Tuis

Maart

2 Kommentaar


Maart begin met Wêreld Boeke Dag op die 5de, Biddag vir Vroue is op die 6de, Biddag vir Mans is op die 7de en Internasionale Vrouedag op die 8ste.

Hersien jou kennis van die Deweystelsel. Hoe het ‘n mens in die ou dae boeke op gespoor en hoe doen ‘n mens dit nou? Wat is ‘n katalogus?

UNESCO se Internasionale Wiskunde Dag word op die 13de gevier en Pi Dag op die 14de. Wêreld Wiskunde Dag is op die 25ste. Watter interessante wiskundige konsepte of somme kan julle bestudeer?

Daar is ‘n spelkompetisie in Zambië later in die maand. Hou sommer ‘n spelopknappingskursus by die skool.

Wat kan jy doen om ‘n bietjie meer gelukkig te wees of om ander gelukkig te maak?

Betrek onpaar sokkie of dra geel en blou op Downsindroomdag.

Op Menseregte dag kan ‘n mens na mense- en kinderregte (en verantwoordelikhede) loer.

Tydens die week van die 16de tot 20ste Maart, skenk ons aandag aan waterbesparing. Wat doen jy of jou skool om water te bespaar?

Hersien jou kennis van epilepsie. Weet die personeel hoe om leerders te help en is daar leerders in jou skool wat dalk hulp kan benodig?

Earth Hour is ‘n uur om krag te bespaar. Speel bordspeletjies of lees by lampe en kerse. Ons weet mos hoe 🙂

Maart

Lewer kommentaar


Versier t-hemde met boekvoorblaaie of gunstelingboekkarakters.

Spandeer op die 8ste Maart ‘n bietjie meer tyd om die dag vir die vroue (of meisies) in jou lewe interessant en lekker te maak. Nooi iemand vir koffie, deel blomme uit of gaan kuier by iemand wat soms eensaam is.

Fokus op velerlei wiskundige konsepte op Wêreld Wiskunde Dag. Skep stasies waar die outjies met sakrekenaars, vorms, werksvelle, tablette (toeps/apps), ensovoorts hul kennis kan verbreed.

Op die 20ste, dink ons aan mense, dinge en oomblikke wat ons gelukkig maak. Hoe kan jy ander se dag ophelder?

Dra op Downsindroomdag prettige sokkies of geel en blou klere. Leer ‘n bietjie meer en lees stories aan die klas voor.

Hersien vandag die verskillende Menseregte en bespreek die Kinderregte (Engels) ook. Waarom is Kinderregte so belangrik?

Hoe bespaar julle water by die skool en by die huis? Hoe kan ‘n mens ander help wat met watersnood worstel?

Ons vier Earth Hour op die 22ste Maart. Beplan ‘n speletjiesaand of ‘n braai by kerslig 😊

Biblioteekweek val so saam met die einde van die eerste kwartaal – ‘n ideale tyd om assesseringsdae met leeswerk af te wissel. Is dit tyd om julle biblioteek op te knap of ‘n fondsinsameling te hou? Skep dalk ‘n tema vir Biblioteekweek. Hou dan inkleurkompetisies, stal boeke oor die tema uit, versier die gange en deure volgens die tema en trek volgens boekkarakters aan.

Dra pers op die 26ste Maart en kom meer te wete oor Epilepsie – veral die soorte wat in jou skool voor kom.

Vrouedag

Lewer kommentaar


Vrouedag is hier. Rus ‘n bietjie meer, sit ‘n bietjie langer, glimlag eerder as om jouself te vervies en gee mekaar ‘n bietjie meer grasie tot volgende week. Mag dit ‘n mooi naweek wees.

Wiskunde, ‘n Tikkie Geluk en baie meer

2 Kommentaar


Ons vier Internasionale Vrouedag op die 8ste Maart. Geniet ek ‘n ekstra ruskansie, ‘n ekstra blokkie sjokolade of lees oor vroue in jul omgewing wat ander inspireer.

Pi en Wiskunde Dag is om die draai. Loer gerus hier na verskeie vorige plasings.

Ons word op die 20ste daaraan herinner om die mooi in die lewe raak te sien. Wat maak jou gelukkig en hoe kan jy ander laat glimlag?

Op Downsindroomdag dra ons blou en geel of interessante sokkies ter bewusmaking van die dag.

Hersien of herinner mekaar aan Menseregte en Kinderregte (met die gepaardgaande verantwoordelikhede).

Waterdag is amper hier. Hoe kan ‘n mens water bespaar? Drup daar krane in die badkamers of buite op die skoolgronde? Melt dit aan om reg gemaak te word en dink aan maniere om water gebruik te verminder waar moontlik. Hoe kan reënwater benut word en op die skoolgronde gestoor word?

Hoe het Earth Hour begin en waarom vier ons dit? Dink aan maniere om ‘n bietjie meer omgewingsvriendelik te lewe en om bewaring aan te moedig.

Vrou

Lewer kommentaar


Internasionale Vrouedag word op die 8ste Maart gevier. Dit fokus op gelyke behandeling op verskillende vlakke. Wat beteken dit vir jou? Skryf gerus ‘n sin of twee op hierdie velle:

Vrouedag

Lewer kommentaar


9 Augustus: Gelukkige Vrouedag!

Vrouedag

Lewer kommentaar


‘n Gelukkige Vrouedag!

Internasionale Vrouedag

Lewer kommentaar


Gelukkige Vrouedag

Lewer kommentaar


Gelukkige Vrouedag!

Vrouedag, 9 Augustus

Lewer kommentaar


In die jonger grade, is dit dalk moeilik om die geskiedenis van Vrouedag in Suid-Afrika te verduidelik, maar ‘n mens kan dit beslis steeds vier.

Bespreek goeie of respekvolle gedrag (teenoor seuns en dogters) en maak dit ‘n instelling in jou klas, skool of huis.

Kies (as ‘n klas, ‘n gesin of ‘n groep vriende) ‘n organisasie om te ondersteun.  ‘n Mens hoef nie alles op een dag te doen nie.  Spandeer tyd om daaraan te werk of skenk items wat ander sal bemagtig om die gemeenskap te help.

Vrouedag Werksvel A
Vrouedag Werksvel B
Vrouedag Werksvel C

 

Vrouedag

Lewer kommentaar


Vrouedag

Vrouedag

Lewer kommentaar


vroudag vrouedag

Vrouedag, 9 Augustus

1 Kommentaar


Screen Shot 2015-08-06 at 22.09.26