Tuis

Sprokiesdag, Wêreld Boekedag, Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Die 26ste Februarie is Sprokiesdag. Lees ‘n sprokie of luister na een. Op die 2de Maart, vier ons Wêreld Boekdag. Biblioteekweek duur van die 20ste tot die 26ste Maart. Vanjaar fokus Biblioteekweek op kragtige of ”powerfulstories. Waar kry ‘n mens dit? Dink aan boeke oor kinderhelde of biografieë en spandeer ‘n periode of twee om ‘n goeie boek te lees.

Boeke, Boeke, Boeke

Lewer kommentaar


Tydens die eerskomende Biblioteekweek fokus ons daarop om die biblioteekdienste te herontdek. Daar is ‘n Boeke Dag op die 3de Maart (Verenigde Koninkryk) en een op die 23ste April. Die 23ste April dien ook as Boeke Nag – wanneer ‘n mens ‘n lees aand by die skool of tuis kan reël.

Moedertaaldag, Boekedag en Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Moedertaaldag word op die 21ste Februarie gevier. Daarna volg Wêreld Boekedag op die 4de Maart en duur die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek van die 15de tot die 21ste Maart. Gebruik gerus hierdie volgende paar weke om klanke te hersien, flitskaarte te lees, sigwoorde te hersien, rympies, lirieke en stories te lees of om na stories te luister. Maak boekmerkies en vertel mekaar van goeie leesreekse of interessante boeke. Kan julle Afrikaanse en Engelse weergawes van dieselfde stories vind? Is daar weergawes in ander tale beskikbaar?

Stap deur die biblioteek en verduidelik weer aan die outjies waar om boeke te vind of hoe om spesifieke boeke op te spoor. Neem beurte om na voorlesings in die biblioteek te luister en deel gerus ook video opnames met die onderskeie klasse. Is daar ouers of lede van die gemeenskap wat sal deelneem en opnames deel? Dit kan ‘n lekker interaktiewe projek word.

Lekker lees!

Boekedag en Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Wêreld Boekedag is vanjaar op die 5de Maart en die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek sal van die 16de tot die 22ste duur.

Dink aan ‘n tema vir Biblioteekweek, bv. Skatte, Sprokies, ens. Stal al die boeke wat by die tema inpas uit en lees soggens ‘n stukkie uit ‘n boek voor vir ‘n reg-raai kompetisie.

Vra opvoeders om hul gunstelingsprokies, ens. te noem en hou ‘n kompetisie om te kyk of die kinders die opvoeder en boeke bymekaar kan pas.

Versier die gange en klasdeure volgens die tema.

Hou ‘n leesmiddag en trek volgens die tema aan.

Nooi gaste (bekendes, ouers, besigheidsmense…uit die gemeenskap) om boeke aan die kinders voor te lees.

Besoek naburige tehuise om boeke aan die inwoners voor te lees.

Maak kontak met buurskole om boeke daar voor te lees of skryf briewe vir mekaar. Hou julle van dieselfde boeke? Watter karakters is jul gunstelinge?

Biblioteke verskil van plek-tot-plek. Hoe verskil die dorp se biblioteek van die skoolbiblioteek? Gaan lê besoek af en loer gerus 🙂

Stories op die Internet, Leeslyste, Stories in verskeie tale, Elektroniese Boeke, Boekmerkies

Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Dis vakansie én Biblioteekweek!  Wie kan nou ‘n goeie boek en ‘n sonkolletjie weerstaan?  Besoek jou plaaslike biblioteek vir nuwe leesstof en loer ook ‘n bietjie na al die ander opsies wat hulle bied.

Loer gerus hier na Boekmerkies, leeslyste, e-boeke

Biblioteekweek 2017

Lewer kommentaar


Biblioteekweek strek vanjaar van 18 tot 26 Maart.

Weet jy hoe om boeke in die biblioteek op te spoor?  Ken jy die Deweystelsel?  Wat is ‘n outeur, ‘n titel, illustreerder en ‘n uitgewer?

Hoe bêre ‘n mens ‘n boek en hoe haal jy dit uit die rak? Wikkel jy die boek uit of haak jy jou vinger bo by die rug in?  Gooi jy boeke op die vloer neer of tel jy dit van die vloer af op?

Boekopvoeding

Klik gerus op die skakels in die skrywe vir meer idees en inligting.

Biblioteekweek

1 Kommentaar


bibweek

Biblioteekweek duur vanjaar 10 dae – van 11 tot 21 Maart.  Fokus op lewenslange leer en die bemagtiging van jong lesers.

  • Besoek die dorpsbiblioteek en die skool s’n.  Hoe vergelyk die twee en wat is anders?  Kry jy soortgelyke boeke by soortgelyke aanwinsnommers?
  • Neem ‘n selfie met jou gunstelingboek en maak ‘n muurcollage van die klas se foto’s.
  • Selfie kunswerke gaan beslis die oog vang.  Gebruik media soos pastelle om die bladsye helder en aanloklik te maak.  Skryf die boek se titel en aanwinsnommer onderaan die kunswerk en versier dan die gange daarmee.
  • Gebruik groot rolle/velle papier om bo-oor deure te pas.  Teken ‘n groot boekomslag daarop en skryf as ‘n klas kort aanbevelings daarop.
  • Gebruik ‘n toep en ‘n webwerf om QR-kodes te skep waar jong lesers na stories kan luister.  Verskaf oorfone en tablette hiervoor.
  • Betrek luisterstories – CD’s en boeke.
  • Gebruik ‘n Kindle toep (of storie toeps) waar outjies saam-saam of alleen na stories kan luister.
  • Rol die omslae van verskeie boeke af, laat die outjies dit inkleur en versier die gange.  Dit behoort die belangstelling te prikkel vir later.
  • Hou ‘n pajamadag of trek soos ‘n karakter aan.
  • Laat die outjies kort dialoë oor ‘n boek skryf.  Voer dit op of hou ‘n poppekas.
  • Ouer kinders kan boekbesprekings hou.  Verskaf dieselfde boek aan klein groepies en gee 15 minute sodat hulle daaroor kan gesels.  Vra dat hulle na mekaar luister en indien hulle by die kommentaar of gedeelte aanklank vind, kan hulle ‘n bydrae lewer.  (Watter deel was vir jou interessant? Waaraan het dit jou laat dink?)
  • Deel klasse uit die verskillende fases by makker leesgroepe in en kies kort stories om aan mekaar voor te lees.  Kies ‘n periode daarvoor en hou gereelde leestye.
  • Hou ‘n “spog met ons leeshoekie” of “spog met ons biblioteek” aand.  Nooi die ouers en gesinne (of selfs inwoners van ‘n plaaslike ouetehuis) om saam met ‘n graadgroep stories te lees, muurprente te maak, woordspeletjies te speel (soos Krabbel/Scrabble), ens.  Vra vir ‘n vrywillige donasie waarmee die skool nuwe boeke kan aankoop.
  • Biblioteekbronne

Sien ook:  BiblioteekweekLees

 

 

#libraries4lifelonglearning