
    Jun 08, 2011 @ 21:39:48

    Hi,
    Ek lees al lank na oor tuisonderrig en weet wat ek beoog. Die tyd het nou aangebreek dat ons Rusland toe verhuis en daar is geen ander opsie. My dogter is tans in graad 1,sy kan daar 2 maal per week ‘n russiese skool bywoon,wat aktiwiteite,taal en kultuur in engels aanbied vir expat kinders. Ek besef net dat hoe nader ons aan dit beweeg hoe meer raak ek op my senuwees.Dis asof al my draadjies los is en ek nie ‘n beginpunt sien nie.Kan jy dalk ‘n goeie arbeidsterapeut in Randfontein/Krugersdorp area voorstel?

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jun 09, 2011 @ 18:05:18

      Hallo, Cindy 😉
      As ‘n mens eers aan die gang kom sal dinge beter en makliker raak…en dan kan jy altyd hulp vra 😉 Ek sal ‘n bietjie rond vra vir raad oor ‘n goeie arbeidsterapeut, maar indien ek nie terugvoering kry nie, kan jy na die skakel onder verwysings kyk vir ‘n rits name van kundiges in verskeie provinsies. Dis net bokant die hofie vir sielkundiges. Baie sterkte met al die beplanning en reëlings!

      Like

      Antwoord

  12. L
    Jun 22, 2011 @ 11:52:57

    Help asb ! My seun is 17 en in graad 9. Tans in Hoerskool R, ons verhuis nou na H en wou my seun daar inskryf. Die skool het my laat weet dat hy nie toegelaat word nie omdat hy te oud is vir sy graad. Hy het gr8 gedruip, en toe weer gr9. Hy het nie regtig leer probleme nie, het net deur `n groot emisionele tyd gegaan met sy pa wat hom afgeskryf het. My seun is ook gemolesteer en dit het `n groot uitwerking gehad op sy skoolwerk. Sy IK is getoets en dis 119. Hy het mooi reggekom die jaar, maar sukkel steeds met Wiskunde. Spesiale onderrig is nie `n opsie nie want die kind het die vermoe om goed te vorder. Wat staan my te doen ? Mag die skool hom weier ? Ek het dringend raad nodig asb !

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jun 22, 2011 @ 19:26:03

      Hallo, L 😉
      Ek is nie seker hoe toelatings werk nie, maar weet dat outjies wat minstens twee maal herhaal het dikwels na ‘n vaardigheidskool verwys word. Het die IK-toetse dalk spesifieke voorstelle gemaak? Die stelsel van inklusiewe onderwys stel eintlik voor dat hoofstroomskole leerders met spesiale onderwysbehoeftes behoort te akkomodeer. Ek is nie seker hoe dit in die hoërskool werk nie. Graad 9 is die einde van die senior fase en daar is ‘n afsnypunt vir skoolpligtigheid (‘n mens sal moet vra of dit Graad 9 of ‘n spesifieke ouderdom is). Ek sou voorstel dat jy die skoolhoof (of eerder die skoolkliniek) sal skakel vir ‘n afspraak en dat jy dan met jou seun se verslae en skoolrekords daarheen moet gaan vir ‘n gesprek. ‘n Saak word soms makliker verduidelik as ‘n mens van aangesig-tot-aangesig kan gesels.
      Sou dit dalk moontlik wees om na ‘n privaatskool te gaan (kleiner klasse en meer individuele aandag)? Ek hoop dat jy goeie hulp en raad sal kry. Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

      • L
        Jun 25, 2011 @ 00:33:00

        Juffer, baie dankie vir jou reply,

        Ek was reeds vandag by die onderwysdepartement en het die probleem vinnig uitsorteer.My seun se IK is 125, en ongelukkig het sy gedruipery gegaan oor baie emisionele probleme waarvan jy eerlik nie eers wil hoor nie.
        Anyway, volgens die onderwysdepartement is dit onwettig om `n kind wat heeltyd op die sisteem is weg te wys. Hy het NIE spesiale onderrig nodig nie, alles wat was, is uitsorteer. Duisend dankies vir jou hulp. Die man wat my gehelp het by die onderwys departement was wonderlik ! Swart man en een van die `grootkoppe` van die departement. Hy het my wonderlik gehelp. Ek weet nou presies wat is my regte en wat die kinderwet behels. My kind SAL daar toelating kry.
        Dankie vir jou wonderlike blad !

        Like

  13. Sumei van Antwerpen
    Sep 09, 2011 @ 08:03:33

    Julle kan gerus Rietvlei Akademie in Pretoria ook opsit. Baie oulike skool op ‘n plot, 12 kinders in die klas. My seuntjie was daar van graad 4 tot graad 7. Ons het hom hierdie jaar in Graad 8 na ‘n hoofstroom skool gestuur, maar besef nou dat dit ‘n groot waagkans was wat nie uitwerk nie. Die Hoof is Carinda Habig.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 10, 2011 @ 12:46:14

      Dankie, Sumei 😉 Ek kry nie ‘n webtuiste vir hulle nie, maar plaas hul kontakbesonderhede hier.

      Like

      Antwoord

    • Debbie
      Apr 22, 2013 @ 22:08:33

      Hi ek het so pas my kind ingeskryf by rietvlei akademie kan ek jou groot asb kontak ek is so onseker of dit di regte keuse is veral die naskool baie dankie

      Like

      Antwoord

      • Juffer
        Apr 23, 2013 @ 17:37:10

        Middag, Debbie 😉 Ek sal jou boodskap aanstuur.

        Like

  14. Annemi Strydom
    Sep 14, 2011 @ 13:34:43

    Het ‘n ADD kind wat moet hoerskool toe volgende jaar. Soek plattelandse klein skooltjie nie te ver van Pta af nie.

    Gee aub raad. Was by Morgenzon en Bekker.
    Hy is sterk tegnies aangele maar dis nie ‘n vereiste nie.

    Raad sal waardeer word.

    Like

    Antwoord

  15. Lina Landsberg
    Sep 27, 2011 @ 17:08:32

    Ek werk by ‘n Johnathan Livingston Seagull Centre van Engela Young in Donkerhoek, Pretoria, op die ou Bronkhorstpruit pad. Ons bied SATHRA perde-terapie asook terapie sessies aan. Klassies is baie klein en baie individuele aandag word aan kindertjies gegee. Koshuis beskikbaar.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 27, 2011 @ 17:19:20

      Baie dankie, Lina 😉 Dit klink regtig baie oulik.!

      Like

      Antwoord

    • Corinne Cave
      Jul 01, 2022 @ 00:00:36

      Hi – ek wil navraag doen vir n pleegsorg dogter sy is 14 jr oud en ek het agtergrkom dat sy sukkel met skool en verantwoordelikheid vir enige take en so meer kan sy nie hanteer nie. Ek wil weet of daar n koshuis is waar sy kan skoolonderrig en ook moontlik praktiese onderig kan ontvang asb

      Like

      Antwoord

      • Juffer
        Jul 01, 2022 @ 13:50:14

        Hallo, Corinne 🙂 Hoor gerus of die skool kan help om ondersoek in te stel na vaardigheidskole. Die leerondersteuningsopvoeder behoort julle met ‘n kundige by die onderwysdepartement in kontak te bring vir navrae of ‘n gesprek. Ek hoop dit kan help.

        Like

  16. Mnr. Vermeulen
    Okt 14, 2011 @ 10:49:03

    Hallo Juffer!

    Kan jy asb my blog op jou skakels plaas? Dis nog baie nuut maar sal nog uitbrei!

    Dit is: Mr V’s Classroom Companion: http://mnrvermeulen.blogspot.com

    Ek sal jou skakel dan ook op my blog sit!

    Hou aan met die fantastiese werk!

    Jean

    Like

    Antwoord

  17. Annatjie
    Okt 17, 2011 @ 10:38:40

    Goeie dag,

    Ek wil graag uitvind of dit voordelig is vir my kind om na ‘n groot skool toe te moet gaan of nie,hy is 6 was in gr R,ons het hom uitgehaal weens oor die ongelukkigheid dat hy nou eers op die einde van die jaar op sy verslag gestaan het hy sukkel met sy fynmotories en sukkel om te konsentreer hy is deur die onderwyser van spraak na arbeids terapeut verwys wat onnodig is.Hy het by ‘n ander kennis van ons ook ‘n assesering gedoen en volgens haar is sy slaag persentasie 76%,daar is niks fout met hom nie net baie besig en kan konsentreer as pa bietjie streng is met hom.Pa gee vir hom nou tuisonderrig,en dit werk.Ek het gedink aan hy kleiner groep kindertjies in ‘n klas van so 10 ipv 25 kinders waar hy wegraak tussen hulle en vergelyk word.Is hier ‘n skool naby pierre van ryneveld wat die direkte aandag aan my kind kan gee en is dit goed vir hom om van daar af dan na ‘n groter skool toe kan beweeg soos hy ouer word.Ek sal graag raad waardeer.van ‘n moedelose ma.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 18, 2011 @ 16:26:14

      Middag, Annatjie 😉
      Dit is nogal sleg as ‘n mens nie seker is van die kleingoed se vordering nie. Julle sal egter so gou as moontlik moet aansoek doen by ‘n laerskool – aangesien die Graad 1-groepe vol raak. In baie gevalle gaan die outjies eers vir ‘n jaar of wat skool in die hoofstroom en skuif hulle daarna na ‘n kleiner klassie of privaat skool – indien nodig. Het julle jou seuntjie wel na ‘n arbeidsterapeut geneem vir raad? Jy kan hier op my blog soekterme soos “fynspier, handspier, skrif, skryf, spiertonus, tuisprogram, ogies, middellynkruising” by die soekblokkie in tik om verskeie oefeninge te kry. Dit kan lekker spelenderwys aangebied word. Hier is ook skrywes oor klanke, syfers en skoolgereedheid. Tik gerus Graad R, Graad 1, skoolgereed, syfers, klanke, abc…by die soekblokkie in. Dan is daar ook tema’s soos herfs, lente, troeteldiere, dokter, plaasdiere, wilde diere…wat takies en aktiwiteite bevat. As julle meer oor skoolgereedheid wil uitvind, kan julle na die “kurrikulum” kyk of skakels soos Klein Breintjies, Breinlyn en Skoolgereedheid (veral Kobus Weyers se vaardigheidslys) onder die lysie aan die regterkant op soek.
      ‘n Mens moet mooi besluit oor die skool. As die outjie deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets is en hy/sy na die volle mensie gekyk het, kan ‘n mens ‘n kleiner klaskamer oorweeg. Kleiner klasse beteken privaatskool en hoër fooie. Dit is soms moeilik vir ‘n outjie om vanuit ‘n kleiner klassie na ‘n groter een te skuif. Daarom sal ‘n mens eers wil sien of hy regtig na ‘n kleiner klassie moet gaan. Daar is baie kinders met konsentrasieprobleme en arbeidsterapeutiese uitvalle in die hoofstroom en hulle vorder goed met die nodige ondersteuning.
      Ek het op Facebook die volgende inligting gekry: “Daar is nie ‘n Laerskool in Pierre v Ryneveld nie. Dis ‘n kleiner woonbuurt. LiewenHeersie is 10km v PvR af. Elarduspark L\S, ConstantiaPark L\S Monument Park L\S is die naaste.”
      LiewenHeersie is in Atterburystraat en hulle het ‘n webblad op FACEBOOK.
      Baie sterkte met die besluit – en veral met al die skoolwerk 😉

      Like

      Antwoord

  18. Vanessa
    Okt 25, 2011 @ 07:48:27

    Hallo julle!! Ek het ‘n probleem. My seun nou sy 2de jaar in graad 9 sukkel met leer. Die skool het my gese ek sal moet kyk na opsies om my kind in ‘n spesiale skool moet sit. Ek weet nie waar om te begin nie. Ek verhuis Desemenber terug na Pretoria en soek in daardie omgewing om my kind heen te stuur. Is daar iemand wat my riglyne kan gee. Ek het al gekyk na die spesiale skole maar dit lyk net soos Laerskole. El Zera Hulpleer is in Randburg gelee. Baie dankie Vanessa

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 25, 2011 @ 18:38:04

      Middag, Vanessa 😉 Ongelukkig strek my kennisveld net so ver as Grondslagfase en laerskool. Ek sou voorstel dat jy die plaaslike skoolkliniek moet kontak – aangesien hulle vir jou ‘n lys skole sal kan voorstel. Intussen kan jy hierbo na die 4de skakel kyk vir ‘n lys skole in Gauteng en Pretoria. Die skoolkliniek sal moontlik een van hierdie skole aanbeveel – afhangende van jou seun se spesifieke behoeftes. Baie sterkte!

      Like

      Antwoord

    • Wanda
      Okt 27, 2011 @ 10:04:21

      Hi Vanessa

      Kyk bietjie na Duo Edu. Ons seun is in Centurion Remedierende Akademie in Graad 4. Hy doen uitstekend daar en Duo Edu in Constantia Park is beslis die skool om te oorweeg vir Senior Fase. kontak besonderhede is op die web.

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Okt 27, 2011 @ 17:13:36

        Baie dankie, Wanda 😉 Dit sal beslis ‘n paar ouers kan help. Loer gerus weer in.

        Like

  19. Riana
    Okt 29, 2011 @ 21:26:31

    goeie dag,
    My seuntjie moes graad 2 oordoen en lyk my hy gaan graad 4 ook weer moet oordoen. Hy is geklasifiseer met ADD. Dis of hy gebrandmerk is by die skool en al probeer ek wat dis of hy die swartskaap in die klas bly. Sy pa het reeds in Welkom begin werk en ons trek oor in Desember. Ek het gewonder of daar nie dalk ‘n afrikaanse skool in welkom is waar my kind meer individuele aandag kan kry nie. Sy punte is baie laag want as hy nie aandag gee in die klas nie word hy uitgestuur. Die onderwysers wil net nie verstaan dat hy dan net meer werk verloor nie. Volgens hulle is hy te woelig en ontwrig die klas. Asseblief, as u dalk van ‘n skool weet waarheen ek hom kan stuur sal ek baaie bly wees. Sy sussie is tans in graad 9. Sy was ook gediagnoseer met ADD. Gelukkig het sy ‘n wonderlike onderwyseres gehad in graad 2 en 3. Hulle het haar gehelp om haar leerprobleme te oorbrug en vandag is sy ‘n 90% standaard skolier. My kind het net die regte hulp en lyding nodig.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 02, 2011 @ 19:56:27

      Ai, Riana…Dit is sommer baie naar en maak die lewe net moeilik. Die Departement van Onderwys in die Vrystaat dui die volgende skole in Welkom aan:
      NAUDEVILLE P/S Primary Public Yes 2 MOSTERT STREET WELKOM 057 3571867
      WELKOM VOLKSKOOL P/S Primary Public Yes 40 TANA STREET WELKOM 057 3525996/7
      Kontak die skole gerus en hoor ‘n bietjie wat hulle bied en ook hoe groot die klasse is. Indien dit nie heeltemal na wense klink nie, kan julle die hoof of leerondersteuningsjuffrou uitvra oor privaatskole in die omgewing. Ongelukkig is dit nie altyd op die internet beskikbaar nie en ken ek nie die area nie. Die skole wat ek kry is Engelsmedium.
      Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

  20. sue
    Nov 01, 2011 @ 15:25:53

    Juffer, Ons hoop u sal ons met die volgende kan help. Ons is op soek na ‘n Privaat skool vir my dogter, kuns en kultuur skole sal ook welkom wees, waar begin ek soek. Die skool moet in Pretoria wees, ek was al by baie CVO skole maar hulle was nie baie behulp saam nie. Skool met kleiner klassies is nou ons voor land……….. Hoop U kan ons raat gee

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 06, 2011 @ 08:28:13

      Hallo, Sue 😉 Die Departement van Onderwys het ‘n paar privaatskole of onafhanklike skole gelys. As jy Ctrl en F op die sleutelbord druk, sal jy “Pretoria” kan soek. Daar is etlike mense wat ook met lof van Liewenheersie praat. Baie sterkte met die keuse. 😉

      Like

      Antwoord

    • Hesta Fourie
      Jan 31, 2012 @ 19:57:01

      Hi!
      Laerskool Raslouw in Wierdapark is ‘n baie oulike privaat skool met baie klein klasse en uitstekende akademiese agtergrond. Tel: 012 664 2300

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Feb 01, 2012 @ 13:23:21

        Dankie, Hesta 😉

        Like

  21. Polla
    Nov 02, 2011 @ 18:06:28

    HI JUFFER
    indien moontlik soek ek studiemetodes vir my ADD kind. ASB. as u my kan help sal ek baie dankbaar wees. Polla

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 06, 2011 @ 18:36:57

      Middag, Polla 😉 Omdat outjies met ADD en ADHD sukkel met die aandagspan, sal ek dit so kort en kragtig as moontlik hou. Sommige kundiges stel flitskaarte en geheuekaarte voor. Ander betrek weer prentjies of kleur om die geheue te prikkel. Iemand het destyds vertel dat dit help om ‘n geheuekaart volgens spesifieke kleure en in ‘n spesifieke volgorde te teken. Begin byvoorbeeld by rooi, groen, geel…As die outjie die inligting moet herroep, dink hy bloot aan die volgorde en probeer hy om elke kleur se inligting te onthou.
      Sommige kinders leer makliker deur te luister en sal kan baatvind by ‘n klankopname van die werk – met oorfone in ‘n besige klaskamer. Die ADDitude tydskrif gee verskillende oulike idees om aandagafleibare outjies op verskeie gebiede te help.
      Ek sou voorstel dat goeie praktyke soos ‘n goeie nagrus, studietye en ‘n stil leeromgewing van kleins af moet geskied. Dit behoort eksamentye se spanning effens te verminder 😉

      Like

      Antwoord

    • Wanda
      Nov 07, 2011 @ 10:32:33

      Hi Polla/Juffer
      Stap een is om vas te stel watter tipe leerder jou kind is. Dis regtig NB NB NB! Ons het weke lank opsommings gedoen en na ‘n vinnige selftoets wat hy in die klas gedoen het, vir my ingelig hy is ‘n ouditiewe leerder. Nou lees hy vir my en ek vra en dan maak ons rympies. Sy gemiddeld het met amper 10% gestyg!
      Dan het ons ook so langs die pad uitgevind dat seuns op geel papier moet leer. Dit werk – ek weet nie hoekom nie,maar probeer dit gerus. Met die meisies weet ek nou ongelukkig nie.
      Maak nie saak wat jy doen nie- BAIE breaks met fisiese aktiwiteite tussen-in en veral springtou breaks! Sterkte!!

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Nov 09, 2011 @ 19:57:19

        Baie dankie, Wanda 😉 Die geel papier klink heel verstaanbaar. Ek wonder of dit die rede is waarom Amerika se eksamenblokke in geel verkrygbaar is en nie soos ons s’n is nie. 10% is ‘n groot verbetering en maak ‘n mens sommer lekker opgewonde! Baie sterkte met die komende eksamen 😉

        Like

  22. Michelle Horne
    Nov 18, 2011 @ 15:18:46

    Graag is ek opsoek na ‘n naskool sentrum naby Laerskool Fairland, ek het al na ‘n paar plekkies gaan kyk maar het nog nie gekry wat ons na soek nie. My dogtertjie gaan volgende jaar na Grd 3 toe en kort meer hulp met haar huiswerkies as wat sy tans kry. Dit moet ‘n veilige en liefdevolle omgewing wees en hoef nie kos in te sluit nie, indien wel nie snaakse kosse wat kinders nie van hou nie want dit sal haar afsit om te gaan.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 20, 2011 @ 11:08:10

      Môre, Michelle. Ek het ‘n bietjie op die internet gesoek en ‘n advertensie vir die Woelwaters Akademie gekry. Hier is hulle advertensie:
      “FAIRLAND. WOELWATERS AKADEMIE. 0 tot 5 jr.0 tot Graad 7. (Nasorg.). 06h30 to 17h30. 141 Cornelis Str. 011 476 4913.” Jy kan ook die skool se leerondersteuningsopvoeder of ‘n plaaslike opvoedkundige sielkundige skakel om name van tutors en remediërende opvoeders in jou area te kry. Hierdie tutors of remediërende opvoeders kan moontlik na die nasorg ry vir individuele klasse (vra gerus). Ongelukkig ken ek nie die area nie, maar hou duimvas dat julle die nodige hulp sal kry. Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

      • Woelwaters
        Jan 18, 2013 @ 15:38:57

        Hi juffer

        Ek was op soek na enige navrae omtrent Woelwaters Akademie. Ek is Eloise se man en het nie genoegsame tyd gehad om die web werf aan die gang te kry nie.

        Woelwaters is ‘n voor en naskool naby Laerskool Fairland en het die hulp van ‘n remedierende onderwyseres wat kindertjies help met hulle huis werk. Woelwaters het ook nou uitgebrei na “Xeta College” toe vir kinders met leer probleme en is geregistreer met Breinlyn vir meer een-tot-een onderwys. Ons gebruik dieselfde onderwyseres vir beide die “Xeta College” en naskool werk.

        As daar enige verdere vrae is, kan mense gerus gaan na: http://www.woelwatersakademie.za.net

        Like

      • Juffer
        Jan 18, 2013 @ 18:03:13

        Ek voeg Woelwaters by 😉

        Like

  23. evande bronkhorst
    Des 31, 2011 @ 21:20:26

    Hi my seun moet 2012 graad 8 toe gaan en ek weet regtig nie waarheen om hom te stuur nie. Hy is hoogs begaafd en het ‘n baie hoe ik en word baie gou verveeld met die skool se werk. Is daar dalk ‘n skool vir spesifiek sulke kinders waarheen ek my kind kan stuur wat hom kan help. Hy het ook ‘n probleem om te skryf.
    Groete
    Evande

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jan 02, 2012 @ 16:16:29

      Middag, Evande 😉
      Jy kan altyd ‘n aanleg- of ‘n psigometriese toets (deur ‘n opvoedkundige sielkundige) laat doen om jou seun se vaardighede te toets. Ek is nie seker waar julle woon nie, maar weet dat skole met kleiner klaskamers dikwels ideaal is vir outjies wat gou verveeld raak. Is daar dalk ‘n privaatskool wat julle kan nader?

      Like

      Antwoord

  24. Lisette Steyn
    Jan 27, 2012 @ 10:32:02

    Ek is Lisette Steyn van Doornpoort en sal ook graag wil hulp kry vir my ADHD seun. Hy doen tans tuis skool saam met my met hulp van Breinlyn.

    My grootste propleem is ek het hom nou deur gesit na gr 2 met ‘n goeie slaag syfer. Hy is net ontsaglik stadig en ek voel ek verloor klaar tempo met gr 2 en kan nie by bly nie. Hy lees en skryf verskriklik stadig . Wie kan my help?

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jan 28, 2012 @ 14:14:58

      ‘n Mens kan altyd iemand nader om ‘n opinie te vorm – uit ‘n onafhanklike oogpunt. Dinge wat ‘n invloed op werkspoed kan hê is die moontlike gebruik van medikasie – dalk is die dosis te lig of te sterk – en moet deur die pediater gemonitor word en die spierbeheer (skryfaksie).
      As hy bloot stadig skryf, kan ‘n arbeidsterapeut dalk vir julle wonderlike raad en hulp gee om die koördinasie en spierfunksies te verbeter. As jy iemand wil vra om na jou seun se lees- en spelvlakke (geletterdheid) te kyk, kan ‘n remediërende opvoeder geraadpleeg word. Ons gebruik spesifieke toetsings om hierdie kennis en vlakke te peil. Indien jy egter na die hele outjie (al hierdie moontlike aspekte) wil kyk, sal ‘n opvoedkundige sielkundige ‘n baie deeglike evaluasie kan doen. Enige van hierdie evaluasie gaan gepaard met ‘n verslag en riglyne / aanbevelings om die kind te help. Dit is maar beter om eerder vroeër as later aandag aan ‘n moontlike probleem te skenk 😉 Ek hoop dit kan jou help.

      Like

      Antwoord

  25. Angelique
    Feb 01, 2012 @ 15:00:21

    My seun is was ook verwys na ‘n Remediërende skool waarna hy uitgeplaas is na ‘n skool vir kinders wat heeltemal leergestremd is. Soos alle moeder harte wou ek dit maar net nie aanvaar nie en het hom in ‘n Breinlyn Tutor sentrum gesit. Hy het nou graad 1 & 2 baie goed geslaag met 85% vir sy jaarpunt. Die probleem is dat ek nou na ‘n ander Tutor sentrum of klein skool soek aangesien ons getrek het. Ons bly tans in Hartbeespoort en werk in Rosslyn Pretoria. Enige van die twee areas sal reg wees. Ek wil hom nie weer terug sit in ‘n hoofstroom skool nie aangesien hy twee jaar agter sy ander maats is, en kinders kan darem wreed wees met tye. Ons wil nie graag weer deur al die gespottery gaan nie. Indien iemand weet van enige instansies laat weet asseblief.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 01, 2012 @ 18:42:19

      Middag, Angelique 😉 Ongelukkig is nie al die oulike, kleiner sentrums op die internet nie. Ek het Kuierkidz raak geloop en al is hulle nie die tipe skool / sentrum wat ek in gedagte het nie, sou ek voorstel dat jy hulle ook kontak. Skole vir kinders met spesifieke onderwys behoeftes is dikwels meer bewus van mekaar en die dienste wat die ander bied.
      Probeer ook:
      Homeschool Curriculum For Life
      Location: Hartebeespoort
      Tel: 012 376 1043
      Contact: Wendy
      Intussen sal ek my voelers op Facebook vir jou uitsteek. 😉

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Feb 02, 2012 @ 18:05:56

        Johanné Brand het laat weet dat jy die volgende persoon kan kontak: Delea Eksteen by 0721187287 😉

        Like

  26. sue
    Feb 04, 2012 @ 17:09:55

    Dankie, maar dit is te ver van waar ons bly, ek sal maar moet kyk of hier nie nader skoole is nie.

    Like

    Antwoord

  27. sue
    Feb 04, 2012 @ 17:12:37

    Baie dankie ek sal haar so ngou moontlik bel. Dankie vir al die inligting.

    Like

    Antwoord

  28. Lindi
    Feb 16, 2012 @ 15:59:25

    Hi almal, ek wil hoor of julle nie van ‘n skool weet in / naby Benoni wat my dogtertjie met meer geduld sal kan help nie. Sy is nou in Graad R en dit bekommer my geweldig. Asb!

    Like

    Antwoord

  29. Marthie
    Feb 22, 2012 @ 13:28:36

    My kleindogter (5) bly in Sedgefield, Weskaap. Sy is getoets deur ‘n neurologiese pediater en volgens die dokter is haar ontwikkeling is nie op standaard nie. Ons benodig ‘n spraak- en arbeidsterapeut wat haar kan help met gehoor en spraak ontwikkeling. ‘n Tuisbly terapeut/au pair met die nodige opleiding wat haar daagliks kan help is natuurlik die ideaal.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 22, 2012 @ 13:56:05

      Middag, Tannie Marthie 😉
      Volgens die internet kry ek ‘n spraakterapeut: EC Naudé (044 343 3018, 13 Cycad Crescent, Sedgefield, 6573), maar nie ‘n arbeidsterapeut nie. Ek sal egter later vanmiddag weer ‘n bietjie loer. Sally Mackenzie is egter op Knysna.
      U kan gerus hierdie terapeute skakel en verdere name aanvra – aangesien terapeute gedurig met mekaar in verbinding is. Só sal u die beste persoon kan kies om by die dogtertjie te pas 😉

      Like

      Antwoord

  30. Anelie
    Mar 30, 2012 @ 09:16:56

    My kind is gediagnoseer met ADD, was op Ritelin ek moes stop om dit vir hom te gee asgevolg van finansies. Ek is despiraat sy skool werk begin weer agteruit gaan en dit verg alles van my om geduldig te bly en hom te help. Asseblief ek is despiraat.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mar 30, 2012 @ 13:37:26

      Middag, Anelie 😉
      Kontak gerus jou skool se leerondersteuningsopvoeder en vra of die skooldokter julle skool besoek. In gevalle waar ouers nie ‘n mediese fonds het nie, kan die skooldokter dikwels help. ‘n Voorskrif word voorsien soos nodig en dit kan gewoonlik by ‘n dagkliniek of die plaaslike staatshospitaal gevul word. Andersins kan jy die staatshospitaal direk kontak (bv. “buitepasiënte” se afdeling) en vra om ‘n afspraak by ‘n pediater te maak. Onthou om ‘n Connors-waarnemingsvel of vorige papierwerk saam te neem 😉

      Like

      Antwoord

  31. Tokkie Brink
    Apr 09, 2012 @ 21:56:49

    Goeie dag

    Daniel is vroeggebore op 28 weke agv Placenta Abruptio(2002) in Midmed hospitaal in Middelburg.

    Hy is deur die jare gediagnoseer met ADD / ADHD/ Disleksie/ bietjie/ ligte outisme en hy kry ligte epileptiese aanvalle (Volgens die spesialiste.)

    Wie kan ‘n behoorlike evaluasie doen om vas te stel wat aan die gang is en ons werkilik te doen staan – Hy is uiters intelligent – Praat maklik persoon tot persoon maar is baie teruggetrokke in ‘n groepsverband.

    Verbaal is hy baie sterk maar om dit op papier neer te pen is die uitdaging.

    Weet julle van skole in die Middelburg / Witbank area wat ” moeilike” opleibare kinders kan hanteer ? Nie spesiale skole nie maar meer opleiding op individuele vlak miskien.

    Byvoorbaat dank.

    Tokkie en Leonie Brink
    Rietkuil (MP)

    Tel:082 8214697 (Tokkie)
    072 3711558 (Leonie)

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Apr 12, 2012 @ 17:29:20

      Middag, Tokkie en Leonie 😉

      ‘n Kinder psigiater of ‘n pediatriese neuroloog kan dalk meer op die epilepsie, ADD, ADHD fokus. Dit lyk asof die Universiteit van Pretoria (Witbank) ‘n afdeling in psigiatrie het. Julle kan hulle (of die plaaslike hospitaal) gerus kontak om te hoor of hulle van goeie kundiges in die omgewing weet.

      Ek vermoed dat julle reeds by ‘n opvoedkundige sielkundige was om die disleksie te bepaal? Indien dit ‘n ligte vorm van outisme is, is dit dalk Aspergers? Dalk sal ‘n skool met kleiner klassies vir Daniel kan werk. Die juffrou sal dus ‘n ogie kan hou oor sy aandagspan en meer spesifieke aandag aan hom kan gee.

      Bel eers gewone of privaat tipe skole met kleiner klasse (bv. Curro, Ligno) voor jy spesialisskole skakel. Praat met AutismSA se mense en die verteenwoordigers van hul ondersteuningsgroepe (Witbank: Lisel Rhom 083 613 0225, Johannes Vermeulen 083 335 980). Gesinne en mense wat in die omgewing woon/spesialiseer sal dalk vir jou die beste leiding (en name van skole) kan bied (uit ondervinding). Skakel ook ‘n paar van die skole wat ek op die verwysingsbladsy as “outisme” of “aspergers” gelys het. Kundiges en skole van hierdie spesialisvelde weet dikwels van mekaar. Ek is seker hulle sal nie omgee om spesifieke vrae te beantwoord of te help nie.

      Laat weet gerus of julle reg gekom het. Ons kan altyd ander weë probeer 😉

      Like

      Antwoord

  32. Mandie Jordaan
    Mei 20, 2012 @ 22:35:42

    Geagte Juffer,

    Ons dogtertjie (Amor) is gediagnoseer met ‘n toestand genaamd Childhood Apraxia of Speech. Sy is nou 6 jaar oud maar kan nognie sinne praat nie. Slegs enkele woordjies. Intussen is dit vir ons ‘n groot kopseer om ‘n geskikte skool vir haar te kry. Ons het pas Bronkhorstspruit toe getrek en reggekom met ‘n Montessori skool in die area. Hulle akkomodeer slegs kinders tot en met 6 jarige ouderdom. Ons is selfs bereid om Pretoria toe te verhuis indien ons haar in ‘n geskikte skool daar kan kry. ‘n Professionele persoon het op ‘n keer ons aanbeveel om haar in die skool vir dowes te plaas, sodat sy met gebare kan leer kommunikeer. Ek het werklik hulp en leiding nodig. Sy kan nie in ‘n hoestroom skool funksioneer nie – die spraak en kommunikasie is ‘n groot probleem. Ek wil he dat sy normaal moet bly ontwikkel en vorder op akkademiese vlak, maar ek raak nou despiraat om vas te stel waar en hoe ek haar kan help. Het u vir my enige raad asb?

    Groete

    Mandie Jordaan

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 21, 2012 @ 22:04:57

      Hallo, Mandie 😉
      Daar is staatskole wat hierdie outjies akkomodeer. In die Wes-Kaap is daar die Jan Kriel Skool in Kuilsrivier. Die Carel du Toit-sentrums is bekend vir onderrig aan gehoorgestremde kinders, maar help ook ander outjies met spraakprobleme. Hulle is in Tygerberg, Oos-Londen en Bloemfontein gesetel. Muriel Brand is ‘n skool in Brakpan. Ek het die School of Achievement en Pretoriaskool is nader aan julle. Ek ken egter nie die skole nie en wil vra dat jy die skole met julle spraakterapeut bespreek. Omdat hierdie skole gespesialiseerde onderrig bied, is hulle redelik min en is die kans goed dat hulle van mekaar weet. Ek sou voorstel dat jy die onderskeie skole skakel en vra om verwysings.
      Ek is nie seker hoe die verwysing in julle area sal werk nie, maar uit ondervinding weet ek dat spesifieke aansoekvorms deur ‘n staatskool voltooi moet word. Kontak die plaaslike laerskool se leerondersteuningsopvoeder om jou hiermee te help. Jy sal afskrifte van jou dogtertjie se verslae (spraakterapeut, ens.) en haar rapport(-e) moet aanheg. Indien die skool nie so ‘n opvoeder het nie, kan jy die nommers van die plaaslike skoolkliniek by hulle kry. Die skoolsielkundige behoort jou ook te kan help.
      Julle kan ook altyd skole soos Edu Excellence en Centurion Remediërende Akademie kontak. Skakel die skole en gesels oor moontlike plasings. Ek is seker hierdie skole sal vir jou na die beste skole kan verwys. Laat weet of jy reg gekom het. Ek hou duim vas 😉

      Like

      Antwoord

      • Mandie Jordaan
        Mei 22, 2012 @ 20:22:46

        Baie dankie vir u wonderlike webblad en die hulp wat u verleen. Ek gaan beslis hierdie riglyne gebruik om ‘n skool en hulp vir Amor te kry.

        Baie, Baie Dankie!!

        Like

      • juffer
        Mei 23, 2012 @ 17:43:28

        Dis ‘n plesier, Mandie 😉 Ek hou styf duim vas.

        Like

  33. sue
    Mei 22, 2012 @ 09:44:26

    Mandie

    Ek en my dogter is deur die selfd, bel my ek kan vir jou hulp verleen met mense wat jou kan help en ook dalk ‘n skool, ek is Susan en bly in Pta no is 0824013388

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 22, 2012 @ 19:02:42

      Baie dankie, Sue! 😉

      Like

      Antwoord

      • Mandie Jordaan
        Mei 22, 2012 @ 20:25:10

        Susan, jy”s ‘n engel. Baie dankie vir jou hulp en ek het skoon ‘n huppel in my stap na ons gesprek. Ek sal met jou in kontak bly en op hoogte hou van Amor se vordering.

        Baie, Baie Dankie!!

        Like

      • juffer
        Mei 23, 2012 @ 17:44:01

        😉 😉

        Like

  34. Surinda Smit
    Mei 30, 2012 @ 06:29:35

    Beste Juffer
    My dogter is tans 16 jaar oud en in graad 10. Sy is op 11 met bipolere gemoedsversteuring gediagnoseer. Sy gebruik medikasie en sien gereeld haar psigiater. Sy was vir 5 jaar in ‘n privaatskool in Bellville waar sy goed gevaar het ten spyte van haar siekte. (Die skool het spesialiseer in kinders met ADHD). Ons het egter Desember na Lutsville aan die Weskus verhuis. (ons naaste groot dorp is Vredendal) Sy is tans in ‘n hoofstoom skool. Waar sy voorheen in ‘n klas van 10 kinders was is hulle nou 26 of meer. Skielik sukkel sy erg met konsentrasie en sukkel baie in haar skoolwerk – iets wat voorheen nie voorgekom het nie. Sy is nou met ADD gediagnoseer en op die kortwerkende Ritalin 10mg geplaas. Sy drink 2 deur die oggend in die skool asook soms 1 middae wanneer sy leer. Sy voel dat dit help, maar dis steeds nie so effektief soos ons gehoop het nie – of is ons net te haastig? Sy is nou in haar 2de volle maand van gebruik. Ek soek dringend hulp met studiemetodes aangesien sy sukkel om haar toetse deur te kom. Sy is baie angstig omdat sy bang is dat sy hierdie jaar gaan druip. Wat natuurlik ook nie help vir haar geheue nie. Ek weet nie meer wat om te doen om haar te help nie. Enige raad en of voorstelle sal baie welkom wees!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 31, 2012 @ 20:29:11

      Middag, Surinda 😉 ‘n Trekkery gaan gewoonlik met ‘n paar aanpassings gepaard en ek kan dink dat die nuwe, groter klaskamer ‘n groot aanpassing is. Gelukkig het die medikasie ‘n positiewe uitwerking. Soos die liggaam ontwikkel en groei sal die dokter die dosis aanpas. Vra gerus dat die opvoeders gereeld terugvoering gee.
      Dit sal voordelig wees om iemand te kry wat kan help met die studietegnieke. Daar is ‘n ondersteunings-juffrou in Velddrif (info@libriakademie.co.za) en as ek reg verstaan bied sy ook hulp via die internet (skype) aan. Lallie Genis het 32 jaar ervaring in remediërende onderrig vir Gr. 1-7 (Afr./Eng.) leerders. Sy help met wiskunde, spelling en lees: 083 556 4183. Dalk kan sy vir jou ander persone voorstel. Juffrouens weet gewoonlik van mekaar – veral in die plattelandse areas. Ek sien dat Dirk Victor laas jaar by Laerskool Calvinia gesels het oor studiemetodes. Dalk kan die skool sy nommer verskaf.
      Ek het my voelers uit gesteek en hoop om vir jou iemand te kry wat kan help. 😉

      Like

      Antwoord

      • memci
        Nov 21, 2013 @ 12:32:13

        Hi hi hi, ek bly op calvinia, en ek sit met ‘n kind wat disleksie het en add is en weier om sy samewerking te gee, dit beteken dat hy weier om te probeer of om ‘n pil te drink om hom te help! Hy weier om sy samewerking te gee, ek was reeds by al die hulpmiddels(studie metodes, Louis de Necker, sielkundige en psgiater!) en voel somtyds moedeloos omdat ek so graag vir hom wil help! Boon op het ek ‘n tweede kind wat floreer, maar sy toetse is einlik swakker as my oudste ene, maar hy is net skerper, happier en meer entoesiasties as my oudste….
        Soms wonder ek waar het ek gefaal, en omdat ek ool ‘n lui leerder was verstaan ek dat skool is onlekker, maar my kind trek net sy skouers op en sê ek wil dit nie doen, ek sal dit nie doen nie en jou ma se …….
        So ja!
        Ten minste wil jou meisiekind, dit help! Sterkte

        Like

  35. Petro Wheeler
    Jun 26, 2012 @ 11:40:03

    Soek spesiale skool vir ADHD en dyslexia kinders wat leer probleme het en nie maklik in pas in gewone skool wat nie aandag gee aan kindes.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jun 28, 2012 @ 20:10:55

      Hallo, Petro 😉 Ek is nie seker in watter area jy woon nie. Die eerste opsie sou wees om na ‘n skool met kleiner klasse te soek. Daar is heelwat privaatskole wat kinders met spesifieke leer-/onderrigbehoeftes help. Staatskole wat spesialiseer sal jy op die provinsiale webtuiste (vir die onderwysdepartement) kry. Dit word gewoonlik as ‘n LSEN-skool (ook OLSO) aangedui.

      Like

      Antwoord

  36. Hesta
    Jun 28, 2012 @ 20:22:14

    Rietvlei Akademie in Elarduspark

    Like

    Antwoord

  37. Ansie
    Jul 17, 2012 @ 21:11:26

    Hallo Almal

    Ek en kollega beplan om ‘n spesiale skooltjie te open vir ADHD/ADD kinders en/of kinders met ander psigiatriese diagnoses in die Pretoria omgewing. Dit blyk wel dat daar ook ‘n behoefte is vir ‘n dagsorg sentrum vir kinders wat glad nie in die skool sisteem kan inpas nie.
    Ons probeer bietjie navorsing doen en sal graag van julle almal wil hoor. Wat is die ouers en kinders se behoeftes?
    Ons wil ook ‘n naskool sentrum he waar kinders nie net gehelp word met huiswerk nie, maar waar daar ook ‘n lewensvaardighede program gevolg gaan word.
    Daar sal sekere middae ook terapiee plaasvind (perdry terapie, arbeids terapie ens) volgens elke kind se behoeftes en ons sal dan die kinders self na hierdie afsprake vergesel en terug besorg.
    Dus sal dit meer ‘n holistiese sentrum vir kinder ontwikkeling wees. Ons glo elke kind het sterk punte en dit moet ontwikkel word sodat hy/sy hulle volle potensiaal kan bereik.

    Wat dink julle? Is daar ‘n behoefte aan so ‘n sentrum/skool?

    Dankie

    Groete
    Ansie

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jul 18, 2012 @ 18:12:22

      Middag, Ansie 😉 Daar is beslis ‘n behoefte – veral as die outjies meer individuele of kleingroep aandag sal kry. Ek hou duimvas dat julle goeie reaksie sal kry.

      Like

      Antwoord

    • joan
      Jun 06, 2013 @ 21:03:13

      Ek wens daar was iemand wat dit in die Kaap wou doen. Die onderwysers het nie die geduld nie want die klasse is te groot en die Onderwys Departement gee onrealistiese vereistes x klasse oor x weke x ure hulle wil die kinders soos robotte leer maar almal is nie dieselfde nie, en som oukies soos my seun wat ADHD het het net so bietjie ekstra tyd nodig vir skryf werk, hy is n uitblinker in wiskunde, maar omdat hy altyd laaste klaar is, of die werk afgevee word van die bord voor hy klaar is, is hy altyd agter in die klas of sy werk is onvoltooid. Ek raak sommer bebloed. Hy is deur n opvoedkundige sielkundige getoets die jaar en sy se sy is verstom, hy is so slim dit ver bo die potensiaal van n Gr4 leerling, maar omdat hy stadiger werk en sy aandag dwaal word hy ook gemerk as n “probleem” kind omdat sy werk nie klaar kom nie, ons het maar begin om naweke maatjies se boeke te leen om die werk optevang. Ek wil hom nie in n spesiale skool sit nie, as die Onderwys Departement en die onderwysers net so bietjie asem skep en besef ons kinders is individueel en kannie soos komputers geleer word nie, sal dit klaar beter gaan. ek sal graag met die persoon wil praat wat die “nuwe” curriculum sit en uitdink het. dis hoopeloos te veel skryf werk vir ons kinders, en die kinders doen minder in die skool as die hope en hope skryf werk wat hulle huistoe kry vir huiswerk. ek en my man werk 5:30pm as ek my seun gaan haal by die naskool tannie sit hy nogsteeds met huiswerk. my seun is by Goodwood Park, ons het 2 jaar gesukkel om hom daar in te kry, daar gaan nie n week verby wat ek nie n brieffie in rooi geskryf kry in sy boek nie, ek begin dink soms as ons die “beste” wil gee vir ons kinders is die doen ons ons kinders n onreg aan. ek wil hom so graag help ek het dit selfs oorweek om hom na die junie vakansie in die skool in ons area te sit, hy sal nader aan die huis wees en ure se op en af ryery spaar. maar dan weer weet ek nie watter probleme ons hier by De Waveren gaan optel nie, dis n moeilikke besluit, hoe weet jy of wat jy doen die regte besluit is ? ek is verdeeld, onseker en weet nie regtig wat om te doen nie. vir nou byt ons maar vas en kyk wat die eksamen punte se. Sy medikasie is intussen weer vermeerder. Dankie vir die oor. As u enige raad vir my het asb, deel dit. Ek kan doen met terugvoering wat sal help. Groete Joan

      Like

      Antwoord

      • Juffer
        Jun 07, 2013 @ 19:09:21

        Hallo, Joan 😉
        Kan die sielkundige dalk ideale skole (klein klassies) of riglyne vir die klaskamer voorstel? Die skool se leerondersteuningopvoeder behoort ook van skole te weet. Kontak ook skole in ander areas (Dunatos en Vergezicht, Somerset-Wes), omdat gespesialiseerde skole dikwels van ander instansies kennis dra.

        Like

  38. Lindi
    Jul 19, 2012 @ 07:45:38

    Hi almal, weet julle van sulke skole naby Benoni in die Oos Rand, my dogtertjie word in Sept 6jr oud… ek het hulp nodig. Hulle vermoed dis ADD / ADHD maar na talle toetse het ek geen sekerheid. Ek sal haar graag eerder in ‘n skool wil sit wat geduld het. Iemand wat inligting het, laat weet my asb. lindi.jaco.killian@gmail.com / lindi@jjmm.co.za / 084 755 3085

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jul 19, 2012 @ 16:46:18

      Middag, Lindi 😉 Skole met kleiner klassies sal beslis kan help. Ongelukkig kry ek nie nou ‘n naam van ‘n skool nie, maar ek is seker die plaaslike laerskool of skoolkliniek (OBOS/MEED/MOOD) sal beslis ‘n naam kan gee. Kontak ook ‘n plaaslike opvoedkundige sielkundige. So ‘n persoon behoort te kan help. Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

  39. Hesta
    Jul 19, 2012 @ 21:49:53

    Rietvlei Akademie vir ADD

    Like

    Antwoord

  40. sue
    Jul 23, 2012 @ 10:45:46

    Ansie
    Daar is beslis, ek is ook ‘n ouer wat so skool soek vir my dogter, bly in die Moot
    in Pretria, As jy wil kontak my by 0824013388, kan vir jou baie raad gee en weet van baie ouers wat dit nodig het.

    Dankie
    Sue

    Like

    Antwoord

  41. Gerries
    Aug 21, 2012 @ 17:23:49

    Wat ‘n stryd om die regte skool in Pretoria te vind! Ek bly in Centurion en my dogtertjie moet volgende jaar Gr R doen. Sy het ADHD en is minstens ‘n jaar agter met haar ontwikkeling. Die probleem is dat die meeste remedierende skole nie Gr R aanbied nie, en dat die kleuterskole nie meer Gr R mag aanbied nie. Is daar ander ouers met hierdie probleem? Ek oorweeg om haar in Rietvlei akademie te sit, sodat ek haar nie weer hoef te skuif nie. Enige advies sal waardeer word!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 21, 2012 @ 19:28:18

      Hallo, Gerries 😉 Ek ken nie die area nie, maar ander ouers het al baie positiewe boodskappe oor Rietvlei gelaat. Probeer ook Liewenheersies by die Bronberg Akademie 😉

      Like

      Antwoord

      • Wanda
        Aug 21, 2012 @ 19:32:48

        Centurion Remedierende Akademie kan ook help.
        Hoof: Andrea Cilliers 012 667 3444

        Like

      • juffer
        Aug 21, 2012 @ 19:34:55

        Dankie, Wanda! 😉

        Like

      • Gerries
        Aug 22, 2012 @ 14:58:08

        Baie dankie!
        Kan net vertrou dat die Here sal sorg vir die regte plekkie vir my kind.
        Dis wonderlik om te weet mens is nie alleen nie!

        Like

      • juffer
        Aug 22, 2012 @ 17:45:27

        Dis ‘n plesier 😉 Ander ouers sal beslis ook kan baat vind by jou navraag 😉

        Like

      • cindie
        Aug 26, 2015 @ 13:58:10

        Hallo, Ek wil net graag weet of remediërende onderrig dieselfde is as die LSEN?
        Baie dankie, Cindie

        Like

      • Juffer
        Aug 27, 2015 @ 01:33:16

        Hallo, Cindie 😉 Nee, maar soortgelyk. LSEN/OLSO kan verskeie “spesifieke behoeftes” – waar remediërende onderrig meestal met leemtes in tale (lees, spelling) en wiskunde help.

        Like

  42. Hesta
    Aug 21, 2012 @ 19:36:24

    Hi!
    Beslis Rietvlei Akademie. Teenaan Centurion.

    Like

    Antwoord

  43. Tessa Voges
    Aug 27, 2012 @ 12:30:12

    Ek is dringend opsoek na ‘n tegniese skool met remidierende onderig vir my Gr 7 seun in die wes kaap. Kan iwemand help asb? My kontak nr 079 057 6060

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 27, 2012 @ 17:33:53

      Middag, Tessa 😉 Ek weet van HTS DROSTDY, HTS Bellville en Oude Molen. Labori bied heelwat tegniese vakke aan. Indien daar aanbeveel is dat jou seun na ‘n Vaardigheidskool moet gaan, verwys die onderwysdepartement se skoolsielkundige gewoonlik die outjies na Westcliff. Daar is dikwels spesifieke vereistes waaraan ‘n aansoek moet voldoen.
      Ek hoop hierdie inligting kan jou help 😉

      Like

      Antwoord

  44. HELENA
    Sep 07, 2012 @ 09:20:13

    HI. KAN IEMAND MY HELP MET N SKOOL IN RUSTENBURG VIR N A=KIND MET ASPERGER SINDROOM / PDD.
    DRINGEND ASB?????

    Like

    Antwoord

  45. Hilary
    Sep 14, 2012 @ 14:51:11

    Goeie dag,

    Ai tog, help asb. My seuntjie, tans in Gr1 en 8jr oud, is ook met ADHD gediagnoseer. Ons het hom terug gehou laas jaar op voorstel van sy arbeidsterapeut. Ek het ook ‘n neuroloog gaan sien nadat ek met juffrou gaan praat het om te hoor of als ok is, en sy my toe inlig dat ons groot probleme het. Dr Manoussakis het hom op Ritalin gesit en dit het gelyk asof dit baie beter gaan, maar sy juffrou se daar is nogsteeds fout erns en dat ons remedierende onderwys moet oorweeg. Sy gaan hom deursit Gr2 toe, maar is bekommerd dat hy nie die mas gaan opkom nie. Kan jy dalk help met ‘n skool in Kempton Park area wat remedierende onderwys aanbied. Ek slaap nie in die nag nie, en is al uitgehuil oor hoe ek dit gaan doen om my kind te help

    Groete
    H

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 16, 2012 @ 13:53:48

      Middag, Hilary 😉 Ek ken nie die area nie en het op die internet probeer soek na skole. Ek het ‘n skakel na die CROSS-OVER Remedial School gekry, maar dis ‘n Engelse skool.
      Is die outjie al deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets? Dit sal dalk beter wees om eers die outjie se sterkpunte te bepaal, voordat ‘n mens hom na ‘n ander skool sou skuif. So ‘n toetsing sal onder andere na die akademiese prestasies/vermoëns, aandagspan en emosionele ontwikkeling kyk. ‘n Volledige toetsing word gedoen voordat terugvoering aan die ouers gegee word. Daarna kan ‘n mens ‘n meer ingeligte besluit neem wat nommerpas sal wees. Die sielkundige sal waarskynlik ‘n geskikte skool kan voorstel in julle area. Intussen sal ek my voelers op Facebook uit steek om name van skole te kry 😉

      Like

      Antwoord

    • juffer
      Sep 16, 2012 @ 20:46:26

      Hallo, Hilary 😉 Probeer gerus Bronberg Akademie 😉

      Like

      Antwoord

  46. Celia Smith
    Sep 15, 2012 @ 15:59:52

    Ruan is tans in El Zera, hy is in graad 4, maar moes in graad 6 gewees het, hy sien ‘n Spraakterrapeut en Tina Cowley elk eenkeer ‘n week. Hy is baie fluks en bereid om sy deel te doen, hy gebruik ook tans Concerta om te help. Maar ons groot bekommernis is sy “memory”, my vraag is, weet iemand van spesifieke rekenaar programme wat ons kan gebruik om Ruan se “memory” te verbeter. Die rede vir rekenaar program is sy nuwe rekenaar is nog ‘n novelty, m.a.w (strike while the iron is hot). As hy kan onthou wat hy sien, lees en leer dink ons dit sal hom geweldig help. Baie baie dankie vir die oulike juffrouens by El Zera, Ruan is baie gelukkig en ons sien sy selfvertroue beter word.

    Like

    Antwoord

  47. Hesta
    Sep 16, 2012 @ 17:24:04

    Rietvlei Akademie is nie te ver v Kempton af nie – net af van R21 (Nellmapius).

    Like

    Antwoord

  48. Hilary
    Sep 17, 2012 @ 09:54:42

    Hi

    Baie dankie vir die raad. Hy is wel getoets, maar ons verstaan nie regtig die veslag nie. Ons kon ook nie ‘n reguit antwoord uit die sielkundige kry nie. EK gaan hom na ‘n ander sielkundige toe vat en dan van daar gaan. Dankie vir al die hulp sover
    Groete H

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 17, 2012 @ 18:10:31

      Middag, Hilary 😉 Dit klink na ‘n goeie plan. Jy kan die verslag skandeer en vir my stuur (remediering@hotmail.com), sodat ek dalk vir jou kan help om dit te verstaan. Dit sal egter goed wees om ‘n tweede opinie te kry. 😉

      Like

      Antwoord

  49. Hesta
    Sep 18, 2012 @ 06:12:25

    Hi!
    Adri Erasmus 0827866118 is n puik opvoedkundige sielkundige wat saam arbeidsterapeut en pediatriese neuroloog Inet Pretorius werk. Beslis die beste!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 18, 2012 @ 18:14:36

      Baie dankie, Hesta! Dit sal beslis handig te pas kom 😉

      Like

      Antwoord

  50. Hilary
    Sep 18, 2012 @ 08:50:55

    Hi

    Ek sal so maak, baie dankie

    Like

    Antwoord

  51. Wanda
    Sep 18, 2012 @ 10:21:21

    Hi! Julle kan ook kyk na School of Transformation in Boksburg – 0118925597. Dit is sover ek weet “n dubbel medium ADHD skool.

    Like

    Antwoord

  52. Christelle
    Sep 21, 2012 @ 17:04:01

    Hi, julle almal!
    Weet enige persoon waar mens kan studie hulp kry vir ‘n Graad 8 seun, asb? Verkieslik gratis.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 26, 2012 @ 15:27:05

      Hallo, Christelle 😉 Jammer dat ek so laat reageer. Laat weet gerus in watter area jy woon. Dan kan ek ‘n persoon in jou woongebied probeer opspoor 😉

      Like

      Antwoord

  53. Celia Smith
    Sep 22, 2012 @ 19:06:28

    Dankie verskriklik baie, Ruan het toegang tot internet (met supervisie), ons sal beslis werk maak van die aanbevelings. Ek waardeer dit vreeslik. groetnis en lekker braai.

    Like

    Antwoord

  54. Sumei van Antwerpen
    Sep 27, 2012 @ 21:32:15

    Ek het vroeër op die blad Rietvallei Akademie aanbeveel as laerskool. My seun is in Graad 8 hoofstroomskool toe, en dit het nie gewerk nie. Na baie oorweging, trane en ‘n uiters moedelose kind met geen selfbeeld later, het ons afgekom op ‘n hoêrskool vir kinders met ADHD/ADD ens. Dit is in Rooihuiskraal, klein groepe, goed ingerig en bied ‘n redelike verskeidenheid keusevakke aan, veral vir ‘n privaat-skooltjie. Dit is Excelsior Akademie, bitter min kinders in die klas, en ons is baie gelukkig. Vir ouers wat groter kinders het, is hierdie ‘n oplossing. Ons ry van Pierre van Rynveld af, nogal ‘n redelike ent, maar vir ‘n gelukkige kind is dit ‘n klein prys om te betaal.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 29, 2012 @ 02:28:27

      Baie dankie, Sumei! Dit is lekker om sulke goeie nuus oor skole te kry. Ek is seker dit sal vir ander ouers ook van waarde kan wees 😉

      Like

      Antwoord

    • Wanda
      Okt 24, 2012 @ 12:03:40

      Hi Juffer
      As enigiemand weet van hierdie tipe skool vir Gr8-12 aan die Wes-Rand, laat weet maar asb. Ons woon in Krugersdorp en my outjie gaan skool in Centurion. Hy is huidiglik in Graad 5, maar ons kyk maar solank uit vir vorentoe, omdat daar so min opsies is.
      Dankie!!!

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Okt 28, 2012 @ 16:20:11

        Middag, Wanda 😉 Ek ken nie die area nie, maar verneem dat daar etlike goeie laerskole is. Spesialisskole werk dikwels nou saam en sal vir jou goeie verwysings kan gee. Probeer gerus : Raslouw en Centurion Centurion Remediërende Skool (0827865137). Baie sterkte!

        Like

  55. Corne
    Okt 08, 2012 @ 10:41:33

    Goeie dag Juffer. Ek wonder of julle kan help. My dogter is 13 jaar oud en tans in graad 4 in n skool vir kinder met ‘n leergestremndheid, sy is gediagnoseer met kognotief gestremdheid en is 3 jaar agter in haar ontwikkeling. Die skool waar sy tans is is oorheersend engels sprekend en daar is net 2 afrikaanse kinders in haar klas van 15 kinders. Alhoewel die juffrou die werk herhaal in afrikaans dink ek sy kry nog ‘n groter agterstand omrede die meeste van die kinders in die klas engels is. Sy doen ook al eksames verbaal omrede sy baie moeilik skryf en spel. Ons is opsoek na of n huis skool opset of afrikaanse skool wat haar kan help in Centurion.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 16, 2012 @ 22:29:35

      Hallo, Corné 😉 Jammer dat ek nou eers antwoord. My internettoegang was ‘n bietjie beperk.
      Sungardens het ‘n lysie skole, maar ek ken nie die skole en weet ook nie of dit nommerpas vir julle sal wees nie. Die beste sal moontlik wees om ‘n plaaslike opvoedkundige sielkundige te kontak, omdat hulle dikwels met verskeie skole kontak het. Skakel en vra gerus vir ‘n verwysing.

      Like

      Antwoord

    • juffer
      Okt 19, 2012 @ 20:05:58

      Corne, probeer ook Centurion Remediërende Skool ….0827865137

      Like

      Antwoord

  56. Karina
    Okt 08, 2012 @ 12:42:24

    Goeie dag. Sal u asb so vriendelik om ons skool se skakel ook op jul blad te plaas. Dankie vir al die interessante artikels op jul blad

    Like

    Antwoord

  57. vanessa
    Okt 10, 2012 @ 10:07:41

    Ek het hulp nodig vir ‘n vriendin wat raadop is (sy’t ongelukkig nie internet toegang nie, daarom doen ek navraag namens haar). Sy bly in die Rooihuiskraal omgewing, is ‘n enkel mamma en finansieel gaan dit eintlik BAIE sleg. Haar seuntjie is nou 5 jaar oud en die skool waarheen hy tans gaan het die mamma ingelig dat hy nie volgende jaar weer mag terugkom nie omdat hy leerprobleme het. Sy kan nie privaat onderrig bekostig nie en kan ook nie ver ry om haar seuntjie daagliks op en af te laai nie. Weet enigiemand dalk van ‘n skool in die omgewing van Rooihuiskraal wat remediërende onderrig aanbied? Hy moet nou gaan vir toetse om te sien waar die probleem lê.
    As iemand dalk weet of so ‘n ouer vir finansiële hulp kan aansoek doen en waar sal ek dit ook baie waardeer. As daar iemand is wat dalk self met die mamma wil gesels laat my weet dan gee ek haar kontak details.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 19, 2012 @ 19:51:45

      Hallo, Vanessa 😉 Jammer dat ek so laat reageer. Ek het beperkte internettoegang gehad, maar is nou weer ten volle hier 😆

      Ek sou voorstel dat jou vriendin die plaaslike laerskool skakel om die kontakbesonderhede van plaaslike ondersteuningsdienste te kry. Ek sien dat Alice Maree op hul webtuiste adverteer (083 501 4040). Dit is moontlik dat sy van ‘n opvoedkundige sielkundige sal weet wie kan help. Die skool behoort ook die telefoonnommer van die plaaslike skoolkliniek te hê – sodat jou vriendin met hul skoolsielkundige kan gesels. As sy die situasie met die opvoedkundige sielkundige kan bespreek, kan hulle moontlik oor korting of ‘n afbetalingsplan gesels.

      Laat weet gerus of julle reg gekom het. Indien nie, kan ons weer probeer.

      😉

      Like

      Antwoord

  58. raatspl
    Okt 11, 2012 @ 22:45:59

    Hi, kan julle vir my ‘n hoërskool aanbeveel wat kinders met geringe ADD akkomodeer in Centurion of Pretoria Oos.

    Watter skool is die beste volgens u mening?

    Ek sien dat Waterkloof ‘n klein groepie klas aanbied vir sekere vakke.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 19, 2012 @ 20:23:37

      Hallo, Raaspl 😉 Ek weet dat die Centurion Remediërende Akademie op laerskoolleerders fokus. Dalk kan hulle jou van hulp wees. Rietvlei Akademie beveel bv. Waterkloof en Duo Edu aan. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  59. Anton
    Okt 15, 2012 @ 20:23:25

    is daar iemand met kennis en raad vir sensoriese integrasie afwyking. Het baie groot invloed op leer vermoe, 8 jarige in gr 2.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 19, 2012 @ 20:38:30

      Hallo, Anton 😉 Sekere arbeidsterapeute spesialiseer op die gebied en moet spesifieke kursusse doen om dit te kan doen. Ek sou voorstel dat jy so ‘n terapeut kontak om raakvat idees te bekom vir die outjie.
      Kyk gerus na hierdie skakels vir verdere inligting:
      sensories 1
      sensories 2
      sensories 3
      Arbeidsterapeut: Maré Smit (021 852 0845)

      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  60. Ester
    Okt 21, 2012 @ 16:14:55

    Ek het 2 kinders, 4 en 5 onderskeidelik. My seun van 5 jaar het sensoriese afwykings en taalontwikkelings probleme wat veroorsaak dat hy baie agter is. Ek is op soek na ‘n skool wat kinders met spesiale behoeftes kan akkommodeer,maar ook waar ek my 4 jarige wat geen probleme het nie kan stuur. Ons is in centurion. Ek soek ‘n skool waar hulle hulle laerskool kan klaarmaak.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 23, 2012 @ 17:57:45

      Middag, Ester 😉 Ek ken nie die area nie, maar het al verskeie goeie kommentare oor die volgende skole gekry: Raslouw akademie 0126568563 en Centurion Remediërende Skool 0827865137. Loer ook na Rietvlei Akademie. 😉 Baie sterkte!

      Like

      Antwoord

  61. Hesta
    Okt 28, 2012 @ 16:00:01

    Hoekom Wes Rand? Duo Edu nie goeie keuse nie?

    Like

    Antwoord

    • Wanda
      Okt 29, 2012 @ 11:32:08

      Hi Hesta

      Ons woon aan die Wes-Rand en ry elke dag Centurion toe vir sy laerskool. Ons soek graag ‘n nader opsie vir gr8-12.

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Okt 29, 2012 @ 16:48:48

        😉 As ek reg onthou het iemand genoem dat Waterkloof kleiner klasse het vir outjies wat dit benodig. Vind gerus uit 😉

        Like

  62. B
    Nov 05, 2012 @ 13:10:20

    Goeie middag

    Ons seuntjie is deur verskeie dokters / pediators / sielkundiges gesien, elk met hul eie opinie en diagnosis. Wat ek wel van seker is , is dat hy ADD het as ook ODD. Die ODD is ‘n groot probleem want hy weier om te luister na gesag en is hy tans op medikasie en terapie. Een van die dokters het ons verwys na Nuwe Hoop Skool, maar na hy so 6 maande daar was , het hul ons versoek om hom uit die skool te haal todat sy gedrag verbeter. Ons het hom tans in ‘n kleuterskooltjie gesit wat ‘n Gr – R klassie het. Sy gedrag is soms steeds onbeheerbaar maar die skooltjie kom ons darem te gemoed en help ons so ver hul kan. Ons was van plan om ons seuntjie terug te stuur na Nuwe Hoop Skool met die hoop dat sy medikasie en terapie sy gedrag en konsentrasie sal verbeter. Ongelukkig 4 maande later is ons maar steeds waar ons was. Die probleem nou is, ek weet ek kan hom nie terug stuur Nuwe Hoop skool toe nie, want hy gaan net ‘n rukkie daar wees dan is ons weer waar ons was.

    Ek is raad op, weet nie na watter skool om hom te stuur nie. Ek het ook intussen sy IK laat toets, en volgens die toets is se IK normaal. Die sielkundige wat die toets gedoen het, het aanbeveel dat hy in ‘n skool is wat klein klassies het. Home schooling sou idiaal wees maar ongelukkig kan ons dit nie bekostig nie.

    Ons gaan Dr Johan Erasmus sien in Februarie, so ons hoop regtig hy sal ons kan help, maar tot dan weet ek nie waar heen om ons seuntjie te stuur nie.

    Enige opinies of raad ?

    Ons bly in Tuine / Mountain View area in Pretoria.

    Groete
    B

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 05, 2012 @ 18:04:20

      Middag, B 😉 Ek ken nie die area nie, maar het al baie goeie kommentaar oor die volgende skole gehoor. Jy kan hulle gerus kontak en besoek om te sien of hulle nommerpas vir julle sal wees:
      Centurion Remediërende Skool (082 786 5137), Raslouw, EduExcellence (012 361 0686) en Liewenheersies (Bronberg Akademie).
      Indien hierdie skole nie geskik is nie, kan jy altyd verwysings vra. Spesialisskole weet dikwels van ander / soortgelyke spesialiste. Ek hou duim vas dat julle die regte skool sal vind.
      Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

    • Sue
      Nov 08, 2012 @ 09:38:52

      As jy in tuine is, is Laerskool Wonderboom Suid ook da om na tekyk, hulle het ook ‘n Remedierende klas, my dogter is ook dae. Dit gaan goed met haar, ons het ook lank na skoole gesoek. Hul tel no is: 012 331 4142 faar is ook ‘n web blad waar na jy kan gaan kyk en dit is, http://www.lswbs.co.za. Hoop jy kom reg.

      Sue.

      Like

      Antwoord

      • juffer
        Nov 08, 2012 @ 17:59:55

        Baie dankie, Sue! Ek is seker die inligting sal vir ander ouers ook kan help 😉

        Like

  63. Boet
    Nov 09, 2012 @ 08:57:20

    Baie dankie Sue.

    Ek sal defnitief kyk.

    Groete

    Like

    Antwoord

  64. Lize
    Nov 14, 2012 @ 13:58:35

    Goeie middag Juffer!

    Sjoe, ek het nou al die hele blad gelees.

    My sussie, Megan, graad 3 hierdie jaar is ADD, ons bly op die stadium in Naboomspruit, maar my ma hulle verhuis na Pretoria in 2013.

    Ons het nou al reeds vir haar na ‘n skool begin soek, wat remedierende onderwys aanbied. Soos op van die vorige skakels, was ons reeds by Prospectus Novus, uitstekende skool, hulle het vir Megan getoets en evalueer. Hulle het tot die gevolg gekom Megan is te sterk vir die skool, met die volgenede opsies:
    1) My ma le moet vir Megan terug hou en haar in ‘n gewone hoofstroom skool sit – wat nie eintlik ‘n opsie is nie omdat ons jonger sussie Dominique nou in gr 2 is, dus sal hulle dan volgende jaar in dieselfde graad wees.
    2) Megan kan na die volgende graad gaan, maar dit gaan ekstra spraak klasse en remedierende onderwys behels.

    Met ‘n verdere soektog het ons op ‘n paar skole afgekom.
    Laerskool Wonderboom Suid – hulle het ‘n LSEN klas, na ‘n gesprek met die juffrou daar, beveel hulle aan dat ons vir Megan eers in die gewone hoofstroom skool sit, indien hulle vind sy gaan nie daar “cope” nie sal hulle haar dan in die LSEN klas kan sit.
    Laerskool Pretoria-Oos, hulle het nie ‘n spesifieke remedierende klas nie, maar hulle het ‘n remedierende onderwyser, spraak- en arbeidsterapeut wat die skool besoek.

    Nou meer as ooit weet nie een van ons wat om regtig te doen nie, raad asb…?

    Wat moet ons doen? Is daar eninge ander skole wat ons moet oorweeg? Is daar iets waarop ons moet let?

    Help asb.

    Groete
    Lize

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 14, 2012 @ 20:00:42

      Middag,Lize 😉 Ek sou dalk eers die hoofstroom probeer het – indien ekstra ondersteuning (soos die raad van ‘n pediater, remediërende opvoeders…) moontlik sal wees. Andersins kan julle die opsie van skole soos Raslouw Akademie en Centurion Remediërende Akademie (0827865137) probeer. Die belangrikste is dat julle ouers die skole sal besoek om te kyk of dit nommerpas sal wees. ‘n Mens wil nie sommer ‘n outjie terug hou as dit nie nodig is nie…MAAR indien dit gebeur, behoort twee sussies in dieselfde graad nie ‘n probleem te wees nie. 😉 Gaan kyk eers na al die opsies voor die besluit geneem word 😉

      Sterkte met die pakkery en besluite.

      Like

      Antwoord

      • MAGDA BURKE
        Nov 20, 2012 @ 10:19:04

        Daar is ‘n nuwe hulpsentrum vir tuisonderrig in Centurion wat die IMPAK leerplan volg en nog plek beskikbaar het vir 2013. Kwaliteit onderrig word aangebied en leerders vorder uitstekend. Skakel vir Mev. Magda Burke 0762497333 alle ure.

        Like

      • juffer
        Nov 20, 2012 @ 19:14:12

        Baie dankie, Magda! 😉

        Like

    • Ronel Wiese
      Jan 03, 2013 @ 19:56:46

      Antwoord

  65. Hesta
    Nov 14, 2012 @ 20:23:49

    Hi!

    Verseker moet julle Rietvlei Akademie oorweeg spesiaal vir ADD leerders. Hulle gee om vir die kinders en maak skoolgaan vir kinders n positiewe leerervaring.

    Nie ver van Waterkloof Hoërskool nie.

    Skakel Carinda Habig (hoof)

    Hoop julle kom reg.

    Like

    Antwoord

  66. Boet
    Nov 20, 2012 @ 10:03:02

    Hi

    In my soeke het ek op Mozart Akedemie in “Montana”, naby Kolonade af gekom. Hul web tuiste is :
    http://www.mozartakademie.org/

    Hulle het die jaar Februarie eers begin so dit is maar nog ‘n nuwe skooltjie maar hul het groot planne en tans is daar maar min leerlinge. Kyk gerus na hul want hul vat kinders van GrR tot Gr12.

    Sit hul maar gerus by die skakels by.

    B

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 20, 2012 @ 19:00:31

      Baie dankie, B! Ek het gou vlugtig na die skool se webtuiste geloer en dit lyk baie belowend! 😉 Ek is seker dat ons nog baie goeie nuus oor hulle sal kry.

      Like

      Antwoord

  67. Yvonne
    Nov 25, 2012 @ 13:40:56

    Goeie dag, ek is opsoek na n goed gebalanseerde christelik georienteerde kleuter en laerskool vir my kleinseun in die Pretoria omgewing. Dit is deesdae baie moelik om n goeie skool te kry. Weet iemand dalk van n tuisonderrig groepie waarby ons kan aansluit? Ek sal raad baie wardeer. Ek wil hom nie graag in enige skool sit nie want ek het my eie twee kinders deur die normale stelsel gesit en is baie spyt daaroor. Dankie.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 25, 2012 @ 18:19:25

      Middag, Yvonne 😉 Ek ken nie die area nie, maar het al baie goeie terugvoering oor die Rietvlei Akademie gekry. Loer gerus na hul webwerf.

      Like

      Antwoord

  68. Hesta
    Nov 25, 2012 @ 18:22:13

    Gaan kyk na http://www.raslouwskole.co.za. Fantasties!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Nov 25, 2012 @ 18:23:00

      Dankie, Hesta 😉 Ek het Raslouw se skakel hier bo gelys 😉

      Like

      Antwoord

  69. helena bowen
    Des 01, 2012 @ 20:34:32

    Hi my naam is lena ek wil hoor of da iemand is wat my kan help my sus is in die begin vvan die jaar oorlede ha dogter is tans 15 word 16 sy het nou al vir die 2 de keer st 6 gedop ek persoonlik dink sy het u leer probleem kan iemand my help ons finansies kan nie die kind dra nie en ha biologiese pa wil niks met ha te doen he nie asb ek is raad op

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Des 02, 2012 @ 07:55:01

      Môre, Lena 😉
      Die afsterwe van ‘n ouer is baie traumaties en kon ‘n invloed op die akademiese uitslae gehad het, maar ‘n mens sal na die spesifieke outjie se omstandighede moet kyk…Weet jy of sy al deur ‘n opvoedkundige sielkundige/skoolsielkundige getoets is? Indien sy met die akademie worstel is dit baie moontlik dat sy reeds in haar skoolloopbaan getoets is en dat daar spesifieke aanbevelings op rekord is. Sulke verslae word gewoonlik aan die ouers en skool gegee en behoort in die leerderprofiel te wees. Ek sou voorstel dat jy die skool môre kontak sodat jy met die voorligtings- of leerondersteuningsopvoeder kan gesels.
      Gesels met die skool en vra dat hulle voorstelle maak. Sou ‘n skool met kleiner klassies, ‘n vaardigheidskool of ‘n privaatskool beter vir haar kon wees? Watter ekstra klasse kan ‘n mens probeer? Is daar ondersteuningsdienste soos tutors in die omgewing? Kan die skoolkliniek/distrikskantore se maatskaplike werker/skoolsielkundige emosionele ondersteuning bied indien die dienste van ‘n privaat kundige nie nou moontlik/bekostigbaar is nie?
      Die komende week is die laaste skoolweek en ‘n mens sou graag die jaar met ‘n geruste hart wou afsluit.
      Baie sterkte, Juffer 😉

      Like

      Antwoord

  70. Ronel Wiese
    Jan 03, 2013 @ 19:52:32

    Ons was eers LiewenHeersie, maar het die skool se naam na Bronberg Akademie verander. Dit is ‘n Privaatskool. Bring asb die naamverandering op julle webblad aan. Dankie
    Ronel Wiese
    082 805 1091

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 04, 2013 @ 08:00:47

      Ek het Bronberg Akademie by die lysie gevoeg 😉

      Like

      Antwoord

  71. Woelwaters
    Jan 18, 2013 @ 16:05:26

    Hi Juffer,

    Dit is weer ek, jy kan gerus ons ook bysit by jou lysie (woelwaters akademie of xeta college) altwee gaan na dieselfde webwerf toe.

    Net vir enigiemand daar buite, my seun het self ADHD en ons het gevoel om die nodige veranderinge te maak om remidierende onderwys te bied. Die dame wat saam met ons werk het 25 jaar ondervinding en is na aan my hart met die werk wat sy verrig met die tiepe kinders.

    Daar is net nie genoeg klein skole om die kinders te help nie … nogal jammer.

    Ons werk saam met breinlyn en hulle is deur die IEB geakkriditeer, so die standaard onderrig is nogsteeds hoog, en as ‘n pa, soek ek tog net die beste vir my kinders, sal later self my dogtertjie inskryf.

    Groete
    Adriaan Booysen
    0795080550

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 18, 2013 @ 18:05:20

      Baie dankie, Adriaan 😉 Ek voeg julle by en is seker ander ouers sal kom inloer.

      Like

      Antwoord

  72. Ronel
    Jan 20, 2013 @ 17:03:43

    Enige links na kleuterskole en naskole in Pretoria Oos? Groot asb

    Like

    Antwoord

  73. Karina
    Jan 21, 2013 @ 15:02:45

    Middag Juffer.
    Ek het ‘n 13 jarige seun met Aspersindroom. Hy is tans in Laerskool Menlopark en vorder akademies baie goed – sy gemiddeld einde 2012 was 83%. Hy is al van Gr R in die skool en die onderwysers is baie tegemoedkomend en die kinders is wonderlik met hom. Ek ondersteun hom egter intensief met huiswerk, take en leerwerk. Hy neem ook glad nie deel aan enige aktiwiteite by die skool nie (ons het regtig als probeer….).

    Ek twyfel egter of hy sal aanpas in ‘n gewone, groot Hoerskool. Dr Erasmus het ook gewaarsku dat Aspergers vreeslik sukkel met puberteit omdat hulle soos enige ander tiener graag wil inpas en voel hul behoort erens… maar dit gebeur ongelukkig nie sommeer vir hulle nie 😦
    Sy broer is tans in Gr 10 in Menlopark en vaar baie goed maar ek twyfel of dit die regte skool is vir C. Akademie kan dalk nog werk maar ek dink hy gaan sosiaal baie swaar kry.
    Weet iemand dalk van ‘n gepaste Hoerskool in die omgewing?

    Groete,
    Karina

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 21, 2013 @ 15:47:19

      Middag, Karina 😉 Ek het ongelukkig nie inligting oor hoërskole (dalk privaat skole) in jou omgewing nie. In baie gevalle help dit om ‘n gespesialiseerde skool te kontak om uit te vind waarheen hulle leerders na Graad 7 gaan. Volgens wat ek kon uitvind op ASA is daar twee sulke tipe skole in Menlo Park. Dalk kan jy die skole skakel en verwysings vra. Dit is Nuwe Hoop en Unica. Ek hoop iemand sal jou kan help 😉

      Like

      Antwoord

      • Wanda Botha
        Jan 21, 2013 @ 15:54:41

        Hi Juffer

        Die ander opsie is Duo Edu in Menlopark.
        0129934453

        Groete
        Wanda
        Sent from my BlackBerry® wireless device

        Like

      • Juffer
        Jan 21, 2013 @ 16:48:06

        Baie dankie, Wanda 😉

        Like

  74. marais
    Jan 21, 2013 @ 16:42:12

    Hi daar Karina
    ‘n Skool in Pretoria wat op jou lys moet wees is Nuwe Hoop Skool vir serebraal- en leergestremde leerders. Onderrig is in beide Afr en Eng. Hulle het pas ‘n trofee ontvand vir die beste LSEN skool in Gauteng en is in Ceciliaweg, Ashlea Gardens – naby Menlyn. Onderrig is vir kleuters tot Gr 12 en daar is 3 bane wat vir die verskillende behoeftes voorsiening maak.

    Daar is ook ‘n klein skool vir ADD en ADHD leerders in Acornweg, Lynnwood. Hulle het baie klein klassies en poog dat leerders weer teruggaan na hoofstroom skole so ver as moontlik. Die kontakpersoon is Gerda van Wyk by 082 338 2645.
    Groete
    R

    Like

    Antwoord

  75. Christie
    Jan 29, 2013 @ 07:31:29

    Hi ek is opsoek na spraak en arbeidsterapeut student wat bietjie extra geldjie wil verdien. My dogtertjie is 3 en benodig bogenoemde terapie. Wil graag by haar speelgroepie terapie inbring. Ons woon in randfontein in die wesrand

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 29, 2013 @ 14:14:53

      Middag, Christie 😉 Die beste sal seker wees om dit in ‘n plaaslike dagblad of by die naaste Universiteit te adverteer. 😉

      Like

      Antwoord

  76. Sue
    Feb 02, 2013 @ 12:04:54

    Christie Kontak jou naaste Universeteid, my dog ter kry by die PTA Universeteid terapie, hulle soek al tyd kinders wat hul kan help, hul sal ook vir jou kan se waar jy ‘n student kan kry wat jou kan help……

    Like

    Antwoord

  77. nita
    Feb 07, 2013 @ 15:08:32

    Halo daar, ek soek bietjie raad. Asb dis dringend. My seuntjie (5) is in grR en hys baie slim,al probleem wat ons by skool (laerskool se grR klas) kry is,hy krap kids in gesigte,knyp en byt! Ons begin maandag met arbeidsterapie sessies-weet ni hoelank ni. En maandag oggend moet ons gaan vir evaualsie by spraakterapeut. My hart is so seer ek huil elke middg,by die huis is hy ni so met sussie(3) ni,ook ni met die maaikies in kompleks ni. Voel of my seuntji ni in pas ni. Hy was laas jaar geboeli by kleuterskool(was 4 in grR klassie,hy was te slim vir grRR.
    Hy is ook 2 jaar terug deur n sielkundige gediagnoseer mer adhd,en nou hoor ons net n pediatriese neuroloog mag dit doen,weet iemand waar ons n pediatriese neuroloog in witbank kan kry??? Ons wil regtig ni pretoria toe gani. Asb hoop iemand kan help. Oh ja my seuntji lewe op brood,yogurt,cornflakes en weetbix al 4jaar lank! Enige raad is welkom
    Danki nita

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 07, 2013 @ 17:33:22

      Middag, Nita 😉
      Dit is wonderlik dat die skooltjie so vroeg reeds hierdie tipe hulp (soos arbeidsterapie) kan aanbied of voorstel. As die juffrou ‘n uitval bespeur en reeds op so ‘n jong ouderdom hulp voorstel, kan ‘n mens die outjie so gou as moontlik help en die sneeubal-effek verminder.
      Die Aandagafleibaarheid of ADHD-outjies word gewoonlik na ‘n pediater verwys, omdat dit soms mediese hulp of dieetkundige raad benodig.
      Toe ek die eerste deel van jou boodskap gelees het, wou ek die hulp van ‘n spelterapeut voor gestel het – waar die outjie spelenderwys uiting aan frustrasies gee en leer om homself te handhaaf. As ‘n mens in ag neem dat julle reeds ‘n diagnose het, sou dit dalk goed gewees het om met iemand soos Dr Malherbe te gesels (skakel selfs net vir ‘n verwysing). Hy is ‘n gerekende spesialis en sal vir jou kan sê watter hulp vir die outjie se frustrasie sal help.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  78. marieta
    Feb 13, 2013 @ 15:38:58

    Ek wil graag n naskool begin in ons omgewing. Kan enige iemand inligting verskaf daaroor. Reels en regulasies; hoeveel kinders jy mag kry sonder om te registreer; hoeveel helpers per hoeveel kinders. Watter geriewe daar moet wees en waar registreer jy as jy moet registreer. Sal dit waardeer indien u kan antwoord op e mail na herman@iburst.co.za . Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 13, 2013 @ 17:17:30

      Middag, Marieta Ek weet dat daar regulasies vir Graad R-klassies is (bv. hoeveelheid toilette versus kinders), maar weet self nie van die nasorge nie. Ek gaan my voelers uitsteek en hoop om vinnig antwoorde te kry. 😉

      Like

      Antwoord

  79. Luzea Wink
    Feb 14, 2013 @ 12:11:52

    Goeie dag,
    Ek het pas “n Tina Cowley Leessentrum in Pierre van Ryneveld Centurion geopen. Kan jy my Asseblief toevoeg.

    Lekker dag verder

    Luzea Wink

    Like

    Antwoord

  80. Rona
    Mar 07, 2013 @ 09:43:09

    Ek wil net weet of n onderwyser onderig mag wyer aan skoliere as gevolg van wangedrag. Asb as iemand antwoorde vir my het. Dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 07, 2013 @ 15:25:23

      Middag, Rona 😉 Ek dink dat jy die beste antwoord by ‘n skoolhoof sal kry. Hulle is deeglik ingelig oor die wetgewing. 😉

      Like

      Antwoord

  81. Sue
    Mar 07, 2013 @ 16:07:42

    Nee hul mag nie wyer nie, en het hul dit met jou bespreek, soos warskuwings of drie inskrywings of so iet van aard…….

    Like

    Antwoord

  82. Louise Dingelstad
    Mar 17, 2013 @ 09:42:59

    Goeiedag Juffer
    Hoop dit gaan baie goed. Dankie vir jou wonderlike initiatief om hierdie blog te begin.

    Ek is ‘n opgeleide spraakterapeut en werk as ‘n remedierende terapeut by Transvalia Skool vir kinders met leerprobleme,adhd en epilepsie in Pretoria.

    Ek wil asb graag weet hoe gaan ek te werk om die skool se kontak-details aan jou blog te koppel. Ek dink heelwat ouers met kinders wat bogenoemde probleme ondervind, is nie bewus van ons skool se bestaan nie.

    Beste Wense
    Louise Dingelstad

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 17, 2013 @ 12:10:28

      Middag, Louise 😉 Stuur gerus ‘n skakel en/of kontakbesonderhede, sodat ek die skool kan byvoeg 😉

      Like

      Antwoord

  83. Ansie
    Mar 18, 2013 @ 15:28:03

    Middag Juffer, my graad 5 seun (adhd) sukkel baie met doen en leerwerk. Dis asof hy nie instaat is om inligting wat beskikbaar is te gebruik. Dit voel soms vir my asof hy dink antwoorde op vrae sal sommer vanself op die vraestel verskyn. Dit is asof hy nie dink nie en skryf die eerste beste antwoord neer. Ons woon in die Swartland (Weskaap). Enige verwysing vir hulp sal welkom wees.

    Groete

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 18, 2013 @ 20:48:43

      Middag, Ansie 😉

      Daar is verskillende opsies om te oorweeg – soos ‘n tutor wat hom met huiswerk en leerwerk kan help, ekstra studietegniekklasse/-kursusse, ekstra klasse (bv. wiskunde)…Plaaslike skole soos CPM (of enige laerskool) behoort vir jou die kontakbesonderhede van ondersteuningsentrums te kan gee. Loer ook hier na ‘n paar name (dalk te ver?).
      Ek sien dat die outjie moontlik reeds met ADHD gediagnoseer is. Vir ‘n outjie met aandagafleibaarheid moet ‘n mens ‘n goeie roetine bepaal, sodat hy daagliks weet wat en wanneer van hom verwag word. Merk bv. sy vakke op die rooster en die ooreenstemmende werkboeke met eenderse kleure (bv. gekleurde plakker op die boeke se rugkant). Hy kan sy tas daagliks volgens die rooster/kleure pak en smiddae stal hy dit uit om te loer of daar huiswerk of leerwerk vir die middag voorlê. Die ADHD-ondersteuningsgroep in die Helderberg het destyds so ‘n A5-boekie met raakvat idees gehad. Kontak gerus vir Nokkie Hartman om te hoor of sy dalk weet waar jy dit kan bekom (nokkie@remedialhelp.co.za).
      Is hy onder die behandeling van ‘n dokter/pediater? Soms kan so ‘n besoek waardevolle raad in verband met vitamienaanvullings, roetine en dieet bied. In die Wes-Kaap is daar kundiges soos Dr. Adri van der Walt, Dr. Gawie Malherbe (Somerset-Wes), Dr. Bennie Steyn (Stellenbosch)…
      Julle kan ook opsies soos neurofeedback terapie (sien skakels aan die regterkant) of SOLISTEN/TOMATIS-terapie ondersoek. Kyk na al die opsies en besluit dan op die roete wat die beste vir julle sal werk.

      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  84. Nirosha
    Mar 27, 2013 @ 14:59:18

    Middag Almal
    Ek praat nie so goed afrikaans nie (my man is afrikaans) so ek kan hierdie in engels skryf.
    We have a 17 year old son who has been diagnosed with ADHD. He is currently repeating grade 9 in Lantern Skool. We are looking for a boarding school that we can enrol him in, similar to Jim van Tonder Skool in Bethal. He has become very aggressive and lazy. We cannot provide him with the routine and discipline that he needs. We either end up feeling sorry for him cos he has no friends and is alone the whole afternoon after school, or just tired of having the same aurguments with him or maybe just scared also. We are hoping that we can find a school that we can put him in that will be able to provide this and hopefully he changes enough to finish school – or at least grade 10 next year and motivate him to become a bit more independant and able to live in the real world once he becomes of age. Currently he gets everything done for him, gets what ever he wants and feels that his dad will get him a car when he turns 18, and he will live with us until he is 30 and when his dad retires – he can give him his pension money so he doesnt have to learn, work or do anything. We prefer a boarding school cos we feel he needs a taste of what life would be like without us and also cos we are scared that he will never become independant.
    email me at soobramoneynirosha@gmail.com

    email – soobramoneynirosha@gmail.com

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 01, 2013 @ 14:33:04

      Good afternoon, Nirosha 😉 Unfortunately I do not know of such schools, but hopefully one of the readers will 😉

      Like

      Antwoord

  85. Drickie
    Apr 11, 2013 @ 14:55:55

    Hi Daar,

    My dogter is in Werda skool in Queensburg. Sy sukkel ongelooflik baie met skoolwerk. Sy is aandag afleibaar en gebruik ritelin. Die probleem is dat sy steeds sukkel. Sy toon tekens van disleksie en kort termyn geheue. Werda het glad nie hulpklasse nie. Dit Is regtig ‘n probleem, haar juffrou is ook nie baie behulpsaam nie en dink ek moet my dogter wegstuur om iewers anders te gaan woon. Sy is in graad 3 en ek het haar alreeds ‘n jaar terug gehou in gr R. Weet julle dalk van iemand wat my kan help, groot asb.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 14, 2013 @ 15:10:53

      Middag, Drickie 😉
      Ek het my voelers probeer uit steek, maar dit klink nie asof daar ‘n bekende skooltjie naby is nie – wel in Morningside. Leessentrums soos Wise Eye/Tina Cowley/Kip McGrath mag dalk intussen help.
      Ek sal my ore oop hou 😉

      Like

      Antwoord

  86. magda
    Apr 17, 2013 @ 21:39:18

    Klein skool onderrig (groepe van nie meer as 15) is die beste vir leerders met spesiale behoeftes. Ek is ‘n gekwalifisserde onderwyseres en beskik oor ‘n hulpsentrum in Pretoria waar kinders uitstekend akademies vorder. Opvoedkundige uitstappies en sportdeelname is van die ander aktiwiteite beskikbaar. Skakel gerus vir Mev. Burke 076 2497333

    Like

    Antwoord

  87. Stephanus
    Apr 22, 2013 @ 22:19:28

    Hi ek het my seun na rietvlei akademie geskuif ek wil graag van ouers se ondervinding hoor rondom n naskool in die omgewing en ook hoe jul die SKool ondervind

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 23, 2013 @ 17:38:20

      Middag, Stephanus 😉 Ek gaan iemand vra om vir julle te kontak.

      Like

      Antwoord

    • Juffer
      Apr 24, 2013 @ 19:03:02

      Middag, Stephanus
      Jou e-pos adres stuur die boodskappe terug. Ek en Sumei sukkel om kontak met jou te maak. Kan jy dalk via remediering@hotmail.com kontak maak? 😉

      Like

      Antwoord

  88. Hesta
    Apr 24, 2013 @ 19:56:36

    Vanessa +27829579846 het die naskool by Rietvlei Akademie en is baie oulik met die kinders. Ons is baie tevrede en sal haar beslis aanbeveel.

    Like

    Antwoord

  89. Stephanus
    Apr 24, 2013 @ 20:57:21

    Hi dankie vir terugvoering

    Like

    Antwoord

  90. Charlene Jacobs
    Apr 25, 2013 @ 08:43:49

    Goeiedag, ek is op soek na ‘n privaatskool of enige iets al is dit tuisonderrig in Pretoria Noord omgewing. My dogter is tans in graad 4. Sy was al vir sessies by die skool se spel terapeut, maar sy sukkel verskriklik om aan te pas by die skool en die hoevelheid kinders. Sy is baie stil kind. Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 25, 2013 @ 17:50:23

      Middag, Charlene 😉 Rietvlei kry baie goeie kommentaar. Loer gerus hier bo na nommer 13. Dan kan jy ook na Bronberg (19) loer. Ek hoop dit kan haar help 😉

      Like

      Antwoord

  91. Hesta
    Apr 25, 2013 @ 18:49:24

    Ek ken nie die skool nie maar gister Mozart Akademie naby Kollonade gesien. Kyk op hulle web

    Like

    Antwoord

  92. Marita
    Mei 06, 2013 @ 15:48:30

    Goeiedag. Ter inligting: Ons het kort gelede ‘n praatjie van Dr Shabeer Jeeva bygewoon. Hy is ‘n kinder en volwasse Psigiater en spesialiseer in ADHD. As ek vroeër van hom geweet het sou ek beslis die pad met hom gestap het. Hy het ‘inhouse therapy’ om te bepaal presies hoe en waar jou kind (of selfs jy as grootmens indien jy adhd het) staan. Hy is baie hands-on met die diagnose en vordering, medikasie, ekstra hulp ens. Indien jy nog wonder waarheen om jou kind te neem, begin sommer by sy webblad. Sy kamers is by Garden City Kliniek. (Gauteng).

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 06, 2013 @ 16:44:00

      Middag, Marita 😉
      Baie dankie. Ek het so ‘n tydjie gelede sy skakel hier aan die regterkant geplaas, maar het ongelukkig nog nie na ‘n praatjie geluister nie. Ek hoop ander ouers lees jou boodskap 😉

      Like

      Antwoord

  93. corne
    Mei 20, 2013 @ 22:13:26

    Corne,
    .. soms dink ek nie mense weet hoe dit voel om met ADHD te lewe. ek is n ma van 2 wat albei ADHD het sowel as ek… my groot probleem is dat my 2de kind nou 10jaar en in graad 4 sukkel regtig op skool. hy is reeds graad 0 terug gehou. jy kan sien hy leer as jy hom vra kan hy jou antwoord, maar sy verduideliking is nie op standaard nie. as jy hom n hele rukkie later weer die selfde vrae vrae sukkel hy om dit te antwoord of om homself uit te druk. sy toetse is almal onder 30-40%. hy is tans by tina cowley leessentrum maar dis asof dit nie vrugte afwerp nie. ek het dringend hulp nodig. hoe vind ek uit of die skool waar hy tans is die regte skool is. my seun gaan in tuine skool in pretoria.
    dit voel net soms of sy kort termyn geheue nie voldoende ontwikkel is wat skoolwerk aanbetref nie. waar kan ek hom laat toets?

    kan u help. hy is reeds op concerta. maar dit is asof dit nie genoeg is nie. my kind

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 21, 2013 @ 19:51:42

      Hallo, Corné 😉
      Die beste sal wees om met ‘n kundige te gesels soos ‘n opvoedkundige sielkundige en ‘n pediater. Die opvoedkundige sielkundige sal die outjie skolasties kan toets (wiskunde en taalvlakke, konsentrasie, emosionele ontwikkeling, VMI, ens.). Só ‘n evaluasie is baie omvattend en kan goeie raad in verband met skoolplasing bied (veral met die hoërskoolkeuse in gedagte).
      Loer ook na die stukkie oor aandagafleibaarheid en gesels met die pediater/skooldokter oor die medikasie. Dit is moontlik dat die liggaam die dosis ontgroei het en dat die dokter aanpassings sal maak. Dit is ongelukkig nie my veld nie 😉
      Ek ken nie die kundiges in Pretoria nie, maar weet dat Linda de Rooster al ‘n paar maal hier gesels het. Kontak haar gerus of vra vir plaaslike verwysings 😉
      Intussen sal ek sover as moontlik individuele hulp aanbeveel – waar die outjie byvoorbeeld een-tot-een saam met iemand studietegnieke ondersoek en begripsleeswerk oefen. ‘n Remediërende opvoeder of ‘n oudonderwyser sal ideaal wees.
      Hou ou modules en kyk na die onderwysers se vraagstelling in toetse sodat julle jul eie kamma vraestelle kan opstel om vir die eksamen te oefen. Hier is voorbeelde aan die regterkant gelys (onder “vraestel”, wiskunde, taal).
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  94. Andrit
    Mei 23, 2013 @ 16:25:29

    Goeie middag
    Ons verhuis vanaf Durban na Johannesburg einde Junie. Ek het ‘n dogter in Gr8 en seun in Gr5 en wil graag weet hoe verskil die kurriculum. Siende dit ‘n skuif in die middel van die jaar is wil ek weet of ek voorsiening gaan moet maak vir ‘n groot verskil?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 23, 2013 @ 18:27:20

      Middag, Andrit 😉 Die CAPS-kurrikulum is nasionaal dieselfde en is redelik goed volgens weke uiteen gesit. Die aanpassing behoort nie veel te wees nie. Die take, modules en handboeke mag egter verskil. Die beste sal wees om werkboeke by nuwe maats af te rol en dan deur te werk 😉

      Like

      Antwoord

  95. Leone en Anton
    Jun 14, 2013 @ 08:20:05

    Goeie dag. Ek is ‘n ouer van Melkbosstrand in die Kaap. Ons is deur my seun se juffrou aanbeveel om hom na ‘n remedierende skool te skuif. Hy het ADHD, en is ook ‘n baie angstige mannetjie. Ek vermoed hy het ook ‘n mate van disleksie. Hy is 10 (gr 4). Sover ek weet is daar GEEN afrikaanse remedierende skole in ons omgewing nie. Het jy raad?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 14, 2013 @ 15:59:01

      Middag, Leone en Anton 😉
      Melkbosstrand Privaatskool het kleinerige klasse en dan weet ek van skole soos Dunatos (Stikland, Bellville) en Jan Kriel (Kuilsrivier) wat klein klasse het. Ek gaan egter my voelers vir jou uitsteek. Wat het die sielkundige voorgestel? Is daar dalk berading (vir die angs) beskikbaar – totdat julle ‘n gepaste plasing kan kry? Vra ook om met die skool se leerondersteuningsopvoeder/hulpopvoeder te gesels oor opsies. :wink;

      Like

      Antwoord

  96. Leone en Anton
    Jun 17, 2013 @ 16:11:53

    Baie dankie vir die terugvoer. Melkbos privaatskool nie regtig ‘n opsie nie. Alhoewel die klasse kleiner is, is hulle nog steeds nie ingestel op remediering nie. Ons is spesifiek na Dunatos verwys….maar dit is ‘n logistiese nagmerrie, in die sin dat dit redelik ver van Melkbosstrand af is. Hy word behandel vir die angstigheid.

    Like

    Antwoord

  97. jacqui
    Jun 20, 2013 @ 15:11:05

    middag my dogtertjie is nou amper 11 in graad 4 sy sukkel vreeslik en het graad een herhaal omdat sy als gemirror write het. sy is tans in trane omdat sy nie goed gedoen het op haar raport nie. hulle het my gese sy sal na n spesiaale skool toe moet gaan maar soos enige ma wou ek nie glo sy het n probleem nie en help dikwils tot laat ini aand. ek is n enkel ouer met nog 3 ander kinders sy was ‘daddy’s littel girl’ tot daddy gevra het ons oet trek 2 jaar terug sukkel om op ons voete te kom dit kan ook seker wees hoekom sy n agtrstand het soos hulle dit noem. ek woon in Delary, roodepoort , ek weet van roodepark skool maar sy repetasie loop hom voor uit is daar enige ander skole in die omtrek en o ja ek het nie vervoer nie so dit is nog n ding
    Jacqui

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 20, 2013 @ 17:22:46

      Middag, Jacqui 😉 Is daar die moontlikheid van ekstra klasse by die skool of sou die skool haar dalk by die skoolsielkundige kon laat toets het? Skoolsielkundiges werk vir die plaaslike skoolkliniek en verskaf die diens gratis. Ongelukkig is die waglys baie lank. Hy/sy sal ‘n gepaste skool en/of hulp kan voor stel indien nodig 😉

      Like

      Antwoord

  98. Adlaide Edwards
    Jun 21, 2013 @ 10:48:11

    Jacqui, ek stel voor dat jy aansoek doen by Lantern skool in Lindhaven. Hulle ( die skool se opvoedkundige sielkindige) sal jou dogtertjie toets en dan vir jou ‘n aanbeveling doen of haar toelaat tot die skool. Dit is ‘n LSEN skool met maksimum 20 kinders in die klas. Hulle het ook bus vervoer, dus wanneer jy aansoek doen, doen aansoek vir bus vervoer ook. Hulle nommer is (011)0760-1096/7 Webwerf: http://www.lanternschool.co.za.
    Hulle het aparte afrikaans en engelse klasse van Gr 1 – Gr12.

    Groete en sterkte

    Adlaide

    Like

    Antwoord

  99. Adlaide Edwards
    Jun 21, 2013 @ 10:51:38

    Jacqui

    Net ‘n regstelling tot Lantern se tel no : (011) 760-1096/7. Groete Adlaide

    Like

    Antwoord

  100. pearley
    Jun 22, 2013 @ 17:36:44

    goeie dag kan iemand my dalk verduidelik oor die verskillende fases in laerskool en hoeveel keer jy agtergehou word asb.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 23, 2013 @ 17:12:41

      Middag, Pearley 😉 Die eerste fase begin by Graad R en strek tot die einde van Graad 3. Dis die Grondslagfase. Dan duur die Intermediêre Fase van Graad 4 tot 6 en die Senior Fase begin by Graad 7. Na regte kan jy een keer per fase terug gehou word. As jy byvoorbeeld Graad 1 herhaal en in Graad 2 ook nie die minimum slaagvereistes behaal nie, word jy gewoonlik op grond van ouderdom (age cohort) oor geplaas na die volgende graad. As die outjie regtig sukkel kan hy dus min of meer drie keer in die laerskooljare herhaal – een keer per fase. Loer gerus hier na die amptelike dokumente daaroor.

      Like

      Antwoord

    • corne.dossantos@mtn.blackberry.com
      Jul 02, 2013 @ 14:20:45

      Goeie dag,

      Ek wil graag weet of mense vir my kan se wat hulle gevoelens is aangaande Prospectus Nuvos skool…

      Ek moet my kind in n skool sit waar hy ekstra hulp kan kry… Maar ek hoor soveel Kritiek dat ek in 2 stryd is oor dit du regte plek is waar ek hom moet Stuur…

      Dankie
      Corne

      Sent from my BlackBerry® wireless device

      Like

      Antwoord

  101. Linda
    Jul 11, 2013 @ 19:50:46

    Hallo Juffer, . My kind is in Nuwe Hoop skool in Menlyn en ek soek n privaat Naskool in die Menlyn Pretoria area, weet jy dalk van een wat jy kan aanbeveel. Baie dankie, Linda

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 12, 2013 @ 15:03:16

      Middag, Linda 😉 Ek ken ongelukkig nie die area nie, maar sal vir jou probeer uitvind. Ek sal jou laat weet sodra ek uitvind 😉

      Like

      Antwoord

      • Juffer
        Jul 12, 2013 @ 15:25:37

        R Kemp: Bambooh in wingate park. Hulle bied ook bussie fasiliteite aan. Baie goeie juffrouens wat na die huiswerk omsien in die middae. Xx
        A Moolman: Ligstraaltjies Naskool in Elarduspark Pretoria. Baie goeie personeel!

        Like

  102. jolien
    Jul 17, 2013 @ 14:05:24

    Ek wil jou graag add op Facebook is jy nog op facebook

    Like

    Antwoord

  103. Caria
    Jul 21, 2013 @ 20:24:22

    Goeie naand Juffer

    My dogter nou gr 3 het aandagafleibaarheid en het n perseptuele auditiewe probleem. Ons sukkel tans met wiskunde en het n vermoede daar’s eerder n agterstand agv die aandagafleibaarheid. Wat is daar wat ek as ma kan doen en waar klop ons aan vir hulp. Ek kry nie baie hulp van die juffrou af nie. Ek is nou al reeds van bak oord na stuur oord en raak sommer moedeloos as ek dink ek moet weer n hele proses aan die gang sit. Sal ekstra klasse by die skool genoeg wees of moet n mens na iets anders kyk Kumon of iets anders. Finansieel kan ek nie allerhande foefies bekostig nie, so ons moet iets kry wat werk.
    Dankie Caria

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 22, 2013 @ 21:07:22

      Middag, Caria 😉
      As die kind reeds gediagnoseer is, moet ‘n mens na die volgende stap kyk. Spesifieke ouditiewe perseptuele probleme word deur spraak- en taalterapeute aangespreek en die outjies kry gewoonlik individuele hulp. Aandagafleibaarheid word weer deur ‘n pediater, kinderpsigiater of neuroloog aangespreek.
      Ekstra klasse kan help – veral as die outjie individuele hulp kan kry. Wees versigtig vir groepslesse, want outjies met aandagafleibaarheid worstel reeds om te fokus en benodig ‘n les met minder impulse.
      Maak gebruik van die gratis ekstra hulp by die skool en kyk of jy dan individuele lesse vir bv. geletterdheid/wiskunde kan kry. Kry verwysings en vind uit of die tipe hulp nommerpas vir julle sal wees. Onthou om ook gereeld kontak met die pediater/dokter te maak om die outjie se vorder te monitor.
      Baie sterkte!

      Like

      Antwoord

  104. Ronel Steyn
    Aug 05, 2013 @ 13:19:34

    Hi almal

    Net vir ADD / ADHD inligting. my seun lei aan ADD en Tourette vir 9 jaar. Het hom by Destinata Meyerton ingeskryf toe hy 9 was. Wat ‘n puik skool. Ek kan net goed praat van hulle. Dalk help dit iemand om ‘n goeie keuse te maak vir hy/sy kind.

    Sterkte almal

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 05, 2013 @ 17:40:11

      Baie dankie, Ronel 😉 Dis sommer goeie nuus!

      Like

      Antwoord

  105. Mariska Freitag
    Aug 13, 2013 @ 07:49:36

    Goeiedag,

    is daar dalk enige skole in die Brits omgewing vir kinders met leer probleme? My seun is tans in Gr.6 en sukkel geweldig! Hy is ‘n ongelooflike sportkind maar die akademie is so ‘n probleem.

    Baie dankie, Mariska

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 14, 2013 @ 19:31:56

      Hallo, Mariska 😉
      Dit klink asof die Oom Paulskool die naaste is. Kontak hulle gerus. Indien hulle nie kan help nie, kan jy die plaaslike skool om verwysings vra. Andersins kan die skool se leerondersteuningsopvoeder jou help om kontak met die plaaslike skoolkliniek te maak. Hulle behoort vir jou alternatiewe opsies (of ‘n vergadering met die skoolsielkundige) te kan bied.

      Like

      Antwoord

  106. Mariska Freitag
    Aug 18, 2013 @ 20:16:12

    Baie dankie vir die inligting. Het enigiemand dalk enige inligting oor die Willie Snyman skool in Pretoria? Enige kinders daar gehad, tipe skool en so meer?

    Like

    Antwoord

  107. Ronel
    Aug 20, 2013 @ 14:10:17

    Voel Hulpeloos asb My dogter was in Florida het baie goed gedoen maar was ongelukkig nou is sy in Fairlands baie gelukkig maar haar punte gee my maag draaie hoe help ek ons is besig met ekstra lees klasse by Tina Cowley en Extra Wiskunde klasse maar dis nag en bekommerd dat sy dit nie gaan maak nie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 21, 2013 @ 18:18:41

      Middag, Ronel 😉

      Hoe lank gelede het sy geskuif? Daar is dikwels ‘n tydperk waartydens die outjies moet aanpas by die nuwe skool en strukture.
      In watter graad is sy? Jy kan idees in verband met klankvaslegging en lees hier kry. Tik soekterme soos “abc, klank, sigwoord, lees, sigwoord, hersien…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskillende idees. Daar is ‘n wiskunde idees as jy woorde soos (woordsom, veelvoud, maaltafel, halveer, deling…) by die blokkie in tik.

      Laat weet gerus of dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  108. Nicky
    Sep 04, 2013 @ 17:36:29

    Haloo. My kleinseun is gediagnoseer mt ADHD. Hy is tans in gr 2 en sukkel vreeslik. Sy mama help hom met huiswerk by d huis en hy doen dt reg, maar by d skool kan hy dieselfde werk nie reg doen nie. Dr se sy kop “raas” wanneer daar meer as 2 mense by hom is. Nou wil sy mama tuisonderrig doen. Is dt raadsaam en hoe gaan sy te werk asb. Baie dankie by voorbaat.
    Groete
    Nicky

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Sep 08, 2013 @ 17:34:42

      Middag, Nicky 😉
      Tuisonderrig is ‘n geweldige verantwoordelikheid…Is die outjie deur ‘n opvoedkundige sielkundige ook getoets? So ‘n evaluasie sal na sy skolastiese vaardighede (wiskunde, geletterdheid, VMI, aandagspan…) loer en spesifieke aanbevelings kan maak. Onthou dat kinders wat tuisonderrig ontvang, geregistreer moet word by die plaaslike onderwysdepartement.
      Loer gerus na hierdie skakels in verband met aandagafleibaarheid vir verdere idees…:wink:

      Like

      Antwoord

  109. Lisa Collen
    Sep 16, 2013 @ 00:58:23

    My dogter is 15 jaar oud. Sy presteer bogemiddeld op skool, maar leesspoed is nie op standaard nie en spelling is ‘n “disaster”. Sy spel erg foneties bv. cabert i.p.v cupboard of los letters uit bv akolis i.p.v alkolis. Sy sal dit nou reg skryf en ‘n paar reëls later verkeerd. Haar oë is getoets. Dra bril wanneer sy op bord moet kyk (kan nie ver sien nie), wil egter nie bril heeldag dra nie, want dan is die wêreld te ‘helder’. Gehoor getoets, geen probleem. Arbeidsterapeut gesien in graad 5. Geen fout. Gedurende laerskooljare het sy gereeld intervensie ontvang vir lees. Wat kan ek nog doen om haar te help? Ek is self ‘n laerskool onderwyseres.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 01, 2013 @ 19:42:17

      Hallo, Lisa 😉
      Het julle haar al deur ‘n opvoedkundige sielkundige laat toets om te bepaal of daar ‘n spesifieke lees- en spelprobleem is? ‘n Mens kan die spelreëls en “phonics” hersien, maar as dit ‘n voortdurende probleem is sal ‘n mens ‘n kenner moet raadpleeg. Dit sal julle ook kan help om toekomstige vakkeuses te beplan. Hier op my blog kan jy soekterme soos “lees”, “Engels” en dan onder die “drukbare bladsye” is daar flitskaarte (soek “flits”) vir Engelse klankkombinasies.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

      • Lisa Collen
        Nov 10, 2013 @ 20:48:42

        Hi Juffer
        Baie dankie vir jou terugvoer. Sy was Junie 2013 by ‘n opvoedkundige sielkundige en die het haar getoets. Haar spel toets op graad 6 vlak terwyl sy al graad 9 is. Opv sielkundige beveel konsessie aan. Het met die skool dit bespreek en die aansoek na departement sal begin volgende jaar geskied. Ek wil net graag weet is daar ENIGE iets wat ek nog kan probeer sodat die spelling kan verbeter? Sal dit help om ‘n neuroloog te gaan sien?

        Like

      • Juffer
        Nov 17, 2013 @ 16:20:14

        Middag, Lisa 😉 Die neuroloog sal kan help om die aandagspan te verbeter, maar ‘n remediërende opvoeder sal met die spelling kan help. Loer gerus ook na gidse soos Nokkie Hartman s’n (sien skakels aan die regterkant) of die Trumpeter Publishers se boeke (by PNA beskikbaar). 😉

        Like

  110. gerries
    Okt 02, 2013 @ 08:08:30

    Haai! My kind het soortgelyke probleem. Sy is in Gr 3, sy het ‘n gemiddeld van 98% en haar lees toets op ‘n Gr 1 vlak. Ek het haar na ‘n Wise Eye leessentrum geneem, en hulle kon presies identifiseer wat die probleem is. Ons het pas met die program begin, maar ek sal dit sterk aanbeveel. Gaan kyk op die internet vir die naaste tak, Wise Eye Reading Academy. Hoop dit help!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 02, 2013 @ 18:58:13

      Baie dankie, Gerries 😉 Ek hoop dit gaan sommer baie beter hierdie kwartaal 😉

      Like

      Antwoord

    • Lisa Collen
      Nov 10, 2013 @ 20:29:43

      Hi Gerries
      Baie dankie vir jou inset. Sy het die Wise Eye kursus deurloop. Ek het self Wise Eye op ‘n stadium aangebied. Ons het al die oefeninge,(oorkruis oefeninge en oogoefeninge) gedoen. Van die kinders wat ek in Wise Eye onderrig het, het pragtige resultate behaal, maar my eie kind se vordering was nie baie nie. Ek weet egter nie hoe dit sou gewees het as sy dit nie gedoen het nie.! Sterkte ook met jou.

      Like

      Antwoord

  111. Wanda
    Okt 02, 2013 @ 12:08:21

    Hi Lisa

    My seun is onlangs getoets by ‘n opv sielk vir disgrafia. Hy kry volpunte vir speltoetse, maar sodra hy sinne skryf is dit foneties. Hy kan nie lyn spasiering regkry nie en gebruik ook geen leestekens nie. Sy skrif is amper onleesbaar. Hy kan nie regtig prentjies teken nie en sukkel met drie-dimensionele oefeninge. Dis dalk iets vir julle om te ondersoek. Hy kan konsessie kry vir eksamens skryf op ‘n rekenaar en ‘n paar ander goedjies ook, ons ondersoek dit maar nog. Hoop dit help!

    Groete
    Wanda

    Like

    Antwoord

  112. Wilna de Jager
    Okt 07, 2013 @ 12:18:37

    Goeie middag

    My seuntjie, 11 jaar oud is huidiglik by ‘n baie klein privaat skooltjie. Daar was altyd twee juffrouens maar nou net een. Daar is ongeveer 6 kinders in verskillende grade, almal ouer as hy. Hul kry onderrig in een klas. Ek is nie heeltemal gelukkig met die opset nie aangesien hy ‘n kind is wat individuele aandag verlang en kan nie regtig op sy eie aangaan nie. Hy sukkel ook met sy wiskunde, ek kry hom vreeslik jammer aangesien die wiskunde begrippe baie abstrak vir sy brein is. Hy ontvang ekstra wiskunde klasse apart van die skool. Kan u my moontlik behulpsaam wees met ‘n skool in die omgewing van Moreletapark, Pretoria Oos. Ek oorweeg om hom te skuif volgende jaar en wil nou al graag alles in plek kry. Hoop julle kan help. Vriendelike groete Wilna

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 10, 2013 @ 18:00:44

      Middag, Wilna 😉 Ek ken nie die area nie, maar Rietvlei en Bronberg Akademie word telkens as goeie opsies genoem. Ek gaan egter my voelers uit steek en vir jou laat weet indien nog name opduik.

      Like

      Antwoord

      • Wilna de Jager
        Okt 11, 2013 @ 07:32:22

        Baie dankie vir die terugvoer – ek kyk glad nie net na Moreletapark nie, enige opsie in die Pta Oos gebied sal waardeer word om te ondersoek. Vriendelike groete

        Like

      • Juffer
        Okt 13, 2013 @ 18:23:39

        Middag, Wilna 😉 Eduexcellence is ook genoem 😉

        Like

  113. Hesta
    Okt 10, 2013 @ 18:04:08

    My kind is ook in Rietvlei Akademie en is regtig baie gelukkig.

    Like

    Antwoord

  114. Lettie Horn
    Okt 26, 2013 @ 15:41:59

    Goeie middag, ek wil graag my skool ook op jou webwerf plaas.
    Klein privaatskool in Centurion-Veritas Akademie. Geregistreer by Dept. Onderwys
    Spesialis en navorser in: Leerondersteuning met
    Perseptuelevaardighede
    Taalvaardighede: in Lees en Spel
    Musiek as opvoeding en ‘n terapie
    Besoek die webtuiste: veritas-akadmie.co.za

    Like

    Antwoord

  115. Tertius Ferreira
    Nov 05, 2013 @ 20:38:27

    Goeie dag ,ek is op soek na ‘n remedierende onderwyser/onderwyseres in die Parow / Bellville / Durbanville area. My seun is 15 jaar en sukkel verskriklik op skool. Ons het hom al by ‘n Sielkundige gehad en sy het vir ons gese hy het ‘n taalsteurnis. Hy sukkel om te leer ,alhoewel hy baie tyd daaraan spandeer. As baba is hy doof gebore ,maar ons het vroegtydig vir hom by ‘n ENT spesialis gekry. Hy hoor nou 100 % maar is 2 jaar agter wat skoolwerk betref.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 10, 2013 @ 14:08:08

      Middag, Tertius 😉 ‘n Goeie opsie sou wees om mev. Wina Hartslief by Durbanville Voorbereidingskool te kontak. (021 975 1125) Sy mag dalk vir jou ‘n paar goeie verwysings kan bied.

      Like

      Antwoord

  116. Lettie Horn
    Nov 07, 2013 @ 20:56:19

    Juffer, baie dankie dat jy my skool op jou webtuiste geplaas het. Ek waardeer opreg. Groete. Lettie

    Like

    Antwoord

  117. johan
    Des 04, 2013 @ 15:52:32

    My seun het graad 8 gedruip net omdat hy sy wiskunde gedruip het. Hy is in Hoerskool N. Ek is n leek met wiskunde en hy het ekstra klasse bygewoon. Dit was sy enigste vak wat hy gedruip het. Is dit moontlik dat hy die graad moet voltooi? Help asb ek is in n warboel met my emosies

    Like

    Antwoord

  118. Sunette
    Jan 22, 2014 @ 10:40:35

    Goeie dag Juffer, ek is opsoek na ‘n spesiale skool met ‘n koshuis vir my dogtertjie, volgens die dokters is sy ontwikkelings gestrem, sy praat ook nog nie. Sy is nou 6. As u dalk weet van ‘n oulike skool in jhb of pretoria. Baie dankie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 22, 2014 @ 15:37:28

      Middag, Sunette 😉

      Ek het al van Rietvlei Akademie, El Zera, Situla en Bronberg Akademie gehoor. Hul skakels is hierbo, asook hier. Skakel gerus die skole. Ek is seker hulle sal vir jou kan raad gee.

      Like

      Antwoord

  119. Sunette
    Jan 22, 2014 @ 17:17:07

    Baie dankie, waardeer dit. Sal hulle ‘n luitjie gee.

    Like

    Antwoord

  120. Tammy
    Jan 23, 2014 @ 22:57:57

    Goeie dag,
    Ek het nog ‘n skool wat in Centurion area is vir ADD leerders wat op die lys kan bygevoeg word. Excelsior Akademie
    http://excelsiorakademie.co.za/meer.htm

    Like

    Antwoord

  121. Estee
    Jan 28, 2014 @ 07:03:49

    Seuntjie graad 3 vaar nie so goed nie Probeer vasstel hoekom hy
    dinge goed ken en onthou en die volgende dag, paar ure later, weer nie weet nie. Waar begin ek vasstel wat is die kortsluiting?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 29, 2014 @ 19:53:00

      Middag, Estee 😉

      Dit kan verskeie dinge wees, maar dit is beslis iets wat ‘n mens moet ondersoek. Sou dit moontlik wees om hom deur ‘n opvoedkundige sielkundige te laat toets? So ‘n evaluasie kan dan na sy IK, wiskunde vlakke, taalvlakke, aandagspan, emosionele welstand, ens. kyk om te bepaal waar die probleem lê en raakvat aanbevelings tot gevolg hê. Het die opvoeder dalk iets in verband met sy aandagspan gesê? Dalk kan julle saam na die Connors-waarnemingsvel loer voordat julle ‘n afspraak maak.

      Like

      Antwoord

  122. janine van schalkwyk
    Feb 14, 2014 @ 12:07:26

    Ons het n seuntjie van 5 jaar in ons kleuterskool wat outisties is en ook epelepsie kry, hy moet volgende jaar graad r doen en kry nerens n skool wat hom aanvaar nie. In elk geval nie in ons area nie. Het U dalk enige voorstelle asseblief. Die mamma is raadop.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 16, 2014 @ 19:23:39

      Middag, Janine 😉 Kontak die naaste skoolkliniek of -distrikskantore en reël ‘n afspraak met die die skoolsielkundige. Vra dat die ouers mediese (en ander) verslae of papierwerk saam neem. Dit behoort te help om die proses te vergemaklik. Waar woon hulle? Dalk kan ek help soek.

      Like

      Antwoord

      • janine van schalkwyk
        Feb 17, 2014 @ 12:49:50

        Middag

        Dit sal in die Vereeniging Meyerton area wees.

        cid:image001.jpg@01CE4035.F0B19FA0

        Like

      • Juffer
        Feb 19, 2014 @ 18:13:01

        Janine, kontak gerus enige skool in Meyerton of Vereeniging om die kontakbesonderhede van hul distrikskantore te kry. 😉

        Like

  123. Aletta Zaayman
    Feb 18, 2014 @ 12:03:52

    Goeiedag!
    Ek is op soek na iemand aan die Weskus wat ‘n kursus in Studiemetodes vir Laerskoolkinders kan aanbied.
    Baie dankie!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 20, 2014 @ 18:54:26

      Middag, Aletta 😉
      Riana Steyn het ‘n sentrum in Langebaan, Tina Cowley in Vredendal, Libri Akademie mag dalk name kan gee en The Reading Clinic adverteer ook. Die beste sal wees om ‘n opvoedkundige sielkundige op te spoor. Maria Scribante (+27 022 772 2107) is ‘n kliniese sielkundige, maar kan dalk iemand voorstel 😉

      Like

      Antwoord

  124. Liana
    Mar 10, 2014 @ 17:45:05

    Goeie dag. Wat n wonderlike wonderlike blad. Baie dankie daarvoor.
    My seuntjie is sintuig sensitief (SPD) en het al die kenmerke van Asperger sindroom. Ek het n afrikaanse kleuterskool aan die noordweste/ weste van Johanneburg nodig. Kan iemand asseblief help? Hy is 3.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 12, 2014 @ 18:09:39

      Middag, Liana 😉 Ek is besig om navrae te rig. Tans het ek nommers in Pretoria gekry. Gespesialiseerde skole weet dikwels van ander skooltjies en mag dalk vir jou inligting kan gee. Kontak gerus SNAP – Naleta Visser Tel. 012 658 5448, Unica Tel: (012) 460-6539, ASA 011 4849909 en ASA se lys skole.

      Like

      Antwoord

  125. Karin
    Mar 14, 2014 @ 14:04:58

    Ek sal baie graag wil he dat as hier iemand wat my kan kontak oor Rietvlei Akademie. Ons beoog om ons dogtertjie daarheen te skuif. Sal so graag woo hoor van die ouers wie se kinders daar is . My nr is0825517455. Baie dankie

    Like

    Antwoord

  126. Lisa Van Vuuren
    Mar 17, 2014 @ 11:38:23

    Weet iemand van n goeie spraak of arbeids terapeut naby die Eugene Marais Hospitaal in Pretoria (Moot).

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 17, 2014 @ 19:51:17

      Middag, Lisa 😉
      Elsie de Beer is ‘n arbeidsterapeut: Moot General Hospital, 572 18th Avenue, Rietfontein, 0084 en 082 821 1552.
      Trudie Botha (012 546 7171) en Johanna Fereirra (012 565 4619) is moontlike spraakterapeute. Kontak hulle en vra gerus vir verdere verwysings 😉

      Like

      Antwoord

    • Juffer
      Mar 18, 2014 @ 18:37:16

      “Lelanie Truter – arbeidsterapeut, sy het nou waverley toe getrek.

      Marna Mulder – spraakterapeut, sy is in rietfontein”

      Like

      Antwoord

  127. Belinda
    Mar 27, 2014 @ 12:28:46

    Goeiedag

    Ek wil net uitvind. My seuntjie is tans in Gr 1 met herhaling. Hy sal dalk moet oorgaan in remedierende onderwys, Is u dalk bewus van enige remedierende skole in in Potgietersrus / Polokwane of Nelspruit of privaat onderrig vir sulke kindertjies. Groete Belinda

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 02, 2014 @ 13:19:50

      Middag, Belinda 😉 Op Facebook, het die mense die volgende skole genoem:
      Petro Kuhl, Polokwane
      Flamboyant in Witrivier

      Like

      Antwoord

  128. melissa human
    Apr 08, 2014 @ 13:08:01

    Haai graag wil Ek weet of u My dalk kan help met die volgende verskil die gedrag van die begaafde leerder van die ander leerders

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 09, 2014 @ 18:40:23

      Middag, Melissa 😉 Die gedrag behoort nie noodwendig te verskil nie, maar die optrede in soortgelyke situasie mag dalk verskil. Die begaafde kind sal dalk meer ingewikkelde antwoorde op vrae gee en meer leergierig wees. ‘n Opvoedkundige sielkundige behoort goeie raad te bied 😉

      Like

      Antwoord

  129. belinda
    Apr 22, 2014 @ 15:29:35

    Kan jy my asb help met my 13jarige seun. Hy is nog nie werklik gediagnoseer nie. Maar daar is al vir my gese hy toon tekens van otisme. Ek het al alles probeer van home school en n privaat juf gekry. Hy moet na n skool gaan in die noorde van pta. Hy is vreeslik stil en eensaam en my hart breek in stukke omdat hy so eensaam is. Asb is daar hulp ?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 23, 2014 @ 18:36:48

      Goeie middag, Belinda 😉 Kontak Outisme SA sommer vandag nog. Hulle kan vir jou help met die korrekte prosedure om die diagnose te kry en om ‘n gepaste skool te kry. Sover ek weet, kan ‘n kinderpsigiater en die gespesialiseerde skole met ‘n diagnose help.

      Like

      Antwoord

  130. Rehensa Bosse
    Mei 06, 2014 @ 12:33:49

    Middag ek wil net graag hoor of iemand my dalk kan help deur om vir my te sê watter leerhindernisse en leerprobleme algemeen is onder leerders wat adhd het? Ek het dit nodig vir ‘n taak en kry dit nie.

    Baie dankie

    Rehensa

    Like

    Antwoord

  131. Susan
    Mei 09, 2014 @ 11:22:24

    Ek is skoolhoof by ‘n klein plaasskooltjie. Ons wil graag ‘n blyspel of operette opvoer. Weet iemand dalk waar ek sulke spele of operettes in die hande kan kry?

    Susan

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 15, 2014 @ 20:20:11

      Middag, Susan 😉 Ek weet ongelukkig nie, maar sal navrae rig 😉

      Like

      Antwoord

  132. Linda Beukes
    Mei 16, 2014 @ 17:01:46

    Middag,

    Ek het n 8 jaarige CP kind wat ek self al van 8 maande af help met die hulp van Glenn Doman en The institutes for the Achievement of Human Potential hulle leer ouers om self hul kinders te help! As jy wil begin, kry die boek, What to do about your brain injured child! Dit is baie interesant! Sy gaan loop! Begin vroeg! Dan woon ek in Pretoria en het ek n wonderlikke vrou ontmoet wat gaan help dat my kind loop sy het n Hydro therapy skool wat al hierdie kinders baie kan help in die winter met warm water! wow sy weet wat sy doen! Marlene 082 953 5322 Edu-Kinetics

    Like

    Antwoord

  133. Solette Prollius
    Jun 18, 2014 @ 18:27:28

    Goeienaand. My seuntjie is tans 6 en gaan skool by n bekende laerskool in die ooste van Pretoria. Hy is volgens sy onderwyseres begaafd en sy ondervind dat hy verveeld raak in die klas aangesien gr R nie voorsiening maak vir begaafde leerders om ekstra werk te dien nie. Is daar skole in Pretoria waar begaafde leerders van pre primere ouderdom en opwaarts kan skoolgaan?

    Ek oorweeg selfs tuisonderrig op die stadium

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 22, 2014 @ 19:29:20

      Hallo, Solette 😉 Ek sou voorstel dat julle die outjie deur ‘n opvoedkundige sielkundige laat toets om te bepaal waar sy talente lê. Dan kan ‘n mens daarvolgens op ‘n laer- of privaatskool besluit. Loer gerus na die lysie sielkundiges op die “verwysingsblad”. 😉

      Like

      Antwoord

    • Annelize
      Jul 04, 2014 @ 15:42:33

      Dag Solette

      Ons het ‘n leersentrum wat spesifiek werk met begaafde kinders asook kinders met leerprobleme. Ek stel voor u kontak ons so spoedig as moontlik. Ek is seker ons sal u kind kan akkomodeer.
      My nommer is 082 940 8943, Annelize.

      Like

      Antwoord

  134. Dr Elsie
    Jun 29, 2014 @ 07:39:22

    Hallo, kan jy asseblief ons skool se naam ook by jou lys byvoeg? Dit is Regio Centurion Skool (regio.co.za) Tel: 012 654 2031. Baie dankie 🙂

    Like

    Antwoord

  135. Hesta
    Jul 15, 2014 @ 18:51:20

    Onthou Maragon is Eng en graad 4’s sukkel baie in vreemde situasies. Die orde waarin die sillabus voltooi word verskil van skool tot skool.

    Like

    Antwoord

    • Karen Drayton
      Jul 15, 2014 @ 20:13:59

      Maragon is definitief nie net engels nie en hy is op algemene kennis getoets sodat hy kan toelating kry so die uitslaeis relevant.

      Like

      Antwoord

  136. Genevieve
    Aug 18, 2014 @ 14:30:51

    my dogtertjie is by n bewaarskool en ek wil weet of daar n wet is wat se sy mag nie na een uur gaan haal word nie ek voel sy hoef nie te bly vir nasorg want ek werk nie en is heeldag by die huis

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 14, 2014 @ 00:50:04

      Hallo, Genevieve 😉 Sover ek weet, is ‘n bewaarskool nie soos ‘n gewone laer- of hoërskool aan ure gebonde nie. Dit is gewoonlik privaat instansies met hul eie reëls.

      Like

      Antwoord

  137. Micala
    Sep 08, 2014 @ 09:23:22

    Ek het ‘n seun in Graad 6-hy moet terug gehou word aan die einde van die jaar weens die feit dat hy baie sukkel om te konsentreer. Hy is al in sy 4de skool, en is die probleem dat hy regtig sukkel met gedragsprobleme. As ek se gedragsprobleme, hy het ‘n baie kort humeur, en word maklik kwaad, en voel hy hy kan nerens iets goeds doen nie. Is daar enige skole in die centurion area wat kinders akkomodeer wat ADHD is en sukkel of geduld het met kinders wat sukkel met dit. EK is ‘n baie bekommderde ma. Die huidige skool waar hy is is baie oulik, maar ek is bevrees sy gedrag en houding laat hom in die steek.

    Like

    Antwoord

  138. Carin
    Des 03, 2014 @ 10:40:05

    Hi, kan iemand my asb se of daar so tiepe skool in Rustenburg is? My seun is 7 en is ADHD en het dispraksie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 10, 2014 @ 01:31:53

      Hallo, Carin 😉 Ek kon ongelukkig nie ‘n skakel na so ‘n skool kry nie, maar sal navrae rig. Kontak gerus die plaaslike laerskole vir moontlike verwysings. Skole het gewoonlik die kontakbesonderhede van al die skole in hul omgewing.

      Like

      Antwoord

    • Juffer
      Des 11, 2014 @ 00:54:19

      “Meerhofskool in Hartbeespoort. Daar is koshuis geriewe.”

      “Laerskool Proteapark is n inklusiewe skool.”

      Like

      Antwoord

  139. Cindy Meyer
    Des 08, 2014 @ 16:47:07

    Hi juffer, ek is in ‘n baie moeilike situasie. My seun is nou 14, en in graad 7. Hy het graad 4 twee keer gedoen so gevolglik is hy nou ‘n jaar agter. Ons is deur ‘n moelike tyd gedurende die tweede kwartaal hierdie jaar en my seun se punte het baie gedaal as gevolg daarvan. Met kwartaal 3 en 4 het hy wel sy punte redelik gelig, maar klaarblyklik nie goed genoeg nie, want die skool het my vandag ‘n sms gestuur om te sê hy voldoen nie aan die slaagvereistes nie. Basies moet hy nou graad 7 oordoen. Soos jy kan verstaan, is dit ‘n probleem dat hy op die ouderdom van 15 eers kan hoërskool toe gaan. As ons aanploeter soos ons nou doen gaan hy in 2016 eers hoërskool toe, en hy word daai Mei 16. Dit beteken matriek in die jaar wat hy 20 word. Ek wil nie eers imagine hoe gaan hy gespot word en wat dit aan sy selfbeeld gaan doen nie. Ek het hom in die middel van die 3de kwartaal by Sonitus in Pretoria gehad, waar hulle verskeie toetse op hom gedoen het (gehoor, spraak, lees, begrip, ens), en op die uiteinde het hulle vir my gesê dan alhoewel hy soms sukkel met sekere goed, day hy nie in ‘n skool vir leergestremdes kan wees nie, want hy is ‘te slim’ vir ‘n spesiale skool. Waarnatoe moet ek hom stuur as hy te slim is vir ‘n spesiale skool, maar te dom vir ‘n gewone skool? Ek het die mense by Prospectus Novus in Mayville 3 maal gebel vandag, maar die dame (Lorraine) wat my moet help, is elke keer in ‘n vergadering of besig op ‘n ander lyn, en hulle bly boodskappe vat dat sy my sal terugbel, maar dis al 5 ure later en niks.
    In die meantime lui die fone by sy huidige skool (Voorpos laerskool) net aanhoudend en niemand antwoord nie. Ek het selfs sy klasonderwyser gebel, maar die eerste 5 keer was sy foon af, en die 3 maal wat ek daarna gebel het, het dit net gelui. Ek het op die uiteinde vir hom ‘n boodskap en ‘n Whatsapp gestuur, en ek kry geen antwoord nie. Ek moet vanaand vir my kind die nuus gaan gee en sy hart breek dat hy nie volgende jaar Oos-Moot toe kan gaan soos beplan nie, al is hy reeds daar aanvaar, maar ek kan nie vir hom ‘n oplossing gee nie, want niemand wil my help nie. Ek is so moedeloos en ek weet nie waarheen om te draai vir hulp nie. Het jy vir my enige raad oor my volgende stap? Asseblief help my. 😥

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 10, 2014 @ 01:06:41

      Hallo, Cindy 😉 Vra gerus vir die skool die nodige vorms om appél aan te teken by die plaaslike skoolkliniek of -distrikskantore. Jy kan die kantore ook direk kontak as jy die nommer by enige van die staatsskole aan vra.
      Gewoonlik moet daar genoegsame kennisgewing van ‘n moontlike herhaling wees, sodat die ouers en kind hulp kan bekom. Dis nie noodwendig die norm nie.
      Is jul seun gedurende die afgelope ses maande deur ‘n sielkundige getoets? Die onderwysdepartement se kantore het sielkundiges om sulke toetse te kan doen en dit mag dalk julle besluite vir die toekoms ondersteun of makliker maak. Skakel so gou moontlik, want hulle is ‘n bietjie langer as skole oop.
      Baie sterkte

      Like

      Antwoord

      • C M
        Des 10, 2014 @ 03:11:17

        Baie dankie juffer. Ek het ook gedink die apél sal my beste stap wees. Hy was by die skoolsielkundige in kwartaal 3, en is toe deur hom na Sonitus toe verwys vir die verskeie toetse. Dis toe dat hulle vir my gesê het hy toets te hoog vir ‘n spesiale skool en hy moet in ‘n hoofstroom bly. Ek het vandag met mense by Prospectus Novus gepraat en by Magaliesskool, en alhoewel hulle gaan probeer help, is hulle maar huiwerig en nie gretig om te help nie. Volgens hulle is hy al te oud omdat hy volgende jaar 15 word. Catch 22. Ek het ook met sy huidige skool gesit vandag, en sy rapport gekry. Ten spyte van sy swak punte in kwartaal 2, het hy steeds al sy vakke gelig en selfs sy gemiddeld gelig. Wat hom gepooitjie het, is die nuwe slaagvereistes wat die departement op die laaste nippertjie ingesit het. Te laat. Nou betaal my kind daarvoor. Hy het 50% vir Afr, 67% vir Eng, 50% vir Wisk en 50% en 49% vir 2 ander vakke. Dan het hy ook oor 30% vir nog 2 vakke. Vir die oorblywende 2 het hy 35% en 25%. Dws een van hierdie laaste twee moet net op na 40%, maar hy is hy deur daai itsie bitsie 5% nou maar agtergehou. Ek kan nie sien hoe dit grondige rede is om ‘n kind te laat fail nie. Vir die vak waar hy 25% het, is sy kwartaal 4 eindtelling 8%?! Wat ook nie sense maak nie, want hy het hom half dood geleer. Ek vermoed iets is verkeerd daar, want in sy 8 jaar op skool het hy nog nooit ooit so laag gedaal met sy punte nie. Ek gaan môre terug skool toe om uit te vind waar kom die 8% vandaan. Dalk die vraestel wat nie bygetel is nie, of moontlik het hy nie sy naam opgeskryf nie en die punte is nie na hom toe geallokkeer nie. Hy het geleer en hy was by die skool – hy het sy vraestel geskryf. Ek het met hom gepraat ook daaroor, maar hy is adamant hy het die vraestel klaargemaak. Met hier en daar iets gesukkel, maar definitief nie van so aard dat hy 8% totaal punt vir die kwartaalpunt kan kry nie. Ek is 100% seker dit moet ‘n fout wees. As dit dan nie is nie, gaan ek die apél proses probeer, want as hulle volgens die vorige slaagvereistes gewerk is, dan sou hy deur gewees het, en dis nie regverdig dat hy nou moet boet daarvoor nie. Ek sal nie toelaat dat my kind se toekoms daarmee heen is omdat die educational system ons kinders faal nie. Baie baie dankie vir die raad juffer. Enige raad of advies is baie nodig en baie welkom en ek staan nou alleen in hierdie geveg. Want niemand anders stel belang om vir my kind te baklei nie. Almal wil maar net hê ek moet hom in hoofstroom hou en hom verdere trauma veroorsaak omdat hy 2 jaar ouer as die res is, en die teiken van die boelies en ‘n gespottery gaan word. Ek kan nie dit aan hom doen nie. It’ll scar him for life. Dis dan my job om hom te beskerm en hom in een stuk hierdeur te kry. Hou diuimvas juffur. Môre kom die groot drama. Bring it.

        Like

  140. Magdel Purcocks
    Des 08, 2014 @ 21:40:34

    Juffrou,
    Ons het jou hulp dringend nodig! Ek is betrokke by Solidariteit Helpende Hand. Een van ons projekte is om kinders te bemagtig in gevalle waar onderwyshulp benodig word.
    Een van ons kinders het ‘n groot agterstand op skool – weens wisseling tussen skole waar die kurrikulum baie verskil het.
    Ons het hom laat toets by ‘n Opvoedkundige Sielkundige en daar is hoop, maar dit gaan baie werk neem. Ons moet kan bepaal waar en hoe ons hom kan help en jou raad en insig kan baie help!

    As jy my kan kontak asb via email?

    Like

    Antwoord

  141. wimpie bennett
    Des 22, 2014 @ 15:08:47

    Kan julle asseblief vir my n paar private skool in Durban se name en telefoon no stuur ,vir graad 7 dankie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 22, 2014 @ 16:39:40

      Hallo, Wimpie 😉 ISASA se lysie lyk redelik Engels. Curro is dikwels tweetalig, maar jy sal dalk eers moet skakel om seker te maak dat die Durban skool wel Afrikaanse kinders onderrig. Ek sal intussen my oë oop hou vir nog skole.

      Like

      Antwoord

  142. stephan
    Jan 06, 2015 @ 20:01:53

    hallo, my seun is 4 en het outisme. Ons was by unica skool maar hulle is vol. is daar enige ander skole in pretoria waarheen ek my kind kan stuur? ons is raadop

    Like

    Antwoord

  143. Michael Fegbeutel
    Jan 12, 2015 @ 19:12:57

    Ek is op soek na n koshuis vir my gr.5 dogter!

    Like

    Antwoord

  144. Soritha Botha
    Jan 16, 2015 @ 09:12:24

    Goeie dag, My 6 amper 7 jarige het sopas met skool begin, in ‘n skool vir kinders met leergestremhede, maar laas jaar met die evaluasie, het hulle gevind dat hy ‘n 2 jaar agterstand het en dat hy nie ‘n kanidaat vir hulle skool is nie, hy is verwys na ‘n skool vir kinders met gestremdhede of na ‘n hoofstroom skool met SPO klasse.
    Waar kan ek ‘n lys bekom van skole met SPO klasse in die Oos Rand omgewing?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 20, 2015 @ 01:51:20

      Hallo, Soritha 😉 Ek het navrae gerig en behoort spoedig ‘n antwoord te hê. Die plaaslike laerskool sal vir jou ook die kontakbesonderhede van die plaaslike distrikskantore van die onderwysdepartement te kan gee. Hul skoolsielkundige of adviseur vir leerondersteuningsopvoeders, sal beslis ‘n lys name kan gee van die gepaste skole.
      Ek sal jou laat weet sodra ek meer inligting het 😉

      Like

      Antwoord

    • Juffer
      Jan 21, 2015 @ 01:49:23

      Hallo, Soritha 😉 Ek het die volgende skole via Facebook gekry: Laerskool die President in Primrose, Laerskool President Steyn in Alberton en Laerskool Kempton Park Park Full Service School.

      Like

      Antwoord

      • Soritha Botha
        Jan 28, 2015 @ 14:14:19

        Baie Dankie Ek waardeur. 🙂

        Like

  145. Christi
    Jan 21, 2015 @ 22:04:26

    Ons woon op n klein plattelandse dorpie in die Vrystaat. My seun is gediagnoseer met aandag afleibaarheidsindroom reeds vroeg in sy skoolloopbaan.
    Op aanbeveling het ons 2 jaar gelede Ritillen probeer, maar dit gestaak omdat die kind baie lomerig was.
    By die skool is n juffrou wat remidierende onderrig n sekere tyd van die dag gee. Daarna gaan hy na n klassie wat ons skool n inlusiewe klassie noem. Dit bestaan uit n juffrou en 2 Down sindroon kinders tesame met my seun. Daar leer hy bak en brou, verf, kos maak poppekas speel ens. Wat my egter bekommer is dat hy saam met sy klasmaats van graad3 net 1 periode in die oggend spandeer. Hy is 11jaar oud en kan slegs met hulp lees of skryf.
    Hierdie is n noodkreet van my kant af. Gee my asb. die regte raad. Ons is raadop en die skool beweer dat die inklusiewe klas die regte ding vir hom is.
    Hy word maar so elke 2 jaar n standerd aangeskuif sodat hy darem nie te oud in sy huidige standerd word nie.
    HELP ASB.
    Dankie
    Chris

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 22, 2015 @ 00:23:25

      Hallo, Christi 😉 Inklusiewe Onderwys fokus daarop om die outjie te laat aanpas in die hoofstroomklas.
      Het ‘n opvoedkundige of skoolsielkundige ‘n aanbeveling gemaak dat hy na die spesifieke klas moet gaan? Hulle sou hom dan vermoedelik getoets het om sy skolastiese en akademiese vlakke te toets. Dit sou die IK-telling, wiskunde vlakke, lees- en spelvermoë, VMI en aandagspan ingesluit het.
      Stuur gerus afskrifte van die verslae na my epos adres (remediering@hotmail.com). Ek sal met graagte daarna kyk en idees gee.

      Like

      Antwoord

  146. Christi
    Jan 22, 2015 @ 22:56:04

    Juffer, dankie eerstens dat u gereageer het. Die skool se onderwysers het self besluit om dit so te doen. Sal kyk of ek IK telling ens. by hulle kan bekom en dit so spoedig moontlik aan u deurgee.
    Dankie
    Christi

    Like

    Antwoord

  147. Dominique Dercksen
    Feb 03, 2015 @ 11:20:41

    My dogtertjie van 6 jaar oud, is nou in Graad R by ‘n kleuterskool in Randfontein. Sy moes nou in Graad 1 wees, maar is reeds agtergehou om nou Graad R te doen.

    Haar sielkundige en arbeidsterapeut het voorgestel dat sy na ‘n remedieerende skool moet gaan.

    Ons is in Randfontein. Onlangs hierheen verhuis en ek ken nog nie die area en naby geleë dorpe soos Krugersdorp en Roodepoort goed nie.

    So ek weet nie waar om te soek nie. Kan u my asb help met die naaste remedieerende skool aan Randfontein?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 05, 2015 @ 15:43:14

      Middag, Dominique 😉 Die tipe skool hang af van die spesifieke leerbehoeftes. Ek is besig om navrae te doen en iemand het reeds die Lanternskool genoem. Die kinders kan van Graad 1 tot 12 daar skool gaan. Dan is daar ook die El Zera El Zera Privaatskool Vir Hulpleer. Vra gerus dat die sielkundige ook name van skole met julle deel en neem die verslae saam wanneer julle aansoek by die skole doen. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

      • Dominique Dercksen
        Feb 09, 2015 @ 08:39:55

        Baie dankie. Waardeer die hulp en raad. Dominique Dercksen

        2015-02-05 15:43 GMT+02:00 My klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou

        Like

      • Juffer
        Feb 10, 2015 @ 04:06:01

        😉

        Like

      • Wanda
        Feb 13, 2015 @ 11:51:44

        Hi Juffer
        Blykbaar ook ‘n oulike skool in Randfontein met klein klassies: Randfontein Christian Academy Hoof is Retha Maree 011-416 2122

        Dalk kan dit help,sterkte!

        Like

      • Juffer
        Feb 14, 2015 @ 01:57:58

        Baie dankie, Wanda 😉 Ek kort altyd sulke voorstelle.

        Like

      • Dominique Dercksen
        Feb 17, 2015 @ 09:29:41

        Baie dankie Wanda en Juffer. Gaan beslis almal kontak en na almal gaan kyk en die een kies waar ek en sy gerus voel. Baie dankie vir almal se bedrae en hulp.

        Like

      • Juffer
        Feb 17, 2015 @ 17:09:00

        Dis ‘n plesier 😉

        Like

  148. Juliana Benjamin
    Feb 03, 2015 @ 15:27:46

    HELP!!!
    Let wel,IN HOOFLETTERS, ”HELP”, want ons as ouers is RAADOP!!!
    Ons dogter is 4jr oud,word 5jr oud in Junie 2015. Sy moet dus graad RR vanjaar doen,en graad R volgende jaar in 2016.
    Ons woon in Glen Austin,Midrand. Geen Afrikaanse skole naby. Net in Centurion. Is daar dalk opsies waarna ons in die Kempton park area moet begin kyk? Sou verkies dat sy Graad R doen in die laerskool waar sy moet begin met Graad 1ens. Enige voorstelle vir Kempton parl skole naby ons?
    Ons oorweeg nou al om haar in engelse skool te sit aangesien sy redelik vloeiend tweetalig is,maar ek is SO bang dis die verkeerde keuse!
    Help ons asb?
    0825167204

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 06, 2015 @ 16:11:33

      Hallo, Juliana 😉 Die kurrikulum vereis dat kinders van die eerste skooljaar aan Engels as ‘n Addisionele Taal bloot gestel word. Moenie daaroor bekommerd wees nie. ‘n Mens wil egter nie te veel aan die taal van onderrig of moedertaal lol nie. Ek ken nie die area nie, maar gaan vir jou navrae op Facebook rig. Intussen het ek ‘n lysie skole in Midrand en Kempton Park gekry. Op die oog af sien ek name soos Laerskool Jeugpark, Kruinsig, Mooifontein… 😉

      Like

      Antwoord

    • Juffer
      Feb 06, 2015 @ 22:23:37

      Laerskool Edleen, Van Riebeekpark en Laerskool Impala in Kempton Park is ook aanbeveel 😉

      Like

      Antwoord

  149. Riouna Martin
    Feb 11, 2015 @ 11:14:40

    Hi
    Ek sukkel baie om die huiswerk deeglik te kry by Laerskool Wonderboom Suid my kind skryf dit af maar het klaar n Dr se handskrif!! Maar na drie besoeke aan skool met vandag se afspraak met Mev Pretorius hoof het dit my niks gehelp nie. Maar tot my verbasing het ek gaan kyk na twee ander kinders se huiswerk boek presies dieselfde is afgeskryf. So die Gr4 Afrikaans se werk word nie reg oorgedra nie. Maar skool reken dis my kind se verantwoordelikheid om seker te maak hy verstaan dit. En ja ek stem saam maar neem in ag my kind was al die tyd vanaf Gr1 in klein klasse privaat skole en het anders die werk gedoen en gekry. Ek het al twee keer my problem verduidelik maar val op dowe ore. Ek het nou twee min terug met drie mammas gepraat en hulle kla oor dieselfde hoe gemaak nou? Ek wil nie baklei met skole nie maar om ons ouers se samewerking te kry het ons die skole nodig om saam ouers te werk. En ek dink dis n pragtige skool en goeie Hoof maar dinge kan nie so gaan nie. Wie kan my help wat moet ek doen ek het al met my seun geraas baklei ek het al saam hom gehuil. En die ergste van als is dis so belangrike jaar dis alles nog nuut vir my en my kind maar niemand het die tyd of krag om so te sukkel met huiswerk nie. Mammas daar buite wie kan my enige hulp verleen in die verband wat kan ek probeer? Mag ek aandring daarop dat die skool net vir die kwartaal die huiswerk vir my als op n Maandag oggend gee vir die week? Ek is selfs bereid om by elke onderwyser om te gaan en dit self neer te skryf. En dan vir my seun te se reg skryf jy nou vir mamma bev jy moet bl 18 lees in LB boek en dit so in oefen dat hy die gevoel kry van huiswerk afskryf van bord?

    Asb help my dis regtig glad nie lekker om so met my eie kind te baklei nie en tot n skok agter te kom dis eintlik nie die kind se skuld nie!! Dis net die Afrikaans SW en NW waar daar n problem is. Maar met Afrikaans het ek self vanoggend gesien werk word nie reg deur gegee nie.

    Hoop daar is hoop vir my en dat huiswerk weer lekker sal wees soos al die ander jare!!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 13, 2015 @ 02:13:58

      Hallo, Riouna 😉 Dit is ‘n moeilike een. Indien die skool ‘n “D6 communicator” het, kan ‘n mens vra dat die onderwyser die huiswerk daar plaas – ook tot ander se voordeel. Sommige skole het interne Facebook-groepe, bv. slegs vir Graad 5 ouers en onderwysers. Indien ‘n mens dalk ‘n ou kamerafoon het, kan ‘n mens dit vir die outjie gee om elke dag se huiswerk af te neem – tesame met die afskryfwerk. Dalk kan die onderwyser die foto op die Facebookblad plaas…Intussen sou ‘n mens ‘n klasmaat kon bel om seker te maak dat al die huiswerk reg af geskryf is.

      Like

      Antwoord

  150. charlene
    Feb 12, 2015 @ 11:58:16

    Hello. My seuntjie is 3j en word hierdie jaar 4j en kan nogsteeds nie praat nie. Ek vat hom na Pretoria Polly kliniek se spraak terapie dames wat tans besig is om te leer maar hulle sukkel om met my kind te werk want hulle doen dit nie in ‘n kamer nie hy buite waar daar kinders is wat sy aandag af trek. Hy het 2014 vir sy herstelling van sy sagte verhemelte gegaan en moet van voor af leer praat. Is daar iemand wat my kan help en se as iemand weet van ‘n spraak terapie naby Eugene marais of pretoria Tuine of Mountain view?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 16, 2015 @ 15:57:00

      Middag, Charlene 😉 Ek het solank hierdie skakel gekry, maar sal nog soek. Trudie Botha (012 546 7171) en Johanna Fereirra (012 565 4619) is moontlike spraakterapeute. Ek vermoed dat iemand soos ‘n ENT/Oor-, neus- en keelspesialis se kantore of ‘n opvoedkundige sielkundige soos Linda de Rooster (012 332 3300) van iemand spesifiek sal weet en kan aanbeveel.

      “Drienkie van Immerzeel is by Eugene Marais. Haar nommer is in hulle personeellys” “Spraakterapeute Maretha Hoffman: 082 378 2944
      Marna Mulder: 082 212 0904”

      Like

      Antwoord

  151. Dominique Dercksen
    Feb 17, 2015 @ 09:28:35

    Baie dankie Wanda en Juffer. Gaan beslis almal kontak en na almal gaan kyk en die een kies waar ek en sy gerus voel. Baie dankie vir almal se bedrae en hulp.

    Like

    Antwoord

  152. Riouna Martin
    Feb 24, 2015 @ 11:58:56

    Juffrou
    Dankie dat jy terug skryf. Ek het my seun laat toets by Dr Annalize Green die sielkundige Marli het die kind getoets. Ai ek is moedeloos maar ten minste weet ek dat my kind sukkel met tale en dat hy nie alles bemeester het nie wel nie in tale nie. Ek moet regtig die mammas se ek is baie tevrede met Marli sy is deeglik en baie professioneel. Mev Rina Pretorius van Wonderboom-Suid het met my gepraat nadat ek die eerste brief gerig het. Ek verstaan nou beter maar jong die huiswerk is maar nog n probleem maar Laerskool Wonderboom-Suid het nou die communicator ingestel. Ek wil baie graag die skool aanbeveel sy is n engel en daar is min vroue daar buite wat wil help. So ek glo dit sal so bietjie beter gaan. Maar wat stel julle voor wat is die beste manier om die kind te help met die afskryf manier hy sukkel met dit hoe kan ek hom wel leer? En waste tipe oefening kan ek doen vir sinsbou en spelling in al twee tale? Ag man ek voel sommer weer positief nou het ek iemand om mee te praat en hulp te vra!!

    Waar begin ek met die agterstand in die tale?

    R

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 26, 2015 @ 03:53:00

      Hallo, Riouna 😉 Kyk na sy werk en loer na die probleem areas. Fokus daarop en hanteer een aspek op ‘n slag. Ek het idees wat meer op die Grondslagfase gefokus is, maar dit sal beslis steeds help. Onthou dat ons altyd afskaal na ‘n laer rat as ons teen ‘n stywe bult moet uit ry 😉 Tik gerus soekterme soos “hersien, -d en -t, f en v, e klink soos i, verkleinwoord, tweeklank, klanksamevloeiing, drieklank, sigwoord, engels, rympies, lees…” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in vir verskillende idees. Daar is ook Engelse flitskaarte en sigwoorde onder die “Drukbare bladsye” en dan kan jy na die “Geletterdheid/Taal”-hofie aan die regterkant kyk vir ekstra idees.

      Like

      Antwoord

  153. Elize
    Feb 25, 2015 @ 15:56:09

    Goeie dag ek het ‘n kleunseun van 4 jaar wat pas met outisme gediagnoseer is.
    Hy sukkel met sy spraak en kan gladnie sinne praat nie. Is egter nog op doeke.
    Hy is tans nog in die baba afdeling van die kleuterskool omdat hy nog op doeke is. Voel net dat daar nie werklik stimulasie is. Wie kan my in Kroonstad help
    sodat hy net bietjie meer stimulasie kan kry.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 27, 2015 @ 02:59:39

      Hallo, Elize 😉 Dit lyk asof die Johan Slabbert skool ‘n klas mag hê wat hulp verskaf. Indien hulle nie die outjie tans kan help nie, mag hulle beslis riglyne kan bied.

      Like

      Antwoord

    • Juffer
      Mar 10, 2015 @ 00:15:00

      Hallo, Elize 😉 Ek haal ‘n paar antwoorde aan:
      “Daar is ook Con Amore in kempton park .” “therapist1@conamore.co.za ”
      “Vir hulp in alle aspekte van Outisme Sal dit baat om n opvoedkundige sielkundige in jou area te Gaan sien. Hul Sal jou kan help on die beste skool te kry afhangende van die graad van outisme. Sterkte!”
      Daar is twee Facebook-groepe genaamd Outisme Mammas en Outisme Huise. Sluit gerus daarby aan.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  154. Hesta
    Mar 18, 2015 @ 08:50:26

    Rietvlei Akademie is fantasties!

    Like

    Antwoord

  155. maria du plessis
    Mar 28, 2015 @ 18:03:00

    Goeie dag kan u help om te se waar kry n mens skool vir kind sy moet gr RR wees sy is 5 jr dra baie sterk lens bril kan veitlik niks sien sonder bril is daar hoop vir haar en sal sy by gewone skool kan aanpas. Baie dankie …. en woon in zwavelpoort pta oos

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 01, 2015 @ 17:06:04

      Middag, Maria 😉 Volgens die riglyne van inklusiewe onderwys, behoort sy in ‘n hoofstroom (gewone) skool te kan aard indien julle en die skool die nodige aanpassings kan maak waar nodig. Dit sal aspekte insluit soos klaswerk in groot druk en ‘n donkerder potlood. Spesialis skole (soos Prinshof) gaan beslis riglyne kan gee – indien nodig. Hulle mag dalk ook van voorskoolse klasse wees wat beter in gerig is vir haar behoeftes. 😉

      Like

      Antwoord

  156. Marzanne Booyens
    Mar 30, 2015 @ 08:46:36

    Wat ‘n oulike webwerf! Kan jy ons skool dalk ook oplaai asb?

    Like

    Antwoord

  157. Danya Jordaan
    Apr 10, 2015 @ 20:01:41

    My seuntjie is begaafd en moet 2016 in GrR wees. Ek is opsoek na skole in Pretoria wat spesialiseer in begaafde kinders, of ten minste uit hul pad sal gaan om hom verrykend te onderrig. Is daar sulke skole hier? Ek weet van plekke in Randburg, Johannesburg, Bloemfontein, Kimberley maar niks naby nie. Ek sal bly wees as julle kan help!!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 11, 2015 @ 23:02:38

      Danya, ek hou my oor op die grond, maar sou voorstel dat julle na privaatskole kyk wat kleiner klasgroottes en ‘n verrykende kurrikulum het. Ek ken nie die area nie, maar het Bambolini en Curro op die internet op gespoor. Kontak ook ‘n opvoedkundige sielkundige of twee om name van moontlike skole te kry. Hulle behoort van sulke skole bewus te wees 😉

      Like

      Antwoord

    • Juffer
      Apr 21, 2015 @ 13:12:38

      Middag, Danya 😉 “Bianca Cherie Prinsloo: Probeer regio onafhanklike skool in centurion naby Leriba lodge en cest last vie”

      Like

      Antwoord

      • Danya Jordaan
        Apr 24, 2015 @ 19:19:47

        Dankie, ek sal kyk na hulle.

        Like

      • cindie
        Nov 03, 2015 @ 13:08:03

        Goeie middag Juffer, Is daar dalk ‘n soorteglyke skool soos Bambolini of Regio onafhanklike skool in die Moot, Queenswood, Hatfield omgewing?

        baie dankie

        Like

      • Juffer
        Nov 04, 2015 @ 05:39:11

        Môre, Cindie 😉 Ek het Eduplex opgespoor, maar ken nie die skool nie. Ek sal vir hulp op my Facebookmuur vra 😉

        Like

      • Juffer
        Nov 05, 2015 @ 06:30:21

        Carleen het die volgende genoem: “Daars een op garsfontein reddford house prio school, Een in midrand en een in 14 de laan”

        Like

  158. danielle
    Jul 06, 2015 @ 23:27:44

    goeie dag ek is op soek na advies. ek verhuis binnekort na vredendal . my 8 jarige seuntjie is engels sprekend en soek ons na n engels medium skool vir hom. indien ons nie regkom nie gaan dit wys wees om hom oor te Skakel na afrikaans. groete.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 08, 2015 @ 18:51:24

      Hallo, Danielle 😉 Dit lyk as Nouveau Kollege die skool sal wees. Skakel net eers vooraf en indien julle oorslaan Afrikaans toe, kom loer gerus weer hier in om idees in verband met woordeskat, klanke en taalwerk te kry. 😉

      Like

      Antwoord

  159. Christa
    Sep 01, 2015 @ 10:09:33

    More, ek is opsoek na privaat skole in die Montana, Doornpoort area asb. Bronberg akademie is n bietjie te ver van hierdie omgewings af. As enige iemand my asb kan help met inligting sal ek dit so waardeer.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Sep 08, 2015 @ 23:59:47

      Hallo, Christa 😉
      Ek het navrae op my Facebookmuur gerig, maar het geen reaksie ontvang nie. Die beste kans op ‘n antwoord sal wees om die plaaslike laerskole te kontak – aangesien hulle dikwels van skole weet. ‘n Departementshoof of die leerondersteuningsopvoeders kan dalk help.

      Like

      Antwoord

  160. Emile
    Sep 11, 2015 @ 15:57:16

    Goedag Juffer, Is daar enige vakante poste beskikbaar vir 2016. Ek is tans ‘n 4de jaar student by Universiteit Pretoria en spesialseer in Leer Ondersteuning. Sosiale Wetenskap is een van my vakke en LO. Sterk in Sport.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Sep 12, 2015 @ 20:34:36

      Hallo, Emile 😉
      Loer na die skakels onder die hofie “Onderwysposte“. Ek plaas ook op my Facebookmuur wanneer ek inligting ontvang. 😉

      Like

      Antwoord

  161. Willem Frost
    Nov 26, 2015 @ 15:28:07

    Middag, wie sal my kan raad gee oor ADHD medikasie, die medikasie wat die dr voorstel gaan ek nie vir my 5 jarige dogterjie gee nie want die baie sleg op die langtermyn (as mens kyk na al die newe effefte) so ek wil net met iemand praat en hoor wat hulle daarvan dink en vir my kan moontlike oplossing gee of alternatiewe name van medikasies. Grooooot asb

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 26, 2015 @ 17:18:32

      Hallo, Willem 😉

      ‘n Pediater of ‘n skooldokter sal beslis kan raad gee. Heelwat mense probeer ook eers ‘n alternatiewe dieet of iets soos die SOLISTEN/TOMATIS-program. Loer gerus na hier onderstaande skakels en ook na die skakels aan die regterkant – onder “Aandagafleibaarheid”. Ongelukkig kan ‘n onderwyser nie medikasie aanbeveel nie. 😉

      Aandag 1, Aandag 2, dieet

      Like

      Antwoord

  162. Regardt Havenga
    Des 02, 2015 @ 00:24:51

    Goeie naand Juffer / wie ‘n goeie opinie het…

    Ons moet ‘n besluit neem tussen Curro Hazeldean en Laerskool Tygervpoort vir ons dogtertjie wat volgende jaar Graad 1 toe gaan. Sy is briljant in sport, en beslis ‘n slim meisiekind – veral met syferwerk, maar is maar aandag afleibaar. Die kleiner klasse van Curro is voordelig hiervoor, maar Tygerpoort voel ons gaan haar net op soveel meer ‘normale’ maniere stimuleer. Minder ‘Jones’ (Curro word in ‘n groot mate deur Silver Lakes Golf Estate gevoer en ouers is bitter kompeterend) en meer ‘normale kindwees’. Sy het baie goeie maatjies in beide skole, en haar keuse is Tygerpoort. My groot vraag is seker maar of die Model C leerplan relatief tot Curro se leerplan goed is en of my kind ‘n goeie standard onderwys sal kry by Tygerpoort. Daar is ook ‘n gerug dat Curro se wiskunde leerplan nie in lyn is met die Model C skole se plan nie…?

    Baie dankie.

    Regardt

    ‘n Pappa wat net die beste vir sy meisiekind wil he…

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 02, 2015 @ 04:12:18

      Hallo, Regardt 😉

      Dit is ‘n moeilike besluit, want ‘n mens wil die beste langdurige keuse vir Poplap se toekoms maak. Sover ek kan sien, volg Curro dieselfde kurrikulum as gewone staatskole – naamlik CAPS of KABV. Dit is die nasionale kurrikulum wat in alle skole gebruik word en stipuleer die minimum vereistes wat verwag word. Skole kan dit egter aanvul volgens eie oordeel.
      Gaan gesels dalk met die skoolhoof en die moontlike juffrou om te kyk waar julle die beste aanklank gaan vind. Dit klink egter asof jul dogtertjie reeds ‘n keuse gemaak het en ek is seker dat sy sal floreer.
      Hou volgende jaar by ‘n goeie (voorspelbare) daaglikse roetine en gee vir haar tydsbepalings om te werk (15 – 30 minute) en byvoorbeeld 10 – 20 minute se speeltyd tussen-in (fiets ry, swaai, trampolien, boom klim…). Meng die huiswerk met prettige aktiwiteite (skryf met die vinger in droë jellie – lek natuurlik ook af, doen tel- en aftrekwerk met lekkers, ens.). Sulke riglyne gaan help om deur die werk te kom. ‘n Mens sal dit in beide skole kan doen. Loer gerus na die stukkies oor aandagafleibaarheid vir meer idees.
      Kies die een waar julle ‘n toekoms sien en ‘n pad kan stap. 😉 Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  163. johanlindie
    Des 14, 2015 @ 05:54:21

    Ek is opsoek na iemand wat aanleg toetse met my dogter kan doen. Kan jy help asb?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 14, 2015 @ 16:45:20

      Middag, JohanLindie 😉
      In watter area is julle? Dit sal deur ‘n opvoedkundige sielkundige gedoen kan word. Loer gerus na die “verwysings”-hofie vir enkele name.

      Like

      Antwoord

  164. Celeste
    Jan 25, 2016 @ 13:51:22

    Goeie middag,. My kleinseun was in ‘n privaatskool en sy punte is baie goed. Die hoof het egter laat weet dat hy nie kan konsentreer nie en stel voor hy gaan uit die skool. Hy is tans op conserta, maar dit help blykbaar nie. Hy ontwrig die klas. Is daar iemand wat my kan verwys na ‘n skool of iemand wat hom kan help. Ons bly in die Strand, Westelike provinsie.
    Dankie baie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 25, 2016 @ 17:09:53

      Middag, Celeste 😉

      Daar is oulike pediaters (Dr. Dyssell en Dr. Peter White) in Somerset-Wes/Strand-omgewing. Dr. Gawie Malherbe (SW) en Dr. Bennie Steyn (Stellenbosch) is weer kinderpsigiaters wat met die medikasie en dosis kan help. Indien hulle nie ‘n mediese fonds het nie, kan die skool (via die leerondersteuningsopvoeder) met die onderwysdepartement se skooldokter kontak maak.

      Tik gerus soekterme soos “aandagafleibaar” of “dieet” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer agtergrondinligting, navorsing en idees.

      As die probleem suiwer gedragsprobleme is, sou ‘n mens dalk eerder met ‘n opvoedkundige sielkundige wou gesels. Kontak gerus vir Dr. Annelien Nieman, 082 342 2868 (Helderberg, Stellenbosch, Paarl, Grabouw). Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  165. La Vigne Educational House,Durbanville
    Feb 15, 2016 @ 02:49:12

    Spesialiseer in ADD en ADHD ,Dyspraxia,high functioning autism and gifted children.
    073 174 6579

    Like

    Antwoord

  166. Annemari
    Mar 01, 2016 @ 18:25:29

    Middag Juffrou en mede-kollegas

    Ek is onlangs aangestel as skoolhoof by ‘n klein privaatskooltjie in die Noordkaap.

    Weens onkunde van vorige hoof en die oorskakeling van Impak na CAPS, asook die verskuiwing vanaf een perseël na ‘n ander, was die skool se registrasie ongeldig.

    Ek is tans in die proses van herregistrasie by die provinsiale department. Met die die afhandeling daarvan lê UMALUSi voor my soos ‘n berg…ek praat van ‘n berg aangesien hier geen beleide of stelsels in plek is nie. Ek het Engelse agtergrond, hou al my lewe lank in die Rooitaal skool…so Afrikaans is nou vir my ‘n uitdaging…hier kom ek by die berg…om die beleide op te trek is ‘n nagmerrie,dit vat ure om my taalgebruik en spelling te korrigeer.

    Is daar nie iemand wat my hierin van hulp kan wees nie, voorbeelde van die beleide wat ek net kan aanpas sodat dit op ons skooltjie van toepassing is. Dit klink dalk na lyf wegsteek, maar ek is ook die Graad 4-7 ondewryser wat al die leerareas aanbied. Tyd is my grootste uitdaging.

    Help asseblief!!!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 02, 2016 @ 00:59:28

      Hallo, Annemari 😉

      Ek gaan vir ‘n bietjie hulp moet vra. Ek weet dat ek dikwels beleide op die WKOD se webtuistes gekry het deur te “Google”. Ongelukkig werk ek nie direk hiermee nie, maar ek sou voorstel dat jy kontak maak met die Metro-Oos Distrikskantore. Hoor ‘n bietjie by Mevv. Van Wyk, Engelbrecht, Janse van Rensburg of Letsika. Hulle sal vir jou gevestigde skole kan voorstel wat beslis sal kan help.
      Baie voorspoed

      Like

      Antwoord

    • Juffer
      Mar 02, 2016 @ 13:45:02

      Hallo, Annemari 😉 Mense het voorgestel dat jy die plaaslike SAOU-kantore kontak.

      Like

      Antwoord

  167. Chantel
    Mar 02, 2016 @ 12:06:58

    Hi julle kan iemand my asb help.. my dogter is in GR4 in kenmare en ek is opsoek na iemand of ‘n studie sentrum wat haar na skool kan help met die werk wat sy meer sukkel… en haar leer hoe om op sommings te doen asb

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 03, 2016 @ 15:28:26

      Middag, Chantel 😉
      Ek is besig om navrae te rig. Die plaaslike laerskool behoort vir jou die kontakbesonderhede van ‘n opgeleide onderwyser/remediërende opvoeder te kan gee. Loer ook na die studietegnieke en idees hier aan die regterkant onder “vraestelle” gelys.

      Like

      Antwoord

  168. Hendri
    Mar 15, 2016 @ 09:53:31

    Goeie more.

    Ons seun is in graad 2 en gediagnoseer met ADHD. Ons is opsoek na n remedierende onderwyser om hom te help met ekstra klasse na skool. Ons is in Irene, Centurion area.

    Hoop iemand kan help?

    Groete Hendri

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 17, 2016 @ 00:25:06

      Hallo, Hendri 😉
      Betsie het op Facebook kontak gemaak. Ek het gevra dat sy haar kontakbesonderhede sal aanstuur sodat jy met haar oor haar kwalifikasies en fooie kan gesels.

      Like

      Antwoord

    • Gerries
      Mar 17, 2016 @ 14:36:52

      Hi!
      Ons woon ook in Irene-omgewing.
      Ek sal verseker Veritas Akademie aanbeveel!!!
      In Hennopspark oorkant Leriba Lodge.

      Like

      Antwoord

      • Louise
        Sep 15, 2016 @ 16:31:01

        Hallo Gerries

        Kan jy my asb meer omtrent die Veritas Akademie vertel? Het jy self ‘n kind daar?

        Groete en dankie!
        Louise

        Like

  169. Hesta
    Mar 17, 2016 @ 23:23:40

    Vriendin is gr 2 RO onderwyseres en woon in Irene Farm Village

    Like

    Antwoord

  170. cindy
    Mei 06, 2016 @ 10:17:43

    Goeie dag, My seun van 10 jaar het ADHD, weet iemand dalk of die Tomatis metode werk vir kinders met ADHD dan soek ek ook n skool in Pretoria Noord omgewing hulp het vir sulke kinders. Die skool waar hy nou is het nie hulp nie. Ek het tans sy medikasie gestop aangesien dit nie n goeie uitwerking op hom het nie. Dankie Cindy

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 06, 2016 @ 13:32:08

      Ek ken ongelukkig nie die area nie, maar Raslouw en Bronberg Akademie is al dikwels aanbeveel. Ek het die volgende inligting op jou vorige vraag gegee:
      Ek het dit “in aksie” gesien so ‘n paar jaar gelede en dit het beslis ‘n verskil gemaak terwyl die oorfone op die outjie se kop was. Marina Grobler het ‘n Facebookblad (ADD Therapy) en het al ‘n paar jaar lank die program. Vra gerus vir haar.
      Tik ook “aandagafleibaarheid” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir nog idees. Daar is ook ‘n paar skakels aan die regterkant gelys vir nog inligting. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  171. cindy
    Mei 06, 2016 @ 10:19:48

    Goeie dag weet iemand dalk of die Tomatis programme vir kinders help met ADHD? My seun van 10 het ADHD

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 06, 2016 @ 13:29:52

      Middag, Cindy 😉
      Ek het dit “in aksie” gesien so ‘n paar jaar gelede en dit het beslis ‘n verskil gemaak terwyl die oorfone op die outjie se kop was. Marina Grobler het ‘n Facebookblad (ADD Therapy) en het al ‘n paar jaar lank die program. Vra gerus vir haar.
      Tik ook “aandagafleibaarheid” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir nog idees. Daar is ook ‘n paar skakels aan die regterkant gelys vir nog inligting. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

      • janine van schalkwyk
        Des 07, 2017 @ 18:11:24

        Middag

        Ek wil graag weet, of iemand my kan se, of n kleuterskool, kinders se rapport mag terug hou, indien die ouers nog nie betaal het nie. Of waar kan ek dit gaan opsoek.

        cid:image001.jpg@01D054F5.82395320

        Like

      • Juffer
        Des 07, 2017 @ 22:14:01

        Hallo, Janine 😉
        Ek is ongelukkig nie seker van die fynere punte nie. Graad R val onder die Onderwysdepartement, omdat Graad R deel is van die Grondslagfase. ‘n Artikel op ISASA noem die riglyne. Iemand anders het genoem dat skole op ‘n Algemene Jaar Vergaardering kon stem oor die wyse waarop skoolfonds betaal word. Hoor gerus by die skool wat die beleid is. In sommige gevalle, vra hulle dat die ouers in kom om die rapport te kom haal en ‘n betalingsooreenkoms teken.
        Dagsorgsentrums en Kleuterskole (vir jonger outjies jonger as die Graad R-vlak), sal waarskynlik onder ‘n aparte wet en staatsdepartement val. Hoor gerus by die Facebookgroep “Kleuterskooljuffrouens” indien die outjie in hierdie groep val. Hulle behoort te kan help. 😉

        Like

  172. Elana
    Mei 11, 2016 @ 16:10:47

    Goeie Middag

    Ek wil graag weet of iemand my na n’ spesiale onderrig skool kan verwys in Boksburg, ons moet ongelukkig verhuis agv my werksomstandighede.

    My seuntjie beskik reeds oor n’ ELSEN nr en sal waardeer word indien enige iemand my asb net kan verwys na die regte skool in Boksburg.

    Sal dit opreg waardeer, ek ken glad nie die omgewing nie, maar dit is lekker naby aan my werk

    Groete

    Elana

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 11, 2016 @ 16:59:58

      Middag, Elana 😉
      Dit hang van die outjie se onderwysbehoeftes af. Ek het die volgende name gekry: Protea Skool (Springs), Crossroads (Houghton), ‘n lysie skole, Germiston…Ek het ook op my Facebookmuur om hulp gevra – aangesien ek nie die area ken nie. As ek reg soek, sal die volgende nommer julle ook met name van skole kan help (plaaslike skooldistrikskantore: Education Directorate: Inclusion And Special Schools: Department Of Education, Tel: 011 355 031).

      Like

      Antwoord

  173. Connie Faul
    Mei 19, 2016 @ 15:59:26

    Ek is opsoek na remediërende onderwys in die Vrystaat, verkieslik in die Goudveld area. My kleinkind is 11 en op die oomblik is ek raadop, want daar is nie iemand wat hom regtig kan help in die skool nie. Hy is nou in die spesiale klas, want hy ontwrig die normale klasse.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 19, 2016 @ 16:10:40

      Middag, Connie 😉
      Ongelukkig ken ek nie die area nie, maar dit lyk asof die Welkom-Volkskool ‘n remediërende opvoeder het. Kontak Juffrou Rosseau en hoor gerus by haar of sy van iemand in julle omgewing weet.
      Is die outjie deur ‘n opvoedkundige sielkundige gesien? Afhangende van die aanbevelings, kan julle soekterme soos “VMI, ogies, oogsorg, ouditiewe, aandagafleibaar,visuele, spiertonus, arbeidsterapie, klanke, hersien, lees, inklusiewe onderwys, oefen tuis, tuis idees, woordeinde, omkering, verwarring, wiskunde huiswerk…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in tik.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

      • Connie Faul
        Mei 19, 2016 @ 16:24:37

        Dankie vir die terugvoering, ek sal haar beslis skakel.. Ja, hy is by Prof Andre Venter van die Universiteit van die Vrystaat.

        Like

      • Juffer
        Mei 19, 2016 @ 16:59:35

        Dis ‘n plesier 😉 Prof. Venter is baie bekend vir sy uitstekende kennis. Hy mag dalk ook van gesoute remediërende opvoeders naby julle weet. 😉

        Like

  174. Ria Boshoff
    Mei 26, 2016 @ 22:21:24

    Waar kan mens leerling vat v remidieerende klas in dkrif,asb

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 26, 2016 @ 23:51:55

      Hallo, Ria 😉
      Wat is die moontlike probleem? Skryf hy te stadig of is daar omkerings (soos b/d)? Hoe oud is die outjie?
      Tik gerus soekterme soos “handspier, my kind skryf stadig, abc skryf, skrif, skryf, potloodgreep, patroon, patrone, omkering, verwarring, links en regs, perseptuele, knip, lopende skrif, oefen tuis, arbeidsterapeut…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskeie idees om eers tuis te probeer. Indien dit nie na twee tot vier weke ‘n verskil maak nie, kan ‘n mens ‘n gesoute arbeidsterapeut kontak.

      Like

      Antwoord

  175. Gerries
    Sep 16, 2016 @ 07:25:15

    Haai Louise!
    Veritas Akademie is ‘n privaatskool wat klein klassies het met optimale aandag.
    Wat dit verder uitstaande maak is dat hul sosiaal en emosioneel ook na my kind se belange omsien, veral vir haar vir wat dit so moeilik vind om sosiaal in te skakel.
    Skakel gerus die hoof Dr Lettie Horn.

    Like

    Antwoord

    • Louise
      Sep 16, 2016 @ 13:31:16

      Baie dankie, Gerries. Navorsing is nou maar eenmaal in my bloed.

      Like

      Antwoord

  176. Maritza
    Sep 19, 2016 @ 15:53:47

    My dogtertjie Het ADHD en tans tuisonderig ek haar deur Impak, Maar ek is opsoek na alternatiewe tuisonderwys om haar en haar problem te akomodeer,Waar kan ek my soektog begin asb….
    Maritza

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Sep 20, 2016 @ 00:00:23

      Hallo, Maritza 😉
      Hoe oud is sy? Indien sy in Graad R – 3 is, is hier heelwat idees op my blog beskikbaar.
      Ek weet dat heelwat mense die Breinlynprogram volg, maar ongelukkig is my kennis van tuisonderrig beperk. Daar is heelwat Tuisonderrig-groepe op Facebook. Ek weet ook dat Maryna Moolman ‘n oulike webblad het met idees. Indien jy ‘n bietjie na die nasionale kurrikulum wil loer, kan jy hier klik.
      Vir die aandagafleibaarheid kan jy na hierdie idees loer.

      Like

      Antwoord

  177. Nadia Smit
    Okt 04, 2016 @ 20:39:46

    Naand almal. Jong ons bly tans in Jeffreys baai. Ons trek terug Pta toe einde Desember. Eks op soek na n privaat skool of spesiale skole wat arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges op die skool gronde het. My seun wat 9 is, is n maand terug met ADHD gediagnoseer. Dit het my hart gebreek en was geskok en het soveel emosies ervaar.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 04, 2016 @ 21:42:00

      Hallo, Nadia 😉
      Rietvlei, Bronberg en Raslouw Akademies behoort te kan help en Centurion Remediërende Akademie spesialiseer. Die meeste laerskole bied egter deesdae die dieste van spesialiste op die skoolgronde aan. Hoor gerus 😉

      Like

      Antwoord

  178. M Grunewald
    Okt 21, 2016 @ 13:03:25

    My kleindogter is 7 en het hierdie jaar in ‘n special Grd 1 klassie deurgebring. ADD. Ook Ritillin gebruik. Skaars enige vordering. Sy begin nou eers letters onthou. 0 en 1 was haar punte.
    Haar ma will haar nog steeds in gewone skool hou. Wat doen mens?
    Boksburg omgewing

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 21, 2016 @ 13:40:07

      Middag, M 😉

      Is sy deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets en is daar ‘n aanbeveling gemaak om haar na die klas te skuif? Die sielkundige se verslag mag dalk spesifieke aanbevelings en bevindings hê.
      Wanneer ‘n outjie daarmee worstel om simbole (soos letters en syfers) uit te ken of te onthou, gee ons gewoonlik oefeninge om aandag aan die visuele perseptuele vaardighede te skenk. Indien die aanvanklike oefeninge nie help nie, verwys ons die leerder na ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut. ‘n Arbeidsterapeut doen dan ‘n volledige evaluasie, gee raad en ‘n verslag aan die skool en ouers en gee terapie oor ‘n tydperk van etlike maande. Dit lewer baie goeie resultate.
      Remediërende onderrig fokus daarop om die akademiese leemtes aan te spreek. Ons fokus op die kennis van klanke, woordbou, lees, spelwoorde, leesbegrip, algemene taalvaardighede, dikwels voorskoolse vaardighede en konsepte, vaslegging van syfers, wiskundige konsepte, bewerkings, begrip van wiskunde woordeskat (vir woordsomme, ens.), en dies meer. Is daar ‘n gesoute remediërende opvoeder beskikbaar om individuele lesse aan te bied?
      Indien daar ‘n verskeidenheid akademiese uitvalle teenwoordig is, sal die opvoedkundige sielkundige spesifieke, raakvat aanbevelings kan maak.
      Tik gerus soekterme soos “visuele, VMI, ogies, ouditiewe, oogsorg, arbeidsterapie, aandagafleibaar, spiertonus, middellyn, posisie, syfers, abc skryf, abc uitspraak, tuis idees, tuis oefen, oefen self, klank, hersien…lees, nuwe leser, flits, sigwoord…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant vir verdere idees en moontlike huiswerk.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  179. odette
    Nov 09, 2016 @ 13:27:05

    My dogtertjie is 7 en in graad 1. Sy het Add en ek soek ASB na n skool in bronkhorstpruit of witbank omgewing. Dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 10, 2016 @ 01:41:16

      Hallo, Odette 😉
      Zelda (072 623 4706) het melding van ‘n skool in Witbank. Ek ken nie die area nie, maar gaan navrae rig.
      Beth het ‘n voorstel gemaak: “Probeer Audeamus in Witbank. Dit is af in Gordon straat. Klein klasse, privaat skool, nie seker van fooie nie.”

      Like

      Antwoord

  180. Nicoleen
    Des 26, 2016 @ 22:54:27

    Sal bly wees as jy ons skool ook kan lys. Jou-Skool Akademie in Ras Louw Centurion. Afrikaanse Privaatskool wat spesialiseer in klein klas onderrig. Vanaf GrR tot Hoërskool. (Ons webtuiste nog onder konstruksie) Dankie. 😉

    Like

    Antwoord

  181. HF
    Des 28, 2016 @ 09:08:03

    Graad en area?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 28, 2016 @ 16:08:13

      Middag, HF 😉 Klik gerus op die skakels.

      Like

      Antwoord

  182. caroline
    Jan 02, 2017 @ 13:10:14

    Geagte Juffrou
    My seun is so 10 jaar oud hy gan nou na graad 4 my kind sukkel baie met lees en skryf die skool waar hy nou in is wil hom en my dwing om hom in die hoofstroom te hou maar erken tog ook dat hy nie hoofstroom sal kan vol hou nie ek wil weet of jy my kan help om i skool te kry waar hy sal kan inpas waar hy ook gelukkig sal kan wees ek is in die weskaap montevista

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 03, 2017 @ 18:25:59

      Middag, Caroline 😉
      Die Mountain View Academy lyk oulik. Julle kan ook skole soos Dunatos (Brackenfell) en Jan Kriel (Kuilsrivier) probeer. Jan Kriel het byvoorbeeld ‘n busdiens en spesialiste op die skoolterrein. Die Tafelberg Remediërende skool is dalk ‘n bietjie ver. Enige van hierdie skole behoort egter vir jou name van ander skole in die omgewing te kan noem.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  183. Caroline
    Jan 03, 2017 @ 17:30:29

    Dag se juffrou
    my seun is 10 jaar oud en sukkel om in hoofstroom te bly ek sal hom graag in i skool wil he waar hy kan wees hy hou baie daar van om met sy hande te werk die skool waar hy nou in is wil hom druk om hoofstroom aan te hou hy is deer die skool se sielkunduge getoets en dit wys daar dat hy nie die hoofstroom kan aan hou nie kan jy my help asb ek is in die Wes Kaap are is welglegen

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 03, 2017 @ 18:25:27

      Middag, Caroline 😉
      Die Mountain View Academy lyk oulik. Julle kan ook skole soos Dunatos (Brackenfell) en Jan Kriel (Kuilsrivier) probeer. Jan Kriel het byvoorbeeld ‘n busdiens en spesialiste op die skoolterrein. Die Tafelberg Remediërende skool in Seepunt en Vergezicht in Somerset-Wes, is dalk ‘n bietjie ver. Enige van hierdie skole behoort egter vir jou name van ander skole in die omgewing te kan noem.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

      • Caroline
        Jan 03, 2017 @ 21:02:38

        Naand juffrou
        Is daar dalk I manier hoe ons 2 privaat kan gesels oor my kind ons kan whatts upp of net gewone mails stuur asb sal dit waardeer

        Like

      • Juffer
        Jan 04, 2017 @ 00:42:52

        Hallo, Caroline 😉 Jy kan my op remediering@hotmail.com kontak.

        Like

  184. Caroline
    Jan 03, 2017 @ 20:32:02

    hi
    het al vir Jan Kriel genader maar hulle kan hom nie invat nie hulle akkedeumie is blykbaar te hoog vir hom

    Like

    Antwoord

  185. Corne
    Jan 10, 2017 @ 05:37:54

    Goeie more. My seun is 14 en word 15 die jaar. Ek is dringend opsoek na n skool met min kinders in die klas wat hulle ouderdom kan akkomedeer. Ek is woonagtig in Pretoria Tuine.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 10, 2017 @ 23:42:37

      Hallo, Corne 😉
      Ek het navrae gerig, maar het nie antwoorde gekry nie. Kontak gerus Rietvlei, Bronberg en Raslouw Akademies hierbo vir moontlike verwysings. Gewoonlike weet soortgelyke skole van mekaar 😉

      Like

      Antwoord

  186. Natasha
    Mar 07, 2017 @ 12:38:12

    Goeie dag eks Natasha ek het dringend hulp nodig eks opsoek na n spesiale skool in Durban vir my dogter ons is tussen Berea en Bulwer kan iemand my aseblief help
    Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 08, 2017 @ 14:29:15

      Hallo, Natasha 😉
      Ek het navrae gerig, maar wag nog op antwoorde. Ek het wel die Gelofteskool en Kuswag gekry. Indien hulle nie kan help nie, kan jy vra vir die kontakbesonderhede van die plaaslike onderwysdepartementsdistrikskantore of vra of hulle dalk van ander skole weet. Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

      • Sariette
        Apr 17, 2018 @ 19:12:04

        In Durban is die spesiale skole Kenmont school in die Bluff en Browns school ( ek dink) daar is nog een, maar kan nie die naam onthou nie. Ek het vir ‘n paar jaar by Kenmont skool gehou en het nie gehoor van ‘n Afrikaanse privaatskool in daardie area nie.

        Like

      • Juffer
        Apr 17, 2018 @ 23:58:35

        Baie dankie, Sariette 😉 Ek waardeer dit baie.

        Like

  187. nathasia van niekerk
    Jul 28, 2017 @ 14:38:13

    goeie dag

    hier is die mooiste wiskunde vraestelle maar waar kry mens die memo’s

    Like

    Antwoord

  188. Marily
    Aug 03, 2017 @ 07:11:40

    Goeie dag ek is opsoek na tegniese skool vir my seen. Hy is in gr9. Maar ek moet n skool kry wat n koshuis het. My seun het ADHD en sukkel op skool. Maar hy werk baie hard. Help asb

    Like

    Antwoord

  189. Collette
    Sep 29, 2017 @ 12:35:19

    Hallo Juffer,
    Help asb. hoe help ek n graad 2 netjierser skryf en werk – ek het nou al alles probeer maar niks help nie. Wat kan die probleem wees. Sy is regtig baie slim maar ongelukkig oor haar netheid word daar punte afgetrek. Sy weet hoe hom te skryf en spel maar ai tog die netheid met skryf, plak en inkleur kom net nie reg nie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Sep 29, 2017 @ 14:52:59

      Middag, Collette 😉
      Daar kan verskeie redes wees (bv. dat die fyn spiertjies van die hand nog besig is om te ontwikkel en meer oefening kort, dan die oog-hand koördinasie ontwikkel benodig, dat sy dalk uitvalle in terme van visie het, ens.). ‘n Mens kan op fynspier oefeninge fokus en dalk ‘n optometris spreek om enige uitvalle uit te skakel. Sommige oogkundiges (soos SpecSavers) doen oogtoetse vir kinders onder 12 jaar gratis.
      Tik gerus ook soekterme soos “knip, perseptuele, handspier, my kind skryf stadig, skrif, skryf, potloodgreep, ogies, VMI, oogsorg…” by die soekblokkie hier aan die regterkant van my blog in. Dit gaan vir jou heelwat oefeninge en drukbare idees gee om tuis te probeer.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  190. E. Meyer
    Des 24, 2017 @ 20:06:38

    Raadop
    Seuntjie (Jan 2018, 5 jaar) maw Graad 00
    Epilepsie (amper daardeur, amper ontgroei) en ‘Developmental Delay’ t.o.v. sy beplanning en organisasie.
    Ligte Apraxia met Dyspraxia grootste probleem. Konsentrasie gaan hand in hand maar nie op medikasie.
    ‘Normaal’ maar sukkel om by maatjies te hou. Kry spraakterapie en OT. Huidig by Curro Castle Serengeti (Kempton), raak weg en het ekstra hulp nodig tussen 19 ander maats. Neem deel aan ekstra aktiwiteite soos clamber club, drama ens. om soveel as moontlik stimulasie te bekom.

    Sukkel GEWELDIG om AFRIKAANSE kleuterskool of speelgroepie – selfs persoonlike tutor – moontlik remedierend te kry met min genoeg kinders per klas om genoeg aandag en hulp per kind te bied.
    Bly in Boksburg, werk in Springs. Sal enige iets op Oos Rand konsidereer. Help asseblief.
    Slapelose nagte, tyd hardloop uit.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 27, 2017 @ 10:31:59

      Hallo, EM 😉
      Iemand het ‘n rukkie gelede Keizer Akademie, Benoni (072 807 5337) genoem. Daar is ook die Olimpia Park Skool.
      Dit lyk asof die Apraksia-Facebookblad redelik aktief is en dalk meer kennis van plaaslike mense/skole kan deel. Ek het navrae gerig en gaan ekstra inligting met jou deel sodra ek dit ontvang.
      **Marina het Oos Rand Akademia aanbeveel.

      Like

      Antwoord

  191. Zelda
    Jan 03, 2018 @ 14:02:27

    Goeie dag my dogter moet nou graad 9 toe gaan. Sy is ADHD en het diskeksie. Ek is opsoek na n Privaat Remedierende Afrikaanse skool in Johannesburg wat vir haar behoeftes kan voorsien.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 03, 2018 @ 17:01:21

      Hallo, Zelda 😉 Linda de Rooster is ‘n sielkundige wat dalk vir jou meer korrekte name van skole kan gee (Pretoria en Johannesburg, 012 332 3300 of info@lindaderooster.co.za). Ek het egter deur die jare die volgende name meermale gehoor: El Zera en die Lanternskool. Daar is ook die Proteaskool
      Ek gaan egter verdere navrae rig en kyk of daar nog inligting beskikbaar is.

      Like

      Antwoord

  192. Annamarie
    Jan 27, 2018 @ 12:31:30

    Ek vra inligting namens n dogter wat al 21jr oud is en gr 9 geslaag het. Weens uiters swak huislike omstandighede kon sy nie aangaan met skoolonderrig nie. Sy is gretig om haar gr 10 te doen die jaar. Ons het al by verskeie plekke probeer regkom maar word telkens weggewys weens haar ouderdom. Die ander probleem is dat privaat onderrig te duur is. Kan iemand my dalk verwys na plekke of persone wat ons kan kontak?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 27, 2018 @ 14:57:27

      Hallo, Annamarie 😉
      Probeer dalk ABET-instansies of plekke soos die Boland College. Hulle help studente met alternatiewe onderrig.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  193. Adlaide Smit
    Jan 27, 2018 @ 20:29:49

    Goeienaand Annamarie,

    Ek het dieselfde pad 2 jaar gelede geloop. By ABET Instansies moet die leerder reeds Gr 9 geslaag het. Dus behoort sy daar reg te kom. As sy nie graad 9 het nie, is al uitweg tuis onderrig deur Impak totdat sy Gr 9 geslaag het..

    Sterkte daar.

    Adlaide

    Like

    Antwoord

  194. Pieter
    Feb 05, 2018 @ 11:48:48

    Goeie Dag

    my dogter 21/2 jaar oud is met DLD( development Language Disorder ) gediagnoseer deur Dr Erasmus van Moot,

    Ons is op soek na klein skool wat haar sal inneem en meer aandag kan gee om te leer , sy pas tans nie in normale kleuterskool waar daar te veel maatjies is nie,

    Sy gaan vir spraak terapie.

    Montana area – Pretoria

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 05, 2018 @ 17:10:37

      Middag, Pieter 😉
      Daar is heelwat kleiner skooltjies beskikbaar, maar ‘n mens sal moet uitvind of hulle by die onderwysdepartment geregistreerd is. Ek het al van die Centurion Remediërende Akademie, Rietvlei, Raslouw en Bronberg Akademies gehoor (skakels hier bo).
      Dit kan dalk ook voordelig wees om met ‘n opvoedkundige sielkundige in die omgewing te kontak vir aanbevelings – aangesien hulle dikwels in/met die skole werk. Bv. Antoinette Human, 012 542 2530 (Theresapark, PTA)
      Linda de Rooster – Pretoria en Johannesburg, 012 332 3300 of info@lindaderooster.co.za

      Like

      Antwoord

  195. Vanecia
    Apr 12, 2018 @ 17:05:49

    Hallo my seun is 12 en is in graad6 hy sukkel met skool werk en is aandagaflei baar het nou al alles probeer maar niks werk…..

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 12, 2018 @ 21:58:21

      Hallo, Vanecia 😉
      Is die outjie baie woelig of dagdroom hy? ‘n Mens kan hom nader aan die onderwyser se tafel laat sit en kort-kort breuke gee om byvoorbeeld ‘n boodskap af te lewer. Party kinders werk ook goed as hulle oorfone gebruik om na sagte, klassieke musiek te luister. Dit moet egter met streng reëls gepaard gaan.
      Het die skooldokter of pediater hom al gesien? Dikwels stel hulle ‘n spesifieke dieet saam met die medikasie voor. Loer gerus ook na hierdie idees en inligting in verband met aandagafleibaarheid.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  196. Vanecia
    Apr 12, 2018 @ 17:17:10

    My seun 12 jaar en in graad6 hy is aandag afleibaar en dit wek kommer by skool het al sielkundige geloop gegaan vir kopscan en niks medikasie help

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 12, 2018 @ 21:58:30

      Hallo, Vanecia 😉
      Is die outjie baie woelig of dagdroom hy? ‘n Mens kan hom nader aan die onderwyser se tafel laat sit en kort-kort breuke gee om byvoorbeeld ‘n boodskap af te lewer. Party kinders werk ook goed as hulle oorfone gebruik om na sagte, klassieke musiek te luister. Dit moet egter met streng reëls gepaard gaan.
      Het die skooldokter of pediater hom al gesien? Dikwels stel hulle ‘n spesifieke dieet saam met die medikasie voor. Loer gerus ook na hierdie idees en inligting in verband met aandagafleibaarheid.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  197. Phoebe
    Apr 24, 2018 @ 13:47:34

    Goeie middag

    My seuntjie is in Gr 1. ADHD gediagnoseer. Hy is baie ongelukkig in die skool en ek het eindelose probleme waar ek tans van die 3de dag van skool aanhoudend ingeroep word.

    Is daar n skool in Krugersdorp omgewing wat regtig die effort insit om met kinders soos hy te werk, ondersteun en bystaan as eerder afkraak uit trap en verwerp????

    n Baie moedelose ma

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 25, 2018 @ 18:19:27

      Hallo, Phoebe 😉
      Ek kon nie ‘n spesifiek antwoord kry nie, maar sal aanhou soek.
      ‘n Ouer het gister ‘n skakel na ‘n gratis aanlyn praatjie gedeel en ek is tans besig om na Dr. Ned Hallowell te luister (Turning ADHD into a Child’s Greatest Asset). Ek is seker dat alles nie van toepassing is nie, maar ek het pas begin om na die stukkies te luister. ‘n Mens kan nooit te veel nuwe kennis opdoen nie 😉

      Deel gerus hierdie inligting met die skool:
      Aandagleibaarheid (artikels)

      🎧 Gratis Webinar: Luister gratis na kundiges op die internet.
      Jy kan dit speel en luister terwyl jy ander dinge doen. Jy kry toegang vir ‘n dag of wat en kan luister sodra jy geregistreer het.

      **Soms moet ‘n mens die storie op ‘n ander manier benader. Laat die outjie vir die juffrou af en toe ‘n kaartjie/briefie maak – ‘n manier om die verhouding tussen hulle te verander. ‘n Eenvoudige boodskap is genoeg (Bv. My juffrou lees die mooiste boeke.) As die juffrou dan weer inroep, gebruik dinge wat die outjie geniet en waardeer as aanknopingspunt en noem die dinge wat julle tuis probeer. ‘n Mens wil die negatiewe gesindheid so ‘n bietjie onkant vang en in die kiem smoor 😉 Hoor gerus ook by die skool of hulle ‘n remediërende of leerondersteuningsopvoeder het. So ‘n persoon kan dalk raakvat idees hê om die huidige situasie te verbeter.
      Baie voorspoed.

      Like

      Antwoord

  198. Patrys van Wyk
    Jun 06, 2018 @ 13:34:02

    Goeie middag

    Ek sal dit waardeer indien ek dalk raad of inligting kan kry. Ons – ek, my kleinseun van 12 en sy moeder woon in Kimberley. Hy is met ADHD geidentifiseer en is ook tans in n Provinsiale Skool vir kinders met onderandere ADHD. Ons gaan egter die begin van volgende jaar Pretoria Oos toe verhuis en dus wil ek net weet of iemand dalk n skool vir so n kind kan voorstel. Hy is baie goed met sy hande, bou omtrent enige ding, maar ai, die lees en skryf bly n problem. Ons het nou al gehoor van Transvalia, maar buiten Transvalia, is daar dalk ander goeie skole vir ADHD kinders in daardie omgewing? Dalk in n tegniese rigting?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 06, 2018 @ 22:57:27

      Hallo, Patrys 😉
      Ek ken ongelukkig nie die area nie, maar iemand het pas aangebied om te help. Kontak gerus vir Chenelle Van Wyk op 0732411580.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  199. Anita snyman
    Des 01, 2018 @ 08:23:09

    My kind is huidig in graad 9. Hy is in ñ gewone skool. Hy is disleksies en het ñ brein operasie in 2009 gehad wat die skedel op 7 al toegegaan het i. p. v op 10 jarige ouderdom. Van graad 1 af is hy ñ elsen nommer kind. Wat die hoof aan my verduidelik hy kry spesiale onderrig. Maar nou wil ek weet. Hy onthou nie wat hy leer ni. Ek het al gevra vir mondelingse eksamen. Nou moet ons mense van buite kry om vir hom te skryf en te lees. Die mense moet betaal word. En dis moeilik om vir 2 mense per vak te betaal. Nou lyk sy punte op sy rapport baie sleg. Mag hulle hom dan terug hou in graad 9 hy is tans 16. Die hoof het ook gesê omdat hy ñ elsen nommer het mag hy net tot graad 10 in die skool wees. Tensy sy punte verbeter. Kan iemand my asb raad gee.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 01, 2018 @ 16:49:44

      Hallo, Anita 🙂

      Ek het ongelukkig net ervaring met alternatiewe assessering in die laerskool. Ek het al van meer as een skool gehoor wat MP3-Spelers gebruik om vrae deur middel van opnames te speel. Sou die skool dalk ‘n sisteem kon gebruik waar vrae gespeel word en jou seun sy antwoord mondelings gee – terwyl alles opgeneem word (soos ‘n onderhoud)? Hy sou dan die vrae-opnames kon stop en speel soos nodig.
      Gewoonlik sou ‘n outjie een maal per fase meer tyd kon kry (herhaal). Die jaar waarin hulle dan 14 jaar oud word, kan ons aansoek by vaardigheidskole doen en sou die outjie skuif sodra daar plek beskikbaar is. Het die skool dalk voorstelle gemaak?
      As ‘n leerder reeds een maal in ‘n fase herhaal het (bv. Graad 7) en weer sou herhaal (bv. Graad 9) volgens die rapportpunte, skuif hy aan saam met sy klas (age co-hort, sien bladsy 26).
      Vra gerus ook vir die kontakbesonderhede van die plaaslike skooldistrik se skoolsielkundige of vak adviseurs (skool sal hê). Hulle gaan vir jou die beste raad kan gee.

      Like

      Antwoord

  200. Marlena
    Jan 17, 2019 @ 10:10:44

    Goeie dag
    My seuntjie is nou in Gr 1.
    Hy huil histeries elke dag.
    Hy is oor die algemeen baie agresief en emotioneel.
    Ek is n enkel ouer en kan nie arbeidsterapie bekostig.
    Ons het dringend hulp en raad nodig asb.!
    Ons woon in Kempton Park

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 17, 2019 @ 15:25:37

      Hallo, Marlena 😉
      Ek het jou ‘n boodskap op Facebook gestuur. Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  201. Jolandie
    Mei 03, 2019 @ 19:37:42

    Ek woon in Ceres en is al so desperaat my seun is 16 en add. Ek al hulp oral gesoek maar daar nie baie skole vir die kinders nie kan julle asb help met inligting.
    Groete Jolandie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 04, 2019 @ 14:57:59

      Hallo, Jolandie 😉
      Onderwysers kry gereeld opleiding in aspekte soos ADD en hoofstroom skole raak meer inklusief. Het die skool of opvoedkundige sielkundige dalk spesifieke vakkeuses of skole aanbeveel? Die voorligtingsopvoeder by die plaaslike skole sal kan help met aanbevelings en opsies.
      Heelwat kleiner privaatskole maak tans oop. Daar is ook byvoorbeeld skole in die Paarl, Worcester, Strand en Bellville-omgewing wat alternatiewe vakkeuses aanbied.
      Praat gerus met die skool oor moontlikhede 🙂
      Ek hoop die inligting kan help.

      Like

      Antwoord

  202. Marizka
    Mei 09, 2019 @ 20:43:46

    Juffer

    help my asb hoe doen ek aansoek vir konsessie. Ek wil dit self doen aangesien ek tans tuisskool maar ons volgende jaar hoofstroom toe gaan.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 10, 2019 @ 00:05:01

      Hallo, Marizka 😉

      Skole doen gewoonlik aansoek om alternatiewe assessering met die hulp van die skoolsielkundige of plaaslike skoolkliniek (distrikskantore). Hoor gerus by die naaste skoolkliniek of die een waarby die toekomstige skool in gesluit is. Daar sal spesifieke inligtig nodig wees – soos die redes waarom julle dit versoek. Skole soos Jan Kriel gaan baie spesifieke inligting kan gee.

      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  203. Eleanor
    Okt 18, 2019 @ 12:47:37

    My kleinkogter van 7 jaar is paar maande geleede gediagnoseer met Autisme. Ons is van dr na dr en het baie tyd verloor oor verkeerde diagnose van mediese kundiges. Maar ons is nou dankbaar dat ons eindelik die oorsaak van haar probleem gekry het

    Ons is aangeraai om haar in skool te sit met klein groepies. Sy sal ook nie die normale hoofstroom klas en skoolwerk kan hanteer nie. Weet jul van enige skole wat ons kan kontak vir hulp. Ons was alreeds by Knysna Montesorri.

    Dankie
    Eleanor

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 18, 2019 @ 14:30:34

      Middag, Eleanor 😉
      Daar is heelwat skole wat spesialiseer in die Kaap en Somerset-Wes. Ek is nie van skole naby Knysna bewus nie, maar het ‘n paar opsies nader aan Knysna gekry. Oakhill het telkemale in my soeke verskyn. Kontak gerus die plaaslike laerskool se ondersteuningspan. Skole en kundiges behoort van mekaar te weet en sal ‘n raakvat aanbeveling kan gee.

      Loer gerus ook na idees en inligting in verband met outisme hier.

      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  204. Daleen
    Des 26, 2019 @ 12:23:40

    Ons dogtertjie is nou 4 en serebraal gestremd, kan loop en hoor maar nie praat nie. Ons woon in Randburg en is op soek na ń skooltjie waar sy in Afrikaans kan leer.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 27, 2019 @ 02:20:10

      Hallo, Daleen 😉
      Ek ken nie die area nie, maar dit lyk asof El Zera, Fontainebleau en Footprints goeie opsies is om te skakel. Vra hulle gerus of hulle van ander skooltjies weet en aanbevelings kan maak. Sommige hoofstroomskole het opgeleide juffrouens wat kennis dra van inklusiewe onderwys en ‘n mens kan gerus ook by plaaslike laerskole navrae rig.
      Ek hoop dié inligting kan dalk help.

      Like

      Antwoord

  205. Marisca
    Feb 06, 2020 @ 22:02:23

    http://www.minkatekoschool.co.za

    Goeie dag

    Sal u asb ons skool ook adverteer. Ons is ‘n Christelike skool. Geesvervulde skool. Besoek gerus ons webtuiste.

    Like

    Antwoord

  206. Alicia Wiggill
    Jul 08, 2020 @ 17:41:44

    Goeie naand
    Ek wil my 4 jarige nie skool tow stuur niw watse aktiwiteite of leer stof het julle beskikbaar

    Dankie
    Alicia

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 08, 2020 @ 20:16:57

      Hallo, Alicia 😉

      Ek het heelwat idees vir verskeie temas of konsepte hier op My Klaskamer beskikbaar. Loer gerus na hierdie voorskoolse idees of tik soekterme soos “liedjies, stories, rympies, handspier, posisie, liggaamsdele, higiëne, winter, lente, somer, herfs…beplan, hulpmiddels” onderskeidelik by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskillende idees.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  207. Elmeri Wallace
    Aug 15, 2020 @ 19:36:09

    Hallo, ek wil graag my skool adverteer. Wat is die proses? Dankie Elmeri

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 15, 2020 @ 20:18:38

      Hallo, Elmeri 😉 Stuur gerus ‘n skakel nou jou skool se blad en ek sal dit byvoeg 🙂

      Like

      Antwoord

  208. Michelle De beer
    Okt 29, 2020 @ 05:34:15

    Goeie more

    Ek is besig om te kyk na die moontlikheid om my eie sentrum oop te maak waar ek leerders help met huiswerk, toetsvoorbereiding, praatjies, remediërende onderwys ens! Wat dink julle mammas daarvan? En wat sal jul bereid wees om te betaal?

    Asb ek sal dit so waardeer as jul my kan help!

    Ekt 2 grade agter my naam en gee al skool vir 7 jaar!

    Lekker dag
    Michelle

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 29, 2020 @ 13:06:48

      Middag, Michelle 🙂
      Kontak gerus ‘n paar sentrums en remediërende opvoeders. Dit sal raadsaam wees om ook met skole en ander dissiplines soos opvoedkundige sielkundiges, arbeidsterapeute en spraakterapeute kontak te maak om jouself te bemark.
      Baie voorspoed 😉

      Like

      Antwoord

  209. Tanja
    Nov 06, 2020 @ 15:01:55

    Goeie Middag,

    Kan iemand dalk ñ skool aanbeveel met klein klassies en ñ skool wat sal aandag gee aan ñ kind wat Disleksie het? Hy gaan Graad 5 toe volgende jaar en sulke nogsteeds met lees. Dit is regtig moeilik in ñ gewone skool ons bly tans in Alberton.

    Hoor graag van u.
    Groete Tanja

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 06, 2020 @ 18:27:36

      Hallo, Tanja 🙂
      Ek ken nie die area nie, maar wonder of die ABC Remedial Centre van oulike plaaslike skole sal weet. Gaan besoek gerus ook skole soos die Alberton Remediërende Skool. Hierdie skole mag dalk ook ander opsies kan voorstel – aangesien spesialisskole dikwels van mekaar weet.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

      • Tanja
        Nov 11, 2020 @ 07:59:28

        Baie dankie, waardeer dit opreg!
        Ek sal hulle bietjie probeer en kyk of ek regkom.

        Mooi daggie en dankie vir al jou hulp hierin!

        Like

      • Juffer
        Nov 11, 2020 @ 15:38:29

        Dis ‘n plesier 🙂 Alle voorspoed!

        Like

  210. Deidre van der merwe
    Jan 25, 2021 @ 14:37:25

    Goeie middag ek wil graag uitvind vir my 2 dogtertjies vir koshuise my jongste begin grd 1 nou en my oudste grd 5 .al 2 is adhd

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 25, 2021 @ 19:34:21

      Hallo, Deidre 🙂
      Dit hang waarskynlik van die naaste dorp of stad in jou provinsie af. Heelwat plattelandse skole bied verbly vir laeskool kinders aan, bv. Albertina, Porterville, ens.

      Like

      Antwoord

  211. Yvette Barnard
    Mar 10, 2021 @ 11:51:20

    Goeie more.
    My seun is tans 6, in graad R. Hy is deur Dr Celia Erasmus ASD ,Hoog funksionerend gediagnoseer in 2018. Min inligting is egter verskaf aangaande die regte skole vir hom, net dat sy aanbeveel my seun bly in hoofstroom.
    Hy is tans in ‘n privaat Hoofstroom skool maar sukkel met die groot klasse, hy is ADHD gediagnoseer deur Dr Erasmus en word maklik angstig met groot groepe. Ek het hom laat evalueer deur ‘n opvoedkundige sielkundige wat aanbeveel het ons soek ‘n Remedierende ,AFRIKAANSE skool met klein klasse vir hom. Hy is ‘n spontane klein lyfie wat oorloop van selfvertroue en liefde vir almal. Ek is werklik angstig verby vir die gewone skole met al sy boelies, en so bang dit breek hom!! Hy “stim en posture” nogal baie, herhaal gereeld bekende aangeleerde verse van televisie en videospeletjies en leef absoluut in ‘n verbeeldingswereld ,wat hom natuurlik so oulik en uniek maak.
    Ons is woonagtig in Midstream, Olifantsfontein en is redelik raadop. Ons was al by Wonderfully Made Acadamy maar voel nie dit is die geskikte plek vir hom nie.
    Ons het werklikwaar ‘n tekort aan Laerskool tot Hoerskool fasiliteite vir Asperger kindertjies wat sukkel in groot klasse. Hy hou glad nie van verandering nie, so ons sal graag laerskool en hoerskool wil kombineer waar moontlik.
    Die opvoedkundige sielkundige het Nuwe Hoop skool voorgestel, wat nie hoofstroom is nie, en dit is in teenstelling met wat Dr Erasmus sê dat ons hom hoofstroom moet hou. Waar kry mens daai regte hoofstroom skool met klein klasse? Die sielkundige is ook teen homeschooling vanwee die sosiale aspek wat beslis aandag moet geniet.
    Is daar moontlik nog ander skole wat oorweeg kan word? Die tyd stap aan, my kind moet ingeskryf word en ons is sooo verward en onseker.
    Ek waardeer enige terugvoering.

    Groete
    Yvette Barnard

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 10, 2021 @ 14:47:07

      Goeie middag, Yvette 🙂

      Dit is wonderlik dat julle reeds soveel hulp ingeroep het en begin navorsing doen het. Ek ken nie die area nie, maar weet dat ASA heelwat skole op hul lys het. Daar is ook mense wat kleiner skooltjies begin het – wat ‘n lang pad met kinders en hul gesinne loop, maar hulle is nie noodwendig hoofstroom skole nie.
      Kontak gerus die plaaslike laerskole en hoor of hulle ‘n LSEN/ELSEN-opvoeder of ‘n kenner van Inklusiewe Onderwys het. Dit sal vir jou ‘n aanduiding wees van hoeveel hulp daar moontlik beskikbaar sal wees.
      Sommige hoofstroom skole het deesdae ook ‘n LSEN-eenheid (Learners with Special Educational Needs), maar die dokumente in verband met Inklusiewe Onderwys vra dat skole kinders behoort te ondersteun sover moontlik.
      Ek gaan nog ‘n bietjie rondloer en hoop om meer inligting teen vanaand te hê.

      Like

      Antwoord

      • Yvette Barnard
        Mar 10, 2021 @ 16:46:25

        Baie dankie liewe Juffer, ek waardeer dit opreg!!

        Groete Yvette

        Like

      • Juffer
        Mar 10, 2021 @ 23:43:46

        Dis ‘n groot plesier.

        Ek het nog nie enige terugvoering gekry nie, maar het ‘n bietjie gesnuffel:
        Laerskool Menlopark is dalk ‘n bietjie ver, maar het ‘n ondersteuningspan.
        Laerskool Constantiapark is ewe ver, maar het ook ‘n ondersteuningspan.
        Kontak hulle gerus en vra gerus of hulle dalk van ander skole in die omgewing weet. Ek is seker dat hulle met graagte sal help. 🙂

        Like

      • Yvette Barnard
        Mar 11, 2021 @ 22:08:10

        Goeie naand

        Báie dankie vir die tyd om bqi rond te snuffel. Ek het nog nie een van jou skole oorweeg nie maar sal beslis dit oorweeg, dalk kontak en meer uitvind. Wat is jou ervaring /gevoel oor die volgende skole Centurion Christelike skool Rietvlei Akademie Centurion Remediërende skool

        Lekker rustige aand vir jou Groete Yvette 😊

        Like

      • Juffer
        Mar 12, 2021 @ 02:12:40

        Ek het al beide daardie name gehoor, maar ken die skole glad nie. Ek het gou na die webwerwe gekyk en sien iets oor leerondersteuning op Centurion Christelike skool en Rietvlei Akademie se blaaie nie, maar dalk help hulle op ‘n ander manier. Centurion Remediërende skool het ‘n remediërende aanslag en gebruik die gewone nasionale kurrikulum wat ander skole gebruik. Gesels gerus met almal voor julle ‘n besluit neem, maar die CR Skool klink belowend. 🙂

        Like

  212. Michaela
    Sep 08, 2021 @ 06:31:28

    Goeie more eks opsoek na hoerskool met hostel vir my graad 9 dogter met ADHD. Ons is woonagtig in Noordkaap Springbok. Verste skool kan in Weskaap wees

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Sep 08, 2021 @ 12:29:24

      Middag, Michaela 🙂

      Het die persoon wat ADHD gediagnoseer het na aspekte soos klasgrootte verwys? Daar is heelwat skole in die Paarl (Hoërskool Gimnasium, Meisieskool, La Rochelle, Labori) en Stellenbosch (Bloemhof). Ongelukkig is my kennis van Noord-Kaapse skole min, maar ek sien dat Hoërskool Vredendal ‘n koshuis het. Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  213. Rochelle
    Mar 07, 2023 @ 08:33:57

    Goeie More,
    Hoe kan ek my seuntjie(Graad 1) help met sy Luister Toetse?
    Ons albei is moedeloos.
    Dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 07, 2023 @ 11:43:02

      Hallo, Rochelle 🙂
      Luister gerus na ‘n storie op die internet en vra dan dat hy die storie oorvertel of illustreer. Vra aanvanklik net een of twee vrae, byvoorbeeld, ”Watter dier(e) was in die storie?” of ”Waar was die mense in die storie?” Voeg later meer vrae by, maar fokus op vrae wat met ‘Waar’, ‘Wanneer’, ‘Wie’ en ‘Wat’ te make het en later op ‘Hoekom’ en ‘Waarom’.
      Trek dalk ‘n inkleurprent nader en sit ‘n entjie weg. Vra hom om dan een of twee prentjies te teken, bv. ‘n hoed op die seuntjie se kop en ‘n wolk in die lug. Later kan ‘n mens besonderhede soos plasing en kleure insluit (‘n blou hoed, ‘n wolk links van die son…).
      Vra jul seuntjie om te help om ‘n inkopielysie te maak.
      Skryf ‘n selnommer neer en dink aan ‘n ritme of patroon om die nommer te onthou (bv. mamma en/of pappa se nommers).
      Speel saam en maak soms ‘n foutjie.
      Loer gerus ook na hierdie skakels en idees:
      https://myklaskamer.com/2009/02/11/ouditiewe-tuisprogram/,
      https://myklaskamer.com/2008/09/24/kinderstories-op-die-internet/,
      https://myklaskamer.com/?s=sprokies,

      e-Boeke en ander


      Ek hoop dit kan help 🙂

      Like

      Antwoord

Laat 'n boodskap

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.