Tuis

Maart

Lewer kommentaar


Versier t-hemde met boekvoorblaaie of gunstelingboekkarakters.

Spandeer op die 8ste Maart ‘n bietjie meer tyd om die dag vir die vroue (of meisies) in jou lewe interessant en lekker te maak. Nooi iemand vir koffie, deel blomme uit of gaan kuier by iemand wat soms eensaam is.

Fokus op velerlei wiskundige konsepte op Wêreld Wiskunde Dag. Skep stasies waar die outjies met sakrekenaars, vorms, werksvelle, tablette (toeps/apps), ensovoorts hul kennis kan verbreed.

Op die 20ste, dink ons aan mense, dinge en oomblikke wat ons gelukkig maak. Hoe kan jy ander se dag ophelder?

Dra op Downsindroomdag prettige sokkies of geel en blou klere. Leer ‘n bietjie meer en lees stories aan die klas voor.

Hersien vandag die verskillende Menseregte en bespreek die Kinderregte (Engels) ook. Waarom is Kinderregte so belangrik?

Hoe bespaar julle water by die skool en by die huis? Hoe kan ‘n mens ander help wat met watersnood worstel?

Ons vier Earth Hour op die 22ste Maart. Beplan ‘n speletjiesaand of ‘n braai by kerslig 😊

Biblioteekweek val so saam met die einde van die eerste kwartaal – ‘n ideale tyd om assesseringsdae met leeswerk af te wissel. Is dit tyd om julle biblioteek op te knap of ‘n fondsinsameling te hou? Skep dalk ‘n tema vir Biblioteekweek. Hou dan inkleurkompetisies, stal boeke oor die tema uit, versier die gange en deure volgens die tema en trek volgens boekkarakters aan.

Dra pers op die 26ste Maart en kom meer te wete oor Epilepsie – veral die soorte wat in jou skool voor kom.

Wiskunde, ‘n Tikkie Geluk en baie meer

2 Kommentaar


Ons vier Internasionale Vrouedag op die 8ste Maart. Geniet ek ‘n ekstra ruskansie, ‘n ekstra blokkie sjokolade of lees oor vroue in jul omgewing wat ander inspireer.

Pi en Wiskunde Dag is om die draai. Loer gerus hier na verskeie vorige plasings.

Ons word op die 20ste daaraan herinner om die mooi in die lewe raak te sien. Wat maak jou gelukkig en hoe kan jy ander laat glimlag?

Op Downsindroomdag dra ons blou en geel of interessante sokkies ter bewusmaking van die dag.

Hersien of herinner mekaar aan Menseregte en Kinderregte (met die gepaardgaande verantwoordelikhede).

Waterdag is amper hier. Hoe kan ‘n mens water bespaar? Drup daar krane in die badkamers of buite op die skoolgronde? Melt dit aan om reg gemaak te word en dink aan maniere om water gebruik te verminder waar moontlik. Hoe kan reënwater benut word en op die skoolgronde gestoor word?

Hoe het Earth Hour begin en waarom vier ons dit? Dink aan maniere om ‘n bietjie meer omgewingsvriendelik te lewe en om bewaring aan te moedig.

Dag van Geluk

Lewer kommentaar


Die Internasionale Dag van Geluk is ‘n dag om jou seëninge te tel en om aan dinge te dink wat jou gelukkig maak. Wat kan jy doen om jouself (en ander) ‘n bietjie op te beur?

Hang kersliggies, eet ‘n roomys, bou ‘n fort en speel jou gunstelingmusiek. Skakel iemand met wie jy kontak verloor het of pos ‘n kaartjie. Hou ‘n piekniek of loop kaalvoet. Glimlag sommer net en groet elkeen wat jy teë kom. Bak koekies om met iemand te deel of gesels as ‘n groep oor dinge wat jou gelukkig maak. Waarom nie? 🙂

Medemenslikheid en Internasionale Dag van Geluk

4 Kommentaar


 

Vandag is Random Acts of Kindness Day en 20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk.  Ek sou dit egter nie tot een dag wou beperk nie…Hoe kan ons in het kleine iemand anders se dag opkikker?

  • Gooi ‘n ekstra munt in iemand anders se parkeermeter.
  • Het jy afslagkoepons iewers gekry?  Plaas dit hier en daar op die winkelrakke vir ander om te kry.
  • Laai ‘n ekstra pakkie koekies in die winkelmandjie vir die werkers by die skool of by die huis.
  • Werk saam aan ‘n maaltyd (soos lasagna) en lewer dit by iemand af wat dit nooit sal verwag nie.
  • Nie ‘n goeie kok nie?  Steek ‘n blom in ‘n ou speserybottel en plaas dit op ‘n buurvrou se stoep of ‘n juffrou se tafel.
  • Gooi die week se snoepiekleingeld in ‘n spaarbussie tot ‘n week voor die dag van jou/jul keuse.  Tel dit en besluit op ‘n skenking – hetsy kontant of byvoorbeeld kos aan iemand of ‘n instansie.
  • Is geld ‘n bietjie min?  Verskaf jou dienste gratis – om byvoorbeeld ‘n buurman te help.  By die skool, kan die klas die gang namens die opsigter vee of die dromme leegmaak.
  • Skenk klere.
  • Skenk orige verf om die klimrame te verf.
Tik gerus ook soekterme soos “hulp, pay it forward, omgee” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.