
Ons vier Aarde Dag op die 22ste April. Wat kan julle in die klas, by die skool of by die huis doen om ons aarde beter op te pas?
Doen iets om ander te help sonder om iets terug te verwag. Verras iemand met ‘n bederfie of ‘n ekstra gawe woord.


© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
21 April 2024
afrikaans help, omgee, onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar

Ons vier Aarde Dag op die 22ste April. Wat kan julle in die klas, by die skool of by die huis doen om ons aarde beter op te pas?
Doen iets om ander te help sonder om iets terug te verwag. Verras iemand met ‘n bederfie of ‘n ekstra gawe woord.


26 April 2022
afrikaans medemens, onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar
Dis een van die dae Onbaatsugtigheidsdag of Pay it Forward Day. Gebruik die 28ste om navorsing oor omgeeprojekte te doen of om idees in te samel wat haalbaar en uitvoerbaar kan wees.
19 April 2020
2020, afrikaans onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar

Dis een van die dae Onbaatsugtigheidsdag – ‘n dag waarop ‘n mens ekstra deernis teenoor jou medemens kan toon sonder om ‘n teenreaksie te verwag.
‘n Mens sal vanjaar baie vindingryk moet wees, maar dink aan maniere om jou medemens te help sonder om die insluitings- of grendeltydreëls te oortree.
Skakel gerus organisasies of instansies wat dalk van behoeftes in jou area sal weet en hoor wat die riglyne tans is. Is daar mense wat eensaam is en ‘n oproep sal waardeer? Maak kontak met kennis en hoor hoe dit gaan.
Elders versier mense die vensters wat aan die straat grens ter ondersteuning en bemoediging van noodpersoneel en ander. Probeer gerus ‘n paar van hierdie idees:
Loer gerus na moontlikhede wat aanlyn beskikbaar is of wat ‘n mens tydens die grendeltydperk kan begin om na die tyd te volbring.
Alle voorspoed!
22 April 2019
afrikaans gemeenskapsdiens, medemens, medemenslikheid, onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar
Dit is byna Pay-it-Forward Dag of ‘n Dag ter bewusmaking van Onbaatsugtigheid. In die skool, kan ‘n mens outjies aan goeie gewoontes herinner om mense by die skoolgemeenskap te betrek en om gaaf te wees.
Dink aan klein dingetjies wat ‘n mens kan doen om iemand se dag ‘n klein bietjie beter te maak. ‘n Glimlag of ‘n klein gebaar kan wondere verrig.
22 Januarie 2019
afrikaans medemenslikheidsdag, pay it forward, Random Acts of Kindness 2 Kommentaar
Medemenslikheidsdag (Random Act of Kindness Day) is ‘n dag waar ons die outjies daarvan bewus kan maak om ander te help wanneer hulle dit die minste verwag. 
Wat doen julle om die konsep van medemenslikheid te ontwikkel?
17 April 2018
afrikaans medemens, onbaatsugtigheid, pay it forward 1 Kommentaar
28 April is Pay it Forward Dag en is geskoei op die fliek met die gelyksoortige naam. Die gedagte is om ‘n onbaatsugtige taak te verrig en te vra dat ander dit ook probeer om die beweging “aansteeklik” te maak.
Is daar iets wat julle as ‘n klas kan doen? Kan julle iemand in die skoolgemeenskap help? Loer gerus hier na vorige inskrywings en idees.
18 April 2017
afrikaans help, hulp, medemens, pay it forward 2 Kommentaar
Pay-it-Forward Dag fokus op medemenslikheid, behulpsaamheid, waardering en onbaatsugtigheid. Wat kan jy in jou alledaagse omgang met mense doen om hierdie eienskappe uit te leef?
Dink gerus aan nog ‘n paar idees 😉
13 April 2016
afrikaans help, hulp, pay it forward 2 Kommentaar

Vanjaar vier ons Pay it Forward dag op die 28ste April. Is daar iemand in jou gemeenskap wat kan baatvind by ‘n klein of groot gebaar? Help iemand as ‘n klas, ‘n gesin of doen dit selfs anoniem. Dit hoef nie finansiële implikasies te hê en deur bv. papiere op te tel, onkruid uit te trek, ‘n boodskappie te skryf, gaan jy beslis iemand anders se dag opkikker.

24 April 2013
afrikaans help, hulp, pay it forward, skool Lewer kommentaar
25 April is Pay it Forward Day. Hoe kan jy in, by of naby die skool help?
Wat doen julle om die skoolgemeenskap te ondersteun?
Woorde