Tuis

Einde van die jaar afslag

Lewer kommentaar


Loer gerus in 😉

Sien ook die Produkte-blad, Drukbare Bladsye-hofie of tik soekterme soos “wiskunde huiswerk, voor en na, halveer, meer en minder, verdubbel, breuke, Hoe laat is dit, geld, klanke, hersien, sinne en paragrawe, leestekens, weer, Kersfees, pasella…spelwoorde, woordsoek, Engels, sigwoord, flitskaart…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in om meer idees hier in My Klaskamer te kry.

 

 

 

gehoorverlies

Lewer kommentaar


Hierdie grafika het vandag my oog gevang.  Het julle leerders met gehoorverlies in die klas?  Een van die juffrouens betrek die alfabet gebare dikwels wanneer sy klanke in die hoofstroomklas aanleer.  Wat doen jou skool om kinders met gehoorverlies te help?

‘n Kundige het die volgende voorstelle gegee:

  • ‘n Volvloermat (sommer teen die muur op) demp die geraas van skuiwende stoele en tafels.
  • Sponsstrokies in deurrame demp die knal van deure en deurknippe.
  • As die outjie se gehoorstukkies suis of ‘n fluitgeluid maak, is die batterye dalk pap – vervang.
  • Skuif die FM-stelsel hoog teen die band op, sodat die mikrofoon jou stem beter kan opvang.
  • Gee die FM-stelsel vir elke nuwe spreker aan of verbind dit direk met die skool se klankbord – indien moontlik.
  • Vermy lang halssnoere, wapperende krae en klere met knopies, want dit skep ‘n steurnis.
  • Mans se snorre en baarde kan dit moeilik maak om lippe te lees.  (Hou die mond oop.)
  • Aksente is soms moeilik verstaanbaar.  Praat stadiger.
  • Verseker dat daar goeie beligting is.
  • As julle na flieks of videos kyk (ook op YouTube), skakel die “closed captioning” funksie aan.
  • Beraam saam ‘n plan om tydens noodsituasies te gebruik.  Het jul nooduitgange en -klokke flitsende ligte?  Wat gebeur as die outjie in die badkamer is?  Sal die onderwyser die outjie oor die FM-stelsel roep?
  • Leer die outjie om self te noem wat werk en om mense in te lig as iets nie werk nie.

Afslag!

Lewer kommentaar


Afslag op meer as net dekor en op meer as net ‘n Vrydag.
2019 Klaskamerdekor, Kalenders en Huiswerkboeke: Minder as R30 elk tot 30 November🍎
Kom loer gerus in 😉

Rekenaarwetenskapweek

Lewer kommentaar


Rekenaarwetenskapweek strek vanjaar van 3 – 9 Desember.  Loer gerus na die Hour of Code webblad of Typing.com om rekenaar- en tikvaardighede op te skerp.  Tik ook soekterme soos “toep, Google, e-boek…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

Kinderdag

Lewer kommentaar


Fokus vandag op alles wat prettig en spesiaal is van kind wees!  Loop kaalvoet en sit kruisbeen op die mat vir storietyd.  Speel speletjies as ‘n groep tydens pouse en geniet sommer allerhande lawwighede 🙂

Anti-Boelieweek

Lewer kommentaar


Loer gerus na vorige idees en inskrywings om bullebakkery te bekamp.

Preparing our Grade 3s for the leap to Grade 4

2 Kommentaar


Sien Teacha Magazine vir die oorspronklike plasing.

2019 ATKV-Redenaars: Temas

13 Kommentaar


Die ATKV het hul redenaars temas vir 2019 bekend gemaak.  Loer gerus hier vir meer besonderhede.

GRAAD 1 tot GRAAD 3

  • maniere
  • droom
  • jok

GRAAD 4 TOT GRAAD 5
Huistaal en Addisionele Taal

  • spaar
  • kuns
  • frons

GRAAD 6 TOT GRAAD 7
Huistaal en Addisionele Taal

  • vrees
  • dink
  • dans

GRAAD 8 TOT GRAAD 9
Huistaal en Addisionele Taal

  • waarheid
  • beelde
  • deure

GRAAD 10 TOT GRAAD 12
Huistaal en Addisionele Taal

  • navigeer
  • toue
  • magnete”

Toeps en Katoeties vir Spesifieke Lees, Spel en Leer Uitvalle

4 Kommentaar


Toeps en katoeties ter ondersteuning van spesifieke lees, spel en leer uitvalle:

Immersive Reader (‘n gratis Google Chrome aanvulling):  As jy ‘n Google-blad oopmaak sal jy bo, heel regs drie vertikale kolletjies sien om op te klik.  Dit gaan vir jou ‘n kieslys oop maak met die opsie ‘more tools’.  Klik daarop en kies ‘extensions’.  Soek dan ‘immersive reader’ en kies die opsie met ‘n swart en wit boekie.  Jy kan jou instellings aanpas en na hartelus rond speel.  Die Afrikaanse opsie, sal teks met ‘n aksent lees (half-Belgies?), maar ‘n mens sal dit verstaan.

Selekteer teks op enige webblad, regsklik en kies ‘Help me read this’ om ‘n eenvoudiger weergawe van die teks te sien en om daarna te luister.  Daar is natuurlik ook ‘n lang lys tale om van te kies, indien leerders die inhoud wil vertaal.  ‘n Eenvoudige illustrasie kan help om woorde te verduidelik en jy kan selfs die rekenaarskrif of kleure verander.

Hierdie opsie is deesdae ook in die Microsoft-pakket beskikbaar.  Probeer gerus.

immersivereader

This slideshow requires JavaScript.

Claro ScanPen:  Neem ‘n foto van die teks en luister na die inhoud.  Verlig die deel wat jy wil hoor of lees en kies die stem wat vir jou lees.  Daar is ‘n Engelse, Suid-Afrikaanse opsie en as jy die Belgiese Nederlands kies, lees die stem die Afrikaanse teks redelik verstaanbaar.

Claro Speak is gratis en lees teks wat jy tik of oorplaas (copy and paste).

Office Lens is nog ‘n gratis toep waarmee jy ‘n foto van die teks neem en dan na ‘n voorlesing luister.

SpeakIt!  Laai die aanvulling op Google Chrome af.  Verlig ‘n teks en regsklik om die stem te aktiveer.

This slideshow requires JavaScript.

Rewordify:  Lees bekende Engelse stories met eenvoudige verklarings van die moeiliker begrippe en terme.

Hemingway:  Plaas jou Engelse skrywe in die toep en dit sal jou help om sinne beter te formuleer soos nodig.

Math vocabulary:  Flitskaarte in Engels.

My Homework App:  ‘n Elektroniese huiswerkboek.

Call Scotland het ‘n verskeidenheid toeps.

Loer gerus ook na Google se opsies, elektroniese boeke en verskeie ander toeps om te toets.

Jou eenstop-SACE-gids

1 Kommentaar


 

SACE het vir die afgelope paar jaar die SACE CPTD-sisteem geïmplementeer. Onderwysers moet nou oor ‘n 3 jaar tydperk 150 SACE-punte bymekaar maak. Dit is egter ‘n nagmerrie om met SACE te kommunikeer en om meer uit te vind oor kursusse, werkswinkels en ander SACE-geleenthede wat plaasvind.

SACE POINTS GUIDE

Hierdie webtuiste wil graag onnies help om meer te leer oor SACE CPTD en kursusse wat aangebied word regoor Suid-Afrika. Dit bied ‘n spasie vir kursusaanbieders om hul programme aan duisende onnies bekend te stel. Onderwysers kan ook blogs lees oor CPTD, daar is ‘n vraag-en-antwoord-afdeling waar onnies hul CPTD vrae kan vra en ook meer kan leer oor die tipe punte en aktiwiteite wat gedoen kan word.

Teken in op die SACE Points Guide nuusbrief hier en besoek die webtuiste hier.

nuwe kwartaal

Lewer kommentaar


Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Onderwysersdag word op 5 en 9 Oktober gevier, omdat die 5de in die vakansie val.

Versier kaartjies of rol dit op karton af en haak die kaartjie oor ‘n deurknop of ‘n lekker koppie bederf.

[Onderwysersdag / Teachers’ Day]

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Oogsorgmaand fokus dalk meer op die gesondheid van jou , maar in terme van onderwys kan ons ook visuele persepsie en oogbewegings konsentreer.

Sekere oogkundiges toets kinders se oë gratis.  Al is die outjies se visie of sig goed, kan die oogspiere dalk oefening kort.  Die egalige beweging en samewerking van die ogies help kinders om meer vlot te lees en ‘n gefokusde ondersoek, kan tot raakvat idees en oefeninge lei om die oogspiere te versterk.  Hoor gerus by die plaaslike oogkundiges en oftalmoloë of hulle leiding kan bied of selfs ‘n praatjie kan lewer.

Sonneblomdag

2 Kommentaar


Sonneblomdag word jaarliks ten bate van Leukemiebestryding gevier en het Bandanadag vervang.  Vanjaar vier ons dit op die 21ste September.  Toevallig word Waaierdag vir Vrede op dieselfde dag gevier.  Vou gerus waaiers uit kleurvolle papier, eie sketse of maak selfs waaierblomme.

 

Sertifikate

2 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Sertifikate vir Graad R-outjies
Gradeplegtigheidsvlaggies
Sertifikate vir Graad R: Verskeie ontwerpe
Sertifikate vir Graad R / Certificates for Grade R
Gradeplegtigheid Uitnodigings / Graduation Invitations
A4-Sertifikate: Lees-, Spelwerk…Klanke, Wiskunde…’n Penlisensie

Loslitdag

2 Kommentaar


Maak die litte op 7 September los ten bate van ‘n goeie doel.  Vanjaar se tema is “Helde”.  Trek dus soos jou gunstelingheld aan en ondersteun hierdie wonderlike projek.

Internasionale Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


 

This slideshow requires JavaScript.

SA Boekweek duur van 3 tot 9 September en Internasionale Geletterdheidsdag is tradisioneel op die 8ste September.

Tik gerus soekterme soos “biblioteek, boek, lees, leeslys, leesreeks, boekmerk, klanke, hersien…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees om tydens hierdie week te gebruik.

Lekker lees!

Boomplantweek

Lewer kommentaar


1 September is Boomplantdag en Boomplantweek duur van 1 tot 7 September , maar bome en bosbou word reg deur September gevier.  Vanjaar se boom is die Geelhoutboom en natuurlik is dit ook ons nasionale boom.

Hoeveel Geelhoutbome is daar in julle buurt?  Gaan stap gerus en tel die bome. Hoe lyk die blare en die stam?

Neem ‘n vetkryt en papier saam om die tekstuur van die bas af te vryf (trek die kryt plat oor die bladsy).  Gebruik verskillende kleure en hou die bladsye as ‘n agtergrond vir ander kunswerk of knip ‘n boom daarop uit.  Sny dan blare uit verskillende skakerings groen bladsye en maak jou eie boom.

Het die skool ‘n Geelhoutboom?  Samel fondse daarvoor in en plant een op ‘n spesiale plek in die tuin.  Onthou ook om al die bome op die skoolgrond ekstra kos en water te gee.

Lente is hier!

2 Kommentaar


Dit voel nog soos winter, maar die blomseisoen is oppad.  Lui die nuwe seisoen met enorme blomme in, wat julle as ‘n klas, in groepe of as individue kan maak.

Hoe?

  1. Ek het die basiese blomblaarpatroon of templaat op ses lae papier vas geknyp, af getrek en uit geknip.  Herhaal dit ook met die kleiner blomblare.
  2. Rol die buitenste rand ietwat terug om vorm aan die blare te gee.
  3. Knip twee klein kepies of lyntjies aan die plat rand van die groter blare en een kepie in die middel van die kleinste blomblare.
  4. Plaas ‘n bietjie gom in die middelste van die drie strokies in die groter blare (tussen die kepe) en vou die buitenste stukke bo-oor die gom.  Knyp met ‘n klampie of wasgoedpennetjie vas en herhaal totdat al die groter blare dieselfde lyk.  ‘n Gomgeweer (glue gun) werk lekker vinnig.
  5. Vir die heel kleinste blare, hoef jy net ‘n druppel gom aan een kant van die kepie te drup.
  6. As al die blomblare klaar is, kan jy die stamper (geel deel) maak.  Vou ‘n bladsy in die helfte (in die lengte) en sny die vou oop. Hou die dele op mekaar en vou ‘n strokie om – na buite.  Vou weer oop en hou by mekaar.  Rol die stroke op en knyp die rolletjie vas.
  7. Knip kort kepies van die rand tot by die vou.  Knip dan langer kepe van die teenoorgestelde rand af in, maar moenie regoor die eerste kepe knip nie.  Spasieer die lang kepe tussen die korter kepe.
  8. Vou die kort strokies terug en gom die rolletjie net bokant die kepies vas.  Jy kan die langer stroke terug rol of oop trek na gelang.
  9. Trek ‘n vierkantige kartonnetjie nader en spasieer jou groter blare in ‘n kring – gom vas (dink aan ‘n seshoek).
  10. Herhaal met die middelslag blare. Hulle sal waarskynlik beter pas as hulle effens oorvleuel.
  11. Voeg nou die kleinste blare by, maar onthou om spasie vir die stamper te laat.
  12. Doop die kort strokies soos ‘n stempeltjie in gom of drup gom oor die strokies.  Onthou om tussen die lagies ook gom te smeer en plak dit in die middel van jou blom.
  13. Trek groot blare op groen papier af en knip uit.  Vou dit in die lengte vir ‘n bietjie vorm en sny kepies om die rand.  Plak die blare aan jou oorspronklike kartonnetjie vas en siedaar!
  14. Maak gerus blomme uit herwinbare materiaal – soos koerantpapier – om jou aansteekborde of mure te versier.
Blompatroon Daar is heelwat ander patrone op die internet beskikbaar.  Loer gerus.

This slideshow requires JavaScript.

Hoe help ek ‘n kind wat ander tale praat?

4 Kommentaar


Ons kry dikwels kinders van ander lande en kulture in ons klas.  Hoe gemaak as die kind nie die skool se tale (LOLT) kan praat nie?

Dis beslis ‘n baie moeilike situasie.  ‘n Mens skuif nie sommer na die onbekende nie en dus moet ‘n mens die leerder (en ouers) met baie deernis benader.  Spreek die gesin se name so bes moontlik uit en vra of dit korrek is.  Werk baie visueel en wys dokumente of voorbeelde van boeke as jy na ‘n konsep verwys.  Verwoord jou stelwyses op verskeie maniere of nooi ‘n tolk indien moontlik.  Reël meer gesprekke om te verseker dat almal verstaan.

Kyk of jy vir die leerder ‘n tweetalige woordeboek kan opspoor of betrek toeps soos Speak and Translate waar moontlik.  Indien daar rekenaartoegang is, kan ‘n mens Google se vertalings opsies probeer.  Teken prentjies waar moontlik en gebruik geïllustreerde woordeboeke of flitskaarte om te verduidelik wat jy bedoel.  Nie al hierdie tegnologiese hulpmiddels werk 100% korrek nie.  Behou ‘n goeie humorsin indien ‘n foutjie inglip.

Beveel individuele remediërende onderrig aan of gereelde taal- en leessessies.  Indien die skool ‘n nasorgsentrum het, kan die ekstra blootstelling aan die nuwe taal (tale) waardevol wees.  Dieselfde geld vir sport en kulturele groepe.

Moedig makkerleessessies aan – waar klasmaats die outjies kan help lees of stories kan voorlees (sit langs mekaar en volg saam).  Sing liedjies of lees rympies oor die klanke.  Gee eenvoudige, soortgelyke take – waar die outjie die patroon kan optel en sukses kan ervaar.  As jy oulike leiertjies in die klas het, plaas hulle naby of langs die nuwe leerder en vra hulle om aanvanklik voor skool en tydens pouses met die maat te speel.  Daardie informele speeltye help baie.

Die slaagvereistes word in hierdie dokument omskryf (Hoofstuk 2, Punt 4: Konsessies).  Praat vroeg reeds met die departementele raadgewers oor die assesseringsproses.

Watter ander idees volg julle?

Older Entries Newer Entries