Tuis

Februarie

2 Kommentaar


Luidleesdag is om die draai. Haal gerus interessante leesstof byderhand (bv. storieboeke, advertensies, tydskrifte, gedigte, lirieke, flitskaarte, opskrifte, ens.). Wat is die oudste boek op die rak? Het julle nog plate, kasette of kompakskywe met lirieke in die omhulsels? Lees ou verjaarsdagkaartjies, poskaarte en briewe. Skryf ons nog so? Lees boodskappe op boekmerkies, stal voorblae (afskrifte of die los omslae) uit of plak die leesstof teen die dak en mure in die skool se gange. Hoe het ‘n spesifieke storie se omslae deur die jare verander? Dink sommer net aan boeke soos ”Heidi”.

Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding is vanjaar op die 9de Februarie. Bid gerus voor of na die dag by die skool.

Op Internetveiligheidsdag kan ons die skool se internet opknap en ook met die kinders oor internetveiligheid gesels. Waarom beskerm en verander ‘n mens wagwoorde gereeld en hoe kan ‘n mens jouself en jou toestelle beveilig? Het jul skool selfoonreëls en is daar ‘n beleid vir die veilige gebruik van die internet by die skool?

Die Internasionale Dag vir Vroue in die Wetenskappe word op die 11de Februarie gevier. Ken jy van hierdie dames en hoeveel artikels of boeke kan jy oor dames in die veld lees? Deel gerus jou kennis met ander.

Fokus op vriendskap en mooi wense op Valentynsdag.

Dink aan idees om iemand anders se dag op te helder. Hoe kan ‘n mens medemenslikheid of buurmanskap betoon? Loer gerus hier na velerlei idees.

Op Moedertaaldag vier ons die tale wat ons elkeen in die skool praat. Kan jy iemand in sy of haar moedertaal groet?

Die eerste Disney Pinocchiorolprent is op die 23ste Februarie 1940 bekend gestel. Ken jy die Afrikaanse reeks of Mynie Grové se temaliedjie?

Op die 26ste dra baie lande pienk hemde om ‘n bewusmakingsdag teen bullebakkery te ondersteun. Dit word gedoen na aanleiding van ‘n seun wat gespot is omdat hy ‘n pienk hemp gedra het.

Stal sprokiesboeke uit, trek soos karakters uit ‘n sprokiesverhaal aan en spandeer oomblikke gedurende die dag om na sprokiesverhale in Afrikaans en Engels te luister.

Biddag vir Onderwys

Lewer kommentaar


Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding val vanjaar op die 11de Februarie.

Biddag vir Onderwys en Opvoeding

2 Kommentaar


Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding is om die draai 😊

Biddag vir Onderwys en Opvoeding

Lewer kommentaar


Vanjaar is die Biddag vir Onderwys en Opvoeding op die 13de Februarie. ‘n Mens kan altyd dié dag ook net voor of na die naweek vier.

Biddag vir Onderwys

Lewer kommentaar


Biddag vir Opvoeding en Onderwys

2 Kommentaar


Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding is vanjaar op die 9de Februarie.

Biddag

Lewer kommentaar



Vanjaar fokus my gedagtes nie net op dít wat ons deur middel van die kurrikulum meedeel nie, maar ook op die lewensnoodsaaklike vaardighede wat ‘n mens graag wil aanleer (bv. bewaring, besparing, medemenslikheid, respek, empatie…aspekte wat sal lei tot die verryking van elkeen se menswees).  Mag elkeen wat by die Onderwys en Opvoedingstake betrokke is, die nodige insig, rustigheid en ondersteuning van kollegas, die gemeenskap en kleingoed ervaar…

Biddag

6 Kommentaar


biddag

Biddag vir Opvoeding en Onderwys

8 Februarie

Lewer kommentaar


biddag

9 Februarie

Lewer kommentaar


  • Verrassings vir die Biddag vir Opvoeding en Onderwys.
  • Bak oulike koekies en versier soos die voorbeelde hier bo.
  • Plak boodskappies bo-op sjokolade (bv. klein Lindt-sjokolade slabs).  Kies uit die volgende boodskappe, spasieer dit op A4-blaaie en druk uit.
  • Koop ‘n klein botteltjie vloeibare seep (pompbotteltjie) en haal die plakker af.  Tik ‘n mooi boodskap of ontwerp ‘n embleem.  Rol dit op ‘n transparantvel af (vir oorhoofse projektors), knip uit, rol op en spasieer dit versigtig voor en binne-in die bottel.  ‘n Ander idee is om ‘n leë houer te koop, die boodskap binne-in te plaas en om dan die seep by te voeg…
  • Gebruik ‘n glasflessie, plaas ‘n transparantboodskap binne-in en vul met bordkryt.  ‘n Mens kan natuurlik die boodskap op gewone papier druk en buite-op plak.  Loer gerus na die prente heel onder.  Selekteer die prent, spasieer op ‘n A4-vel en druk uit.
  • Druk ‘n boodskap op ‘n lang strokie en plak om ‘n kolwyntjie (cupcake).

sjokolade 1 sjokolade2 sjokolade3 sjokolade4aan'nbakonderwyser

bordkrytseep2 dankiebordkryt2 seepthankyou