Tuis

Februarie

2 Kommentaar


Luidleesdag is om die draai. Haal gerus interessante leesstof byderhand (bv. storieboeke, advertensies, tydskrifte, gedigte, lirieke, flitskaarte, opskrifte, ens.). Wat is die oudste boek op die rak? Het julle nog plate, kasette of kompakskywe met lirieke in die omhulsels? Lees ou verjaarsdagkaartjies, poskaarte en briewe. Skryf ons nog so? Lees boodskappe op boekmerkies, stal voorblae (afskrifte of die los omslae) uit of plak die leesstof teen die dak en mure in die skool se gange. Hoe het ‘n spesifieke storie se omslae deur die jare verander? Dink sommer net aan boeke soos ”Heidi”.

Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding is vanjaar op die 9de Februarie. Bid gerus voor of na die dag by die skool.

Op Internetveiligheidsdag kan ons die skool se internet opknap en ook met die kinders oor internetveiligheid gesels. Waarom beskerm en verander ‘n mens wagwoorde gereeld en hoe kan ‘n mens jouself en jou toestelle beveilig? Het jul skool selfoonreëls en is daar ‘n beleid vir die veilige gebruik van die internet by die skool?

Die Internasionale Dag vir Vroue in die Wetenskappe word op die 11de Februarie gevier. Ken jy van hierdie dames en hoeveel artikels of boeke kan jy oor dames in die veld lees? Deel gerus jou kennis met ander.

Fokus op vriendskap en mooi wense op Valentynsdag.

Dink aan idees om iemand anders se dag op te helder. Hoe kan ‘n mens medemenslikheid of buurmanskap betoon? Loer gerus hier na velerlei idees.

Op Moedertaaldag vier ons die tale wat ons elkeen in die skool praat. Kan jy iemand in sy of haar moedertaal groet?

Die eerste Disney Pinocchiorolprent is op die 23ste Februarie 1940 bekend gestel. Ken jy die Afrikaanse reeks of Mynie Grové se temaliedjie?

Op die 26ste dra baie lande pienk hemde om ‘n bewusmakingsdag teen bullebakkery te ondersteun. Dit word gedoen na aanleiding van ‘n seun wat gespot is omdat hy ‘n pienk hemp gedra het.

Stal sprokiesboeke uit, trek soos karakters uit ‘n sprokiesverhaal aan en spandeer oomblikke gedurende die dag om na sprokiesverhale in Afrikaans en Engels te luister.

November

Lewer kommentaar


Wapenstilstand- of Herinneringsdag word op die 11de November gevier. Dis ‘n manier om respek aan oorlogsoldate te betoon. Ons hou ‘n oomblik van stilte om 11:00vm op die 11de dag van die 11de maand.

Elders fokus die week van 11 tot 15 November boelie gedrag en op maniere om dit teen te staan.

Op Wêreld Goedgesindheidsdag dink ons aan ander wat tans ‘n bietjie bemoediging en goedgesindheid nodig het. Deel ‘n boodskap, ‘n kaartjie, blomme of ‘n eetdingetjie. ‘n Klein gebaar kan baie beteken.

Wat maak kind wees lekker in jou kontrei? Kaalvoetdae, roomys, lang pouses of ‘n speletjiesdag? Bring komberse skool toe en lees stories onder koelte bome of hou ‘n pienkniek tydens klastyd. ‘n Mens mag kind wees so ‘n bietjie meer op die 20ste geniet.

Tussen die 25ste November en die 10de Desember, vier ons 16 dae van aktivisme teen geweld. Hoe kan ons geweld teen vroue en kinders voorkom of hoe kan ons diegene help wat daarin vas gevang is?

Boelieteenkampingsweek

Lewer kommentaar


Volgende week, word ‘n Boelieteenkampingsweek elders gevier. Hoe lyk dit en wat kan ‘n mens doen om kinders te bemagtig? Gebruik gerus hierdie komende Boelieteenkampingsweek om gedrag te identifiseer en om oor moontlike hulp te gesels.

Boelieteenkampingsweek

Lewer kommentaar


Boelieteenkampingsweek duur van 14 – 18 November, maar kan voortdurend bespreek of aangespreek word. Loer gerus hier na vorige idees.

Boelieteenkampingsweek

Lewer kommentaar


Die teenkampingsweek vir bullebakkery of boeliegedrag word elders gevier, maar ‘n mens kan van die geleentheid gebruik maak ook hier aandag daaraan te skenk. Bespreek gerus wat dit beteken, hoe dit lyk en wat ‘n mens kan doen om die gedrag teen te veg. Gesels oor boelies wat ‘n mens kan sien – asook boelies wat van sosiale media gebruik maak.

Wat is die reëls of verwagtinge in jul skool en wat kan kinders doen om hulp te bekom?

Boelie Teenkampingsweek

1 Kommentaar


Gesprekke oor goeie gedrag, medemenslikheid, vriendskap en anti-boelie gedrag vind voortdurend plaas. In November is daar ‘n internasionale week waar die aandag spesifiek op ‘n teenkampingspoging gevestig word. Wat is reg en verkeerd? Hoe kan jy beter keuses aanwakker en wie kan help?

Boelie Teenkampingsweek

3 Mei

Lewer kommentaar


Brave Heart Day, is ‘n dag om bullebakkery of boelie gedrag te bekamp.  Mense wat die dag reël, raai aan dat ondersteuners rooi en blou sal dra ter ondersteuning.

Anti-Boelieweek

Lewer kommentaar


Loer gerus na vorige idees en inskrywings om bullebakkery te bekamp.

13 – 17 November 2017

7 Kommentaar


Dit is een van die dae die Internasionale Boelie Teenkampingsweek.  Loer gerus hier na ‘n paar idees, artikels en beleide wat aanlyn beskikbaar is.

 

Boeliegedrag / Bullebakkery

5 Kommentaar


  1. Hoe bemagtig ek my kind?
  2. Verskeie oogpunte
  3. Afknouery
  4. ‘n Voorbeeld van ‘n Boeliebeleid 1, 2, 3
  5. LO Graad 5-les
  6. Betrek ‘n appel om die boodskap oor te dra
  7. Wat is ‘n Kuberboelie?
  8. Wat is ‘n Kuberboelie?
  9. Sosiale Media (Facebook)
  10. Sosiale Media en Kuberboelies
  11. ‘n Artikel (bl.13)
  12. ‘n Artikel (LitNet)
  13. ‘n Artikel
  14. Beskerm jouself
  15. Pak die boelie by die horings
  16. Navorsing 1
  17. Navorsing: In die werksplek
  18. Moontlike leesboeke
  19. How full is your bucket?
  20. The Berenstain Bears And The Bully 
  21. How to Beat the Bully Without Really Trying
  22. Die Boelie
  23. Die Anti-Boelie-Masjien, Fase 13
  24. Hoezit-riglyne
  25. Internasionale Anti-Boelieweek

Leerder Dissipline en Skoolbestuur

boantihowbbhowbully